SAL-hoof kry miljoene

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Khaya Ngqula, die lugdiens se voormalige uitvoerende hoof, altesame R13,651 miljoen in die afgelope finansiële jaar betaal.

Die syfer het Dinsdag aan die lig gekom toe die lugdiens se jaarverslag aan die parlement voorgelê is.

Ngqula het ’n salaris van R3,831 miljoen gekry en afleggingsbetalings van R9,35 miljoen.

Die res was pensioen-bydraes en ’n retensiebetaling.

Die voorsitter van die SAL se direksie, Jakes Gerwel, het Maandag gesê vordering word gemaak met die ondersoek na beweerde wanbestuur deur Ngqula.

Die ouditeursfirma KPMG het reeds ’n voorlopige verslag voltooi wat aan die SAL se direksie oorhandig is.

’n Forensiese verslag is egter nog nie voltooi nie.

 

игрушки днепропетровскданильченко юрій Харків