Waarom die ANC se tweederdemeerderheid ‘n goeie ding is

ImageDie jongste meningsopname deur Ipsos-Markinor toon dat opposisiepartye soos Kongres van die Mense of die DA in hul verwagtinge om beduidende stemme by die regerende party af te neem beskaam is, want die ANC behoort steeds 'n tweederdemeerderheid te behaal.

Daardie politieke gek wat vir die Afrikaner se huidige penarie verantwoordelik is, FW de Klerk, het onlangs 'n patetiese oproep gedoen dat die ANC nie 'n tweedemeerderheid behoort te verkry nie.

Die vraag is: waarom nie? Nadat De Klerk in sy onbesonne oorgawe die Weermag deur Umkhonto we Sizwe laat oorneem het en so te sê alle openbare instellings, waaronder ook Eskom, Transnet en ander semi-staatsinstellings, watter verskil op aarde maak dit indien die ANC drie of vier minder parlementslede het wat hom teoreties sou verhoed om die fameuse 1996-grondwet te verander?

Danksy Roelf Meyer, wat 'n nog hopeloser figuur as De Klerk self is, het die ANC 'n grondwet verkry wat geheel en al in sy guns geskryf is. Tot dusver het die ANC 'n totale oorheersing oor die land bekom sonder dat dit nodig was dat hy die grondwet verander. Trouens, staatdepartemente, provinsies en munisipaliteite oortree elke dag die grondwet sonder dat 'n haan daaroor kraai in hul rassediskriminasie teen blankes, asook hul taaldiskriminasie teen Afrikaans.

Of die ANC dus oor twee derdes van die parlementêre setels beskik of nie, maak geen duit verskil aan die dwingelandy van transformasie waarin ons reeds verkeer nie.

Trouens, vanuit die oogpunt van die Afrikaner wat dringend toegewings met die maghebber moet onderhandel ten einde fisiek en kultureel te bly voortbestaan, mag dit selfs 'n goeie ding wees indien die ANC tydens môre se verkiesing 'n oorweldigende meerderheid sou behaal.

Ten eerste mag dit nodig wees vir die ANC om die grondwet te verander indien Jacob Zuma 'n eie onderwysowerheid aan Afrikaners sou toestaan.

Dit is altyd beter om met 'n vyand te onderhandel wat nie bang is dat sy toegewings hom van steun onder sy volgelinge sou beroof nie.

Ten tweede stel Zuma se oorweldigende meerderheid hom bloot aan kritiek dat hy 'n eenpartystaat regeer waarin minderhede verdruk word. Toegewings aan die Afrikaner in die vorm van 'n eie onderwysdepartement, minder regstellende aksie en grondhervorming, asook 'n beter wapenwet, kan die indruk van 'n eenpartystaat versag.

Soos wat die meeste intelligente ontleders voorspel het – teenoor die liberale wensdenkers wat steeds onder die illusie verkeer dat ras geen rol in die SA politiek speel of behoort te speel nie – stem die swart SA kieser vir 'n leier van sy ras en verkieslik van sy eie stam. Dis geen toevalligheid dat Zuma 'n Zoeloe is en dat die vorige swart presidente insgelyks uit die tweede grootste etniese groep, die Xhosas, gekom het nie.

Mev. Zille van die DA en haar aanhangers in die liberale media is daaroor begaan dat die ANC se eenpartyoorheersing gaan voortduur omdat hulle dit sien as 'n mislukking van die multikulturele smeltkroestelsel wat hulle self hartstogtelik voorstaan.

Maar vir die leidende figure onder die Afrikaners, asook ons arme volk wat tans op alle gebiede vertrap en selfs vermoor word, verteenwoordig die huidige stelsel 'n steen des aanstoots wat hetsy deur onderhandeling, hetsy deur 'n eventuele gewapende opstand, verander móét word. (En vir diegene wat nie meer Afrikaans verstaan nie, let tog op die betekenis van "eventueel" in die laaste sin, as "moontlik", "gebeurlik".)

Die enigste hartseer van die huidige kiespatroon is dat soveel Afrikanerkiesers steeds aan die liberale sirenegesang van die DA gehoor gee en sodoende eintlik hul steun vir die huidige stelsel uitspreek, pleks van die Vryheidsfront Plus se selfbeskikkingsgedagte te onderkraag.

Uiteindelik is verkiesings in Afrika egter gebeurtenisse wat vooraf deur militêre en demografiese faktore bepaal word. Suid-Afrika is hierop geen uitsondering nie. Danksy demografie en De Klerk se militêre en politieke oorgawe, het die ANC 'n feitlik onaantasbare posisie ingeneem. Die massa swart kiesers stem nie vir die ANC omdat hy die beste beleid het nie, maar omdat hy weens sy beheer van die Weermag en staatsinstellings die sterkste is.

In 'n wesentlike sin is môre se uitslag irrelevant. Die intellektuele en politieke bevrydingstryd van die Afrikaner wat tans deur 'n klein minderheid gevoer word, is al hoop om aan die huidige tirannie van die meerderheid te kan verander.

Die hele Suider-Afrika smag na verandering. Die stelsel wat deur Brittanje en Amerika aan die einde van die Koue Oorlog op ons afgedwing is en waardeur bewegings soos die ANC en ZANU-PF hele lande ontvang het om soos die persoonlike eiendom van 'n hoofman te regeer, het reeds sy krake gewys, in weerwil van die geswymel oor "demokrasie".

Daarom hou die huidige Afrikanerbeweging nie slegs die sleutel tot Afrikanervoortbestaan in sy hand nie, maar ook die toekoms van die hele subkontinent wat soos Zimbabwe onder daardie einste "demokrasie" in ellende mag versink.

лестницу вДанильченко Юрий Харьков

‘n Stem vir die DA is ‘n stem vir nog ‘n Afrikaner-holocaust

ImageHelen Zille se onredelike aanval op dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus toon net weer: 'n jakkals verander van haar, maar nie van kleur nie. Die DA, wat steeds deur die Engels-liberale Prog-kliek beheer word, is in wese anti-Afrikaans en verwag van Afrikaners dat hulle hul taal, kultuur en identiteit moet aflê om deel te word van die multikulturele, Engelstalige "reënboognasie" wat biskop Tutu en ander marionette van die Britte en Amerikaners aan ons land voorhou.

Die DA se verkiesingslagspreuk, "One nation, one future" verteenwoordig 'n stuk koloniale drogredenasie so groot soos Milner se imperialistiese droom van een Suid-Afrika onder Britse gesag wat Engels praat. Dwarsdeur die negentiende eeu het opeenvolgende Britse lords die Afrikaners vertel dat die volgende geslag vrywillig sou verbrits of verengels en dat dit daarom nie die moeite werd was om Nederlandse of Afrikaanse taalregte aan die bevolking toe te staan nie.

Die neerhalende wyse waarop Zille na die Afrikaners se "aparte etniese kassie" verwys, is nie net aan Pieter Mulder en die Vryheidsfront Plus se adres gerig nie. Sy praat met elke Afrikaner wat nie die sogenaamde "universele kultuur" van die vermetele groepie Engelse "progressiewes" wat sowel die DA as die mynhuise beheer, wil aanvaar nie. Net soos wat die mynhuise ons omgewing opophoudelik besoedel en kanker en ander siektes by ons kinders veroorsaak, besoedel die DA ons politieke landskap met hul agtergehaalde koloniale liberalisme.

Helen Zille is die geestelike dogter van Kitchener en Milner. Sy wil hê dat die Afrikaner as volk en as nasionale groep met 'n eie taal, kultuur en identiteit moet verdwyn.

Daarom: 'n Stem vir die DA is 'n stem ten gunste van nog 'n Afrikaner-holocaust in hierdie land. Weliswaar bepleit Zille, anders as haar koloniale Engelse voorgangers van honderd jaar gelede, nie die fisieke uitwissing van die Afrikaner nie, maar wel sy kulturele en nasionale uitdelging om deel van die multikulturele, Engelse nasie te word.

Terwyl Zille die ANC veroordeel, wil 'n mens vra: wat is die DA anders as 'n "ANC Lite"? Op elke belangrike beleidspunt, sover dit die Afrikaner betref, stem die DA en die ANC ooreen. Trouens, Zille oortref die ANC in haar holruggeryde verwysings na apartheid. Terwyl Jacob Zuma van die ANC so pas toegegee het dat daar vele aspekte van Afrikanerregering in die ou Suid-Afrika was wat die land tot voordeel gestrek het, soos doeltreffende landbou en respek vir wet en orde, wil Zille eintlik die stereotipe siening van die Afrikaner as verdrukker en rassis wat Suid-Afrika "verwoes" het aan haar eie Afrikanerkiesers verkoop.

Kyk na die DA en ou DP se rekord:

  • Tydens die Kemptonparkonderhandelings steun die DP die gedagte van een amptelike taal vir Suid-Afrika, naamlik Engels.
  • Tydens 1999-2000 steun die DA die herafbakening van Pretoria om van Afrikanerkiesers in daardie gebied 'n minderheid in hul eie stad te maak.
  • In dieselfde periode (1999-2000) steun die DA die naamsverandering van Pretoria na die gedrogtelike "Tshwane".
  • Meer onlangs in Kaapstad het mev. Zille se DA-stadsraad Afrikaanse straatname verander om plek te maak vir dié van ANC-helde.
    Die DA steun insgelyks gedwonge integrasie, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en die sosialistiese welvaartstaat wat die ANC ingestel het en wat ons land op die duur gaan ruïneer.
  • Trouens, die DA is nog meer radikaal as die ANC wanneer grondhervorming ter sprake is. Op 30 Oktober 2008 het mnr. Kraai van Niekerk, die DA se woorvoerder oor landbou, verklaar dat die DA "diep bekommerd" is dat die ANC se teiken van 30% landbougrond in die hande van swart boere teen 2014 nie gehaal gaan word nie en dat die DA "ten volle tot dié doelwit verbind is", die huidige afname in voedselproduksie ten spyt.
  • Les bes, die DA beskou die huidige stelsel met sy ingeboude voordeel aan demografie en benadeling van minderhede as die ideale stelsel met die ideale grondwet.

