Geweld in Guinee duur voort

Guinee het Woensdag “subversiewe” byeenkomste verbied nadat twee dae van nasionale rou afgekondig is. Troepe het Maandag losgebrand op ‘n skare van opposisieondersteuners in ‘n stadion en 157 mense is in die regeringsoperasie gedood, sê menseregteaktiviste.

Die land se militêre diktator het gesê hy is jammer oor die geweld, maar volgens menseregteorganisasies is nog drie mense Dinsdag buite die hoofstad Konakry gedood, ‘n dag ná die skietery en gewondes van die skietvoorval is uit hospitale ontvoer.

Thierno Maadjou Sow, ‘n amptenaar van die Organisasie vir die Verdediging van Menseregte van Guinee sê die drie jong mense wat Dinsdag geskiet is, het bloot uit hulle huise uitgeloop toe soldate op hulle losbrand.

Hy sê ook soldate het gewondes na ‘n onbekende bestemming uit die Donkahospitaal asook verkragte vroue uit die Ratomakliniek, ontvoer.

Die juntaleier, kaptain Moussa Dadis Camara het die twee dae van rou oor televisiestasies aangekondig, asook die verbod op anti-regeringsvergaderings.

Camara het joernaliste, politieke en burgerlike leiers, Christelike sowel as Moslemgeestelikes gemaan om nie mense op te sweep nie.

Die VN, AU, EU, die VSA en Kanada het hulle skok uitgespreek oor die slagting wat Maandag plaasgevind het waar tienduisende mense saamgetrek was. Die saamtrek was gemik teen die leierskap van Camara wat in Desember verlede jaar aan bewind gekom het.

Jean Ping, voorsitter van die Kommissie van die Afrika-unie, het voorheen gesê die feit dat die junta-leier, Camara, aan die verkiesing wil deelneem, is kommerwekkend.

“Die vredes-en-sekerheidsraad van die AU het beaam dat druk op die militêre junta van Guinee uitgeoefen moet word om nie aan die verkiesing deel te neem nie.”

Die AU het Guinee na sy militêre aanvalle in Desember 2008 geskors.

Die verkiesing word in Maart volgende jaar gehou.

Camara het Dinsdag die gewondes in hospitale glo besoek en in ‘n onderhoud met die Franse radiostasie RFI gesê “dis jammer dat jong mense betaal word deur opposisieleiers om onrus te stook”.

Opposisielede het Camara daarvan beskuldig dat hy lyke versamel om weg te steek nadat 157 gedood en 1 253 mense gewond is in die voorval.

Die onrus gaan voort volgens inwoners met soldate wat kort-kort in die lug vuur en winkels wat geplunder word. Niemand waag dit op straat nie

Sydia Toure, ‘n vorige eerste minister en een van die gewondes, sê die regering wil die opposisie beslis elimineer.

Mamadi Kaba, hoof van nog ‘n menseregteorganisasie, sê die weermag verkrag vroue en dit het binne die stadion begin. Later is vroue by die barakke verkrag en in ander dele van Konakry en Dinsdag is nog berigte van verkragtings ontvang.

Opposisieaktivis Mouctar Diallo het aan RFI gesê soldate verkrag openlik vroue en druk geweerlope in hulle privaatdele op in die openbaar.

Hulle skiet wild en wakker en oral val mense, het hy gesê.

‘n Rooikruisbron sê militêre bevelvoerders het die lyke van die slagoffers na die Alpha Yaya Diallo militêre kamp afgevoer sodat hulle nie na lykshuise gaan nie. Die kamp is die hoofkwartier van die junta.

Ooggetuies sê die weermag is in volle sterkte in die hoofstad ontplooi en nog geweld is aan die orde van die dag.

Die byeenkoms in die stadion was ‘n poging deur die opposisie om die juntaleier te verhoed om in die komende opnames in Januarie as kandidaat gestel te word.

Camara het ure na die dood van Lasana Conte, die vorige leier, die land in ‘n bloedlose staatsgreep oorgeneem.

