Vele VSA-immigrante kom van die Ooste

Ons is reeds byna ses jaar in die VSA waar ek as apteker werk. Ek het 'n vrou met vier seuns. Ons wag nog steeds vir ons Groenkaarte, want die proses is tydsaam en baie duur. Kollegas van my wat die afgelope paar jaar ook probeer om die toelatingseksamen vir aptekers te slaag (wat hier in die VSA by net by drie sentrums afgelê kan word), noem dat 85% van die kandidate van die Verre Ooste, Indië (veral) en van die Midde-Ooste afgkomstig is.

Met elke eksamen is daar `n paar honderd kandidate per sentrum wat die eksamen skryf (twee maal per jaar). Die invloei wat my professie betref, is duidelik vanuit die Ooste. As ek maar sien hoeveel dokters van Indië en Pakistan hier is, glo ek dit geld vir die ander professies ook. Ek kan egter net praat van die staat Wisconsin, waar ons woon. Ons het twee maal in die verlede probeer om met die "gratis" Greencard Lotto ons kaarte te wen, maar was onsuksesvol. Jy moet `n foto van jouself instuur met jou aansoek om deel van die Lotto te wees, asook noem wat jou opleiding behels, dus kan die owerhede sien hoe jy lyk as hulle sou wou.  

Dikwels loop ek swartes raak in die apteek en op straat wat van Afrika af ook hier in die VSA woon en werk. As ek vra hoe hy hier beland het, sê hy dat hy die "Greencard Lotto" gespeel het. Wel, hierdie Boere-gesin het hom ook gespeel, maar ons is nie geloot nie.   Ek het nog altyd gewonder hoekom Amerika die Lotto het, want verseker word nie net die "room" uit die buiteland hier toegelaat nie. Ek dink Dan Roodt het `n skitterende ontleding van die Obama veldtog en oorwinning gegee. Baie (liberale) blankes hier in die noorde van die VSA is gaande oor hom, maar daar is ook baie wat uiters skepties is. Hulle is egter tjoepstil, want om hier van rassisme beskuldig te word is erger as hoogverraad. `n Ontleding soos wat Dan gegee het, sal hier uitmekaar geskeur word.   

instagram promotion sitesОлександр Фільчаков прокурор

Miskien soek VSA na blanke immigrante?

Na aanleiding van Dan Roodt se nuutste rubriek oor die negatiewe demografie van blanke Amerikaners wonder ek net of die regering van die VSA maatreëls hierteen neem.

Ek sinspeel nou op die feit dat die laaste paar dae/weke sien ek gereeld internetadvertensies vir groenkaarte. Ofskoon die advertensies multikulturalisme benadruk, wonder ek of hulle nie dalk eintlik na wit Protestante op soek is nie.

Die groenkaartadvertensies is nogal vreemd, gegewe die feit dat die werkloosheid in die VS nou al oor die 7% gestyg het.

Die kans bestaan ook dat hulle juis op soek is na kandidate wat ekonomies effektief is vir die land, want onder Obama gaan die VS nader na 'n welsynstaat neig, en welsynstate kos baie geld en het 'n sterk middelklaslokomotief nodig.

Weet iemand dalk meer hiervan?

видео укладка ламината своими рукамиФильчаков Харьков

Ons betaal nou almal die prys vir NP-oorgawe

Image

FW de Klerk

Op die briewe van Petrus van Eeden en JK Bosch sê ek net ja en amen. Dit is waar en dis ook so dat die ja-broers van die '92-referendum en die NP-regering van daardie tyd net sowel kon ontbind het en die mag net so oorgee aan die ANC, want dis wat hulle besig was om te doen.

FW was ook slinks om 'n wêreldwye reklameagentskap soos Saatchi & Saatchi te betaal om die NP-veldtog te hanteer. Hulle het natuurlik op die hartsnare van die Afrikaners getokkel deur sport en ons internasionale deelname daaraan as 'n beweegrede te gebruik om ja te stem. Wel, dit het toe met groot sukses gewerk, maar nou betaal ons almal, nee-stemmers inkluis, die duurste prys in bloed.

no deposit casino comлобановский александр дети

ANC-bewind maak oorlog teen Afrikaans

Die soveelste voorval waarin 'n Afrikaanse skool deur amptenare van die provinsiale onderwysdepartement oor taal geteister word, is besig om hom by die Hoërskool Hans Strijdom op Naboomspruit af te speel. In 'n georkestreerde set is tien Engelssprekende kinders by die skool ingeskryf en word daar nou daarop aangedring dat die skool ook Engelsmediumklasse moet aanbied.

Hoewel die Skolewet bepaal dat die beheerliggaam van 'n skool sy taalbeleid en onderrigmedium bepaal, steur die ANC se onderwysdepartement hom eenvoudig nie aan die wet nie en is besig om een Afrikaanse skool na die ander te intimideer ten einde Afrikaans as onderwystaal te ondermyn en op die duur te vernietig. Toe die Hoërskool Ermelo en sy gewilde hoof, mnr. Koos Kruger, gepoog het om beswaar teen dié intimidasietegniek te maak, is Kruger summier deur die departement ontslaan. Ook die ANC-minister van onderwys, Naledi Pandor, wat nie eens kan verseker dat eksamenuitslae op die juiste datum bekendgemaak word nie, het aktief aan die veldtog teen Afrikaans by Hoërskool Ermelo deelgeneem en selfs die regbank is gepak met Afrikaansvyandige regters wat 'n hardhandige en ongemotiveerde uitspraak teen die skool gelewer het.

Dit is so helder soos daglig dat die huidige bewind 'n waaragtige oorlog teen Afrikaans voer. Soos Robert Mugabe ten noorde van ons, mag hy hom uiteindelik tot ekstremisme wend om sy doelwit te bereik. Die onderwysdepartement se vyandigheid jeens Afrikaans word deels gemotiveer deur 'n oorgeneemde Brits-koloniale bewussyn waar Engels gesien word as "die betere taal", die taal van die elite waarin daar dikwels op ander neergesien word. Die teenstrydige element hier is natuurlik dat Afrikaanse skole soveel beter presteer as Engelstalige skole, soos einde verlede jaar geblyk het toe die matriekuitslae bekendgemaak is.

Die onderwysdepartement word deur psigopate bestuur vir wie voortreflike, rustige, gedissiplineerde, goed presterende skole 'n steen des aanstoots verteenwoordig. Mugabeagtige burokrate wil Afrikaanse skole destabiliseer en afbreek ten einde juis hul unieke bydrae tot Suid-Afrika se kundigheid en intellektuele kapitaal tot niet te maak. Andersins spruit hierdie vyandigheid ook uit rassejaloesie. Immers word die departement nie net gemotiveer deur sy negentiende-eeuse Boerehaat jeens Afrikaans en Afrikaners nie, maar ook deur 'n soort rassenyd wat weereens sy oorsprong in Zimbabwe het.

Nadat Kader Asmal die meeste Afrikaanse universiteite vernietig het en gereduseer het tot grotendeels Engelstalige en minderwaardige kolleges waar ideologiese breinspoeling 'n groter plek het as akademiese studie, wil Pandor en haar fanatiese amptenare dieselfde met ons Afrikaanse hoërskole bereik. Saam met Afrikaans, sal gehalte ook uitgesmyt word.

Die vraag is hoe lank Afrikaners nog hierdie volgehoue aanslag op ons taal, kultuur en mees basiese regte gaan verduur voordat een of ander vorm van georganiseerde opstand gaan plaasvind? Dit help nie dat mnr. Jacob Zuma positiewe geluide oor Afrikaners maak terwyl sy ministers en amptenare 'n hele veldtog teen ons voer nie.

Ons doen 'n beroep op elke Afrikaanse organisasie om die gepoogde verengelsing van Hoërskool Hans Strijdom te verwerp en 'n gesamentlike front teen die minister se volgehoue anti-Afrikaanse beleid te vorm.

Ons het al gesien dat woorde en argumente geen uitwerking op Pandor en haar sluwe taalmoordenaars het nie. Optrede, selfs drastiese optrede, is nou nie net geregverdig nie, maar noodsaaklik.

Die skrif is aan die muur vir Afrikaans as onderwystaal en as kultuurtaal. Ons mag nie dat 'n dik en ongeskikte Swazi-immigrant, wat nie eens verblyfreg in ons land behoort te geniet nie, ons kosbare skole wat oor meer as 'n eeu deur hardwerkende Afrikaneronderwyseresse en – onderwysers opgebou is, vernietig nie.

free bet onlineДанильченко Юрий Харьков

Owerheidsaggressie maak Afrikaners woedend

Die verbysterende en blatante aggressie waarmee die owerheid voortgaan om Afrikaansmediumskole te vernietig, maak Afrikaners woedend. Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit (Mookgophong) is die nuutste slagoffer in die regering en sy miserabele Onderwys Departement se visier. Die skool se beheerliggaam word nou gedwing om die status van dié skool na dubbelmedium te wysig.

Ons het Donderdag 15 Januarie gesien hoe die SABC ingespan word om Hoërskool Hans Strijdom se beheerliggaam op televisie as rassiste voor te stel in die aanskyn van arme swart “Engelse” kindertjies wat in die skool se uniform met slagspreuke paradeer waarin hulle aandring om tot die skool toegelaat te word. Dit, terwyl dié betrokke kinders reeds daar skoolgaan!

Mnr Athol Saunders, voorsitter van die beheerliggaam se vrees dat die skool se waardestelsel, etos, Calvinistiese basis, dissipline en hoë onderrig standaarde verwater sal word indien die skool na dubbelmedium oorskakel, is nie ongegrond nie.

Die staat doen slegs lippediens aan moedertaalonderrig en die swak matriekuitslae is onder andere die gevolg daarvan.

Verder behoort dit nou vir almal duidelik te wees dat die owerheid, deur die vernietiging van Afrikaansmediumskole, besig is om ons taal Afrikaans te vermoor.

Tans is slegs 3% van alle skole in Suid-Afrika suiwer Afrikaans.

Volgens mnr Louis Smuts van Tabok sal daar teen die huidige tempo in 2012 geen Afrikaansmediumskole oor wees nie.

Het die tyd nie dalk aangebreek dat die Afrikaner saamstaan om die euwel hok te slaan?

86 справкалобановский супермаркет класс

‘n Afrikanerraad sal ons volksbegrip versterk

Die verkiesing is op hande.  Ná die verkiesing verby is, is die vraag: hoe gaan die Afrikaner vir die daaropvolgende vyf jaar uitsien totdat daar weer ‘n verkiesing plaasvind?  Ons kan net spekuleer.  Wat wel feitlik is, is die volgende:

FEIT – daar sal geen Afrikanervolkstaat in die volgende vyf jaar wees nie.  Elke daaropvolgende jaar verflou die haalbare kanse vir die stigting van enige vorm van ‘n volkstaat.

FEIT – dat daar geen noemenswaardige geboorte-aanwas onder Afrikaners sal plaasvind nie

FEIT – dat die persentasie van Afrikaners teenoor die totale bevolking verder sal krimp as gevolg van die volgehoue felle swart bevolkingsaanwas (nieteenstaande VIGS), swart buitelandse instroming en Afrikaneremigrasie. (Tans vorm die Afrikaner net 6%, en blankes gesamentlik 11% van die totale bevolking van 44miljoen.  In 1948 toe die Nasionale Party aan bewind gekom het, was die Afrikaners 12%,  die blankes gesamentlik 20% van die totale bevolking van 20miljoen.)

FEIT – al stem die Afrikaner vir watter party ook al (of hy stem glad nie) vanjaar se verkiesing, sal die Afrikaner geen impak op die politiek meer hê nie.

FEIT – die Afrikaner is ‘n permanente minderheid in ‘n permanente swart-beheerde staat.

FEIT – die Afrikaner is vir altyd nie meer ‘n homogene volk wat godsdiens betref nie en huldig ‘n wye spectrum van sieninge.

FEIT – die Afrikaanse taal en kultuur onder Afrikaansprekendes sal sterker daar uitsien, maar wat wel te bevraagteken is: gaan die Afrikaner homself nog as ‘n VOLK vorentoe beskou?

Daar bestaan verskeie opsies rakende 'n Afrikanervolksbegrip:

Drome droom (‘n steriele en wanhopige strategie):

  • Droom oor die herstel van die vorige politieke bestel waar ‘n wit minderheid met ‘n wit president ‘n swart meerderheid oorheers en onderdruk.  Die enigste moontlike strategie is ‘n gewelddadige oorname deur ‘n handjie vol verregse Afrikaners wat nie die meerderheid-Afrikanersteun sal geniet nie.
  • Droom van ‘n wit volkstaat waarheen die oorgrote meerderheid Afrikaners nie wil verhuis nie.
  • Droom dat die swartes in so ‘n mate sal onderverdeel dat ‘n regering nie gevorm kan word nie en waar die verdeelde Afrikaner die leemte sal vul.
  • Droom dat die Afrikaner ‘n uitverkore volk is en waar God in die bres vir die Afrikaner sal tree tot nadeel van Sy volgelinge onder die swartes.

Emigreer: Sekere Afrikaners voel sterk genoeg om hulle taal en kultuur prys te gee, solank hulle tussen ‘n meerderheid ander blankes kan wees, dus verkies hulle eerder om te emigreer na lande wat 'n bewysbare meerderheid blankes het.  Ten minste is hierdie ‘n haalbare oplossing vir sommige, al maak dit die volksbegrip seer.

Niks doen nie: Gevolglik, elke onheil wat die Afrikaner tref, is rede om die swartes daarvoor te blameer.  Die aanhoor van die gedurige klaagliedere en selfbejammering en die uitwys van swart onvermoë hou aan,  “ad nauseam”.

Afrikanerraad: Die stigting van ‘n buiteparlementêre staatsondersteunde Raad vir Afrikaners wat die volle spektrum van Afrikanerdenke sal verteenwoordig, Ou uitgediende strategie word verwerp en nuwe strategie word geïmplementeer om na Afrikanerbelange om te sien in ‘n vyandige see van swart haat en vooroordeel teenoor hom. 

So ‘n Raad is konstitusioneel haalbaar en geregverdig.  Adisionele belasting word van elke Afrikaner deur die staat namens die Raad gehef om uitvoering aan die Raad se doelwitte te kan gee soos bv. eie onderwys, werkskepping, ens. Sodanige Raad kan ook verteenwoordiging aan die Raad van Tradisionele Leiers in die Parlement verleen.

Die VF+ sou die idiale medium wees om so ‘n konsep te loods en moontlik daardeur meer Afrikanersteun te verkry, eerder as hulle steriele ondersteuning van die Oraniabegrip as antwoord vir die breë Afrikanervolk.  (Terloops die Oraniabegrip is idiaal vir ‘n klein minderheid Afrikaners, maar is nie ‘n antwoord vir die breë Afrikanervolk nie).

Ten minste, met die stigting van ‘n Afrikanerraad, sal die Afrikaner oor die kort en lang termyn ‘n  politieke medium hê, wat hy nie in die parlement sal kan bekom nie, om uiting aan sy belange te kan gee, eerder as soos tans, om niks te hê nie.  So ‘n Raad sal ook die volksbegrip verstewig.

справка 082уФільчаков Олександр Васильович прокурор

Wat van die ou bul, Pik?

'n Skitterende artikel deur Gustav Venter oor Naspers se ou koei genaamd "apartheid". Maar Naspers het ook ‘n ou bul genaamd Pik. En die kalwers skryf onder skuilname en braak op hul borste oor ons grootste militêre prestasie ooit.

Want was hy nie eens minister in beheer van die pers nie? Soos ‘n goue (gagga-) draad loop sy vernietigende spore tot vandag toe. Op die TV se "Grensoorlog" rasionaliseer hy self in sy eie woorde hoekom hy die militêre stryd teengestaan het.  

Maar hoekom hy die propagandaprojek van die departement van Inligting ook gesaboteer het, is onverklaarbaar want dit het ons Afrikaners nie alleen militêr nie maar ook moreel ontwapen. En ook ontman soos wat dit wil voorkom in die Afrikaanse pers as 'n gay kinderlose spul hofnarre, op pad na nêrens, wat net gedurig besig is met hul eie ongevalle.

Maar nie almal nie!

Waarvan PRAAG-skrywers voorloop op die pad van geregtigheid en waarheid omdat dit alleen ons sal vry maak.

 

suckers slotтопкарго кидалы

Apartheid is ‘n gerieflike slaansak

Zelda Jongbloed, adjunkredakteur van Die Burger, wat so gal braak teen die vorige regering se onderwysbeleid, behoort die volgende feite, wat ’n gerekende konsultantefirma in Johannesburg op die gebied van onderwysstandaarde vir 14 jaar op rekord het, ook onder haar lesers se aandag te bring:

In 1994 kon slegs ’n skandalige 51% van Afrika-taliges wat destyds matriek geslaag het, Standaard Funksioneel Geletterdheidstoetse slaag. Die destydse onderwysstelsel dra sekerlik die skuld.

Vanaf 1994 het hierdie syfer van 51% konsekwent bly daal totdat dit aan die einde van 2007 op slegs 19% gestaan het. En dit daal steeds. Daarom wag ons met ingehoue asem vir 2008 se toetsresultate.

Wat sê hierdie syfers eintlik? Net maar dat die huidige onderwysstelsel slegs drie en ’n half present van die Afrika-talige kinders wat in graad 1 opgeneem word, uiteindelik na 12 jaar as opleibare werknemers aan Suid-Afrika se werkgewers gelewer word. En hoekom? Die grootste rede sekerlik te wyte aan eenogige onkundige politieke leiers wat probeer onderwysleiers speel en oningeligte ouers wat dink hulle kinders moet in Engels opgevoed word en nie in hulle moedertale nie – want hulle politieke leiers sê so. Die ANC, as ek dit nie mis het nie, me. Jongbloed.

Apartheid is ’n gerieflike slaansak, want dit kan nie terugslaan nie.

ппр оборудованияФільчаков прокурор

Werf n?? buitelandse Afrikaners vir eie gebiede

Daar was vandag 'n praatjie oor Radio RSG wat ondermeer gegaan het oor werkloosheid, die ekonomiese krisis, en Suid-Afrikaners in die buiteland wat wil terugkom.

Daar is genoem dat daar binnekort sowat 20-miljoen mense wêreldwyd hul werk gaan verloor, wat direk verband hou met die internasionale ekonomiese krisis.  Daar is ook genoem dat "baie" Afrikaners in die buiteland nou huistoe wil kom.

Na my mening skep dit nou vir ons, wat volkstaatondersteuners is, 'n ideale geleentheid om ons mense met ope arms terug te verwelkom, maar, om hulle terselfdertyd te oorreed, en te help, om nie weer na die misdaadvoos-gebiede waar hulle vandaan kom, terug te keer nie.

Daar moet werkverskaffingsburo's geskep word wat hierdie mense kan help.  Maar, daar mag geen gras onder ons voete groei nie.  Daar moet vinnig en doelgerig opgetree word.

Ons het die afgelope paar maande dikwels op hierdie forum gesels oor die belangrikheid dat Afrikaners moet "konsolideer".  Wel, nou is die mees ideale geleentheid om dit te doen.  Laat ons vasstel watter distrikte in Suid-Afrika die veiligste is, en laat ons dan hierdie mense in die buiteland help om liewer na plekke soos Orania, Lambertsbaai, Vredendal, Vredenburg, Britstown, Strandfontein, Doringbaai, Nieuwoudtsville, Calvinia, Williston, Carnarvon, Clanwilliam, Elandsbaai, ens., te verhuis, eerder as om maar net weer na die misdaad-paradyse terug te keer.

Afrikaners met leierskap, geld, talente en wilskrag, kan baie help deur nuwe maatskappye te stig en van hierdie terugkerendes met werksgeleenthede te help.

Al wat ek nie weet nie, is "hoe kom ons by regstellende optrede en transformasie verby?!"  Die geleerde mense in die politiek sal seker vir ons daar kan help.  Dit help nie ons stig 'n maatskappy in byvoorbeeld Lambertsbaai (met die doel om werklose Afrikaners te help), en die regering sê ons moet 90% van die werknemers in die Transkei gaan werf om in Lambertsbaai te gaan werk nie.  Daar moet 'n plan gemaak word om SLEGS Afrikaners na die Weskus en die Bo-Karoo te lok.  Anders sny ons net ons eie kele af.

зарядно пусковое устройстводанильченко юрій броніславович

Gedoe oor rasseterme verraai Westerse siekte

Skinderstories oor die Britse koninklike gesin wat plaaslik opgeslurp word, bevestig gewoonlik die koloniale aard van die Suid-Afrikaanse samelewing of ten minste 'n deel daarvan.

Die jongste sensasionele item wat die beroemde Britse poniekoerante aan ons opdis, oor prins Harry se gebruik van die woord "Paki", is egter 'n perd van 'n ander kleur, by wyse van spreke. Die term, wat die Engelse prins al 'n hele tyd gelede tydens 'n privaatgesprek in 'n grap gebruik het, word tans aan die groot klok gehang. Selfs die Britse eerste minister, Gordon Brown, het hom verplig gevoel om te verklaar dat die gebruik van die woord "Paki… onaanvaarbaar is en geen plek in die Britse samelewing het nie".

"Paki" kan beswaarlik 'n vloekwoord wees, aangesien die nagenoeg 173 miljoen inwoners van Pakistan dit trots as die prefiks van hul vaderland se naam gebruik. Weliswaar beskik "Paki" binne 'n bepaalde konteks – soos die woord "Boer" insgelyks – oor negatiewe konnotasies, maar kan 'n mens iemand kwets met 'n lettergreep wat gedeeltelik sy land van herkoms benoem?

Op 'n ander vlak verraai die huidige herrie rondom Harry egter die Westerse siekte wat met "wit skuld" verband hou. Gekleurdes beledig elke dag blankes, en geen haan kraai daarna nie. So pas het twee swart polisiemanne 'in Suid-Afrika n boer van Odendaalsrus 'n "wit hond" genoem en hom met 'n wapen gedreig. Sulke bullebakkery, nogal deur die polisie, veroorsaak geen nasionale of internasionale insident nie, omdat die daders swartes is en die slagoffer 'n blanke.

Die omgekeerde, selfs waar iets taamlik onskuldigs soos die uiter van "Paki" deur 'n lid van die Britse koninklike gesin ter sprake is, word as "rassisties" verwerp en daar word selfs oproepe om straf en vervolging gedoen.

Westerlinge se oordrewe skuldgevoelens oor hul koloniale verlede speel 'n rol by die histrioniese openbare boetedoening waaraan Gordon Brown hom nou ook skuldig maak. Gekleurdes beskou "rassisme" en alles wat daarmee saamhang as 'n godgegewe geskenk waarmee blankes geïntimideer maar ook verdeel kan word met as uiteindelike doelwit die aftakeling van die Westerse kultuur en identiteit. In 'n land soos Suid-Afrika het vele gekleurdes al ryk geword uit blanke skuldgevoelens en verteenwoordig die ANC se transformasiewetgewing 'n meer radikale vorm van eertydse Amerikaanse wetgewing rondom voorkeurbehandeing vir swartes op vele gebiede, ook wat sake en handel betref.

Ongeag die manewales van die Britse poniepers wat meen dat hulle prins Harry met sy jongste faux pas op heterdaad betrap het, word Brittanje steeds deur Britte regeer en is hul amptelike taal steeds Engels. Suid-Afrika, daarenteen, word nie meer deur Afrikaners regeeer nie en Afrikaans het so te sê as opebare en ampstaal in ons land verdwyn. In Brittanje bestaan daar ook nie die soort drakoniese en anti-blanke transformasiewetgewing wat 'n mens in Suid-Afrika aantref nie.

Vir Afrikaners verteenwoordig die nuwe moralisme of Victorianisme rondom ras 'n luukse wat ons nie kan bekostig nie. Ons sukkel naamlik om te oorleef in 'n land waar een ras en etniese groep 'n ander onbeskaamd oorheers. Ons bevind ons gewoonlik aan die ontvangkant van rassistiese gedrag of rassehaat.

Daarom behoort ons, anders as die Britte nou met hul prins, nie onder mekaar vlieë af te vang oor die gebruik van redelik onskuldige skeltaal nie.

Ons probleem – om as rasseminderheid op 'n swart vasteland te oorleef – is soveel groter as om "Paki" te sê of nie te sê nie.

хамам спбОлександр Васильович Фільчаков

Die bosoorlog woed nou rondom ons huise

Ons ouens hier in die Rayton-Kleinfontein-omgewing ry nou al plaaswagpatrollies vir meer as twee jaar nadat die kommandostelsel afgeskaf is. Aan die hoof van inligting is 'n klompie oud-Rhodesiërs (ek hou dinge maar doelbewus vaag). Ons gebruik glad nie swartes op die plaas nie, alhoewel al ons bure dit wel doen en tot die dood toe verbind is daaraan, wil ek byvoeg. Ons het gehoop die plaasaanvalle gaan ons verbygaan vanweë ons beleid van selfwerksaamheid, maar helaas…

Die salvo het afgeskop met die moord op dr Duncan Prinsloo en sy vrou hier in ons omgewing – die ouers van een van my klasmaats op Onderstepoort. Die tweede sarsie was 'n aanval op die Legemaat-familie naby Rayton, waarin die honde afgemaai is en die huis se ruite stukkend geskiet is, maar almal oorleef het omdat hulle paraat was. Tesame met 'n paar ander voorvalle is daar twee weke terug een nag verkenning kom doen op ons plaas deur 'n moontlike terreurgroep. 'n Dame in een van die rondawels het wakker geword toe haar hondjie onbedaard blaf. Sy hoor toe hoe daar aan haar ruite en deurknoppe gepeuter word en sy bel dadelik die huis langsaan. Die buurman het sy spreiligte aangeskakel, maar niks….  Die volgende oggend is toe ontdek dat al die gloeilampe in die tuin uitgedraai is totdat dit net nie kontak maak nie, 'n kragkabel is geknip, voetspore op 'n stoel waar hulle by die vensters ingeloer het, is gevind en 'n skuilplek waar hulle gelê en waarneem het agter die plaas op die berg, is gevind.

Almal verwag nou die ergste en daar is 'n geskarrel vir toerusting waaroor ek maar sal swyg en daar word deur die nag om die beurt waggestaan. Die ou mense word moeg, en die jonges se daaglikse werk ly daaronder. Geld wat nie beskikbaar is nie, word bestee om nog toerusting aan te skaf. Groenligpatrollies word nou deur die nag gery en daar word snags op die berg en elders waarnemingsposte ingestel. Die ongelooflike is dat tussen al hierdie aktiwiteite deur, die huis op die buurplaas beroof is toe die mense uit was en 'n tweede poging is op ons plaas geloods tien minute nadat 'n patrollie daar verby is. Gelukkig het ons nuut aangeskafte tegnologie ons betyds gewaarsku, maar ons kon weereens net spore kry.

Die volgende week word daar toe ingebreek in my swaer se huis op die plaas terwyl hulle met verlof is. Die huis is so 'n halfkilometer van ons huis af.  En toe kom die groot toets:  My swaer word so 'n anderhalf week later een nag wakker, en hy vermoed dit was die nuwe tegnologie wat hom betyds gewaarsku het. Twee gemaskerde Broers kom doodluiters aangestap om hulle boosheid te kom verrig en toe hulle teen die stoeptrappe opklim, sien hulle my swaer anderkant die venster binne-in die sitkamer staan met sy kettie. Terloops, my swaer sê hy het hom lam geskrik, want die mens het nou eenmaal 'n herhaalde blootstelling of oefening nodig om geolie op te tree.  Die twee laat spaander toe al met die pad langs en my ander swaer hardloop toe met sy kettie om hulle af te sny nadat hy op die radioroep gereageer het van swaer nr 1.  Ongelukkig of dalk gelukkig,  het die buurman op die berg ook gereageer deur wild die nag in te begin skiet, wat die twee Broers toe oombliklik van pas laat verander het, vanaf 'n stappie tot adrenalien-gedrewe veg-of-vlug simpatiese reaksie. Dit het gebeur presies op die tyd toe swaer nr 2 hulle met sy toepaslike apparaatjie onder oog gehad het. Toe die Broers wegvlie, toe laat loop hy maar met die haelpomp. Hy vertel dat hy net klippe sien spat het om hulle, maar gelukkig het niemand bly lê nie, want dan was dit nou weer 'n ander gemors.

Daar is toe opvolgpatrollies gehou waar die ontnsappingsroete ontdek is, so volgende keer weet ons…

Die nuutste is dat dit met die donkerwordende maan stil is en almal begin 'n bietjie ontspan. Intussen soek ek vir nog toerusting en begin dink aan spoorsnyhonde. Onwillekeurig kom dit by my op dat ek my twee jaar diensplig eers in 1 SAI en toe in MLV en Pantserskool voltooi het juis om die gemors van die huis af weg te hou. Te danke aan De Klerk, ondersteun deur die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, is die bosoorlog nou binne-in ons midde.

Suiwer gaan ons gesuiwer word, dis vir seker.

 

Creature from the Black Lagoonлобановский александр компромат

Bloedskenk simbolies van die nuwe SA

Die selflose Afrikaners is die bevolkingsgroep in die land wat die meeste bloed skenk. Die nuus dat die Suid-Afrikaanse bloeddiens 'n tekort aan geskonke bloed ondervind, toon miskien dat Afrikaners minder altruïsties begin raak.

Dog op 'n ander vlak is die Afrikanerbloedskenkers wat die bloeddiens aan die gang hou ook simbolies van die nuwe Suid-Afrika. Die Afrikaner gee, gee, gee, maar ontvang in ruil net mooi niks. Die Suid-Afrikaanse staat beskou die Afrikaner as sy vyand en probeer ons skole verengels en dit vir moordenaars makliker maak om ons in ons huise en op ons plase te kom vermoor.

Die vraag is, sekerlik: waarom bloed skenk? Waarom nog belastings betaal aan 'n staat wat jou as burger as sy vyand sien?

Pogings om 'n eie Afrikanerbloedbank op te rig, moet gesteun word. Daar moet ook gedink word aan eie gemeenskapshospitale sodat ons mense nie meer aan die vernedering van staatshospitale wat hulle vyandig behandel, blootgestel hoef te word nie.

Mag ons onsself van die bloedsuiers verlos.

светильник круглый встраиваемый светодиодный downlightданильченко юрий брониславович прокурор

Sydney Gregan moet verban word

Spyker oppie kop, redakteur, met die mening oor hierdie klomp Afrikaners of eertydse Afrikaners wat nou so oorloop van bewondering vir Helen Suzman. Maar veral daardie laaste punt oor die anti-etniese Suzman wat toe tog 'n etnies Joodse begrafnis verkies, is uitmuntend.