Daar mag mense wees wat dink dat die DA-bewind Kaapstad tot voordeel gestrek het. Maar hoe waar is dit? Die DA se stryd met die ANC in die Wes-Kaap berus op magsug en nie op beginselverskille nie. Het die plakkerskampe rondom Kaapstad minder geword onder die DA as onder die ANC? Het misdaad afgeneem of toegeneem? Wat het mev. Zille gedoen om die migrasie van Xhosas uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap te stuit? Net mooi niks. Die DA se politieke strategie is op sand gebou en op die duur gaan die party sy Wes-Kaapse magsbasis moet afstaan aan die onvermydelike uitwerking van demografie en gaan dit terugval op die hovaardige gekef wat die party sedert mev. Helen Suzman se dae as alleenverteenwoordiger in die parlement kenmerk.

Helen Zille beskuldig dr. Pieter Mulder daarvan dat sy party 'n "paringsdans" met die ANC sou uitvoer. Maar wie is die een wat ons gereeld op TV sien toitoi met haar geliefde Xhosas? Kennelik het sy haar politieke styl, vuis in die lug, by Winnie Mandela geleer, dieselfde persoon wat sy so naarstiglik tydens haar jare by die Black Sash gesteun het.

Haar rou krete van "Viva! Viva!" by sulke geleenthede som die intellektuele inhoud van DA-beleid mooi op.

Die liberalisme kon nog nooit hond haaraf maak in die Suid-Afrikaanse politiek nie, omdat dié filosofie strydig met die werklikheid is. Suid-Afrika is 'n multietniese of veelvolkige staat en nie bloot 'n nasie wat uit 'n versameling individue bestaan – soos wat die DA voorhou – nie.

Dit is hoog tyd dat die DA weer terugkeer na die goue ghetto's – of moet ek sê "etniese kassies", mev. Zille? – van Houghton of Constantia waaruit die party ontspring het, waar mense hul jenewer en tonikum drink en droom dat Suid-Afrika 'n Engeland-in-die-kleine verteenwoordig. Hoe Afrikaners ooit in die doodloopstraat van die DA se koloniale Engelse politiek beland het, weet nugter.

Op sy minste toon dit watter verwarring die disinformasie veroorsaak het wat elke dag deur die hoofstroommedia uitgepomp word.

сколько стоит пломбирование зубалобановский александр жена

Wat ‘n dag met Zuma!

ImageAfrikaanse organisasies van oor die hele spektrum, vanaf die mistiek regse Boerevryheid van dr. Lets Pretorius, tot die politiese korrekte ATKV met Danny Titus aan die stuur, het gister in die Hilton-hotel in Sandton hul harte uitgestort teenoor die ANC-leier, Jacob Zuma.

Almal was dit agterna eens dat gister 'n merkwaardige dag was. Reeds tydens sy openingstoespraak het Zuma heel ander geluide gemaak as wat ons tot dusver van die ANC te hore gekry het. Hy het Afrikaners geprys vir hul bydrae tot die ontwikkeling van die land en erken dat hulle 'n unieke rol in die totstandkoming van die land gespeel het.

Trouens, soms moes 'n mens jouself knyp om seker te maak dat jy hoor wat jy hoor, want by tye het dit selfs geklink asof Zuma meen apartheid was ná alles nie so 'n groot sonde nie. Geen wonder die DA het Zuma agterna gekritiseer vir sy verklaring dat Afrikaners die enigste ware blanke Suid-Afrikaners is nie. Want indien Zuma 'n blanke was, sou hy sekerlik deur die DA as rassis uitgekryt gewees het weens sy stellings oor apartheid waarvan hy sommige aspekte as "innoverend" beskryf het.

Blykbaar het die hele geleentheid die ANC – en seker indirek die belastingbetaler – R500 000 uit die sak gejaag, met 'n smaaklike middagete wat voorgesit is. Dis seker gelykstaande aan die jaarlikse begroting van sommige Afrikaanse organisasies wat teenwoordig was, maar wat een en almal opgeruk het om hul sê te kom sê.

Sommiges, soos die ATKV en Afrikanerbond, was voorspelbaar polities korrek en het bloot hul clichés oor "diversiteit" en "diensbaarheid aan die regering" herhaal, maar die meeste organisasies het kritiek teenoor die ANC-leier uitgespreek, sonder om doekies om te draai.

Deur die bank het almal gevoel dat regstellende aksie onregverdig is en dat geweldsmisdaad 'n onhoudbare probleem geword het. Diskriminasie teen en miskenning van Afrikaans het ook gereeld op die klagtelys verskyn en sowel Jacob Zuma as Matthews Phosa moes deeglik kennis neem van Afrikaners se besorgdheid oor hul taal, hul skole, universiteite en ander instellings wat onder die ANC so gruwelik verwaarloos of verengels word.

Zuma is 'n goeie spreker wat die gehoor oortuig het dat hy nie bloot met 'n publisiteitsfoefie besig is nie, maar werklik die staat se vyandigheid en overskilligheid teenoor Afrikaners wil omkeer. Hy is ook 'n diplomaat wat die soms skerp kritiek teen die ANC-bewind rustig en met begrip aangehoor het. Izak Burger van die Apostoliese Geloofsending het hom veral gekasty oor sommige van sy uitsprake waarin hy na bewering die Here Jesus se naam ydellik gebruik het deur byvoorbeeld te sê dat die ANC "tot Jesus kom" gaan regeer. Hoewel sy antwoord nie heeltemal oortuig het nie, het Zuma tog getoon dat hy sensitief is vir die Afrikaner se godsdiensgevoel, homself insgelyks as 'n Christen beskryf en om verskoning gevra indien sy uitlatings aanstoot gegee het.

Ook die nuwe wapenwet is geopper, onder andere deur PRAAG, en daar is gevra of ons dan krygsgevangenes is wat in die tou moet staan om ons wapens prys te gee.

Dr. Koos Malan van die Regslui vir Afrikaans het heeltemal korrek opgemerk dat Zuma nie die Afrikanerstem nodig het om 'n meerderheid te behaal nie. Daarom was hy nie besig met 'n verkiesingsveldtog nie, maar het wel tot dusver blyke van opregtheid gegee in sy bereidheid om na Afrikanerprobleme te luister. Volgens Malan toon Zuma hiermee leierskap, wat nie noodwendig tydens die Mbeki-tydvak gegeld het nie.

Ekself het 'n verdere pleidooi gelewer dat ons 'n eie Afrikaneronderwysowerheid moet verkry waardeur die oorblywende Afrikaanse staatskole, asook een of twee universiteitskampusse, aan Afrikaners oorgedra behoort te word.

'n Woord wat telkens opgeduik het en aanvanklik deur Matthews Phosa gebruik is, was "hardegatgeit". Die gevoel was dat die sogenaamde "hardegat-Afrikaner" juis respek afdwing en nou weer na vore moet kom. Daar is nie na die teenoorgestelde figuur van die "kruipende Afrikaner" verwys nie, maar dit was opvallend dat daar nie meer, soos onder FW de Klerk en Roelf Meyer, 'n verskonende en onderdanige houding teenoor die ANC ingeneem word nie, maar reguit gepraat word deur die meeste organisasies wat teenwoordig was.

Aan die einde het Zuma 'n staande toejuiging van die afgevaardigdes ontvang, wat myns insiens geregverdig was. Waarskynlik neem Zuma 'n bepaalde risiko om so tegemoetkomend teenoor Afrikaners op te tree, terwyl sy linkervleuel, waaronder die Engelse radikales in sy party, steeds van hom verwag om Afrikaners eerder te ondergrawe as om met begrip na hulle te luister. Ook die buiteland, in die vorm van Brittanje en die VSA, kan beswaarlik beïndruk wees dat hy as't ware die Afrikaner, wat as sondebok vir die Weste se koloniale sondes gebrandmerk is, gerehabiliteer het deur ons nie meer as mense wat 'n sogenaamde "misdaad teen die mensdom" gepleeg het te behandel nie. Sekerlik stik menige Britse of Amerikaanse liberalis vandag in sy oggendtee deur Zuma en die Afrikaners so gesellig saam te sien kuier.

Zuma het veral sy waardering vir Afrikanerlandbou uitgespreek en heel moontlik kan ons 'n nuwe benadering teenoor ons boere van die inkomende ANC-bewind verwag.

Aan die einde het die ANC-president, wat na alle waarskynlikheid Suid-Afrika se volgende president gaan wees, belowe dat gister se gesprek 'n permanente forum moet word waar Afrikanerprobleme gereeld geopper kan word.

Ironies genoeg is Zuma besig om ook op 'n manier die Afrikaner te verenig, ná al ons onderlinge verdeeldheid en politieke gevegte van die afgelope dekades. Nie alle organisasies was gister teenwoordig nie, maar gegewe die breë spektrum wat wel daar was, kan ons sê dat ons uiteindelik oor 'n verteenwoordigende vergadering beskik. Al is die sameroeper dan ook 'n Zoeloe wat van korrupsie verdink word.

Selfs al kom daar niks verder van gister se vergadering nie – en alle aanduidigings is dat ons wel op die vooraand van 'n nuwe Afrikaner-ANC-politiek in Suid-Afrika verkeer – het Jacob Zuma dus reeds die byna onmoontlike reggekry: om sulke uiteenlopende Afrikaners in een saal bymekaar te kry.

машини на радиоуправлениилобановский александр биография

Waarom wil die ANC wettige vuurwapeneienaars ontwapen?

ImageDie uitspraak van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus oor die chaos wat by die vuurwapenregister heers, plaas die ANC-bewind se angsvallige pogings om wettige vuurwapeneienaars te ontwapen in perspektief.

Die onrealistiese afsnydatum van 31 Maart vir die herlisensiëring van 4 miljoen vuurwapenlisensies is besig om paniek by die publiek te veroorsaak en vrese te laat ontstaan dat die ANC dalk met een of ander onderduimse plan teen veral minderheidsgroepe aan die gang is.

Geweldsmisdaad in die land word gepleeg deur diegene met onwettige vuurwapens wat vrylik in omloop is of oor ons landsgrense gesmokkel word. Na raming is daar 100 miljoen vuurwapens in Afrika wat deur die grootmoondhede tydens die vele oorloë en konflikte op die vasteland uitgedeel is.

