Ntini eerder as Friedel

Die Proteas se nuweling-bouler Friedel de Wet sal waarskynlik sy plek in die span moet prysgee as die vinnige Dale Steyn fiks verklaar word om die tweede Castle Lager toets Saterdag teen Engeland te speel.

Suid-Afrika se kaptein Graeme Smith het gesê daar is nie veel twyfel wie gaan boul as Steyn gereed is nie.

“Die drie ouens wat die werk in die verlede moes doen, was baie suksesvol,” het Smith gesê.

“Makhaya (Ntini) dra baie ervaring by tot ons aanval. Hy het dalk nie so goed geboul op Centurion soos ons sou wou hê nie, maar hy is ‘n speler wat ek beslis ondersteun, en hy was nog altyd ‘n belangrike komponent tydens my termyn as kaptein.

“So ek glo regtig hy gaan in die volgende toets goed boul.”

Volgens Smith bied Morné Morkel afwisseling met sy vaart en wipballe.

“En dit was wonderlik om te sien hoe goed Friedel (de Wet) gedoen het, maar ek dink as Dale gesond is, die twee spelers plekke sal ruil,” het Smith gesê.

De Wet het Sondagmiddag drie paaltjies in ses boulbeurte laat kantel om Suid-Afrika hoop te bied om die toets te wen.

Die toets het egter gelykop geëindig.

 

палатка купить киевлобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae