Tsoenami dreig in Nieu-Seeland

‘n Tsoenami wat veroorsaak is deur ’n aardbewing naby Samoa het talle dorpe op eilande in die Stille Oseaan verwoes.

Verskeie dorpe is deur die tsoenami “weggevee” en talle mense word vermis, het ‘n verslaggewer vir Radio Polynesië aan Radio Nieu-Seeland berig.

Die aardbewing het ongeveer 85 km onder die Stille Oseaan plaasgevind, het die Amerikaanse Geologiese Instituut Woensdag gesê.

Die Stille-Oseaantsoenami-waarskuwingsentrum het voorts ’n tsoenami-waarskuwing uitgereik vir ’n groot gedeelte van die suidelike Stille Oseaan gebied.

Die waarskuwing is aan verskeie eilande in die Stille Oseaan, insluitende Nieu-Seeland, Samoa, Fidji en Tonga, uitgereik.

 

игри девочкамtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae