President Jacob Zuma het gesê hy sal nooit sy organisasie uitdaag as hulle hom vir ’n tweede termyn as die president van die ANC nomineer nie, het Business Day Dinsdag berig.
“Ek het nog nooit die ANC uitgetart nie. Die ANC word altyd van my volgende stap ingelig,” het Zuma geantwoord op ‘n vraag of hy as die leier van die ANC sal aanbly indien die party se liggame hom vir ‘n tweede termyn nomineer.
Zuma het bygevoeg dat hy eerder nie wil bespiegel oor hoekom daar reeds ‘n stryery oor sy opvolger woed nie.
Hy het dié wat “ondergrondse” veldtogte wil stig, gewaarsku dat hulle uitgesnuffel sal word.
Ná afloop van die afgelope naweek se vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee, heers daar glo kommer oor die party se opvolger wat in 2012 sal oorneem.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.