Die nuwe Rooi Gevaar

Image Onlangs is ek uitgenooi om aan ‘n paneelbespreking in Brixton, Johannesburg, rondom die film oor Braam Fischer se lewe, Love, Communism, Revolution & Rivonia, deel te neem. Die ander deelnemers, asook die gehoor, was almal links, selfs ekstreem-links en daarom het niemand my vrae en opmerkings oor Braam Fischer se kommunistiese oortuigings besonder gewaardeer nie.

Ook die vervaardiger van die hagiografie oor Braam Fischer, Sharon Farr, was op die paneel teenwoordig. Haar film is ‘n uitstekende stuk linkse politieke propaganda: Fischer word soos ‘n held uitgebeeld wat onskuldig in die gevangenis gesmyt is omdat hy reg en geregtigheid vir swarmense in Suid-Afrika nagestreef het. Daar word selfs gespog oor hoe hy Regter Rumpf tydens die Rivoniaverhoor belieg en om die bos gelei het en sodoende lewenslange gevangenisstraf – pleks van die doodstraf vir sabotasie – vir Mandela en sy medebeskuldigdes behaal het.

Tot my uiterste verbasing het die regisseuse agterna aan my genoem dat die weelderige dokumentêre film wat seker ‘n paar miljoen rand moes gekos het om te maak, deur M-Net gefinansier is. “Die betaalkanaal het dit ‘n hele paar keer in die gewildste tydgleuwe, ook in primatyd, uitgesaai,” het sy ewe voldaan aan my vertel.

Op pad huis toe in die motor vanaf ‘n getransformeerde Brixton waar sjebiens, pandjieswinkels en mikroleningsbedrywe die hoofstraat oorheers, het daar skielik vir my ‘n lig opgegaan. ‘n Rooi lig, om die waarheid te sê.

Waarom sou die betaalkanaal M-Net, wat in terme van die winsmotief bedryf word,  as deel van die DSTV-boeket met sy dieet van Hollywoodfilms, ‘n propagandafilm oor die lewe van Braam Fischer, die eertydse saboteur en leier van die ondergrondse Kommunistiese Party van Suid-Afrika, wou laat maak?

Hoe ongelooflik dit mag klink, lyk dit asof Nasionale Pers – die grootste mediagroep in die land wat M-Net, DSTV, asook die meeste Afrikaanse koerante en tydskrifte (soos Beeld, Die Burger, Huisgenoot), tesame met ‘n hele aantal webwerwe, beheer – ‘n beduidende sprong na links gemaak het.

Benoude katte maak benoude spronge, sê hulle. Dié ou spreekwoord is van hulp om die paradoks te verstaan van die veramerikaansde, winsmotiefgedrewe Naspers wat in die rooi held, Braam Fischer, ‘n gelukbringer gevind het. Hoewel die besturende direkteur van Naspers, Koos Bekker, self ‘n bewondering vir Braam Fischer koester, sou dit my verbaas indien Bekker wel ‘n oortuigde kommunis of Marxis sou wees.

Aan die ander kant kan niks mens meer in Suid-Afrika verbaas nie, ‘n land waar geweld hoogty vier, absurde rassewetgewing geld en endemiese korrupsie heers. Selfs die president (Mbeki) poog om sy rampokkerpolisiehoof (Selebi) teen vervolging te beskerm.

Die aantrekkingskrag van kommunisme vir baie twintigste-eeuse intellektuele soos Jean-Paul Sartre of Antonio Gramsci, die literatore van Oxford soos Terry Eagleton, die Duitse dramaturg Bertolt Brecht en andere, was juis die gesofistikeerde filosofie wat Marx, Lenin, Lukács, Adorno en die res vanuit die Duitse idealisme van die negentiende eeu, die sogenaamde “linkse Hegelianisme”, ontwikkel het.

In teenstelling hiermee, is die hedendaagse Afrikanerkommunisme meer op die Oos-Europese model geskoei waar die elite noodgedwonge kommunisme na ‘n militêre neerlaag of besetting moes aanvaar en klakkeloos nagepraat en uitgevoer het – sensuur, strafkampe, massamoorde en al.

En ja, u het reg gelees: daar bestaan vandag iets soos Afrikanerkommunisme. Dit is die nuwe Rooi Gevaar. Hoewel Braam Fischer iewers langs die pad sy Afrikanerskap afgesweer het, behalwe om dit as ‘n emosionele pleidooi ter versagting in sy hofsaak te misbruik – kompleet met ‘n oneerlike aanhaling uit Paul Kruger – verteenwoordig hy waarskynlik die aartsvader van die nuwe geslag Afrikanerkommuniste.

Afrikanerkommunisme, anders as die Franse of Italiaanse neo-Marxisme van dertig of veertig jaar gelede, beskik oor geen intellektuele tradisie nie. Dit is dóm, opportunisties, verraderlik, histrionies en onverdraagsaam. Ongelukkig wil dit lyk asof die sentrum van Afrikanerkommunisme aan die Universiteit van Stellenbosch gesetel is. Immers is dit Stellenbosch wat Fischer met ‘n nadoodse eredoktorsgraad gesalf het.

Die hoof van Naspers, Koos Bekker, het op 11 November 2004 in Die Burger ‘n roerende pleidooi vir die toekenning van ‘n eredoktorsgraad aan Fischer gelewer waarin hy die retoriese vraag stel: “Hoe op aarde stel mens Fischer se nalatenskap as bloeddorstig voor, waar Afrikaners soos hy en Beyers Naudé so 'n groot rol gespeel het om Nelson Mandela en ander van die essensiële goedheid van die mens te oortuig? Hierdie aanname lê vandag ten grondslag van ons demokrasie.”

Die joernalis en historikus Leopold Scholtz het ‘n jaar of twee gelede ‘n insiggewende artikel oor die Fischer-debakel aan Stellenbosch geskryf, wat in ‘n groot mate onthul hoe daardie suidelike universiteit sodanig gerysmier is dat dit met sommige ultra-linkse en Maoistiese kampusse van die vroeë jare sewentig in Wes-Europa vergelyk kan word.

‘n Vraag wat sekerlik vandag by elke gewone, behoudende Afrikaner opkom, is: waar kom al hierdie Afrikanerlinkses vandaan? Ons weet dat breinspoeling, asook Mao se kulturele revolusie waardeur die jeug tot geweld en haat aangehits word, van die belangrikste wapens in die politieke arsenaal van kommuniste is. Dat die Universiteit van Stellenbosch vandag vol sit met fanatici wat die ineenstorting van die Berlynse Muur as ‘n tragedie beskou, is gewis.

Die hoof van die joernalistiekskool by Stellenbosch, Lizette Rabe, word deur Leopold Scholtz aangehaal waar sy sê: “Sover ek weet, is kommunisme nog nooit as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar nie. Apartheid wel. Is daar enige kwessie oor wat die grootse euwel was?”

Met ander woorde, die twintig miljoen mense wat tydens Josef Stalin se bewind om die lewe gebring is, die strafkampe of goelags wat in Solsjinitsin se boeke opgeteken is, Pol Pot se volksmoord in Kambodja waarin vier miljoen mense gesterf het, Mao se Kulturele Revolusie, die somtotaal van 100 miljoen mense ter wêreld wat regstreeks as gevolg van kommunisme omgekom het, dit alles is maar ’n vulletjie vergeleke met apartheid!

‘n Praagrubriekskrywer, Joseph Secrève, het onlangs die lesers van LitNet daarop attent gemaak dat veel meer mense in politieke geweld tydens hetsy die De Klerk-bewind, hetsy Mandela s’n, gesterf het as onder al die sogenaamde apartheidsleiers se regerings saam:

Onder Malan (1948 – 1954): 53 gedood.

Onder Strydom (1954 – 1958): 16 gedood.

Onder Verwoerd (1958 – 1966): 114 gedood.

Vorster (1966 – 1978): 128 gedood.

Botha (1978 – 1989): 1423 gedood.

De Klerk (1989 – 1994) 14 000 gedood.

Mandela (1994 – 1996) 18 500 gedood.

Hierdie statistiek is afkomstig uit Max Coleman se A Crime Against Humanity – Analyzing the repression of the Apartheid State.

Lizette Rabe, Max du Preez en ander Afrikanerlinkses is egter bereid om die feite rondom die tienmiljoene mense wat onder kommunisme gesterf het, asook die honderdduisende dooies van die post-apartheid- mislukte staat in hul anti-apartheidsmanie te ignoreer.

Asof dit nie genoeg is dat die meningsblaaie van Nasperspublikasies wemel van onbesonne linkse en selfs ekstreem-linkse sienings van Suid-Afrika nie, vind ons dat sulke sienings ook op die buiteland geprojekteer word. Onlangs fulmineer Charles Smith, die Amerikaanse korrespondent van Beeld, teen Hillary Clinton omdat sy “kniediep in die regses is”.

Ja, liewe leser, u het reg gelees. Hillary Clinton, die doyenne van liberale Amerika – en onthou dat liberal in die VSA gelykstaande aan “links” in Europa of Suid-Afrika is – is régs. En haar veldtog teen Obama speel op die verborge rassisme van blanke Amerika wat, anders as Suid-Afrikaners, nie die swart bevrydingsteologie (lees: kerklike kommunisme) verstaan nie.

Die geskiedenis van die twintigste-eeu, asook alles wat daar elders ter wêreld oor kommunisme geboekstaaf is, het aan ons Boerekommuniste wat hul plekkie aan die ANC-rokspante gevind het, verbygegaan. Ons kan lekker vir hulle lag, omdat hulle sulke gekke van hulself maak.

Dit maak hulle egter nie minder gevaarlik nie. Pol Pot, Mao of Stalin was ook op hul manier lagwekkend, selfs banaal. Maar Hannah Arendt het ons juis gewys op die “banaliteit van boosheid” wat so dikwels tot die afgryslike kommunistiese en fascistiese konsentrasiekampe of volksmoorde van die twintigste eeu gelei het.

Afrikaners sou myns insiens ‘n fout maak om die nuwe Rooi Gevaar, bestaande uit fanatiese, wêreldvreemde en veral opportunistiese Afrikanerverraaiers wat magsposisies in die media en die akademie beklee, sonder meer te ignoreer.дитячі візочки львівФильчаков

Diewe diskrimineer nie, dankie tog

Image

Libertas

Diewe diskrimineer nie, dankie tog. Dis vir my hartsverblydend om te sien dat die gemiddelde dief en skelm nie 'n rassis is wat aandring daarop om slegs blankes te teiken nie.

Dit spreek duidelik uit die insident waar die presidentswoning deur dié soort mense uitgesoek is vir regstellende inkopies in die vorm van weerligafleiers wat bekom is op die aankoopmetode van die nuwe Suid-Afrika.

Dis nou die soort nie-rassige optrede wat vir my werklik dinge in die land in lieflike perspektief plaas. Ek sou raai dat die skelms geweet het dat die inwoner van die betrokke woning waarskynlik meer geld en besittings het as die res van die mense in die Bryntirion-omgewing. Nadat ek die foto op Praag se webwerf gesien het, is ek nog meer verbaas dat die skelms enigsins toegang tot die plek verkry het. Het die wagte dalk geslaap, of net met hulle gewone slap houding dié nag gewerk? Mens sal nie weet nie.

Ek dink dit is wel billik om te verwag dat wie ook al aan diens was voor stok gekry behoort te word en te verduidelik, maar ek het vergeet, hulle het mos ook regte, die arme inwoners van dié land is almal ewe gelyk in regte. Dis net dat sommiges meer gelyk is as ander, soos Orwell gesê het. En ek vermoed die wagte sal onder dié paar gelukkiges tel.

Wat wel interessant is, is die feit dat hulle presies geweet het wanneer die president uithuisig sou wees en dat hulle presies die tyd uitgesoek het om die inkopies te beplan. Verder is dit interessant dat, hoewel die plek bewaak word deur ons land se beste, hulle tog toegang tot die perseel verkry het en dat hulle met die goedere kon verdwyn.

As ek moet raai, sou ek sê dat daar êrens iemand was wat 'n klein vergoedinkie moes ontvang het om die oë na die berge te wend en sodoende te mis wat onder hulle neuse aangaan. Maar dis natuurlik blote spekulasie met geen bewyse nie, ek dink maar net hardop hierso.

Maar nou wil ek die regering se verskriklike rassisme aanspreek. Mense, wat de hoenders besiel julle om 'n blanke kontrakteur te kry om die oprigtingswerk van die weerligafleiers te doen? Is julle dan nie bewus daarvan dat daar derduisende swart kontrakteurs is wat die werk vir die presidentswoning soveel goedkoper kon doen nie, om nie eers te dink aan die swart bemagtiging wat julle met die een mond verkondig en met die ander mond ontken deur julle keuse van werksmense nie.

Dis mos verregaande, hoe kan julle so teen julle eie mense diskrimineer? Wat wel hieruit spreek, is julle gebrek aan agting vir julle eie mense. Spul huigelaars.  Of is dit dalk 'n implisiete erkenning van die feit dat die swartman nie in staat is om sonder die blanke behoorlike werk te kan doen nie? Wel, ek vra maar net.

'n Verdere vraag is hoekom die polisiestasie op die perseel nie die klagte van die diefstal kon hanteer nie? Hoekom moes die kontrakteur na die Sunnyside-stasie toe gaan om die saak te gaan aanmeld terwyl die land se beste op die perseel nie in staat was om dit te doen nie?

Ek reken dit spreek nog verdere boekdele oor die bekwaamheidsvlakke van die personeel wat veronderstel is om die land se leierskap te beskerm en om die staatseiendom waarvoor ons so baie betaal te bewaak.

Dit is 'n klug, 'n komedie van foute. Maar het die klomp narre in uniform wat op daardie plek werk al ooit gedink aan die verreikende gevolge van hulle onnosel besluite? Duidelik nie.

Dit was 'n wakkerword oproep, die volgende een kan dalk nie so sag wees nie. As mense toegang tot die perseel kan kry om diefstal te pleeg kan hulle meer doen ook. Hulle hoef nie hulle regstellende inkopies tot die buitekant van die woning te beperk nie, maar kan dit binne toe neem. En soos almal reeds weet is diewe nie eties verbind daartoe om lewens te spaar nie. As iemand geskiet kan word vir 'n paar rand, dink net aan wat die diewe daar sal kan vind om voor te skiet. As julle sover kan dink.

Ek kan net die opskrifte op die koerante sien, "President betrap inbreker, word dood geskiet". Soos dit is, is Suid-Afrika die grap van die kontinent tesame met sy noordelike buurland. Hoeveel keer kan die land homself nog in die voet skiet sonder om heeltemal kruppel te wees? Nie veel meer nie, daarvan is ek oortuig.                  

насосы дляЛобановский Харьков

Afrikanerjeug, waar is jul trots?

Afrikanerjeug, waar is julle trots om ʼn blanke Afrikaner te wees? Daar waar julle in die klaskamers sit en rook en na musiek in julle ore luister. Dis wat onderwysers vertel. Terwyl julle aandag aan die onderwyser moet gee wat sy bes doen om vir julle iets te leer. Vir die onderwyser is dit geensins lekker om vir bedwelmde tegno-zombies klas te gee nie.

Maar vra vir julle wie is julle held, dan kan julle nie gou genoeg die naam Nelson Mandela uiter nie. Van julle weet nie presies hoekom hy in die tronk was nie – nee, maar julle praat soos ʼn klomp skape saam en dan is dit julle wat nie wil leer nie en nie hou van herhaling nie.

Nelson Mandela is nie na 27 jaar in die tronk vrygelaat omdat hy en sy “Comrades” onskuldig was en omdat die ouer geslag besluit het dat hulle die “awesome” Springbokke wou sien nie. Daar was baie druk op Suid-Afrika van die buiteland af, veral deur Brittanje wat nog altyd die ondergang van die Afrikanervolk wou sien, hetsy deur wapengeweld, hetsy deur demografiese onderploeging.

 Die besluit oor Mandela se vrylating is nie oornag gedoen nie. Indien Nelson Mandela en kie. nie toe vrygelaat is nie, kon ons nie vandag so lekker in die buiteland rinkink en al die tegnologie invoer wat jou en my lewe makliker maak nie. Dan sou Suid-Afrika afgesny van die res van die wêreld gebly het.  Dit het oor veel meer as rugby gegaan en die ouer geslag het nie die nasie “uitverkoop” nie, maar het ook die besluit geneem vanuit ʼn Christelike oogpunt.

Nietemin sou niemand in die vroeë negentigerjare kon dink die huidige toestand sou ontstaan nie. Hoe kon julle – terwyl almal in die ban van die buitelandse media en die reënboogoptimisme verkeer het?

Die afskaffing of die einde van die sogenaamde apartheidsregering het verlede maand op 27 April 2008 presies veertien jaar gelede plaasgevind. Daarmee saam is ons onderwys natuurlik in ʼn krisis gedompel, want vir die ANC was dit nog altyd ʼn “veld van stryd”. Nelson Mandela het tydens sy een van sy eerste toespraake as ʼn vry man op 13 Februarie 1990 by ʼn herdenking van die Soweto-opstand van 16 Junie 1976 die volgende gesê: Apartheid education is inferior and a crime against humanity.

Vandag word onderwys weereens as minderwaardig beskryf, maar dié keer wel onder die ANC-regering. Dié stelling is gemaak deur COSATU se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi wat leerders vanjaar toegespreek het voor die sogenaamde Vryheidsdagvieringe. Daar het heelwat tyd tussen die twee toesprake verloop, maar min dinge het verander!

Vavi het onderwys uitgesonder as die een gebied waar daar nog ʼn groot rassekloof bestaan en gesê dat die helfte van alle blanke leerlinge wat matriek slaag, dit doen  met universiteitstoelating. Dít, terwyl net twaalf persent van swart leerlinge dit regkry.