Ras speel ook 'n rol by die ANC-bewind se veldtog teen wettige vuurwapens, want die meeste eienaars van sulke wapens behoort aan minderheidsgroepe soos blankes en Afrikaners.

Geweldsmisdaad, daarenteen, word in 99% van gevalle deur swartes – met onwettige vuurwapens – gepleeg. Dié prentjie is kommerwekkend, omdat dit wil voorkom asof die regering blankes met wettige vuurwapens wat hier en daar poog om hulle en hul gesinne teen geweldsmisdaad te verdedig, te ontwapen en hulle sodoende weerloos te laat.

Nie net gaan ons weerloos gelaat word teen geweldsmisdaad nie, maar ook teen georganiseerde optrede deur die regering of militante groepe soos die ANC-jeugliga wat ná die ontwapening die vrypas gaan hê om plase of woongebiede te beset of selfs 'n volksmoord te pleeg.

Ons mag nie vergeet dat, hoewel Europeërs en Asiërs ook verskeie gruwelike volksmoorde gepleeg het, volksmoord en massamoord in die onlangse tyd sinoniem met Afrika geword het nie. Rwanda, Ethiopië, die Kongo se Ituri-provinsie en Darfoer is nog vars in die geheue.

Ons ervaar elke dag op soveel gebiede en veral in die getransformeerde staatsdiens hoeveel haat daar tans onder die oppervlak teen blankes en veral Afrikaners sluimer.

Die vraag kan dus openlik gevra word: wil die ANC ons ontwapen omdat hy, hetsy plaasbesettings op die Zimbabwe-manier, hetsy etniese suiwering teen ons beplan?

In die negentiende eeu het die Britse koloniale owerheid by verskeie geleenthede swart stamme teen die Boere in die binneland aangehits en vrylik wapens aan sulke stamme verkoop, terwyl daar terselfdertyd 'n wapen- en kruitboikot teen die Boere ingestel is. Dan is daar nog die fameuse voorbeeld van Piet Retief wat sy wapens buite Dingaan se kraal gelaat het.

Waarom kry ons die indruk dat die geskiedenis besig is om hom te herhaal? Is die vrolike partytjie wat Dingaan vir ons aanbied dalk binnekort nie meer so vrolik nie?

Tydens die wanorde van die negentiende eeu toe massamoorde in die binneland tussen swart stamme en op blanke pioniers byna alledaags was, kon ons voorouers hulself net handhaaf en uiteindelik oorleef danksy die feit dat hulle wapens besit het.

Vele mense – waaronder Tim du Plessis van Beeld – is besig om in te sien dat Suid-Afrika reeds 'n mislukte staat van die Afrikatipe geword het.

Die risiko vir gewone burgers en veral lede van minderheidsgroepe om hul wapens aan 'n staat te oorhandig wat by monde van sy vorige hoof, Thabo Mbeki, van hulle as "setlaars" en 'n "koloniale heersersklas" gepraat het, is ooglopend.

Saam met die Vryheidsfront eis ons dat 'n behoorlike lisensiëringsproses daargestel word wat nie daarop gemik is om die publiek en minderheidsgroepe te ontwapen nie.

Ons doen ook 'n beroep op elke wettige wapeneienaar om nie sy of haar wapens sonder meer in te handig nie. Indien die polisie hardhandig begin optree teen mense wat weens die (doelbewuste?) onvermoë van die staat om lisensie-aansoeke te prosesseer die wapenwet oortree het, sal die skrif aan die muur wees vir die staat wat in 1994 tot stand gekom het.

Die demokratiese masker sal daarmee afgeruk wees en die staat se vyandigheid jeens minderheidsgroepe sal voor die hele wêreld ontbloot wees.

Die potensiaal vir etniese konflik in die land indien die polisie tot sulke optrede sou oorgaan, wat waarskynlik kort daarna deur plaasbesettings soos in Zimbabwe gevolg sal word, spreek ook vanself.

Boere, politieke partye en Afrikaanse organisasies moet nou saamstaan en baie reguit met die regering praat oor die dooiepunt en veral die vrese wat die ANC se wapenwet geskep het.

циклевка и реставрация паркета ценаtopcargo отзывы

Carl Niehaus, die model-‘Afrikaanse’

ImageTerwyl ek vanmôre na die Star se jongste opskrif in die verkeer kyk, "Niehaus's lobola splurge", tref dit my skielik: Eintlik is Carl Niehaus die model-"Afrikaanse".

Ons word al jare lank vertel dat mense soos Niehaus wat vroeg genoeg by die ANK aangesluit het en bereid was om bomme op stasies of in Wimpy-restaurante te stel die eintlike helde van die Suid-Afrikaanse geskiedenis is. Anders as Roelf Meyer wat eers ná Mandela se vrylating geestelik na die terroristebeweging oorgeloop het, was Niehaus 'n voorbok.

Trouens, as mens ingaan op Die Burger se argiewe dan kom jy agter dat daardie koerant, asook die hele Naspersmediagroep, om van die spul ANK-marionette by die SAUK nie eens te praat nie, tot eergister nog snakkende, op-hul-knieë-kruipende bewonderaars van die tokkelokterroris was. Die SAUK het selfs 'n TV-program oor Niehaus gemaak met die titel, "Van tokkelok tot terroris". Intussen het ons uitgevind dat Niehaus, soos Jacob Zuma, feitlik niks behalwe miskien standerd vier deurgekom het nie, maar desnieteenstaande as "Doktor Niehaus" bekendgestaan het.

Daardie bebrilde Afrikanerhater wat hom verbeel dat hy 'n politieke joernalis is, Jan-Jan Joubert, was een van Niehaus se voor-in-die-koor-sikofante. Op 27 April 2004 het Jabroer Joubert hom saam met Carl die Grote Doktor Niehaus daarin verlustig dat "die stugge Uniegebou… 'n musiek-ekstravaganza" gaan huisves wat uit 'n multikulturele "allegaartjie" bestaan wat "net in Suid-Afrika kan onstaan".

Terwyl Naspers se held met voete van klei nou deur die Engelse pers so te sê lewendig opgevreet word, doen die Nasperskoerante minder geesdriftig daaraan mee. Want, verteenwoordig Niehaus ná alles nie die ideaal waartoe elke regdenkende "Afrikaanse" behoort te streef nie?

Nie net het Niehaus sy rug op Afrikanerskap gedraai nie, maar hy het selfs sy linkse virago van 'n vrou, Jansie Lourens, vir 'n ousie gelos. Volgens vanmôre se Star, het die platsak Niehaus redelik onlangs met die balju wat sy drempel deurtrap nog kans gesien om R35 000 lobola vir sy derde vrou, Mafani Gunghuluza, op te dok.

Soos Oscar Wilde sou sê, is daar een ding beter as 'n Afrikanerverraaier wat sy eie mense in die rug gesteek het en dit is 'n Afrikanerverraaier wat bereid is om lobola vir sy ousie te betaal. Die Huisgenoot is waarskynlik steeds in ekstase oor Niehaus – sy spandabele, leuenagtige gedrag ten spyt. Al om die ander week stal die grootste Afrikaanse gesinstydskrif immers gemengde paartjies soos Bryan Habana en Janine Viljoen op hul voorblad uit in 'n manie van veelrassige, veelkleurige, veelkopulerende vermenging wat die mal Amerikaanse professor Noel Ignatiev wat "die wit ras wil afskaf" se hart sou verbly.

Voordat ek nou weer by die Menseregtekommissie vir rassisme verkla word, wil ek dit onomwonde stel dat ek niks teen Mafani Gunghuluza het nie. Sy word trouens op die ouderdom van 31 as 'n "ervare en innoverende sakevrou" beskryf. Sy is glo "'n direkteur van verskeie maatskappye en 'n lid van die South African Women Entrepreneurs' Forum". Sy lyk ook meer eg as Niehaus, want ten minste het sy nie haar hare laat reguit maak soos mev. Obama en dié se dogters nie.

My enigste vraag is: wat sien me. Gunghuluza in 'n "Afrikaanse" soos Carl Niehaus?

Behalwe hul voorliefde vir verraad en agterbaksheid, kan mens sê dat "Afrikaanses" jillend hul sitplekke op die ANK-soustrein ingeneem het. Niehaus is maar net 'n suiwerder vorm van die "Afrikaanse" wat saam met die oud-terroriste van die ANK 'n sadistiese behae daarin skep om die belastingbetaler en selfs aandeelhouers in privaatmaatskappye daagliks met miljarde tydens die horde SEB-transaksies te verneuk.

Het ander "Afrikaanses" soos Marthinus van Schalkwyk, FW de Klerk, Ton Vosloo en Koos Bekker nie ook maar hul eie mense uitverkoop en in die proses saam "geskep" nie? Hulle leef dieselfde Hollywood-lewe as Niehaus op Kaapse wynplase en in vyfsterhotelle terwyl Afrikaners op plase en in die voorstede vermoor word, Afrikaans onderdruk word en ons een vir een gedwing word om te emigreer.

Volgens gerugte het Ton Vosloo, die voorsitter van Naspers, tydens die demutualisering van Sanlam so 'n klein "meevallertjie" van sestig miljoen rand aan homself toegeken. Sanlam, daardie eerbiedwaardige maatskappy wat ons ouers en grootouers in hul armoede en swaarkry opgerig en ondersteun het, het met ander woorde vir Vosloo sy plesierrit op die soustrein verseker en hom as "Afrikaanse" gesalf. Geen wonder dié man is in die annale opgeteken as van mening dat "die begrip 'Afrikaner' aanstoot gee" nie.

Afrikaners is eerlik, hardwerkend en lojaal. In die nuwe Suid-Afrika is hulle om daardie rede gewoonlik ook arm, of ten minste veel armer as die res wat ons so gereeld saam met die taxi's in hul blinkswart Range Rovers en Porsches van die pad af druk. "Afrikaanses", daarenteen, floreer in die korrupte kleptokrasie van die NSA waar grootdoenery, uitspattigheid en pasrykvulgariteit die etos van 'n hele samelewing definieer.

