Tiger Woods het nog geen woord gerep oor die ongeluk waarin hy betrokke was nie.
Sy sportnutsvoertuig het Vrydag, in die vroeë oggendure, ‘n brandkraan en ‘n boom getref en die wêreld se nommer een gholfspeler het glo sy lip gesny, was bebloed en met tye bewusteloos.
Teen Vrydagaand het die Floridase snelwegpolisie nog nie met Woods kon praat nie.
Sy vrou, ‘n voormalige Sweedse model, het haar ten tye uit die huis gehaas en het haar man glo uit die voertuig gehelp. Die ongeluk het nie ver van waar Woods woon nie, voor die buurhuis, plaasgevind.
Die voertuig se venster is deur sy vrou met ‘n gholfstok gebreek, glo om hom uit die voertuig te help. Skindertonge beweer egter Woods se beserings is deur sy vrou met ‘n gholfstok eerder as die botsing veroorsaak
Die ongeluk in ‘n 2009 Cadillac was glo ook nie veroorsaak deur alkoholmisbruik nie.
Die polisiehoof van Windermere, Daniel Saylor, sê sy twee manne het die 33-jarige Woods in die straat aangetref waar sy vrou, Elin, wat oor hom gebuk was.
Woods kon glo praat maar het niks samehangends gesê nie.
“Sy vrou was baie ontsteld,” het Saylor gesê.
Saylor kon nie sê of huwelikstwis die oorsaak vir die ongeluk was nie. Die paartjie is reeds vyf jaar getroud en het twee kinders.
Die ongeluk kom twee dae nadat die National Enquirer ‘n berig laat verskyn het waarin beweer word dat Woods ‘n verhouding met ‘n nagklubgasvrou, Rachel Uchitel, van New York het.
Sy het hom glo op sy onlangse Australiese toer vergesel.
Elin Nordegren se ouers wou ook nie met die media praat nie.
Sy agent Mark Steinberg, en woordvoerder Glenn Greenspan, het die nuus van die ongeluk onderspeel.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.