 

21 playпрокурор Фильчаков

Kampioenrotvanger spog met 83 000 in een maand

‘n Boer van Bangladesj wat meer as 80 000 knaagdiere in ‘n enkele maand doodgemaak het, het Woensdag ‘n kleurtelevisiestel as prys ontvang toe hy as die land se kampioenrottevanger vir 2009 gekroon is, het amptenare verklaar.

Mokhairoel Islam het in Februarie 83 450 rotte van die gras afgemaak, meer as dubbel die aantal van verlede jaar se wenner, het die departement van landbou se direkteur, Abdoel Hannan aan AFP gesê.

Die jaarlikse kompetisie is in dié arm land deur die owerheid geloods in ‘n poging om die verlies aan oeste wat deur rotte opgevreet word, te verhoed.

“Islam het die dooie rotsterte by die distrikslandboukantoor ingehandig,” het Hannan gesê.

“Gedurende die spesiale veldtog, het ons boere en skoolkinders 6,5 miljoen rotte doodgemak, wat agt persent van die koringoes gered het.”

Islam, wat valle, gif, elektriese drade en verdrinking gebruik het om sy prooi te vang, sou later vandag sy TV van die landbouminister tydens ‘n seremonie in Dhaka ontvang.

Die regering beraam dat tot 10 persent van Bangladesj se oeste – meesal rys, koring en aartappels – jaarliks deur miljoene rotte verorber word.

Verlede jaar het ‘n inval deur rotte in die suidoostelike Tsjittagongheuwelstreek oeste uitgewis en hongersnood in afgeleë statte veroorsaak.

Die VN se Wêreldvoedselprogram het vier maande lank voedselhulp aan 120 000 mense verskaf ná die rotteplaag stamlede gedwing het om van wilde wortels te leef.

free play slot machine casinoЛобановский

Tsoenamigolwe tref Japan

Die reuse-aardbewing wat groot verwoesting in die Samoaanse eilande in die Stille Oseaan gesaai het, het veroorsaak dat klein tsoenami-golwe Woensdag die kuslyn van Japan, wat duisende kilometers weg is, tref.

Tsoenami-golwe van sowat 10cm het gebreek op die eilande suid van Tokio, sowel as op die noordkus van die hoofeiland Honsjoe, het die meteorologiese agentskap gesê.

Die agentskap het vroeër gewaarsku dat tsoenami-golwe van tot 50cm Japan se kuslyn kan bereik.

Ses ure nadat die waarskuwing uitgereik is, is daar gesê dat die gevaar verby is.

Die 8.0 grootte aardbewing wat Samoa en Amerikaans-Samoa getref het, het ontaard in ‘n reusetsoenami waarin sowat 53 mense dood is en dorpe verwoes is.

Japan is een van die wêreld se lande wat mees geneig is om deur aardbewings getref te word en het ‘n gespesialiseerde tsoenami-waarskuwingstelsel ontwikkel.

 

сауны проектыФильчаков прокурор харьков

Waterwese trap water

Suid-Afrika benodig meer as R70 miljard om sy infrastruktuur vir die verskaffing van water te verbeter, het Buyelwa Sonjica, minister van omgewingsake en waterwese, Dinsdag gesê.

Sonjica het by die bekendstelling van die Maquassi Hills-watervoorsieningsprojek in die Noord-Wes gepraat.

Sy sê vyf sulke projekte is in die afgelope drie jaar in dié provinsie van stapel gestuur, maar dit kom teen ‘n prys.

“Die begroting wat aan my toegeken word kan lyk na baie geld, maar dit is net ‘n klein gedeelte van die koste wat sulke infrastruktuur beloop. Ons doelwit oorskry R70 miljard,” het Sonjica gesê.

Volgens haar is infrastruktuur, en die bestuur daarvan, ‘n belangrike element van die verskaffing van waterdienste.

Sy sê ‘n verdere 23 projekte is tans in die konstruksiefase, terwyl 11 ander wag op tenders. ‘n Verdere 47 projekte sal waarskynlik goedgekeur word.

“Die infrastruktuurontwikkeling vir die verskaffing van water in grootmaat is in sy derde jaar, maar sal moet aangaan tot die meeste van die grootmaat infrastruktuurbehoeftes bevredig is,” het Sonjica gesê.