In vele opsigte is Carl Niehaus, die linkse pierewaaier wat net so vol van homself is soos wat sy bankrekening leeg is, die ideale "Afrikaanse", die verloopte Afrikaner wat met afsku vir sy eie taal, ras en identiteit vervul is en daarom as't ware 'n hoeksteen van die versameling rampokkers wat hulself die "reënboognasie" noem.

Komaan, Huisgenoot, Rapport, Beeld, Burger en SAUK, kom ons stel 'n heildronk op jul held in. Hulde, hulde aan Doktor Carl Niehaus!

харьков купитьлобановский александр биография

Niehaus en die endemiese korrupsie in SA

ImageDie geval Carl Niehaus is maar bloot die jongste in 'n reeks waartydens die geldgierigheid, oneerlikheid en korrupsie van linkse politici op die lappe gekom het. Voorheen was daar Winnie Mandela, Allan Boesak, Tony Yengeni, Shabir Shaik en die parlementêre reisskandaal.

Ek wil dit vandag waag om te sê dat Links in Suid-Afrika fundamenteel korrup is. Die hele linkse ideologie in Suid-Afrika wat deur die vakbonde, die Engelstalige Marxistiese akademici aan die universiteite, die ANC en SAKP, Naspers en ander media geproduseer word, is deurtrek van leuens en wanvoorstellings. In die eerste plek het hierdie mense vir hulself 'n magstruktuur gebou op die Groot Leuen dat die Afrikaner met sy fanatiese rassisme onder "apartheid" besig was met 'n Nazistiese uitwissingsprojek.

Die Nazi-leuen oor die Afrikaner is natuurlik groter as enige leuen wat Carl Niehaus al ooit vertel het. Pleks dat Carl Niehaus net een of ander relaas oor apartheid saamgeflans het, dan het die Universiteit van Utrecht dalk wel aan hom 'n doktorsgraad toegeken. Trouens, ek verstout my om te sê dat daar al meer doktorsgrade op grond van onwaarhede deur ons ewe korrupte, linkse universiteite toegeken is as wat Carl Niehaus se skuldrande beloop.

Die politieke leuen lei geredelik tot finansiële verduistering.

Die linkse ideologiese leuens het die linkse finansiële bedrog – waarmee ons hele samelewing deurtrek is – vooruit geloop. Waarom sal iemand wat onbeskaamd oor die geskiedenis of die politiek lieg eerlik wees as dit by geld kom? Iemand wat glo dat "die doel die middele heilig" en daarom bereid is om, soos Niehaus, aan stedelike terreur deel te neem, sal mos nie stuit voor 'n bietjie bedrog om sy lewenstandaard te ondersteun nie, sal hy?

Dink maar aan Mandela se kinderfonds waaroor daar soveel gerugte bestaan. Mandela samel geld vir kinders in, maar leef self soos die uitvoerende beampte van 'n Amerikaanse bank. Ek praat nou van die soort bankamptenare wat verlede jaar $18 miljard aan bonusse aan hulself uitbetaal het terwyl hul ondernemings tegnies bankrot was en net deur die steun van die belastingbetaler drywende gehou is. Is daar enigiemand wat soveel geld uit "liefdadigheid" verdien soos Mandela? Nietemin sal niemand ooit vrae hieroor durf vra nie, want binne die linkse heelal beklee Mandela natuurlik 'n goddelike posisie en word daar net in gewyde terme na hom verwys.

Iewers in die toekoms gaan ons onsself wel van hierdie bose, oneerlike, korrupte stelsel bevry. Op daardie stadium sal daar onthullings gedoen word oor die reusebedrae geld in dié land wat eenvoudig deur die trop linkse varke wat steunend en beurend aan die trog van die staat (én die lamsakkige privaatsektor) opgevreet is. Indien iemand ooit die somtotaal sou bereken van alles wat deur linkse korrupsie sedert 1994 verlore gegaan het, sou dit 'n astronomiese bedrag wees. Dit sal nie in die miljoene wees nie, ook nie in die miljarde nie, maar in die triljoene rand wat uit die staatskas gesteel en verduister is om die grypsug en hebsug van Links te voed.

FW de Klerk het self sy snoet in die trog gehad, as mens PW Botha kan glo. De Klerk se skielike en geheimsinnige oorgawe aan die ANC en sy rykmanslewe sedertdien verteenwoordig die twee plus twee wat op vier uitloop. Die logika van omkopery, kliëntelisme, bedrog en leuens het reeds in die vroeë negentigerjare posgevat toe die Geluksgodin haar kaal borste aan die ou NP's onbloot het en hulle oorreed is om hul eie mense uit te verkoop terwille van aansien en veral geld.

Die Nasionale Party – selfs in sy terminale, beginsellose fase – sou egter nooit kon droom om sulke reusebedrae te skep soos waarmee die ANC tans besig is nie.

Een van die irriterendste aspekte van die hele Carl Niehaussage is hoe die media konstant sulke stellings maak soos: "Ag ja, daar is maar oral ter wêreld korrupsie…" Of, my persoonlike bête noire: "Haai, ja, onder die ou regering was daar ook maar korrupsie, nè."

Net gisteraand luister ek na Classic FM waarop twee Ingelse deskundiges besig is om die Niehausgeval te bespreek. Ja, sê die een, "onder die rassistiese, immorele NP-regering was daar net soveel korrupsie, dis net dat ons nou oor 'n demokratiese samelewing beskik wat hierdie dinge na vore bring".

Se voet! 'n Mens moet seker Engels wees met een of ander Monty Pythonagtige sin vir absurde humor om te wil beweer dat daar onder die ou regering net soveel korrupsie as onder die ANC-bewind was, maar kan enige normale, nugtere mens werklik so iets glo? Het omtrent elke staatsdepartement in die ou dae 'n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang soos tans? Watter ministers of hoë staatsamptenare het destyds die rojale, uitspattige lewenwyses beoefen van nou, De Klerk uitgesluit?

Ek wil geensins hier 'n apologeet vir die ou NP's wees nie, maar dis soos om te beweer dat "Nederland maar ewe korrup is as Nigerië" of "Switserland het meer ewe veel probleme as Zimbabwe". Trouens, die twee Engelse here van Classic FM het 'n algemene apologie vir korrupsie gelewer deur te beweer: "Daar is maar oral korrupsie, ook in Westerse liberale demokrasieë."

As mens hierna luister, dan gaan die morele verrotting van hierdie nuwe Suid-Afrika saam met intellektuele verrotting. Die nuanseverskil tussen die soort finansiële skandale wat daar in sommige Westerse demokrasieë aangetref word – en wat normaalweg darem lei tot die bedanking of vervolging van die skuldige(s) – en die endemiese staatsplundering en -diefstal wat daar in Suid-Afrika plaasvind, is blykbaar verlore op Classic FM se wysneuse.

Waarskynlik gaan die pers vir 'n week of drie oor Niehaus skryf, maar agterna sal almal daarvan vergeet en oor 'n paar maande sal hy weer – soos Boesak – gerehabiliteer wees. Niehaus, wat 'n patologiese leuenaar is, is egter simptomaties van die algemene morele en verstandelike insinking wat daar in Suid-Afrika plaasgevind het. Soos Niehaus is die meerderheid van die Suid-Afrikaanse gepeupel, waaronder ons die joernaliste en politici maar kan insluit, nie meer in staat om tussen reg en verkeerd, waar en onwaar, te onderskei nie. Die verskil tussen Julius Malema en Max du Preez is byvoorbeeld bloot een van styl, maar nie van inhoud nie. Beide is ewe irrasioneel en vervul met kwade wil jeens die normale samelewing, asook die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Beide leef in 'n valse dwaalwêreld van mites en leuens.

Wat ons verder moet begryp is dat die linkse gegoël met "menseregte", "demokrasie" en "dienslewering" maar net oëverblindery is vir die werklike dryfveer agter linkse politiek: naakte hebsug.

Niehaus is maar net die simptoom van die groter verval wat Suid-Afrika kenmerk. Totdat hulle gekeer word, gaan die varke aanhou om ons land kwylend en stuk vir stuk te verorber.

модные рубашки для девочекОлександр Фільчаков прокурор

Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 2

ImageTerwyl die VSA verswak word deur sy interne ideologiese en rasseverdeeldheid, het die land ook die pad byster geraak wat sy buitelandse beleid betref. Dis te betwyfel of die liberale Hillary Clinton hoegenaamd hieraan gaan verander. Kortom, Amerika het sy tradisionale posisie as bewaker van Westerse veiligheid versaak en is tans onseker oor wat sy werklike belang behoort te wees.

Ek meen Amerika se behandeling van die blankes in Suider-Afrika verskaf een leidraad tot die land se nuwe buitelandse beleid (of gebrek daaraan). Amerika het sowel die Smith-regering in die destydse Rhodesië as die vorige Afrikaner-geleide regering van Suid-Afrika aktief ondermyn. Die gevolge was voorspelbaar: twee ver-linkse en uiters anti-Westerse swart regerings het in beide lande aan bewind gekom. In Zimbabwe het Robert Mugabe se Zanu-PF-party met hul etniese suiweringsveldtog teen blanke boere die land se ekonomie verwoes en het een helfte van die bevolking na Suid-Afrika gevlug en die ander helfte ontvang voedselhulp van die Rooikruis en Westerse liefdadigheidsorganisasies.

In Suid-Afrika het Amerika die ANC, wat destyds 'n kommunistiese organisasie was wat stedelike terreur in Suid-Afrika gepleeg het, aktief ondersteun met geld, publisiteit en diplomatieke middele. Kwansuis was Amerika ten gunste van "demokrasie" in Suid-Afrika.

Kom ons vergelyk wat tans in die Gasastrook aan die gang is met die situasie destyds in Suid-Afrika. Almal weet dat, indien 'n verkiesing more in die Gasastrook gehou sou word, sou die radikale Palestynse party, Hamas, dit wen. Logies beteken "demokrasie" in die Gasastrook Hamas, 'n anti-Westerse terroristeorganisasie wat vuurpyle op Israelse burgerlikes afvuur.

"Demokrasie" in Suid-Afrika het in 1994 die ANC-bewind beteken. Die ANC-bewind is met sy anti-blanke en anti-Westerse beleid van "transformasie" besig om presies dieselfde einddoel te bereik as Robert Mugabe in Zimbabwe: om die subkontinent van alle blankes te suiwer in 'n rasseprogram wat nog veel duideliker is as enigiets wat die Nazi's in Duitsland aangaande die Jode verklaar het.

 Terwyl Amerikaners lief is daarvoor om oor hul waardes en integriteit te praat, is daar een ding wat selfs voor Obama baie helder was en dit is: Amerika beskik, wat buitelandse beleid betref, oor geen waardes nie. Dit gaan bloot om wat kardinaal Richelieu destyds raison d'état genoem het. Omdat beide groot partye in die VSA die multikulturele samelewing en multikulturele staat as ideaal aangeneem het, beteken dit dat die VSA se belang voortaan bloot ekonomies en militêr-strategies van aard is.

 Blanke, Christelike Suid-Afrikaners, wat in twee wêreldoorloë, asook in Korea, aan die Amerikaanse kant geveg het, verkeer nie verder of nader aan Amerika as kommunistiese Chinese, fundamentalistiese Moslems of Hindoes nie.

 Hoewel Huntington destyds aan die einde van die koue oorlog Amerika se nuwe stryd as "tussen beskawings" gedefinieer het, het selfs dít ná Obama verval. Obama is die eerste president van 'n post-Westerse en post-Christelike Amerika.

 Dis geen wonder dat Edward Saïd en ander akademiese filosowe gaande oor Obama is nie, want hy verteenwoordig die postmoderne, nie-identiteit van Amerika.

 Die Franse romanskrywer, Jean Raspail, het gepraat van die komende derdewêreldrevolusie wanneer die eertyds Westerse, Christelike of sekulêre state deur ander betrek gaan word soos wat die hermietkrap in 'n weekdier se skulp intrek. Die Amerikaanse vlag, volkslied en ander parafernalia verteenwoordig daardie dop van die ou Amerika wat nou deur 'n nuwe wese beset word, 'n wese sonder waardes of wie se enigste waarde iets soos "diversiteit", die aanvaarding van alle waardes, van die Tien Gebooie tot klitoridektomie op Afrikavroue in die VSA, is.

 Daar bestaan 'n algemene opvatting onder linkse pasifiste dat mense met oortuigings of 'n gedefinieerde nasionale of etniese identiteit maklik oorlog maak. Hibriede mense of diegene sonder 'n vaste identiteit is daarom meer vredeliewend en indien alle nasies en volkere verdwyn, sou daar ewigdurende vrede op aarde wees.

 Maar wat hulle uit die oog verloor, is dat oorloë net in 'n beperkte mate oor identiteitskwessies soos taal, kultuur, godsdiens of ras gaan en meermale oor geld en hulpbronne geveg word. Immers sou geen land teen 'n ander oorlog verklaar bloot omdat die kultuur en gebruike van so 'n land van sy eie verskil nie. Gewoonlik is daar een of ander instrumentele of strategiese sneller vir oorlog.

 Die linkse aanname dat die nuwe identiteitlose VSA dus 'n vredeliewende land gaan wees, is foutief. Juis omdat Amerika geen waarde meer voorstaan behalwe "demokrasie" nie (wat ook 'n vorm van regering deur die gepeupel kan wees), asook in 'n ekonomiese krisis verkeer, gaan sy globale invloed taan. Groot lande of ryke waarvan die invloed taan, maak gewoonlik oorloë in 'n desperate poging om hul vorige invloed te herwin. Die eerste wêreldoorlog het uitgebreek omdat die Habsburgryk besig was om te verbrokkel.

 Terwyl Obama as "man van vrede" hom wou differensieer van 'n "oorlogsugtige" Bush, kan ons seker wees dat hy ook nie sal skroom om militêr op te tree indien Amerikaanse belange soos markte of toegang tot energie bedreig word nie. Dít wat ons in Suider-Afrika gesien het oor die afgelope dekade of twee, waar die VSA bereid was om die vernietiging van pro-Westerse nasies te steun omdat dit kwansuis in sy globale belang was, kan voortaan weer en weer gebeur.

 Veronderstel daar kom 'n konflik tussen Indië en Italië, byvoorbeeld. In so 'n geval gaan die koue multikulturele hart van Amerika afsydig staan teenoor die geboorteplek van die Westerse renaissance met sy kunsskatte en eeue oue kultuur en eerder Indië, 'n groter mark met meer mense, steun.

 Omdat Amerika opgehou het om 'n Westerse land te wees, het hy geen vriende meer nie, net belange.

 Maar ons weet maar te goed dat die res van die wêreld, buitekant die dekadente Weste in die vorm van Amerika en Wes-Europa, nog glad nie sy waardes afgesweer het nie. Moslems sal sterf of ander doodmaak vir hul godsdiens, Japan sal geen immigrante toelaat nie en die meeste Afrikalande sal aanhou om diskriminerende maatreëls teen blankes te handhaaf, selfs al verteenwoordig sulke blankes hul eie burgers.

 Terwyl Amerika gehensop het in Huntington se beskawingsbotsing, duur hierdie konflik eenvoudig elders ter wêreld, soos veral ook tussen die Israeli's en Palestyne, onverpoos voort.

 Vanweë sy omhelsing van postmoderne identiteitloosheid met sy halfbloedprins vir president, het Amerika nie net 'n gevaar vir homself geword nie, maar ook vir alle Westerse lande en nasies wat voortaan, anders tydens die koue oorlog byvoorbeeld, glad nie op Amerikaanse steun sal kan reken nie. Trouens, NAVO kan maar net sowel ontbind, want dit het geen sin meer om 'n Westerse verdedigingsalliansie in stand te hou terwyl die Weste as sodanig opgehou het om te bestaan nie.

 Een van die mees onheilspellende aspekte van onlangse Amerikaanse beleid is die "nuwe koue oorlog" teenoor Rusland. Oor die afgelope dekade of meer is sowel die Amerikaanse regering as liberale drukgroepe soos George Soros se Open Society Foundation besig om die state rondom Rusland in die naam van "demokrasie" te destabiliseer.

 Onlangs het ek 'n boek deur 'n Britse skrywer met die titel "Soviet nationalities policy in practice" gelees, asook 'n baie insiggewende gesprek met 'n Russiese diplomaat oor Abkasië en Suid-Ossettië gehad. Die ou Sowjetunie het uit iets soos 138 nasionaliteite bestaan. Daardie komplekse etniese en nasionale tapisserie het nie met die ondergang van die Sowjetryk verdwyn nie, inteendeel. In elke onafhanklike staat wat ná 1989 tot stand gekom het, bestaan daar ook beduidende etniese minderhede.

 In Georgië het Amerika daardie etniese kompleksiteit uitgebuit ten einde die twee pro-Russiese minderheidsgroepe, die Abkasiërs en Suid-Ossetiërs deur die Georgiërs te laat oorheers. Dit is min of meer 'n herhaling van wat in Suid-Afrika gebeur het, waar die VSA en Brittanje die destyds pro-Westerse Afrikanervolk in 'n nuwe bestel ingedwing het waarin hulle oorheers en op die duur vernietig gaan word.

 Die VSA is voortaan 'n reus sonder vriende wat bereid is om op diegene te trap wat nie 'n simplistiese, multikulturele en "diverse" globalisme ondersteun nie. Rusland is nie langer die ideologiese vyand van Amerika nie, maar omdat die land, anders as byvoorbeeld die toenemend multikulturele en identiteitlose Wes-Europese state, oor 'n sterk onafhanklikheidsin en nasionale identiteit beskik, beskou die VSA hom steeds in 'n sterk vyandige lig.

 Oor die afgelope jare was daar 'n gulde geleentheid om die historiese vyandigheid tussen Amerika en Ruslang te besleg en sodoende 'n nuwe wêreldvrede gegrond op die gesamentlike mag van die twee ou koueoorlogvyande en grootste kernmoondhede te skep. Amerika het egter doelbewus Rusland se uitgestrekte hand van vriendskap weggeklap en gaan voort met 'n beleid van ondermyning en kwalik bedekte vyandskap teen Moskou.

 Dit wil voorkom asof Pole, vanweë sy status as bufferstaat tussen Rusland en Wes-Europa, 'n spesiale plek in die Amerikaanse magspel in Europa beklee. Vanuit Pole gaan die VSA poog om die Rusland as volkstaat te ondermyn en tot die nuwe religie van multikulturalisme en identiteitloosheid oor te haal.

 Iets wat Afrikaners vir 'n lang tyd nie kon verstaan nie, is waarom die VSA wat in mentaliteit, godsdiens en kultuur so naby aan ons is, juis ons grootste vyand kon word. Danksy Amerika word ons vandag deur die verskriklike, rassistiese en terroristiese ANC regeer. Dat ons in ons duisende jaarliks vermoor, verkrag en gemartel word en daar elke dag teen ons op grond van ras en taal gediskrimineer word, skeel die waardelose Amerikaanse regering geen duit nie.

 Wat blanke en Westerse Amerikaners moet besef, is dat hulle tans meedoen aan die aftakeling en uiteindelike vernietiging van die Europese beskawing. Obama is reeds die magtigste nie-Westerling in die geskiedenis. Amerika het reeds gekantel na die anti-Westerse en anti-Europese kant in Huntington se beskawingsbotsing. Trouens, vele van die probleme van Wes-Europa rondom immigrasie en verwarring rondom die lande se nasionale identiteite is te wyte aan Amerikaanse invloed. Pleks daarvan dat Europese lande hul eie nasionale kulture 'n eie benadering teenoor globalisering en immigrasie ontwikkel, is hulle besig om die Amerikaanse ideologie van diversiteit en multikulturalisme sito-sito oor te neem.

 Ironies genoeg het Amerika die rol van die ou Sowjetunie as uitvoerder van 'n totalitêre ideologie oorgeneem. Pleks van klassegelykheid wat tot die nuwe utopie moes lei onder kommunisme, moet rassegelykheid en kulturele relatiwisme ons nou die hemel op aarde laat beërwe.