Ek wil sommer hier ernstig beswaar aanteken teen die plasing van 'n brief van Sydney Gregan van die Afrikaner Voksparty. As 'n "liberale demokraat" is ek sterk en driftig ten gunste van die vryheid van spraak en mening vir almal – behalwe vir diegene wat dit nie vir ander gun nie. Gaan kyk gerus na die jongste uitgawe van Gregan se party se elektroniese nuusblad, Volkstem, en die liederlike, totaal ongegronde aanval op Radio Pretoria wat daar sommer as "'n Pro-ANC-verkiesingsagent"  bestempel word – en dit blykbaar omdat Radio Pretoria soms steun vir die VF+ laat blyk. En in Gregan se brief op die Praagblad word enigeen wat nie voldoen aan sy vereistes nie, skynbaar nie aanvaar as 'n Afrikaner nie.  Jy stem saam met hulle, jy aanvaar hulle sieninge en beleid of jy is 'n verraaier. Aitsa!

Ek is ook 'n groot voorstander van 'n eie Afrikanertuisland – hoe klein ook al, maar ek pleit nou al dat indien dit eendag bereik sou word (helaas, seker nie in my tyd nie) moet Gregan en sy party uit daardie gebied verban word en gedwing word om in "swartland" te bly. Sulke bekrompe, onverdraagsames hoort nie in die Afrikanervolk nie – gewis nie as leiers nie.

лампы светильникиалександр лобановский харьков

Die Afrikaner sal weer ‘n ware leier kry

As mens deeglik bewus is van die tekens van die tye en dít wat deur Siener van Rensburg voorspel is, is dit eintlik op die huidige oomblik voortydig om te sê daar bestaan geen Afrikanerleier wat in die afsienbare toekoms die Afrikaner gaan verenig nie. Dat daar tans nie een in die openbaar bestaan nie, is wel waar. Soos tereg gesê, die VF+ verteenwoordig nie alle Afrikaners nie, so ook nie die DA en andere nie.

Die fout wat D.H. Fourie in sy brief Wie is die sogenaamde 'Afrikanerleiers'? maak, is dieselfde as wat die VF+ maak. As jy deelneem en deel is van ‘n parlement en proses met 'n Afrikasosialistiese, sogenaamde demokratiese staat, aanvaar jy die seggenskap van ‘n party soos die ANC en jy aanvaar die nuwe Suid-Afrika. Daarmee gee jy in beginsel erkenning aan ‘n swart meerderheidsregering, die Handves van Menseregte, die huidige grondwet en “nie-rassigheid.” D.H. Fourie is neerhalend oor regse Afrikaners. Linkses het regse Afrikaners ook baie al afgekraak, gekasty en verneder – die gebruik van woorde soos "verkramptes" en "rassiste" het al 'n kenmerk van die linkse media geword.

Bogenoemde is alles wat die Afrikaner marginaliseer. Die gedurige herinnering aan die Afrikaner dat hy moet skuldig voel oor die verlede en apartheid is eintlik die wig wat tussen blanke Afrikaners ingedryf word;  ek verwys na die Afrikaner as blanke. Op alle gebiede – sport, godsdiens, ekonomie, kultuur, politiek – word ons gedurig daaraan herinner hoe verkeerd en "onmenslik" dit was. Linkses onder Afrikaners sê ons moet versoen. Versoen? Beteken dit om op die plaas of in die stad vermoor te word of op grond van velkleur nie 'n werk of besigheid te verkry nie?

Dat die KVP of COPE die antwoord is, betwyfel ek. Weereens soos met KODESA, word Afrikaners en ander blankes mislei. Dat ‘n ander "nie-rassige" party ons van onderdrukking gaan verlos, is ‘n leuen. In die eerste plek is COPE net nog 'n linkse party wat die regte geluide maak voor die verkiesing om ook blanke stemme te werf. Daar is absoluut geen waarborg dat hulle hul verkiesingsbeloftes gaan nakom nie.

Die Afrikaner moet lig loop vir wolwe in skaapsklere al is hulle ook blank. COPE dra nie die Afrikaner se belange op die hart nie. 'n Leier soos Lekota kan jy in elk geval nie vertrou nie – sy ampstermyn as minister van verdediging laat veel te wense oor. COPE is net nog ‘n "reënboognasie"-party wat die ANC-resep volg soos voor die '94-verkiesing en ná Mandela se ampstermyn verstryk het.

Die Afrikaner sal weer 'n ware leier kry, dit is seker.

купить в киевеФільчаков Олександр Васильович