Ntini eerder as Friedel

Die Proteas se nuweling-bouler Friedel de Wet sal waarskynlik sy plek in die span moet prysgee as die vinnige Dale Steyn fiks verklaar word om die tweede Castle Lager toets Saterdag teen Engeland te speel.

Suid-Afrika se kaptein Graeme Smith het gesê daar is nie veel twyfel wie gaan boul as Steyn gereed is nie.

“Die drie ouens wat die werk in die verlede moes doen, was baie suksesvol,” het Smith gesê.

“Makhaya (Ntini) dra baie ervaring by tot ons aanval. Hy het dalk nie so goed geboul op Centurion soos ons sou wou hê nie, maar hy is ‘n speler wat ek beslis ondersteun, en hy was nog altyd ‘n belangrike komponent tydens my termyn as kaptein.

“So ek glo regtig hy gaan in die volgende toets goed boul.”

Volgens Smith bied Morné Morkel afwisseling met sy vaart en wipballe.

“En dit was wonderlik om te sien hoe goed Friedel (de Wet) gedoen het, maar ek dink as Dale gesond is, die twee spelers plekke sal ruil,” het Smith gesê.

De Wet het Sondagmiddag drie paaltjies in ses boulbeurte laat kantel om Suid-Afrika hoop te bied om die toets te wen.

Die toets het egter gelykop geëindig.

 

палатка купить киевлобановский александр дочь

Skot buit SA-Ope titel

Richie Ramsay van Skotland het die SA Ope-gholfkampioenskap Sondag by Pearl Valley Gholf-landgoed naby die Paarl gewen nadat hy teen Shiv Kapur van Indië te staan gekom het.

Beide spelers het 13 onder baansyfer geëindig in Sondag se ronde en by die 18de uitspeel-gaatjie het Ramsay net vier houe nodig gehad om die titel te verower.

Kapur se vierde hou was sowat vyf meter van die gat.

Die SA Ope, nou in sy 99ste jaar, is die land se oudste professionele gholfkampioenskap en word gehou in samewerking met die Europese Toer, Sunshine Toer en die Suid-Afrikaanse Gholfvereniging, Saga.

Pearl Valley was die laaste drie jaar die aanbieder van dié geleentheid, maar dit gaan waarskynlik volgende jaar by die Durban buiteklub gehou word vir die 100de viering van die toernooi.

 

этапы пломбирования зубаАлександр Фильчаков Васильевич

Kriekettoets eindig met naelbytery

Suid-Afrika was Sondag baie naby om die eerste Castle Lager toets teen Engeland op Supersport Park te wen, maar Graeme Onions het vir 19 minute uitgehou en gesorg vir ‘n senutergende kolfbeurt wat die twee spanne gelykop laat eindig het.

Teen die einde van die wedstryd het Engeland 228 vir nege gehad en was hulle 106 kort van die totaal wat hulle vir ‘n oorwinning nodig gehadhet.

 

ігри для дєвачеклобановский александр игоревич класс

Habana is vervangbaar sê Ludeke

Frans Ludeke, Blou Bul-afrigter het Woensdag aan Sport24 gesê Gerhard van den Heever en Francois Hougaard het al beide op vleuel gespeel in die Curriebeker-toernooi, asook senior spelers soos John Mametsa.

Ludeke het verwys na die leemte wat Bryan Habana in die Bulspan gelaat het nadat Habana besluit het hy sal in volgende jaar se Super14 in die Stormers-trui speel.

Alhoewel Hougaard eintlik ‘n skrumskakel is, meen Ludeke dat hy vleuel ook kan speel. Hy het gesê hy verwag ‘n gladde oorgang danksy die ondervinding van spelers.

Die Bulle se agterlynafrigter Pieter Rossouw was self ‘n vleuel, wat hom die ideale afrigter maak, volgens Ludeke.

Die Bul-afrigter het gesê hy is “vol vertroue” dat Van den Heever en Hougaard Habana se skoene sal kan volstaan, maar dat tyd wel sal leer.

 

casino gamesданильченко юрій Харків

Engelse veg terug

Nadat hulle die Suid-Afrikaners kort ná teetyd op die tweede dag van die eerste toets vir 418 uitgeboul het, het die Engelse teruggeveg en die dag op 88-1 afgesluit.

In die afwesigheid van die beseerde Dale Steyn, was Makhaya Ntini die aanvangsbouler.

Friedel de Wet, wat sy toetsdebuut vir die Proteas gemaak het ná Dale Steyn se besering, het ‘n wankelrige begin met die bal gehad, maar in die derde boulbeurt het hy sy eerste toetspaaltjie gevier toe Alistair Cook vir 15 uitgevang is deur Boucher.

Aan die einde van die dag was Andrew Strauss op 44 en Jonathan Trott op ‘n onoorwonne 18.

 

в москвеалександр лобановский класс

Kallis spog met driesyfer

Jacques Kallis het Woensdag ‘n honderdtal aangeteken in die eerste dag van die eerste toets teen Engeland op SuperSport Park.

Suid-Afrika het die dag geëindig met 262 lopies vir vier paaltjies en 90 boulbeurte waarvan Kallis 112 lopies aangeteken het.

Graeme Smith is uit sonder enige punte op die telkaart en Suid-Afrika het daarna slegs 93 lopies vir drie paaltjies en 159 vir die vierde paaltjie aangeteken.

Kallis en JP Duminy het hul goed van hul taak gekwyt en ‘n vennootskap van 103 lopies aangeteken voor die einde van die eerste dag.

 

песочный набор для детейtopcargo отзыв

Tiger Woods verloor kans op ‘n medalje

‘n Kaliforniese wetgewer het gister planne geskrap om ‘n kongresmedalje aan Tiger Woods toe te ken, vanweë die rits beweerde buite-egtelike verhoudings wat die wêreld se voorste gholfspeler konfronteer.

“In die lig van onlangse ontwikkelinge rondom Tiger Woods en sy gesin, sal ek nie wetgewing voortsit om die Kongres se Goue Medalje in hierdie sessie aan hom toe te ken nie,” het Joe Baca in ‘n verklaring gesê.

Die Demokratiese verteenwoordiger het wetgewing in Maart ingedien om Woods te vereer met die prestigeryk toekenning “vir diens aan die nasie in die bevordering van uitnemendheid en goeie sportmansgees, en in die afbreek van versperrings met grasie en waardigheid, deur te wys dat gholf ‘n spel vir alle mense is.”

Die Kongres se Goue Medalje en die Presidensiële Medalje van Vryheid is die hoogste burgerlike eerbewyse beskikbaar in die Verenigde State.

Woods se ondersteuning deur bewonderaars, borge en nou wetgewers het weggeval sedert hy gewikkel was in ‘n skandaal wat losgebars het na ‘n motorongeluk buite sy huis op die 27ste November.

Die eenmotorongeluk het ‘n ketting gebeure ontketen wat tot dusver ten minste 11 vroue daartoe gelei het om te beweer dat hulle verhoudings gehad het met die 33-jarige, wat 14 majeure gewen het en by verre die wêreld se nommer een gholfspeler is.

 

slots online for freeФильчаков прокуратура харьков

Britse sokkerspan weier Viagra

Die Engelse Sokker Federasie het gerugte dat Fabio Capello, Engelse sokker-afrigter, dit oorweeg om sy spelers Viagra in te gee, ontken.

Die teenimpotensiepil is veronderstel om die spelers ‘n hupstoot te gee wanneer hulle op ‘n hoër seevlak moet speel.

Volgens ‘n verslag sal Viagra die spelers se longkapasiteit in Rustenburg verbeter.

Rustenburg lê byna 5 000 voet bo seevlak.

“Die Engelse mediese span werk tans saam met deskundiges om navorsing te doen voor die Wêreldbeker volgende jaar,” het ‘n woordvoerder vir die Engeland se Sokker Federasie gesê.

“Die gebruik van Viagra is egter nog glad nie bespreek nie en ons is hoegenaamd nie van plan om dit volgende jaar aan die spelers te gee nie.”

 

детские велосипеды украинаЛобановский

Allenby vat Sun City

Robert Allenby van Australië het die verdedigende kampioen Henrik Stensin van Swede by die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City geklop.

Hier volg die eindtellings:

277 – Robert Allenby (AUS) 68-70-68-71, Hendrik Stenson (SWE)

70-68-70-69

278 – Tim Clark (RSA) 69-72-68-69, Ross Fisher (ENG) 73-69-66-70

279 – Retief Goosen (RSA) 69-68-67-75

281 – Angel Cabrera (ARG) 71-67-68-75

282 – Nick Watney (VSA) 73-73-63-73

283 – Luke Donald (ENG) 72-71-68-72

284 – Robert Karlsson (SWE) 70-72-71-71

286 – Hunter Mahan (VSA) 70-71-72-73

292 – Richard Sterne (RSA) 72-75-70-75

 

подъемник автомобильныйФильчаков прокурор харьков

Rassistiese krete kos klub duisende

Die Italiaanse sokkerklub Cagliari is met R100 000 beboet omdat hulle ondersteuners rassistiese beledigings teenoor Juventus se middevelder, Mohamed Sissoko, gedreunsing het.

Die Italiaanse liga het die boete gister gehef nadat Sissoko, wat swart is, Sondag tydens die Serie A-wedstryd onder Cagliari-ondersteuners deurgeloop het.

Juventus is ook hierdie seisoen met R200 000 beboet nadat hulle ondersteuners beledigende liedjies oor Inter Milan se swart doelskieter, Mario Balotelli, gesing het. Die liedjies was egter, volgens die liga, nie rassisties nie.

Die twee klubs is geskeduleer om weer Saterdag teen mekaar te speel en daar heers kommer dat Juventus se ondersteuners weer van Balotelli, wat van Ghanese afkoms is, ‘n teiken gaan maak. Verlede seisoen het Juventus ‘n wedstryd in ‘n leë stadion gespeel nadat toeskouers Balotelli uitgekryt het.

 

медицинская справка москваФильчаков Харьков

2010: Nie plek vir toetsrugby nie

Volgende jaar se toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk op die 12de Junie, kan nie in Suid-Afrika aangebied word nie, weens die Sokkerwêreldbekertoernooi wat dan reeds begin het. Die wedstryd, wat deel van die Franse se seisoeneindetoer uitmaak, sal na Europa verskuif word. Dit blyk dat die Wembley-stadion in Engeland die aangewese plek is.

Benewens die Springbokke, sal die Franse ook teen ‘n Suid-Afrikaanse A-span speel voordat hulle die toer teen Argentinië afsluit. Die toer is deel van Frankryk se voorbereidings vir die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland in 2011. Hulle sal ook teen Ierland in Augustus en Ierland speel.

Frankryk is geskeduleer om teen die All Blacks in die groepwedstryde van die Wêreldbeker te speel. Hulle het Saterdag ‘n loesing van 39-12 teen dié span op die lyf geloop.

001-гс/уФильчаков прокурор

Bedorwe Proteas gee saggies oor

Sou daar ‘n wedstryd op St. George’s Park in Port Elizabeth wees, sal dit die kaptein betaam om te luister na kenners wat dié blad en die omstandighede ken, iemand soos, sê nou maar, Keppler Wessels. Hy het ‘n vrag wedstryde daar gespeel, meeste as kaptein. En hy sal vir die kaptein sê, in die woorde wat hy tydens gister se televisie-uitsending gebruik het, dat as die wind waai, en dis bewolk en dis bedompig, moet jy nie, as jy die loot wen, besluit om te kolf nie.

Smith hét die loot gewen, hy hét nie na Keppler geluister nie en hy hét besluit om te kolf. Fout. Die eerste uur van die wedstryd het die bal weggekaats van die naat en was daar ‘n angel in die blad. Daarna het die wind en die son die blad uitgedroog en was dit so mak soos Roelf Meyer se politiek. Maar na ‘n uur was die Proteas se doppie reeds geklap want die toporde het toe reeds energiedrankies in die paviljoen gesuig.

Nie dat die blad sonder medepligtiges was nie. Die Proteas het gekolf asof hierdie beurt ‘n voortsetting van Vrydag se lopievloed op Nuweland was. Dit was nie en dit was asof dit die Suid-Afrikaanse kolwers so nukkerig gemaak het dat hulle geweier het om vas te byt en te konsentreer. Smith het self ‘n hele twee lopies tot sy span se fortuin bygedra en Amla 11. De Villiers het 99 lopies minder as Vrydag se 121 gekry en Duminy het nóg ‘n rondte teen die kortbal verloor om agter die penne deur Prior van Anderson uitgevang te word.

Die enigste kolwer wat enige toewyding getoon het, was die onbesonge Alviro Petersen met sy derde agtereenvolgende vyftigtal. Hy was laaste uit op 51 met Suid-Afrika op ‘n skandalige 119.

Die verloopte Suid-Afrikaners, Jonathan Trott en Andrew Strauss het 80 persent van die lopies aangeteken voordat Morgan by Trott aangesluit het om die taak af te handel.

Jimmy Anderson was die Man van die Wedstryd met sy beste ontleding ooit van vyf vir 23.

Engeland is nou 2-1 voor in die reeks met nog net een wedstryd, Vrydag, in Durban oor.

free casino gamblingtopcargo развод

Die Springbokke in Ierland: Daar is nie woorde…

Schalk BurgerSchalk Burger het ‘n drie gedruk.

Die Ierse losskakel het vyf strafskoppe oorgeskop.

Morné Steyn en Ruan Pienaar het vyf skoppe misgeskop.

Die Springbokke het veertienmiljoen keer die bal in die lug op geskop.

Die Ierse heelagter het veertienmiljoen keer die bal gevang.

As ‘n stokou rastasanger met knielengte grillokke voor die tyd die nasionale deuntjie gesing het, was daar iets om oor te grinnik en derhalwe iets om oor te skryf, maar die Iere het, soos die Italianers, dit net met ‘n blaasorkes gespeel.

Iere 15, Springbokke 10.

So ‘n toetswedstryd verdien nie meer woorde as dit nie.

Waar is Ra(as)s Dumisani as mens hom nodig het?

gladiator videoАлександр Фильчаков

Tiger stil oor sy ongeluk

Tiger Woods het nog geen woord gerep oor die ongeluk waarin hy betrokke was nie.

Sy sportnutsvoertuig het Vrydag, in die vroeë oggendure, ‘n brandkraan en ‘n boom getref en die wêreld se nommer een gholfspeler het glo sy lip gesny, was bebloed en met tye bewusteloos.

Teen Vrydagaand het die Floridase snelwegpolisie nog nie met Woods kon praat nie.

Sy vrou, ‘n voormalige Sweedse model, het haar ten tye uit die huis gehaas en het haar man glo uit die voertuig gehelp. Die ongeluk het nie ver van waar Woods woon nie, voor die buurhuis, plaasgevind.

Die voertuig se venster is deur sy vrou met ‘n gholfstok gebreek, glo om hom uit die voertuig te help. Skindertonge beweer egter Woods se beserings is deur sy vrou met ‘n gholfstok eerder as die botsing veroorsaak

Die ongeluk in ‘n 2009 Cadillac was glo ook nie veroorsaak deur alkoholmisbruik nie.

Die polisiehoof van Windermere, Daniel Saylor, sê sy twee manne het die 33-jarige Woods in die straat aangetref waar sy vrou, Elin, wat oor hom gebuk was.

Woods kon glo praat maar het niks samehangends gesê nie.

“Sy vrou was baie ontsteld,” het Saylor gesê.

Saylor kon nie sê of huwelikstwis die oorsaak vir die ongeluk was nie. Die paartjie is reeds vyf jaar getroud en het twee kinders.

Die ongeluk kom twee dae nadat die National Enquirer ‘n berig laat verskyn het waarin beweer word dat Woods ‘n verhouding met ‘n nagklubgasvrou, Rachel Uchitel, van New York het.

Sy het hom glo op sy onlangse Australiese toer vergesel.

Elin Nordegren se ouers wou ook nie met die media praat nie.

Sy agent Mark Steinberg, en woordvoerder Glenn Greenspan, het die nuus van die ongeluk onderspeel.

 

цена киевпрокурор Фильчаков