 Die messiaanse bewondering vir Obama in die Europese media voorspel niks goeds nie. Dit wil lyk asof Europa hoegenaamd nie in staat is om vir homself te dink nie en so in die ban van Amerikaanse idees rondom ras en diversiteit verkeer dat regstellende aksie binnekort ook op die ou kontinent toegepas gaan word. Want het Obama self nie ook die hoogste sport bereik danksy regstellende aksie iewers in sy loopbaan nie? Al was dit dan net die feit dat hy maklik toegang tot die Harvardse regsfakulteit gekry het.

 Ekonome het dit al tot vervelens toe herhaal, maar die krag van Amerika is, benewens sy groot mark van 300 miljoen mense, gebou op entrepreneurskap en individuele verantwoordelikheid, anders as die aantal sosialistiese en semi-sosialistiese stelsels van Europa met hul burokrasieë, gebrek aan sosiale mobiliteit en verlammende regulasies.

 Obama gaan vir seker, te midde van die huidige ekonomiese krisis, die Amerikaanse welvaartstaat uitbrei om veral sy eie gemeenskap, die swart Amerikaners, terwille te wees. Ekonomies gaan Amerika dus kwyn op dieselfde oomblik as wat hy toenemend by buitelandse oorloë betrokke gaan raak om sy invloed in die wêreld te probeer handhaaf.

 'n Hele paar skrywers het al gewys op die ooreenkoms tussen die huidige Amerikaanse ondergang en dié van die Britse ryk tydens en ná die Eerste Wêreldoorlog. Die VSA gaan homself militêr en strategies ooreis op dieselfde oomblik as wat hy ekonomies agteruitgaan.

 Hopelik sal die Republikeinse Party die sin daarvan begin insin om die blanke Amerikaners rondom hul tradisionele waardes te monster sodat die Obama-tydvak nie te lank duur nie.

Wat ons situasie in Suid-Afrika betref, is die VSA nou waarskynlik meer as ooit kop in een mus met die ANC, hoewel die ANC self hom natuurlik geensins aan Amerika verbonde voel nie en eerder 'n vriend van China en Indië wil wees.

Saam met die kleiner volkere op die Europese vasteland waar die Amerikaanse model van globalistiese, identiteitlose verbruikerisme ook veld wen, het ons veel te vrees van die VSA wat, anders as Woodrow Wilson in 1920, nie meer die reg op nasionale selfbeskikking erken nie.

Terwyl Amerika gedurende die twintigste eeu hom daarop geroem het dat hy die beskermheer van vryheid was, het die land nou die kampvergter vir multikulturalisme en anti-Westerse onvryheid geword.

развивающийся ковриклобановский александр фото

Waarom Amerika se ‘halfbloedprins’ nie die w?reld gaan red nie, deel 1

ImageDie stortvloed internasionale gelukwensinge wat op eergister se inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president gevolg het, is deur slegs twee vals note bederf. Die eerste was Wallstraat wat nie die euforie van die twee miljoen mense op die Washingtonplein tussen die staatsgeboue gedeel het nie en gedaal het.

Die tweede was die kommentaar van die Russiese eerste minister, Wladimir Poetin, wat opgemerk het dat hy "daarvan diep oortuig is dat die grootste teleurstellings uit grootse hoop voortspruit".

Die byna kinderlike uitbarsting van geesdrif rondom Obama deur die Amerikaanse media is ook in die Suid-Afrikaanse reaksie op sy inswering weerspieël. Trouens, dit wil voorkom asof die meeste plaaslike joernaliste ingeskrewe lede van die Amerikaanse Demokratiese Party kan wees, gegewe hul openlike voorkeur vir Obama gedurende die Amerikaanse presidentsverkiesing.

Die Amerikaanse internetskrywer Steve Sailer het intussen 'n boek oor Barack Obama gepubliseer onder die Harry Potter-agtige titel, America's half-blood prince, waarin hy Obama se eie standpunt oor "ras en erfenis" ontleed. Sailer kom tot die gevolgtrekking dat die Amerikaanse elites hul greep op die werklikheid verloor het deur te dink dat Obama die land se rasseprobleme gaan wegtower. (America's half-blood prince kan gratis in PDF-formaat van Vdare.com afgelaai word.)

As voorbeeld van die fantasiewêreld wat Amerikaanse elites vir hulself rondom "diversiteit" geskep het, verwys Sailer na die media, albei groot politieke partye, die akademie en Wallstraat wat vyftien jaar lank makliker lenings aan minderheidsgroepe voorgestaan het.

Dié beleid het direk tot die subprimakrisis en die grootste ekonomiese insinking sedert die 1930s aanleiding gegee. Trouens, Obama het self in 1994 as 'n sogenaamde "burgerregte-advokaat" die grootste huidige bank, Citibank, gedagvaar om meer geld in swart woongebiede uit te leen.

Anders as wat die liberale en linkse media aan ons voorhou, beteken Obama se verkiesing nie dat ras in die VSA "oorstyg" is nie; inteendeel. Obama se verkiesing is regstreeks te wyte aan die toenemende verdeeldheid van Amerika waarin ras 'n baie groot rol speel. Anders as in 1960, toe blankes meer as 85% van die Amerikaanse bevolking uitgemaak het, is hulle nou minder as 70%. Die demografiese agteruitgang van Amerikaanse blankes raak egter eers duidelik as mens van die volgende syfer kennis neem: slegs 56% van skoolgaande kinders in Amerika is nog blankes!

Die meerderheid blanke Amerikaners, veral in die sogenaamde "rooi state" van die Midde-Weste, is steeds konserwatief, Christelik en Republikeinsgesind. Hoewel McCain as kandidaat nie die verbeelding gaande gemaak het nie, het 55% – die meerderheid – van blanke Amerikaners nogtans vir hom gestem.

Soos in Europa waar die kwynende sosialistiese partye na veral Moslem-immigrante kyk as 'n moontlik bron van kiesers, hang die sukses van die Demokratiese party in die VSA geheel en al daarvan af om die swart en Hispaniese steun te monster. Dit is natuurlik presies wat in die afgelope verkiesing gebeur het, waar tot 90% van alle swart Amerikaners vir Obama gestem en sy steun onder Hispaniese kiesers insgelyks nuwe rekords opgestel het.

Reeds tydens die vorige Bush-verkiesing is daar gepraat van Amerika, "die verdeelde nasie". In die huidige geval het 'n alliansie van liberale blanke elites en gekleurdes die tradisionele Amerikaner getroef en is Obama van plan om die land byna ewe onherroeplik te verander as wat Suid-Afrika in 1994 verander is. Immers was "verandering" die hooftema van Obama se veldtog.

Steve Sailer toon in sy boek aan dat Obama tot die jaar 2000 'n radikale, anti-wit swart leier van die tradisionele tipe was wat gepoog het om onder die swart kiesers van Chicago steun te werf tydens die nominasiestryd van 2000. In 'n kiesafdeling wat 65% swart was, het Obama te staan gekom teen 'n ander swart kandidaat, verteenwoordiger Bobby Rush, 'n voormalige Black Panther. Rush, wat veel ouer as Obama was, het neerhalend na Obama verwys as iemand wat nog net van die burgerregtebewewing gelees het en nie self daaraan deelgeneem het nie. Hy het bygevoeg: "Barack word in ons gemeenskap as 'n witman met 'n swart gesig gesien."

Tot Obama se teleurstelling het Rush hom met 61% teen 30% verslaan omdat die swart gemeenskap van Chicago hom nie as "swart genoeg" gesien het nie, met sy Harvard-opvoeding, wit ma en wit grootouers wat hom opgevoed het. Hy het egter in dieselfde kiesafdeling grootskaalse steun onder die minderheid blanke kiesers verwerf. Hierna het Obama hom minder as 'n swartbewussynsfiguur begin voordoen en eerder as iemand wat "die rasse kan verenig", met ander woorde 'n swart kandidaat wat ook blanke steun kan verkry. Met die tussenkoms van die beeldpoetser David Axelrod, het Obama eers 'n senaatspos en daarna die presidentskap verwerf, steeds met behulp van sy appèl op liberale blankes en die gekleurde steun wat suiwer op grond van ras agter hom ingeval het. Trouens, hoewel daar sekerlik konserwatiewe swartes bestaan, het byna geen van hulle vir die Republikeinse party gestem nie en het Obama 'n rekordsteunpersentasie van 90% onder Afro-Amerikaners aangeteken.

Amerika is dus 'n land wat verdeeld is, sowel in terme van ras as ideologie. Obama se blanke ondersteuners glo in die ideaal van die multikulturele samelewing en haat eintlik die ou Amerika, dié van hul ouers en grootouers met sy Christelike, middelklaswaardes, sy patriotisme en verheerliking van die pioniersgees.

Met Obama as president en die verwagte swaai na links wat in die VSA gaan plaasvind, gaan die konflik tussen die ou, nasionalistiese, eens blanke WASP-Amerika, en die nuwe multikulturele, globalistiese Amerika verhewig.

Paul Krugman, die bekende liberale akademikus en rubriekskrywer in die New York Times, het verlede jaar tydens die verkiesing voorspel dat die Republikeinse party na regs gaan beweeg en "meer rassisties" gaan raak. Waarskynlik het hy heeltemal gelyk, want daar bestaan allerlei politieke strominge in die VSA waarvan die hoofstroommedia nog nie kennis geneem het nie en wat inderdaad die Republikeine in 'n regse rigting mag du.

Obama se groot oorwinning oor McCain was 'n klinklare teken dat George Bush en die neo-konserwatiewes die party in 'n doodloopstraat laat beland het. Pleks van hul tradisionele kiesers in die "rooi state" en onder die blanke middelklas te mobiliseer, het die GOP tevergeefs gepoog om die Demokratiese party in sy appèl op swartes, Spaanssprekendes en die liberale kusstede na te aap – met rampspoedige gevolge.

Hoewel die VSA se demografie vinnig ten gunste van gekleurdes met hul groter aanwas verander, gaan blankes nog tot die jaar 2040 die meerderheid in die land wees. Indien die Republikeinse party in die volgende verkiesing die logiese stap neem om hom op die blanke kieser te rig, gaan die handskoene afkom en die huidige ideologiese en rassegaping in die VSA tot die skaal van die Grand Canyon laat vergroot.

Wedersydse beskuldigings van "rassisme" gaan, soos in Suid-Afrika, ook die norm in Amerika word, juis danksy Obama se verkiesing en die nuwe hegemonie van links wat onder sy presidentskap tot stand gaan kom.

Waarop grond ek die stelling dat die Republikeinse party na regs gaan beweeg? Soos elkeen wat die Amerikaanse presidentsverkiesing gevolg het kon agterkom, was die media oorwegend ten gunste van Obama. Amerikaanse universiteite het ná die kampusrevolusies van die sestigerjare ewe links of selfs meer links as Europese universiteite geraak. Marxistiese, feministiese en anti-Westerse professore met permanente aanstellings lei elke nuwe geslag joernaliste op en breinspoel hulle met die multikulturele geloof. Trouens, Obama se blanke moeder, Ann Dunham, was 'n vroeë voorbeeld van die soort gebreinspoelde multikulturalis wat in blanke Amerika slegs die negatiewe gesien het en wat oortuig was dat Kenia of Indonesië veel voortrefliker as haar geboorteland was.

Die Demokratiese party se linkse intellektuele en ideoloë oorheers daarom sowel die Amerikaanse universiteite as die hoofstroommedia soos die gevestigde koerante en netwerktelevisie. Die internet, wat ook deur Obama baie goed gebruik is om fondse in te samel, is egter besig om die geslote linkse propagandamasjien in die VSA wesentlik te bedreig.

Die opkoms van 'n Nuwe Regs, regs van die huidige Republikeinse party, wat spesifiek op rassekwessies fokus, is deur die internet moontlik gemaak. Sowel Steve Sailer en Peter Brimelow, skrywer van Alien Nation, se webblad Vdare.com as Jared Taylor se American Renaissance, verteenwoordig die intellektuele voorhoede van die Nuwe Regs wat uiteindelik die uitgeputte Republikeinse party móét oorweldig.

Soos 'n Russiese kommentator onlangs beweer het, bestaan die gevaar dat Amerika – juis vanweë sy rasse- en kulturele diversiteit – in twee of meer stukke mag skeur. Obama, die halfbloedprins wat die Demokratiese party tot sy grootste sege in baie jare aangevoer het, gaan die uiteindelike konfrontasie en moontlike skeuring tussen die twee Amerikas, die oue en die nuwe, nie kan keer nie.

Die Berlynse muur het die verwydering tussen Oos en Wes, tussen kommunisme en kapitalisme, tussen twee Europas, versimboliseer. Die muur is afgebreek en Europa is verenig, maar dit was 'n fisieke muur van beton. Soos die Fransman Alain de Benoist egter gesê het, is die grense van bloed veel sterker as fisieke versperrings.

Maar Amerika se mag in die twintigste eeu was gegrond op sy militêre betrokkenheid by die twee Wêreldoorloë van 1914 en 1939 waardeur hy as geografiese buitestaander geen verliese gely het nie, omdat die oorloë nooit op sy bodem gevoer is nie. Finansieel en geostrategies het die VSA egter enorm gebaat by sowel die Eerste as die Tweede Wêreldoorlog en het die "Amerikaanse eeu" ontstaan.

Hillary Clinton, Obama se mededinger om die Demokratiese benoeming, is so pas ingesweer as minister van buitelandse sake. Sowel Obama as Clinton gaan die twee oorloë in Irak en Afghanistan moet hanteer, asook die resultaat van die VSA se vele geostrategiese foute van die afgelope jare, onder meer in Suider-Afrika waar Zimbabwe besig is om te disintegreer en Suid-Afrika dreig om dieselfde paadjie te loop.

In 'n tweede rubriek oor Obama wat binnekort hier sal verskyn, gaan ek verduidelik waarom Amerikaanse invloed onder die nuwe president wêreldwyd gaan kwyn, eerder as wat, soos die media aan ons voorhou, dit gaan toeneem met die klem op sogenaamde "sagte mag" wat die nuwe Amerikaanse bewind voorstaan. Ek wil een en ander sê aangaande die posisie van die Afrikaner teenoor die Obama-bewind, aangesien die huidige bestel in Suid-Afrika suiwer die produk is van Britse en Amerikaanse druk op ons land in die laat tagtigerjare. FW de Klerk was niks anders as 'n Amerikaanse en Clintonitiese marionet nie en hy het 'n volledig Amerikaanse stelsel, kompleet met 'n "heilige" grondwet en die ideologie van regstellende aksie op grond van wit skuld, hier laat invoer. Meer daaroor in die tweede deel van my rubriek oor Obama.

тамбов пеногенераторы,Фильчаков прокурор харьков

‘n Tsjeggiese Europa

ImageVan vandag af is die Tsjeggiese republiek vir ses maande lank voorsitter van die Europese Unie. Dié land neem die leiding by die polities korrekte Franse oor.

Plaaslik word Frans deur die Alliance Française geadverteer as "Le français, langue au service de la diversité" oftewel, "Frans, 'n taal in diens van diversiteit". Hierdie polities korrekte slagspreuk som min of meer Frankryk se buitelandse beleid op, want dié land sien hom toenemend as Europese pleitbesorger vir die Derde Wêreld en dan veral vir Afrika. Hoewel Afrikaners tradisioneel die bevolkingsgroep in ons land is wat die meeste belangstelling en waardering vir die Franse kultuur gekoester het, handhaaf Frankryk vir alle praktiese doeleindes 'n kulturele boikot teen ons.

Met die Tsjegge is dit egter anders gesteld. Die Tsjeggiese president, Vaclav Klaus, is sterk anti-sosialisties en omdat sy land nooit kolonies gehad het nie, ly hy geensins aan die sindroom van wit skuld nie.

Die Afrikanervolk behoort die volgende ses maande as 'n geleentheid aan te gryp om ons griewe aan die Europese Unie oor te dra. Immers is die huidige bestel te wyte aan Britse en Europese inmenging in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede. In vele opsigte beskou die Europese Unie steeds ons land as 'n kolonie en is hulle voortdurend besig om hulle met onderwys, landbou, verdediging en ander kwessies te bemoei.

Volgens meningsopnames glo die meeste Afrikaners vandag dat daar nie meer 'n toekoms vir hulle oor die langer termyn in Suid-Afrika bestaan nie. Afrikaners glo dat hul eiendom en ander bates, soortgelyk aan dié van blanke Zimbabwiërs, binne die afsienbare toekoms afgeneem sal word en dat hulle waarskynlik gedwing sal word om hul geboorteland te verlaat. Meer as 'n miljoen blanke Suid-Afrikaners het in elk geval reeds uit die land gevlug vanweë geweldsmisdaad en die stelsel van geïnstitusionaliseerde anti-blanke rassisme wat as "transformasie" bekendstaan.

Die Europese Unie se wette en beginsels wat erkenning aan kleiner volkere en tale verleen, maak dialoog met die EU moontlik oor die volgende sake:

  • Erkenning van die Afrikanervolk as 'n nasionale minderheid in Suid-Afrika met 'n eie taal, kultuur, identiteit en afkoms.
  • Erkenning vir Afrikaans as nie net 'n Afrikataal nie, maar ook as Europese taal binne die kader van die "Europese Buro vir Minder Gebruikte Tale". Die groot aantal Afrikanervlugtelinge in veral Groot Brittanje wat van die Suid-Afrikaanse geweld en diskriminasie wegvlug, geniet tans geen erkenning vir hul taal binne Groot Brittanje nie, nóg binne die EU waarvan ons voorouers vandaan kom. Sodanige erkenning vir Afrikaans mag 'n sleutelrol in die oorlewing van ons taal speel, aangesien Afrikaans in die praktyk geen amptelike status meer in Suid-Afrika geniet nie.
  • Erkenning vir die feit dat ons ons in Suid-Afrika bevind vanweë, enersyds, Nederlandse en Britse kolonialisme wat die vestiging van blankes aan die suidpunt van Afrika moontlik gemaak het en, andersyds, Franse godsdienstige onverdraagsaamheid wat ons Hugenotevoorouers uit Frankryk verdryf het. Ons volk het nie net uit die lug geval nie, maar is die gevolg van dié twee historiese feite.

Sedert die 1980s het dit sowel Britse as EU-beleid geword dat die Afrikanervolk nie op enige vorm van soewereiniteit of selfbeskikking geregtig is nie – iets wat in stryd is met die Europese Handves van Regte – en wat vir Suid-Afrika geweldige gevolge het. Een gevolg daarvan is die meedoënlose verafrikanisering van ons eens Westerse land, met 'n verlies aan kundigheid, kapitaal en entrepreneurskap wat uiteindelik op 'n tweede Zimbabwe móét uitloop.

Hierdie soort argumente moet met die EU onder die Tsjeggiese voorsitterskap aangeknoop word. Indien dit EU-beleid is dat alle Afrikaners uiteindelik etnies vanuit hul geboorteland gesuiwer moet word, hetsy deur fisieke aanvalle, hetsy deur wetgewing wat hul ekonomiese en opvoedkundige kanse benadeel, dan goed en wel. Maar ten minste sal Afrikaners dan weet waar hulle met die Europeërs staan, terwyl die res van die wêreld ook van hierdie afsydige standpunt sal kennis neem.

Op sy minste, kan ons Afrikaners deur dialoog met die EU vinniger van hul illusies oor die toekoms ontneem. Op sy beste kan ons 'n diplomatieke proses aan die gang sit wat op die duur 'n katalisator kan word om ons mense uit hul moedeloosheid en apatie wakker te skud aangesien hulle sal kan sien dat ons wel eventueel deur die 27 lidlande van die Europese Unie ernstig opgeneem word.

wedding hairАлександр Фильчаков

Ons teen die horde – gedagtes vir 16 Desember

ImageEergister se Geloftedagvieringe het ons weer herinner aan die Afrikaners se wonderbaarlike oorwinning oor die Zoeloemagte van Dingaan gedurende die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838. Terwyl die nuwe swartnasionalistiese regering van Suid-Afrika die meeste vakansiedae verwyder het wat deur blanke Suid-Afrikaners gevier word en op 'n stadium dit selfs oorweeg het om Kersfees af te skaf omdat dit "Eurosentries" sou wees, het hulle 16 Desember behou, sy dit dan onder 'n nuwe naam, sogenaamde "Versoeningsdag".

In die Orwelliaanse "nuwespraak" van die Nuwe Suid-Afrika, beteken "versoening" normaalweg om swart rasseoorheersing en aggressie te aanvaar. As deel van die pogings om die skrikwekkende misdaad en rassegeweld van Suid-Afrika te verdoesel, word daar byvoorbeeld van blanke slagoffers van swart geweld verwag om met hul swart aanvallers versoen te raak. 'n Blanke vrou wat byvoorbeeld 'n verkragtingslagoffer was, mag saam met haar swart manlike verkragter in die gevangenis bid – indien hy wel in die tronk beland het aangesien die meeste sulke misdade in Suid-Afrika ongestraf bly – en sal hom vergewe ten einde met hom versoen te raak.

Binne die siek mentaliteit van ons samelewing, word hierdie verwronge benadering as die nuwe etiese ideaal gesien, wat dikwels deur die hoofstroomkerke en godsdiensleiers aangegryp word. Die Suid-Afrikaanse patologie van "versoening" het sy oorsprong in Afrikageregtigheid waar die harmonie van die stam voorrang bo individuele regte geniet het. Selfs moord is maklik vergewe nadat 'n paar beeste aan die slagoffers se familie betaal is, iets wat tot vandag toe in Suid-Afrika gebeur, selfs in stedelike gebiede.

Mev. Helen Zille van die DA het eergister laat weet dat die inwoners van Suid-Afrika "een nasie, met een toekoms" sou wees. Kennelik het sy geen Geloftefees bygewoon nie. "Versoening" gaan om die vernedering van blankes wat veronderstel is om hulle te verlaag en elke moontlike mite oor die verlede wat deur swartes geskep word te aanvaar. Eergister het tienduisende blanke Afrikaners egter oor die hele land deelgeneem aan 'n ander soort patriotiese en godsdienstige viering. Soos hul voorgangers 170 jaar gelede gemaak het op die vooraand van daardie grootse veldslag toe 450 blankes 'n leër van ten minste 13 000 Zoeloes sonder verliese aan eie kant verslaan het, het hulle die beroemde gelofte herhaal:

Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat  as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,  ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag  soos 'n sabbat sal deurbring,  en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig  waar dit Hom behaag,  en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot  nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte  want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Suid-Afrika se ANC-bewind poog steeds om die Gelofte en die Slag van Bloedrivier uit die geskiedenisboeke uit te vee op 'n manier wat mens herinner aan die konstant veranderende verlede in George Orwell se 1984. Die held van daardie boek, Winston Smith, is werksaam in die Rekordsdepartement van die Waarheidsministerie waar die vervalsing van die geskiedenis sy amptelike werk is. Soos Orwell dit stel: "Dag vir dag en minuut vir minuut is die verlede bygewerk. Op dié manier kon elke voorspelling wat deur die Party gemaak is met dokumentêre bewys as bewaarheid bewys word. Ook is geen nuusitem of meningsuiting wat met die behoeftes van die oomblik gebots het, toegelaat om op skrif agter te bly nie. Alle geskiedenis was 'n palimpses wat skoongemaak en so dikwels as wat nodig was herskryf kon word."

In weerwil van die onderdrukking van Afrikanergeskiedenis in skole en die verandering van Afrikaanse plekname om alle getuienis van die oorspronklike dorp- en stadstigters te verwyder, bly Bloedrivier bestaan as 'n ooglopende anomalie wat buite bereik van die Waarheidsministerie bly.

Nie net hou Afrikanerleiers aan om op Geloftedag 'n groot aantal toesprake te lewer nie, maar Engelssprekende blankes stel al hoe meer belang om hulle by die jaarlikse gedenkdag aan te sluit en beskou die viering as baie belangrik. Soos een van hulle, Peter Hammond, onlangs opgemerk het: "Dit is merkwaardig dat, ten spyte van die verraad wat die Boere aan die hand van die Zoeloes ervaar het, asook die massamoorde op soveel niksvermoedende vroue en kinders aan die oewer van die Blaauwkransrivier, geen gruweldade uit weerwraak deur die Boere begaan is nie. Pleks daarvan is die Bybelse opdrag om jou vyande lief te hê, vervul deur die ywerige sendingwerk wat deur die Gereformeerde Kerk in Zoeloeland uitgevoer is, soos die bou van skole, hospitale, kerke en weeshuise, selfs binne sig van die plek waar Piet Retief en sy volgelinge so wreed vermoor is. In die anderhalf eeu sedert die oorspronklike Geloftedag, het miljoene Zoeloes hulle tot Christus bekeer en is Zoeloeland deur 'n oplewing geseën. In 'n werklike sin het dit alles begin met die Gelofte wat deur Sarel Cilliers voorgestel is en geesdriftig deur die Wenkommando aangeneem is."

Vandag het die Slag van Bloedrivier 'n allegorie geword van die dreigende oorlewingstryd wat deur Westerse mense op globale skaal gevoer gaan word. In 'n land soos Suid-Afrika waar blankes reeds 'n minderheid van minder as tien persent is, verteenwoordig dit 'n regte fisieke stryd teen lede van die omringende Afrikahorde wat ons elke dag goedsmoeds aanval. Nie net het Suid-Afrikaanse swartes gebaat by die vervierdubbeling en selfs vervyfdubbeling van hul bevolking sedert 1950 nie, maar die ANC se oopgrensbeleid het onwettige immigrante van ander Afrikalande toegelaat om oor ons grense te stroom, wat tot die reeds teenwoordige massa bydra.

Elders in die Weste, in Noord-Amerika en Europa, is dit egter 'n morele en ideologiese geveg wat nie minder intens is nie. Terwyl die strategiese bedreigings vanChina en 'n opkomende Islam universeel deur Westerse meningsvormers erken word, word ide leidende rol wat swartes uit Afrika in die morele aanslag op ons beskawing speel geringskat. Blanke skuld word ná alles nie gedefinieer deur die geskiedenis van Westerse wisselwerking met China of die Midde-Ooste nie, maar deur Amerikaanse slawerny en Europese kolonialisme in Afrika.

Swartes vanuit Afrika en hul apologete verkeer op die voorpunt van die beskuldiging van "rassisme!" wat aan elke blanke persoon iewers in sy leeftyd geslinger word, maar meer fundamenteel aan die Westerse kultuur en geskiedenis self gerig word. Radikale swart denkers vanaf WEB Dubois, via Frantz Fanon, Kwame Nkrumah, Malcolm X, Angela Davis, Thabo Mbeki en, verstout ek my om te sê, Barack Obama, is dit eens in hul verwerping van die Weste en sy geskiedenis as boos en verrot.

Die Chinese en Midde-Oosterlinge sal sonder twyfel tuisbly. Maar die 800 miljoen Afrikane wat binne die volgende paar dekades tot net onder 2 miljard gaan styg, gaan op die Weste toesak soos wat hulle tans die voorheen Europese stede en dorpe van Suid-Afrika oorweldig en alles op hul weg toeëien met die eiegeregtige geweld wat die Afrikamanier geword het.

Die Verenigde State, eer ons vergeet, het reeds 'n Afro-Amerikaner as president. Die verkiesing van Barack Obama is gesien as 'n mylpaal in Afrika se aanspraak, wat op haar bevolkingsyfers gegrond is, op 'n groter aandeel van die wêreld se hulpbronne wat deur Europa en Noord-Amerika voorsien sal word. Terwyl Mugabe Zimbabwe verwoes, pomp die VSA hulpgeld in om die bevolking aan die lewe te hou, 'n demonstrasie van die beginsel dat die inwoners van Zimbabwe 'n ewe groot aanspraak op Amerikaase hulpbronne as die Amerikaanse belastingbetaler het.

Blanke demografie is besig om in duie te stort; dít weet ons almal. Onder die vele uitsprake van Johan Maynard Keynes, die beroemde ekonoom, word die volgende die minste aangehaal: "Die groot gebeure van die geskiedenis is dikwels te wyte aan veranderings in die bevolkingsgroeie en ander fundamentele ekonomiese oorsake wat, omdat hul geleidelike aard aan die aandag van eietydse waarnemers ontkom, aan die giere van staatsmanne en die fanatisme van ateïste toegeskryf word." Keynes het sowel die Eerste Wêreldoorlog as die Russiese Revolusie aan snelle bevolkingsgroei in onderskeidelik Duitsland en Rusland toegeskryf.

Thermopylae en Poitiers word dikwels gesien as twee kritieke veldslae wat die blanke, Westerse kultuur in hul tydperke van ondergang gered het. Maar as 'n simbool van die krimpende Europese bevolking wat van aangesig tot aangesig verkeer met die barbare aan die poorte, veral vanuit Afrika, is Bloedrivier veel meer gepas.

In hierdie donker uur waar dit lyk asof die Weste, afgesien van die Bush-administrasie se korporatiewe olie-oorloë, nie meer oor die wil beskik om homself te verdedig nie, behoort ons herinner te word aan die Gideonagtige triomf van Andries Pretorius en sy manne oor die Zoeloeleër op 16 Desember 1838. Terwyl daar 'n oormag van dertig teen een teen hulle was, met as wapens antieke voorlaaiers wat 30 tot 40 sekondes geneem het om te herlaai, het hulle dapper geveg en ondanks alles oorwin.

Slegs 'n bomenslike poging van dieselfde orde gaan ons hier in Suid-Afrika daarvan red om uit ons geboorteland vedryf word soos die blanke Zimbabwiërs uit hulle s'n verdryf is. Aanstons gaan ons verwantes dwarsdeur die Westerse wêreld, wat tans soos slapende babas salig onbewus van die bedreiging verkeer, in dieselfde penarie wees – dié van 'n rasseminderheid wat deur 'n vyandige en aggressiewe meerderheid omring word.

Geloftedag behoort internasionaal gevier te word deur almal wat glo dat ons Grieks-Romeinse en Joods-Christelike beskawing steeds die moeite werd is om voor te veg.

светодиодный линейный светильник 40wлобановский александр фото