Hy het ook gesê  dat die meeste swart leerlinge nie kan bekostig om na ʼn voormalige Model C-skole toe te gaan nie en moet daarom opgeskeep sit met ʼn minderwaardige opvoeding. Ek hoop dat ons jeug, onderwysers en ouers meer op hoogte van sake is, want daar bestaan nie meer so iets soos Model C-skole nie, maar slegs private skole en staatskole wat almal dieselfde kurrikulum volg, nl. Kurrikulum 2005.

Deel van kinderregte is die reg op gratis onderwys. Vanaf 2008 het dit ʼn werklikheid geword. Onthou die koerantopskrifte gedurende 2007. Afrol News het ʼn artikel gehad onder die opskrif: “Vyf miljoen Suid-Afrikaanse kinders gaan gratis onderwys ontvang.”

Dus wat Zwelinzima Vavi verder te sê gehad het, laat die land se onderwysstelsel nie baie goed lyk nie – ʼn onderwysstelsel onder die ANC-regering:

“Skoolfooie handhaaf diep klasseverskille tussen skole in die gegoede voorstede en dié in die lokasies of, nog erger, in plattelandse gebiede.

Werkersklaskinders kan nie die skoolfooie bekostig wat by voormalige skole slegs vir blankes geld nie. Swart leerders wat ʼn Model C-skool kan beskostig, kom matriek deur; dié wat net historiese swart skole kan bekostig, moet ʼn opdraande stryd voer.

Die meeste leerders wat uitval verlaat die skool omdat hulle nie kan bekostig om fooie of uniforms te betaal nie, of omdat hulle deur die swak gehalte opvoeding ontnugter word en omdat hoë werkloosheid hulle van hoop beroof.”

Deur die loop van Nelson Madela se bewind het hy baie oor die onderwys te sê gehad – dinge wat nie ter harte geneem is nie – ook nie deur bogenoemde persoon wat nie die feite van die nuwe regering reg het nie en dus ook nie gedoen het wat sy held gesê het hy moet doen nie. Nelson Mandela het by verskeie geleenthede die jeug aangemoedig om terug te gaan skool toe en dat ʼn klimaat van leer geskep moet word sodat Suid-Afrika se jeug kan meeding met ander lande en dat hulle goeie werksgeleenthede kan verkry.

Wanneer iemand jou held is, wil jy tog dit doen wat hy van jou vra. Indien almal geluister het en nie meegewerk het om die onderwys af te takel nie, sou dit nie nodig gewees het om te sê dat Suid-Afrika se onderwys nou weer as minderwaardig beskou word nie. Die houding van die kinders en die onderwysers oor die afgelope paar jaar het baie daartoe bygedra. Die kinders met hulle lelike houding teenoor die onderwysers, maar ook omdat die onderwysers besluit het dat dit nie meer nodig is om die kinders te “dril” nie. Daar bestaan die houding dat wanneer kinders ʼn werksopdrag doen of eksamen skryf net ʼn algemene idee van die betrokke saak nodig is en dat die spelling en taalkunde nie eens reg hoef te wees nie. Dit is dan nie verbasend dat Graad 9-leerlinge nie kan lees en skryf nie. Ek dink nie dat Nelson Mandela baie trots is op dié stand van sake nie. Die huidige toestand het niks te doen met die “uitverkoop” van die nasie in 1994 nie – dit het te doen met persoonlike keuse en die wegskram van verantwoordelikheid.

Ek glo ek kan met sekerheid sê dat die meeste blankes nie vir die ANC gestem het nie, maar daar is wel “Ja” gestem om apartheid af te skaf.

Iewers het iets baie verkeerd geloop en dit is in die hande van die jongmense om dit reg te  stel. Ek praat nie weer van ʼn ander vorm van apartheid nie, maar indien hierdie onsinnige moorde op onskuldige mense nie ophou nie, gaan die hele Suid-Afrika se bevolking uitsterf en ek dink dit is wat Sokrates de Wet bedoel met die jonger mense wat ʼn invloed kan uitoefen. Vertel vir die kinders dat hulle moet werk, van geweld moet wegbly en ʼn goeie voorbeeld moe stel. Daarom sê  ek: Jeug, wees bewus van julle feite, doen iets anders as net rekenaarspeletjies speel en hou op om soos ʼn klomp skape net te herhaal dat Nelson Mandela julle held is en dat julle saamstem met alles wat aan julle opgedis word. Raak weer trots daarop om ʼn blanke Afrikaner te wees en los asseblief julle “slap” houding – die nie-blanke jeug lag vir julle want julle speel so mooi in die hande van die mense wat julle van julle trots wil ontneem of reeds ontneem het.

Ouers, indien julle ernstig is oor die opvoeding van julle kinders, moenie net aanhou kla oor die standaarde wat gedaal het nie. Doen iets daadwerkliks en ondersteun die CVO-skole of gebruik ander kurrikulums wat harde werk, opoffering en die behoud van waardes vereis. As iets nie van julle kant af gedoen word nie gaan ons weer te doen kry met ʼn minderwaardige skoolstelsel. Neem die voortou en neem standpunt in dat julle nie saamstem met die verlaagde standaarde nie, want hoekom moet die blankes nou al hulle waardes laat staan net omdat ons die minderheidsgroep is – lede van minderheidsgroepe het nog steeds die reg op menswaardigheid. Vra maar vir die Afro-Amerikaners!

светодиодные панелиФильчаков прокурор отзывы

Xolela Mangcu en die ‘meesterras’

ImageDr Xolela Mangcu is 'n akademikus verbonde aan die Fakulteit Geesteswetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand. Mangcu skryf rubrieke vir die Engelse sakeblad Business Day, stukke wat dikwels anti-blanke swart-bewussynspropaganda besig. Mangcu is duidelik 'n groot bewonderaar van Steve Biko, die swartbewussynsleier van die jare sewentig, wat in polisie-aanhouding dood is.

In hierdie naweek se Business Day Weekender–uitgawe, laat Mangcu blankes goed verstaan met watter minagting hy hulle bejeën. Voorheen het Mangcu so ver gegaan om blankes regstreeks met 'n rasse-oorlog te dreig in sy Business Day-rubrieke. Ek het tevergeefs ‘n brief aan die Business Day geskryf om beswaar te maak teen Mangcu se anti-blanke haatspraak en dreigemente van oorlog, maar nodeloos om te sê, is dit nie gepubliseer nie.Kennelik vind die Afro-Saksiese redaksie van Business Day Mangcu se anti-blanke uitsprake ewe normaal as Robert Mugabe se gereelde uitbarstings oor Britse kolonialisme.

Biko was 'n swart, politieke ekwivalent van James Dean. Dean, die akteur, het op 'n jeugdige ouderdom verongeluk. Sou hy ouer geword het, vermoed ek sou hy waarskynlik nie so 'n groot akteur geword het nie, maar nietemin het sy motorongeluk daarvoor gesord dat hy 'n legende en heldefiguur geword het, iets wat nie noodwendig met Dean se talent verband gehou het nie.

Biko se naam het insgelyks legendariese afmetings aangeneem, sonder dat die legende ooit met die realiteit kennis gemaak het. Of hy die Groot Swart Intellektueel en Bevryder was, bly dus steeds 'n ope vraag. Mangcu is egter oortuig dat Steve Biko 'n Messiaanse figuur was, waarskynlik bloot omdat Biko swart was. Dis eweneens onseker na welke beloofde land Biko die swart massas sou lei, maar Mangcu is duidelik oorweldig deur Biko en koester 'n fanatiese helde-verering vir die man.

Mangcu is besonder beswaard oor Suid-Afrikaanse blankes se vermeende aanspraak op meesterras-status. Hy maak telkens snedige aanmerkings in sy rubrieke in Business Day oor sogenaamde "blanke suprematisme" of baasskap, en uit sy uitlatings kan mens duidelik sien hy is 'n aanhanger van die gediskrediteerde gebroedsel van Black Athena-teorieë. Volgens laasgenoemde sou die hele Westerse intellektuele tradisie by Afrika gesteel gewees het.

Uiteraard is dit 'n belaglike en eintlik histeries-snaakse uitgangspunt, omdat dit veronderstel dat daar hoegenaamd 'n intellektuele tradisie in Afrika suid van die Sahara bestaan het, voordat Arabiese of Europese kontak plaasgevind het. 'n Eenvoudige vraag vernietig Mangcu se uitgangspunt egter binne sekondes: wat was die beskawingspeil van die Xhosas of Strandlopers wat die VOIC se afgevaardigdes soos Jan van Riebeeck aangetref het? Kon hulle lees en skryf? Het hulle imponerende, permanente strukture uit klip of baksteen gebou of bewoon? Het hulle in voertuie met wiele gery?  Die ganse Black Athena-dwaling ignoreer gerieflik die uiterste gebrek aan intellektuele prestasie van swart Afrika, en maak aanspraak daarop dat die Egiptenare swart sou wees. Die blanke borsbeeld van Nefertiti in Berlyn spreek egter van iets heel anders. Ongelukkig vir Mangcu se Afro-fascisme was daar geen swart Shakespeare, Erasmus, Copernicus, Huygens, Euler of Goethe nie.

Gedurende die dae van Afrikanerregering in Suid-Afrika, was daar min sprake van meerderwaardige gevoelens teenoor ander, insluitende swart volkere. Ek het tydens die apartheidsjare grootgeword, maar ek kan geen aansprake op meesterrasstatus onthou nie.  Ek herinner my geensins dat daar op skool of in die weermag aan my voorgehou is dat swartes mindere wesens was nie. Mangcu verwar kennelik in hierdie opsig veral die Afrikaner met die Nazi's. Ek kan wel onthou dat daar sprake was van denkrigtings soos "apart maar gelyk" of "parallelle ontwikkeling", iets wat baie beslis nie dui op meerderwaardigheid nie, maar veel eerder op gelykheid en ewewigtige behandeling.

Om die vorige bedeling se ideologie af te maak as 'n blote geloof in blanke meerderwaardigheid, sou 'n totale oorvereenvoudiging wees, met 'n bepaalde en hoogs verdagte propaganda-doelwit. Om uit 'n Afrikaner se oogpunt te praat, glo ek dat min van ons – selfs in die hoogty van die vorige bedeling – 'n gevoel van rasse-meerderwaardigheid teenoor ander volkere, insluitende die Engelse of die Zoeloes, gekoester het.

Ons het wel daarop aanspraak gemaak dat ons ánders en uniek is, iets wat selfs vir 'n die onsubtiele Mangcu duidelik moes wees, mits hy tot eerlikheid bereid sou wees. Insgelyks het ons voorsate die reg op selfbeskikking en menswaardigheid van ander volkere erken, nes ons op ons eie uniekheid aanspraak gemaak het. Om hospitale, universtiteite en administrasiegeboue vir ander volke op jou eie volk se rekening op te rig verteenwoordig 'n afwyking wat uniek aan Afrikaners is. Dit spreek uiteraard van 'n vrygewigheid en 'n grootsheid van denke wat beslis nie eie is aan 'n blote rassis nie.

Om andersheid te erken, impliseer dus nie dat ons dink ons is beter nie. Dit beteken wel dat daar 'n gevoel bestaan dat ons kultuur, taal en lewenswyse uniek en kosbaar is en was, en dat dit bewaar moet word. Ek hoor selfs vandag min blanke stemme opgaan wat volhou dat ons meerderwaardig teenoor swartes is. Dít terwyl ons gebuk gaan onder die uiterste provokasie van toenemende swart Afro-fascisme, geweld en rassime teenoor blankes, soos vergestalt deur die pseudo-intellektuele uitbarstings van 'n Mangcu en meer as 2000 plaasmoorde sedert 1994. Daar is eerder 'n beskeidenheid, 'n erkentenis dat die blanke politici ore aangesit is by Kodesa, dat ons patetiese onderhandelaars soos die bykans swaksinnige Roelf Meyer volledig uitoorlê is deur superieure politici soos, onder andere, Cyril Ramaphosa.

Andersyds bly die strewe na selfbeskikking steeds daar. Die feit dat ek Xhosas en Zoeloes se reg om oor 'n soewereine volk, Afrikaners, te heers met minagting verwerp, beteken nie dat ek Xhosas as minderwaardig beskou nie. Die Russe het eerste vir Joerie Gagarin in die ruimte geplaas, en Tolstoy het groot letterkundige werke geskryf. Ek respekteer daarom die Russe as volk weens hulle prestasies, maar dit beteken nie dat ek asAfrikaner aan Russiese dwingelandy onderwerp wil word nie.

Uniekheid en selfbeskikking, ja. Rassistiese verdrukking en dwingelandy, nee.

справка 086у для поступленияФильчаков Александр Васильевич

Oor skole, perde en vaardighede

Die siening van die adjunk-president dat vaardighede ingevoer moet word, is nogal heel interessant. Ek dink nie dat die vrou al enigsins helder gedink het oor die saak voordat sy sulke uitsprake gemaak het nie. En die motiverings daarvoor is nog meer van ‘n ondeurdagte saak. Die een ding wat sy in gedagte moet hou, is dat mens ‘n perd tot by die water kan lei, maar jy kan hom nie maak drink nie. En die beginsel geld regdeur die lewe. Op skool, in ‘n werksituasie of waar mens leef en speel.

Die adjunk-minister se stelling dat mense van buite met vaardighede ingevoer moet word, is ‘n totale absurditeit wat aan waansin grens. Die invoer van vaardige mense sal geensins die probleme in dié land van ons oplos nie. Dis net ‘n maatreël om die gewetens van die mense in die topposisies te sus, sodat hulle darem in alle eerlikheid vir die volk kan sê dat hulle werklik hard probeer om die wanbalanse van die verlede reg te stel. Die waarheid is dat die regering in al hulle glorie vir die volgeling op voetsoolvlak minder as niks voel nie, en dat die funksionele vensterversierings wat ingevoer word om vaardighede aan te vul nie veel werd sal wees nie.

Verder kan mens die stelling ook staaf deur te sê dat as die ek-kan-niks-doen-nie-mentaliteit van die deursnee swart mens nie vinnig verander nie, die invoer van vaardighede nie ‘n bloue duit sal help nie.

Dit is bloot ‘n manier vir die regering om geld te mors wat elders baie beter aangewend kan word. Die feit dat opvoeders en kundiges van elders die grense oorsteek, sal vir seker nie maak dat die swart mense hulle gebrekkige werksetiek sal verander waaroor vele swart meningsvormers al self kommentaar gelewer het nie. Vir die hordes lui mense in die land sal dit net lyk asof nog ‘n persoon gekom het om hulle mensereg tot luiheid te onderdruk. Verder is die vraag dit: Sal die persoon wat gevra word om hier te kom werk gelukkig wees onder omstandighede wat grens aan anargie in die onderwysstelsel, onder omstandighede wat totaal haglik, sonder dissipline en orde is? Ek dink nie so nie. En as ons kyk na veiligheid en salaris hoef ek niks by te voeg nie. Die huidige stand van sake spreek vanself.       

Onlangs is daar op hierdie webwerf berig oor die verkryging van subsidies deur mense wat nie geregtig daarop is nie; dit sluit aan by wat ek sê. In die eerste plek is dit nie die subsidies wat onwettig is nie, maar die staatswaarborge wat die mense op oneerlike wyse verkry het. Enige persoon in die staatsdiens kan aansoek doen en subsidie kry, maar soos die verantwoordelike persoon gesê het, is die staatswaarborge slegs vir mense bedoel wat nie die geld het om ‘n deposito op ‘n huis te kan betaal nie. Daar is wel een stelling van die persoon wat totaal verkeerd is en dit is dat die meganismes om die toestaan van staatswaarborge te reguleer nie in plek was nie. Dit is ‘n infame leuen daardie. In die ou staatsdiens was álle meganismes in plek en was daar geen tekorte nie. Die regulering van die toestaan van staatswaarborge en subsidies was totaal onder beheer op enige tydstip en indien ongerymdhede raakgesien is, is hulle baie vinnig en akkuraat aangespreek en reggestel.

Die feit dat daar nou gekla word oor die onaanvaarbaar hoë syfers van poste wat nie in die staatsdiens gevul kan word nie, is geensins vreemd nie. Sulke personeeltekorte het ontstaan omdat die swart regering die mense wat kennis en vaardigheid het uit die poste gewerk het.Vandaar die geweldige probleme wat tans in die staatsdiens heers. Die regering is self verantwoordelik vir die gemors waarin hy hom bevind. Mense wat onbevoeg is, is in poste geplaas waar velkleur nie ‘n plek het nie, maar die afgesaagde refrein van regstellende aksie het voorkeur gekry. Die blankes wat jare lank in poste gesit en leer het om die werk reg en behoorlik te kan doen, is sonder meer vervang deur onbevoegde swart mense wat slegs in die pos is vir die salaris en minder as niks omgee vir die staat nie. Dit is die norm in die land. Ongelukkis is dit so dat die swart mens iemand is wat oor die algemeen nie die beginsels van lojaliteit en werksetiek kan besef en aanvaar nie.

Rondom die skole en universiteite wat nie die geskoolde mense kan oplewer nie is dit nie snaaks as mens die stelsel in ag neem nie. Die Uitkomsgerigte onderwysstelsel is lank reeds in oorsese lande nie meer van toepassing nie, en dis interessant dat die regering dit nie wil of kan opmerk nie. Die feit dat hulle sien dat die sisteem in duie stort, is nou nie juis iets wat hulle tot kommer stem nie. En dan is dit mos weereens maklik om apartheid te blameer!

Ek het nou onlangs die twyfelagtige voorreg gehad om Engelse taalhandboeke wat vir laerskool gebruik word onder oë te neem en die inhoud daarvan is skokkend. Die rassehaat, politieke propaganda en aanblaas van onverdraagsaamheid wat in die boeke verkondig word vir waarhede is totaal onaanvaarbaar. Die huidige sisteem se ondergang is juis dít wat in die skole verkondig word. Die land se ondergang is in sy opvoedingstelsel gewortel.

Die regering se verskoning dat daar nie vaardige opvoeders bestaan nie is maar net nog een van die vele leuens wat verkondig word.

Die huidige regering se lede het baie van hulle basiese onderwys in die ou bedeling (die fameuse apartheidstelsel) ondergaan en sover ek kan sien, skiet dit hulle nie tekort aan kennis nie. Dis net die gebrek aan wil om te dink. Ja, ek erken dat baie van hulle oorsee verder gestudeer het, maar ek lei ook af dat vele van die grade waarmee hulle sit aan hulle gegee is om van hulle ontslae te raak, eerder as wat hulle dit verdien het. Ons gesondheidsminister is een ooglopende geval. As mens in Wes-Europa of Noord-Amerika jou graad verwerf, moet jy wérk daarvoor, iets wat kennelik indruis teen die Afrikamentaliteit van bakhand staat om te ontvang.

Die universiteite is maar net nog ‘n geval van agteruitgang wat toenemend vinnig gebeur. In die jare her het ons wel mense gehad wat verskillende syfers tussen hul historiese en akademiese jare vertoon het. Feit is egter dat, as hulle wel hul akademiese loopbaan voltooi het, hulle die werk geken het en kon hulle sonder probleme in die beroepe instap.

Dit wil voorkom – soos ek reeds tevore opgemerk het – asof politieke aktivisme en verwante dinge die enigstes is wat ernstig deur swart mense op universiteit bemeester word. As hulle eerder die verlede los waar dit hoort en aandag gee aan ander vakke, sal dit nie vir die land nodig wees om kundiges in te voer wat teen dieselfde struikelblokke te staan gaan kom as die blanke kundiges wat reeds hier beskikbaar is nie.

Die feit dat hoeveel van vandag se regeringsamptenare sogenaamde “adviseurs” het om hulle te help, is net nog ‘n bewys van die swart mens se onvermoë om self te doen wat reg en nodig is. As hulle so slim en volleerd was, sou hulle nie die hulp van blanke “adviseurs” nodig gehad het nie.

Die dame se opmerking dat kinders gedwing moet word om in die skole te bly tot hulle matriek slaag, is maar net nog ‘n onpraktiese en onuitvoerbare idee. Die nare waarheid is dat die deursnee-ouderdom in die matriekklas sou styg tot middel- en laat twintigs. Die vlak van die kwalifikasie sal waarskynlik nie veel meer wees as die vermoë om baie gebroke te kan lees en minder te kan skryf nie. Van wiskunde is daar so te sê geen sprake nie; dis die een gebied waarvoor swartes net geen aanleg toon nie.

Die belangrike ding om hier in die oog te hou, is dat mens iemand kan dwing in ‘n plek in, maar as sy hart nie daarin is nie sal dit geen voordele vir hom inhou nie. As hy nie wíl leer nie, sal niks ter wêreld hom daartoe kan dryf nie. Die oeroue storie van die perd en die water.

Die geagte adjunk-president se verdere opmerkings oor die opvoeding op die platteland is net so ongegrond. As sy nou nog nie weet dat dit die boere se vroue was wat begin het om plaasskole te hou en die mense te leer nie, dan sal sy dit nooit weet nie. Dit was mense wat uit die goedheid van hulle hart – sonder staatshulp – begin het met die ondankbare werk om mense van totale ongeletterdheid te red. Mense wat uit hulle eie sakke klein geboutjies opgerig het, gemeubileer het en die swart kinders probeer opvoed het.

As sy wel praat van struikelblokke is sy reg. Die grootste struikelblok is die onwilligheid om te leer, omdat die leerder weet dat daar verantwoordelikheid met die geleerdheid saamkom, en dit is nog iets wat nie die swart inwoner op ons kontinent pas nie. Verantwoordelikheid beteken dat rekenskap vereis kan word, en dit is die grootste vrees vir enige swart boorling van Suid-Afrika.

Rekenskap: die implikasie is te verreikend en is dus die maklikste om te vermy deur al die ander voordele wat dit wel kan inhou ook maar liewer te vermy. Myns insiens is dit die een groot rede hoekom apartheid en die beswaar daarteen nooit sal ophou nie. Dis hul enigste verweer teen alle probleme: swak onderwys, sosio-ekonomiese omstandighede, misdaad, werkloosheid en elke ander kwessie wat geopper kan word.

Dit klink kras, maar soveel akademiese navorsers en beamptes van hulpagentskappe in Afrika het al soortgelyke dinge gesê: Die naakte waarheid is dat dit nie apartheid of kolonialisme se skuld is nie; dis die onwilligheid van die swart mens om homself te verbeter.

сухие смесипрокурор Фильчаков

Wie is jou held?

Terwyl ek op die stoep gesit en die baie mooi skoon dag bewonder het, het ’n gedagte by my opgekom. My vrou kry gereeld die Sarie- en die Rooi Rose-tydskrifte, wat ek soms ook net deurblaai. Wat my toe wel opval, is dat daar ’n jong geslag mense is wat almal sonder twyfel sê dat Nelson Mandela hulle absolute held is en dat hy naas gesnyde brood die beste ding is wat ooit met die land kon gebeur het. Spesifieke name waaraan ek nou aan dink sal ek liewer nie noem nie. Hulle is net nog ’n paar van die vele akteurs en aktrises in die borrelbadkultuur en was welbekend in “7de Laan”.

Ek wil net vir die dame sê, jy is besig om ’n adder aan jou boesem te druk, en een of ander tyd sal die adder jou pik. Die gevolg is dood, sonder twyfel en onvermydelik: ’n langsame, pynlike dood.

As jy bietjie gaan lees, die internet is ’n wonderlike bron van inligting, en as jy net wil gaan soek, sal jy die feite kry. Die antwoorde is daar. Nelson Mandela is nie tronk toe oor hy piekniek gehou het op Kerkplein nie. Hy en ander mense het bomme gestel en onskuldige mense is dood.

Die enigste rede waarom Mandela en sy mede-aangeklaagdes nie destyds die doodstraf ontvang het nie, was omdat hulle en hulle advokaat, Braam Fischer, meineed in die hof gepleeg het en oneerlik in hul getuienis was. Hulle het naamlik aan die staat voorgehou dat hulle planne om die Suid-Afrikaanse staat omver te werp deur sabotasie bloot “in die besprekingstadium” verkeer het nie reeds ’n aanvang geneem het nie. Die onlangse dokumentêre film oor Braam Fischer wat deur Sharon Farr gemaak is, stel hierdie punt baie helder en rondborstig: sowel Fischer as die aangeklaagdes het vir regter Rumpff gelieg en hy was naïef genoeg om hulle te glo. Anders sou die doodstraf wat deur die staatsaanklaer, Percy Yutar, aangevra is, toegestaan gewees het.

Ek weet nie waar julle die illusies en dagdrome vandaan kry nie, maar die land het níé verbeter in die tyd wat die ANC aan bewind is nie. In die tyd toe julle jeugdiges op skool was, het julle ’n goeie opvoeding aan huis en op skool gekry, een wat julle in staat gestel het om universiteit toe te gaan en julle drome te gaan volg. Ek wil hier vir jou vra: wat het vandag se kinders? Die antwoord is níks. Hulle skoolkwalifikasies is minder werd as die papier waarop dit gedruk is.

In die tyd wat julle op skool was, het die skole nie soos nou in slagvelde ontaard waar anargie en disrespek die botoon voer nie. Eskom het goed gewerk. Die ekonomie was lewendig. Ons het in ’n tyd gelewe waar mense se lewens nog gerespekteer was en die doodstraf het vele misdadigers afgeskrik. Die hospitale was iets waarop ons kon trots wees en die staatsdiens dieselfde.

En dan kom sê julle jongmense dat dinge verbeter het? In jou drome poplap, in jou drome. Dit is mense soos julle, en julle siening dat sepies die mense ’n insig gee in die moderne samelewing wat maak dat vandag se jeug een sonder ’n toekoms is wat op ’n ramp afstuur. Inteendeel, die jeug van vandag is rééds in ’n totale ramp en slegs radikale aksie en ’n drastiese hartsverandering by julle geslag kan nou enigsins ’n verskil maak.  

Ja, julle kan wel sê dat ons land nou finaal apartheid afgeskud het en ons lewe in ’n demokrasie. Teen watter prys? Ek hoop jy is gelukkig met jou eie private tronk en die elektriese heinings wat jou verskoning vir ’n wonderlike lewe beskerm. Ek, ek hou van wyd kyk, ver oor berge en valleie heen om die mooi van my land te kan sien. Ek hou daarvan om diep te kan asemhaal en die vars lug in te trek.

Julle is deel van ’n geslag mense wat nie weet wat dit is om op te offer nie. Ek en die mense van my ouderdom, ons was daar; ons het ons deel gedoen. Dit was veral mans wat die prys betaal het; hulle het betaal met tyd, met hulle lewens, vaardighede, jong sterk liggame wat in ’n oorlog vermink is.  En wat gee julle as jongmense? Stank vir dank. Die een ding wat julle nóóit sal kan sê nie is: “ek was ook daar”.

Die oorlog was teen die einste mense wat julle jong generasie as volkshelde beskou, mense wat moordenaars was en nog steeds is. En as hulle nie meer self die moorde pleeg nie, kyk hulle met stilswyende goedkeuring toe hoedat die sisteem wat hulle tot redelik hoë opvoedingsvlakke opgelei het, disintegreer. Ek weet nie hoeveel van julle met die “bloeiende harte”, wat so vreeslik jammer is oor die “onregte” wat julle sogenaamd die swartmense aangedoen het, familie verloor het nie. Maar klaarblyklik voel julle niks vir die opoffering wat die blanke mense voor julle gemaak het nie. Die mense wat wel daar was. Dit is dinge wat saak maak. En selfs die dames het ook in heelparty gevalle vrywillig aangesluit en hulle diens vir die weermag aangebied. Ek wil dit vir jou stel dat die sisteem wat vandag in werking is nie eers ’n skaduwee is van wat dit kan wees nie.     

Ek wil dit vir jou stel dat as jy as blanke, wat ook ’n voorbeeld en rolmodel vir vele is, nie jou hart en jou ingesteldheid gaan regkry teenoor jou eie mense nie, gaan julle die land se verdoemenis net verder vasteken in die bloed van julle vriende, familie en kollegas.

Dan was die moord op julle kollega maar net die begin. Of dalk is ek verkeerd om jou te sien as iemand wat ’n verskil kan maak. Miskien is ek verkeerd as ek julle sien as intelligente mense wat ’n verskil wíl maak. Dalk wíl jy hê dat daar nog sulke insidente moet plaasvind, dalk moet daar nog so ’n paar sinnelose moorde, aanrandings en verkragtings wees op akteurs en dergelike mense wat eers nodig sal wees om jou oë te laat oopgaan.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het meegevoel met die familie wat agterbly, ek weet hoe dit voel om familie en vriende te verloor, maar hoeveel keer moet julle ’n ding deurgaan tot jy eers die boodskap kry? Is dit vir julle soos om die dialoog van ’n stuk te leer ? Nuusflits: die lewe gee jou een kans, niks meer nie, en anders as in die sepies is die moorde iets wat nie weer geoefen kan word nie, dit is werklik, daar is net een opname op die toneel. Dan is dit oor. Wil jy nog moorde sien? Nee, ek is seker jy wil nie.

Indien dit wel julle siening is dat dit nou genoeg is en was, sou ek voorstel dat julle wat soveel invloed het van julle agterstewes af opstaan en iets begin doen, julle het die aansien daarvoor. Julle het ’n mate van ’n gevolg, in so ’n mate dat as julle ’n standpunt sal inneem julle baie meer invloed kan uitoefen as wat julle ooit sou dink. Maar hier lê die probleem: julle wag vir ander om iets te doen. Julle het nie die wilskrag om self iets te doen nie. Maar net ingeval julle sou besluit om wel iets te doen: die tyd raak min. Die uurglas loop leeg; julle sal nou vinnig moet maak om dinge te keer en om te draai sodat die situasie wat tans buite beheer raak nog gered kan word.

сколько носят брекетыtopcargo отзывы сотрудников

Volksmoord in Zimbabwe?

ImageEk was gisteroggend nie seker dat ek reg gelees het toe ek die eerste keer gesien het van die waarskuwing teen volksmoord in die styl van Rwanda en Burundi wat moontlik nog in Zimbabwe kan gebeur nie. En dan is dit nogal geestelike leiers wat die waarskuwing rig ook. Mense, waar is julle geloof ? Ek moes toe teruggaan en die stuk ’n tweede keer lees totdat ek heeltemal vertroud was met alles.

Dit wil voorkom asof die Afrikageestelikes ’n wesentlike vrees het dat Zimbabwe sterk op dieselfde pad is as wat sekere kleiner Afrikalande in ons onlangse geskiedenis geloop het, die een van volksmoord. Dit wil sê: die amper totale uitwissing van die minderheidsgroepe in die betrokke streek.

Maar ek dink wel dat die betrokke sprekers die kat aan die stert beet het. Mense, dit is Afrika, daar is nie genoeg blankes in die streek om die sogenaamde volksmoord waaroor julle so bekommerd is te kán pleeg nie.

En het julle nie geweet dat swart mense nie in staat is tot sulke wrede dade van geweld nie? Dit is slegs aggressiewe blankes en hulle Westerse metodes wat hierdie geneigdheid toon. Ek is seker dat julle verbeelding net so bietjie oortyd werk en dat julle vrese totaal ongegrond is. Die kans dat geweld teen julle swart mense gebruik sal word om die verkiesing en sy nadraai te beïnvloed, is nul.

Ek stel dit weer vir julle: die swart mense van Afrika is nie tot geweld in staat nie en julle het vir seker nie nodig om te vrees nie.

Daar is wel ’n ander kant van die muntstuk wat ek moet noem. Dat moord aan die gang is, is ongetwyfeld so. En dit is nie net volksmoord op ’n klein skaal nie, maar totale nasiemoord, moord op die skaal waar groot dele van Afrika – Zimbabwe ingesluit – op ’n punt gaan kom waar daar nie meer mense is nie. En die moordenaars sal nie slegs die swart mense wees nie. Dit is ook die einste hulporganisasies van wie die inheemse boorling van die kontinent hom so afhanklik maak deur sy ewige soeke na kos, klere en ander hulpmiddele wat die inheemse bevolking voorheen vir homself vervaardig het. In sy soeke na Westerse middele en dinge het die boorling van Afrika homself so afhanklik gemaak van die Weste en selfs van sy Afrika-bure dat daar omtrent geen land meer in Afrika is wat totaal onafhanklik kan lewe nie.

Ek wil wel een uitsondering hier ophaal: Suid-Afrika in die apartheidsregering se tyd was waarskynlik die enigste land waar vooruitgang en ontwikkeling onverpoosd voortgegaan het, selfs onder die swaarste juk wat die Weste buite die kontinent deur middel van sanksies op ons geplaas het. Dit is in daardie tyd wat Suid-Afrika van die beste wapentuig in die wêreld ontwikkel het, omdat ons niks kon invoer nie. Dit is in dié tydvak wat dokter Chris Barnard hartoorplantings begin doen het, nie die buiteland nie, maar ’n blanke Afrikaner. Suid-Afrika het genoeg mielies, koring en ander voedselbronne gehad om selfs uit te voer na ander dele van Afrika en die wêreld.

Dít was ’n Suid-Afrika wat deur blankes goed bestuur en beheer is. ’n Land waar breinkrag ontwikkel en gekoester is.

Ek wil dit hier stel dat die versoek om hulp en inmenging wat die SA Raad van Kerke tot die VN en ander organisasies besig is om hulle buurland, Zimbabwe, verder te help met die poging om selfmoord te pleeg, of dalk kan dit selfs beskou word as bygestane genadedood. En nie net is die SARK daaraan skuldig nie, maar ook die Zimbabwiese Raad van Kerke, die Katolieke Biskoppe konferensie van Zimbabwe en die Evangeliese genootskap van Zimbabwe.

Deur die gekondisioneerde aanvaarding van hulp en die kondisionering tot hulpeloosheid is Afrika besig om sy eie ondergang teweeg te bring. Dit is dít wat Afrika stadig maar baie seker doodmaak.

Dit is nie die kort bloedige konflikte wat binne die grense van Afrika so nou en dan bietjie balans bring en die bevolking weer binne die perke bring van wat die land kan dra nie. Dit is nie die hongersnood en droogte nie. Die gebrek aan water, oorloë, hongersnood en ander dinge is maar net simptomaties van wat die werklike probleem.

Die probleem is die inmenging van mense van buite wat na sogenaamde slim “studies” bepaal het dat die probleem elders lê, en ja, hulle is reg. Die probleem lê by die Westerling wat nie gebore is op die kontinent nie en dan kom maak of hy na die studie alles verstaan het en voorstelle maak wat totaal onvanpas is.

Indien die VN en vennote die kontinent sou los en alle hulp onttrek, sal dit voorwaar bitter gaan vir ’n paar jaar. Maar die proses van selfmoord of bygestane genadedood sal dan tot stilstand kom en ’n balans kan ontstaan. Balans is die een ding wat ’n verskil kan maak tussen die voortbestaan van Afrika en die totale ondergang van Afrika. En hier praat ek ook van Zimbabwe en Suid-Afrika soos hulle vandag staan.

Dit is harde woorde dié, maar as die Afrikageestelikes wat nou so ten hemele roep om hulp, enige agting en selfrespek het, sal hulle baie vinnig hulle wysie verander en die hulp van buite bedank. Dit is reeds a.g.v. die hulp dat die kontinent as ’n geheel en in al sy kleiner lande in die groot gemors beland het. Dit is die rede dat die mense wel bekommerd is dat volksmoord in die basiese vorm in ons buurland gaan plaasvind. Nuusflits, mense: die volksmoord het reeds begin, en slegs julle kan dit stop deur self op te staan en te doen wat nodig is. Deur waardes, respek vir ander, werksetiek en vaardigheid te koester soos dit hoort, kan julle ’n nuwe Afrika skep as julle die wilskrag bymekaar kan maak. Die keuse is nie in ons hande as blankes nie, maar in die hande van die swart bevolking wat tans op ’n baan van selfvernietiging voortsnel en nie besef hoe naby die afgrond werklik is voor dit te laat gaan wees nie.

для девочки играЛобановский Харьков

Ban Ki-moon, die opperste waars?er

ImageEk wonder in watter kristalbal mnr. Ki-moon gekyk het voor hy die verbysterende uitspraak gemaak het dat Afrika suid van die Sahara nie sy ontwikkelingsdoelwitte sal behaal nie.

Ek het so ’n tyd terug ’n pak albasters gekoop waarin ek ongeveer dieselfde dinge gesien het, maar ek kon dit ook sonder die hulp van die albasters gesien het. Daardie ou verroeste ghoen waarmee ek as kind gespeel het, sou ook deug.

Die dag toe blanke beheer in Afrika aan die swart regerings oorhandig is, kon die hele wêreld waarskynlik reeds voorspel dat Afrika op ’n afdraande pad begin wat tot armoede en ondergang lei.

Nooit, maar nooit sal die oogmerke wat die VN stel, behaal word om armoede in Afrika uit te roei nie. Die redes daarvoor is velerlei, maar ek wil graag ’n paar hier aanstip.

’n Gekleef aan mag, aangeleerde hulpeloosheid, kulturele  kollektiewe geheue en onverdraagsaamheid teenoor ander nasies.

Die uitsonderings wat wel rykdom verwerf, is die staatshoofde wat die leisels van die Afrikalande in hulle hande hou. Hulle sal met alle mag en geweld, teen enige opposisie in, die gesag probeer behou vanweë die persoonlike en finansiële voordeel wat dit vir hulle inhou. Hoewel daar nie te veel van hulle is nie, is die paar wat bestaan nog steeds te veel, die soort despoot wat toesien dat sy land agteruitgaan en in armoede versink terwyl hy self in die grootste weelde en gemak leef.

Ons buurland Zimbabwe is maar net een klassieke voorbeeld. Robert Mugabe is iemand wat alle reëls oortree en tog die stilswyende goedkeuring van alle lande rondom hom wegdra. Die beste van alles is dat die lande se regerings net elke keer die kole uit die vuur krap en hom keer op keer red uit die baie moeilike situasie wat hy skep, in plaas daarvan om hom voor stok te kry en te sê “genoeg is genoeg”!

’n Voorbeeld hiervan is dat Mosambiek se president reeds verklaar het dat sy land enige vlugtelinge wat uit Zimbabwe sy land binnekom, sal verwelkom en hulle sal help, want volgens hom is dit die “regte ding om te doen”.

Om die kwessie verder te illustreer, hoef mens bloot na suid Afrika se beleid t.o.v vlugtelinge te verwys. Die grense is reeds wyd oop en maandeliks stroom sowat 100 000 Zimbabwiërs die land binne, totaal onwettig. En dit is ou syfers. Ek vermoed dat as die werklike syfer nou bekend raak, sal mens vind dat dit reeds veel hoer is en dat daar eerder drie of selfs vier keer soveel mense die land vanuit die noorde instroom. En dit is mense wat niks het nie.

Mense wat ’n verdere las op ons reeds wankelrigte infrastruktuur plaas en wat dalk redeneer dat enigiets beter is as die niks terug in Zimbabwe, totdat hier ook uiteindelik niks oorbly nie. En hier is ’n belangrike  punt: as dinge voortgaan soos nou, is dit net ’n kwessie van tyd totdat Suid-Afrika in dieselfde posisie as Zimbabwe sal wees, met mnr. Zuma aan die bewind van net nog ’n Afrika-anargie waar geen Westerling veilig kan wees nie.

Aangeleerde hulpeloosheid is ’n verdere faktor wat groot invloed uitoefen op die opheffing en ontwikkeling van die Afrika-inwoner. Die feit dat die VN en die Afrika-unie op ’n deurlopende basis voedsel en ander hulpmiddele aan Afrikalande voorsien, veroorsaak dat die deursnee-Afrikaland gedurig sy hulpeloosheid beklemtoon. Die gevolg is dat daar dan van die VN en die AU verwag word om in te tree sonder dat die betrokke land enige poging aanwend om die probleem self op te los. ’n Voorbeeld hiervan is die onlangse berigte wat aangedui het dat Swaziland vanjaar weens voedselhulp verlede jaar heelwat minder lande bewerk het om in sy eie voedselvoorraad te voorsien, terwyl die klein staat in die verlede redelik onafhanklik van buitelandse voedselhulp was. Slegs ’n minimum voedselhulp was nodig om die land aan die gang te hou; pleks daarvan hoef die Swazi’s nie meer te boer nie, want alles word van buite af voorsien. As mens daarmee saam in aanmerking neem die feit dat die Swazikoning ’n geweldige duur viering gaan hou om sy verjaarsdag saam met die onafhanklikheidsvieringe te vier, werp dit verdere lig op die redes vir die land se onvermydelike ondergang. Dis ’n kombinasie van vergrype aan die een kant en aangeleerde hulpeloosheid wat die klein staat stadig maar seker tot ondergang lei. Dit is daardie ondergang wat slegs deur die inmenging van die VN en ander partye vertraag word, maar dit sal nooit totaal gestaak kan word of omgekeer word tensy daadwerklike optrede plaasvind nie. Dié optrede sal waarskynlik moet gebeur in die vorm van ’n totale onttrekking van enige hulp van buite, wat die klein volk sal dwing om weer hulle eie voedsel te produseer. Sodoende sal die land weer op die pad van selfgenoegsaamheid geplaas word.

’n Verdere faktor wat groot invloed kan hê, is wat ek noem ’n kollektiewe kulturele geheue. Dit is moeilik om te beskryf en tog is dit so werklik soos die maan en sterre in die naghemel. Dis die geneigdheid vir die huidige geslag om die gedrag van hul voorouers te volg. Wat die ongelukkige erfgename van die kollektiewe bewustheid nie besef nie, is dat hulle nie meer lewe in die wonderlike utopiese tye waar hulle voorvaders niks meer gehad het om oor te bekommer as die volgende oeste en die welstand van hulle beeste nie. Terwyl daar die versugting na Westerse verbruikersgoedere bestaan, is Afrika se werksetiek en produktiwiteit dikwels nog geanker in die eeu-oue ritmes van die kontinent, soos die Franse president Sarkozy ’n ruk gelede gesê het.

Onverdraagsaamheid teenoor ander volke en bevolkingsgroepe is die laaste punt wat ek hier wil aanraak. En hoewel ek dit laaste noem, is dit waarskynlik die een faktor wat veroorsaak dat Suider-Afrika nie die oogmerke soos gestel deur die VN sal behaal nie.

Die voorbeelde wat deur Afrika verstrooi lê, is so wisselend van aard dat dit wel bietjie uitbreiding hier verg. Die feit dat mens in dele van Afrika – en ek dink hier spesifiek aan Nigerië – nog voorvalle van kannibalisme teëkom, skrei ten hemele. Dat mense wat blootgestel is aan Westerse invloede nog sulke dinge kan doen, sê duidelik dat hulle nie die wíl of die vermoë het om te verander nie. Die volksmoorde in Rwanda, Burundi, die Kongo en ander dele van Afrika hoef nie genome te word nie; dit spreek vanself. Die onlangse post-verkiesingsgeweld in Kenia en die bloedige gevolge daarvan is oor die wêreld wyd bekend. Die toestande in die DRK, Mosambiek, Angola  en ander dele van Afrika is oor die algemeen ewe sleg en ek glo dat die inmenging van die VN en die AU nie veel verskil sal maak nie. Dit kan wel dinge op die korte duur vergemaklik, maar op die lang duur is die organisasies besig om die kontinent as ’n geheel in die steek te laat.

Bogaande werklikhede sal eendag deur die VN aanvaar moet word en mnr. Ki-moon sal maar daarmee moet vrede maak, tensy hy die alternatief wil volg. As die VN en die AU daadwerklike verandering wil sien, sal hulle die kontinent alleen laat sodat hy sy eie probleme sonder die inmenging van die Westerling  of die Oosterling kan oplos.

how often should a business post on instagramФильчаков прокурор харькова

Nuwe hidro?lektriese stasie in Afrika ? aanwins of klug?

Ek was nogal heel geamuseerd vanoggend toe ek die berig oor die nuwe groot dam in die DRK gelees het. Die “groot moondhede” wat kragte saamsnoer om die reusagtige projek aan te pak kom in Londen bymekaar saam met die banke wat die projek moet finansier asook met die firmas wat die projek moet bestuur.

My vraag is dan nou, hoekom moet ál die groot projekte wat Afrika aanpak deur die buiteland gefinansier en ontwerp word? Is mense buite Afrika dan die enigstes wat die kennis en vaardigheid het om groot projekte te kan doen? Dit wil voorkom asof Afrika se afhanklikheid daardeur bevestig word. Die redes vir daardie afhanklikheid kan wel voor Afrika se eie deur gelê word.

Die feit dat politieke onrus die een ding is wat die projek voorheen gekortwiek het, is maar net nog ’n Afrikagrappie. Dink die betrokkenes by die projek werklik dat dinge so gestabiliseer het dat die ding sal kan voortgaan? Die antwoord is ’n onomwonde NEE.