 

фонарь уличный светодиодный на столбДанильченко Юрий прокурор

Zuma wil misdaad met geweld bekamp

President Jacob Zuma het polisielede regoor die land aangemoedig om alles in hulle vermoë te doen om misdaad te bekamp, al beteken dit dat hulle misdadigers moet doodskiet.

Dit blyk dat Zuma ‘n vasberade benadering tenoor misdaad inneem, met die Wêreldbeker om die draai. Vrese bestaan dat 2010 geteister sal word deur kapings, moorde en rooftogte.

Tydens ‘n vergadering Dinsdag met verskeie lede van die polisie en sekuriteitsbeamptes het Zuma veral klem geplaas op die uitdagings wat SAPD-lede in die gesig staar. Dit kom slegs ‘n week nadat die nuutste misdaadstatistieke  bekendgemaak is.

“Wanneer die lewens van onskuldige burgers bedreig word, het die polisie soms geen ander keuse as om geweld te gebruik om hulself en onskuldiges te beskerm nie,” het Zuma aan sowat 1000 polisie stasiebevelvoerders gesê.

“Ons soek egter nie polisielede wat net links en regs gaan skiet nie.”

Volgens statistiek word daar daagliks sowat 50 mense in die land vermoor. Zuma het bygevoeg dat Suid-Afrika die omvang van die probleem moet erken en dat daar tot uiterstes beweeg sal moet word om dit stop te sit.

магазин игрушкаАлександр Фильчаков

Tsoenami dreig in Nieu-Seeland

‘n Tsoenami wat veroorsaak is deur ’n aardbewing naby Samoa het talle dorpe op eilande in die Stille Oseaan verwoes.

Verskeie dorpe is deur die tsoenami “weggevee” en talle mense word vermis, het ‘n verslaggewer vir Radio Polynesië aan Radio Nieu-Seeland berig.

Die aardbewing het ongeveer 85 km onder die Stille Oseaan plaasgevind, het die Amerikaanse Geologiese Instituut Woensdag gesê.

Die Stille-Oseaantsoenami-waarskuwingsentrum het voorts ’n tsoenami-waarskuwing uitgereik vir ’n groot gedeelte van die suidelike Stille Oseaan gebied.

Die waarskuwing is aan verskeie eilande in die Stille Oseaan, insluitende Nieu-Seeland, Samoa, Fidji en Tonga, uitgereik.

 

игри девочкамtopcargo отзыв

Zimbabwe se ‘nuwe boere’ stig veldbrande

Toenemende veldbrande ondermyn voedselproduksie in Zimbabwe. Die veldbrande word begin deur Mugabe se “nuwe boere”, op die onteiende plase van blankes.

Mugabe se “nuwe boere” het reeds die afgelope maand sowat 46 000 hektaar landbougrond verwoes, omdat hulle veldbrande aansteek, wat dan handuit ruk.

Zimbabwe het ook geen vermoë om veldbrande te blus nie. Verder word die onteiende plase tussen ‘n klomp mense opgedeel wat geen moeite doen om voorbrande te maak nie. Dit maak die verspreiding van veldbrande vanaf een lappie grond na ‘n ander veel makliker.

в бассейнtopcargo отзывы сотрудников

Franse minister in rassesaak

Die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, is gedagvaar om klagtes van rassisme te beantwoord. Dit spruit uit ‘n film waarin dit voorkom dat hy anti-Arabiese opmerkings gemaak het.

Die MRAP anti-rassismegroep beskuldig Hortefeux van “rassistiese beledigings” oor ‘n video wat opgeneem is tydens die somerkongres van President Nicolas Sarkozy se regerende UMP-party, vroeër vandeesmaand.

Die groep het regsaksie geneem onder ‘n vereenvoudigde snelbaanprosedure wat die eiser toelaat om ‘n verweerder regstreeks voor ‘n regter te dagvaar.

‘n Prokureur vir die MRAP, Pierre Mairat, sê die Paryse strafhof het ingestem om die saak die eerste maal op die 17de Desember aan te hoor. Die ministerie het nog nie bevestig of ontken dat die minister gedagvaar is nie.

Die film wat op die internet gelaai is, wys Hortefeux wat by ‘n man van Arabiese oorsprong poseer terwyl hy sê: “Daar moet altyd een wees. As daar een is, is dit in die haak. Dit is wanneer daar ‘n spul van hulle is, wat daar probleme is.”

Die man, na wie as Amine verwys word, is te siene in ‘n klein groepie partyaktiviste, insluitende ‘n vrou wat gehoor kan word om te sê: “Hy eet varkvleis, hy drink bier.”

Hortefeux antwoord: “Hy stem glad nie ooreen met die prototipe nie.”

Die MRAP se saak teen Hortefeux berus op die gebruik van die uitdrukking “prototipe” en die minister se klaarblyklike aanduiding dat ‘n groot hoeveelheid Arabiese immigrante ‘n probleem vir die gemeenskap veroorsaak.

“Dit sluit Arabiese mense van ons sosiale kontrak uit,” sê die groep se prokureur.

Hortefeux het later sy berou uitgespreek by ‘n geleentheid wat deur die Franse Raad vir die Moslemgeloof aangebied is, maar het daarop aangedring dat sy opmerkings buite konteks aangehaal is, maar hy het in gebreke gebly om ‘n verskoning aan te bied.

Rassebeledigings in Frankryk is strafbaar deur tot ses maande in die tronk of ‘n maksimumboete van omtrent R220,000.

best game to play at a casinoАлександр Фильчаков

Ontario vervolg tabakmaatskappye

Kanada se Ontario-provinsie het gister ‘n regsgeding teen ‘n groep tabakmaatskappye aanhangig gemaak om naastenby R400-miljard in tabakverwante gesondheidsorgonkonstes te herwin.

Die eis verteenwoordig die gesondheidsorgkostes wat deur Ontario se belastingbetalers sedert 1995 gedra is, sê die Ontario-regering in ‘n verklaring.

Die tabakmaatskappye, wat nie deur die provinsie geïdentifiseer is nie, het tot 60 dae om ‘n verweer in te dien.

Die geding volg op die passering van ‘n wet vroeër vanjaar wat die regte van betrokke partye verklaar en stel ‘n wettige raamwerk vir sulke aksies daar.

Kanada se hooggeregshof het in 2005 beveel dat provinsies tabakmaatskappye kan vervolg om gesondheidskostes wat met tabakgebruik verbind is, te herwin.

Sedertdien het twee ander provinsies, Britse Columbië en Nieu Brunswick, tabakmaatskappye vervolg maar in weerwil van jare se hofverrigtinge en onderhandelinge, is nie een van die sake al opgeklaar nie.

” Ontario neem hiermee die volgende stap om belastingbetalers se dollars wat gebruik is om tabakverbonde siektes te beveg, terug te kry,” het Ontario se prokureurgeneraal, Chris Bentley, in ‘n verklaring gesê.

Volgens die regering is rook die nommer een oorsaak van voortydige dood en siekte in Ontario, en is verantwoordelik vir 13,000 sterftes per jaar.

fortuneлобановский александр харьков

SAL-hoof kry miljoene

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Khaya Ngqula, die lugdiens se voormalige uitvoerende hoof, altesame R13,651 miljoen in die afgelope finansiële jaar betaal.

Die syfer het Dinsdag aan die lig gekom toe die lugdiens se jaarverslag aan die parlement voorgelê is.

Ngqula het ’n salaris van R3,831 miljoen gekry en afleggingsbetalings van R9,35 miljoen.

Die res was pensioen-bydraes en ’n retensiebetaling.

Die voorsitter van die SAL se direksie, Jakes Gerwel, het Maandag gesê vordering word gemaak met die ondersoek na beweerde wanbestuur deur Ngqula.

Die ouditeursfirma KPMG het reeds ’n voorlopige verslag voltooi wat aan die SAL se direksie oorhandig is.

’n Forensiese verslag is egter nog nie voltooi nie.

 

игрушки днепропетровскданильченко юрій Харків