Die kontinent se politieke stabiliteit is nie veel beter as wat dit was amper 25 jaar terug nie, inteendeel, dis net dieselfde as voorheen. Deur onderdrukking van media (soos in Zimbabwe) en elders is dinge soms net stiller gehou. Burgeroorlog gaan onverpoosd voort in menige land terwyl minderheidsgroepe op strepe geteiken word deur groter groepe (Suid-Afrika, Zimbawe, Kenia, Darfoer).

My vraag hier is hoekom moet blankes vanuit ander dele van die wêreld die werk kom bestuur (en beplan) as die Afrikane dan sulke slim mense is wat geen inmenging van die buitewêreld nodig het nie? Ek dink die antwoord is heel eenvoudig hier.

Die slim Afrikane is nie slim genoeg om die breinkrag op te lewer om die dam self te ontwerp en te bou nie. Verder sal hulle ook nie in staat wees om die ding te kan onderhou as hy wel tot stand kom nie; die voorbeeld om na te kyk hier is die Cahorra Bassa-dam van waar ons liewe Eskom ook nou krag aankoop. Volgens berigte is onderhoud by die dam ook nodig en dis die rede hoekom Suid-Afrika slegs ’n beperkte klein hoeveelheid elektrisiteit van daar af kan verkry. Ek dink dit sê al baie van die onbeholpenheid van die betrokke partye.

Die onderwys en opvoedingstelsel in Afrika is seker die een groot saak wat te blameer is. En dis nie dat die stelsel nie gewerk het nie. Die feit is dat die werkende stelsel deur die huidige regerings oorgeneem is en in die grond in vertrap is sodat dit nie meer kán werk nie. Op al die internasionale peilings en studies kom Afrikalande heel onder wat geletterdheid en wiskundige vaardigheid betref.

Indien die swart kinders skool ernstiger opgeneem het en minder aandag gegee het aan hulle menseregte sou die prentjie dalk anders gelyk het. Dan was daar dalk mense wat suksesvol op universiteit kon wees (en ek meen mense wat nie net grade kry omdat hulle swart is nie, maar mense wat dalk in staat is om die werk te doen).

Die universiteite is ’n grap waar politieke aktivisme klaarblyklik die enigste vak is wat enigsins ernstige aandag van swart studente ontvang. In die Ivoorkus het die studente-organisasie sommer president Gbagbo se guerrillavegters verskaf waarmee hy die mag oorgeneem het. Sou die swart studente meer aandag gee aan vakke soos ingenieurswese of die natuurwetenskappe sou Suid-Afrika dalk nie in die gemors sit waarin die land homself vandag bevind nie. Dan was dit dalk nie nodig om met hulp vauit die Amerikas en Europa die projek aan te pak nie, maar kon dit met inheemse breinkrag en kennis gedoen word. Sodoende was dit dalk nie nodig om die Oosterling hier in te kry vir sy kennis nie, want die Afrikaan kon sonder die harde septer uit die ooste die werk self doen.

Wat verder interessant is, is dat Nigerië ook krag sal van die projek sal verkry. Die een land in Afrika wat sit met superryk olievelde, wat tans tekorte aan brandstof beleef! Dis die een land wat as hulle dinge reg bestuur die kontinent kan oorheers met baie dinge, maar weens totale afhanklikheid en onbeholpenheid is hulle nie veel beter daaraan toe as wat Zimbabwe is nie. Zimbabwe was eens op ’n tyd die land wat suidelike Afrika gevoed het, en nou sit en krepeer hulle weens hongersnood en politieke onrus.

Ek moet wel erken dat ek hier verskeie punte aangeraak het wat nie direk verband hou nie, maar dit is alles dinge wat inskakel by die groter beeld. Ek glo dat die damprojek seker sy meriete kan hê en dat Afrika kan voordeel trek, maar die feit dat buitelanders weereens tot die redding moet kom deur middel van hulle kennis en vaardigheid spreek boekdele van die onbeholpenheid van die kontinent se inheemse inwoners.

free mobile onlineФильчаков прокуратура харьков

Oorlog in Suider-Afrika?

ImageDie nuus dat Sjinese, Britse en Australiese troepe rondom ons land opgemerk is, is sekerlik geen verrassing nie. Die graad van onstabiliteit wat daar tans in Zimbabwe heers het lankal reeds ’n toestand geskep wat tot oorlog kan lei.

Omdat die Zimbabwiërs self egter so hopeloos is en nie self hul politieke en ekonomiese probleme kan besleg nie, is die internasionale gemeenskap met Brittanje en Sjina vooraan, besig om in te meng.

Sjina is besig om sewentig ton wapens via die Durbanse hawe aan Zimbabwe te lewer. Interessant is dat Suid-Afrika “niks kan doen” om die lewering van die wapens te keer nie, soos regeringswoordvoerder Themba Maseko reeds bevestig het.

Ooglopend wil Sjina Mugabe en ZANU PF aan bewind hou terwyl Brittanje graag sy eie marionet, Morgan Tsvangirai, in die presidentstoel sou wou sien. Vandaar dus die feit dat Tsvangirai hom reeds in Botswana bevind waar die Britse magte tans gestasioneer is. Waarskynlik sal Tsvangirai ook nie na Zimbabwe terugkeer alvorens Mugabe nie afgesit is nie.

Die Britse diplomatieke en militêre kaarte word egter deur Sjina deurmekaar gekrap wat kennelik bereid is om Mugabe van wapens te voorsien en om moontlik self militêr betrokke te raak.

Na hul fiasko’s in Irak en Aghanistan, met ’n ongewilde eerste minister in die persoon van Gordon Brown, sal Brittanje nie maklik weer tot ’n oorlog wil toetree nie, veral nie met Sjina as vyand nie. Waarmee Brittanje – en Australië wat hier die Britse agterryer speel – dus besig is, is om Mugabe en die Sjinese te bluf dat hulle dalk kan inval indien die Zimbabwiese leier nie toegee aan eise dat hy die magstryd moet laat vaar en Tsvangirai as sy opvolger moet erken nie.

Sjina lyk egter baie seker van sy saak. Waarskynlik is Zimbabwe ’n sleutelland sover dit die Sjinese strategie betref om beheer oor Afrika se grondstowwe en landbougrond te bekom. Zimbabwe beskik oor beide, met veral hope landbougrond wat mooi netjies van blanke teenwoordigheid gesuiwer is.

Die kanse is dat Mugabe met Sjina se geldelike en militêre steun aan bewind gaan bly en dat die Britte na ’n halfhartige magsvertoon die aftog sal moet blaas. Sonder om die risiko van oorlog met Sjina te loop, sal Brown nie veel kan doen om sy kandidaat, Tsvangirai, aan bewind te stel nie.

Die vraag is wat die uitwerking op Suid-Afrika gaan wees. Die Mbeki-bewind gaan sy draadsittershouding voortsit en moontlik selfs agter die skerms hulp aan Mugabe verskaf. Sodra dit helder raak dat ZANU PF as wenner uit die stryd getree het, gaan die anti-blanke element ook in Suid-Afrika versterk voel. Oproepe om versnelde grondhervorming en meer radikale transformasie van die ekonomie sal toeneem.

Dat sowel mnr. De Klerk as die Westerse moondhede wat hierdie onbekookte magsoorgawe aan ZANU PF en die ANC gereël het, nou hul foute moet begin insien, is gewis. Spyt kom egter altyd te laat.

Die Afrikaner sal moet besef dat sy tyd in sy eie land besig is om uit te loop. Die radikale, anti-blanke en anti-Westerse elemente wen gedurig veld en ’n Mugabe-oorwinnning in Zimbabwe met Sjinese steun gaan hulle onoorwinlik laat voel.

Indien ons nie vinnig onsself begin organiseer en besef dat daar vir ons ’n groot toets voor die deur staan nie, kan ons maar net sowel aanvaar dat diegene wat nie betyds kon emigreer nie, gelukkig sal wees as hulle as vlugtelinge met die klere aan hul lywe van Suid-Afrika af wegkom.

люстры потолочные недороголобановский александр харьков

Mugabe is reg: Britte wil Zimbabwe kaap

ImageVan die begin af was ek nog baie skepties oor die hele veldtog wat daar in die Engelse media (sowel plaaslik as in Brittanje) teen Robert Mugabe van Zimbabwe gevoer word. Immers heers dieselfde of erger toestande in Suid-Afrika en daaroor swyg die Engelse soos die graf.

Om maar een statistiek te noem: slegs 11 blanke boere is in Zimbabwe vermoor terwyl die Suid-Afrikaanse totaal al oor die 2000 staan. Nóg die BBC nóg die Britse pers heg enige noemenswaardige belang hieraan, terwyl Mugabe daagliks verguis en Morgan Tsvangirai opgehemel word as die nuwe demokraties verkose leier van die land oorkant die Limpopo.

So twee jaar gelede het ek self deelgeneem aan ’n BBC-program oor Afrika wat hier in Johannesburg geskiet is. Ek is egter net een vraag gegun terwyl Morgan Tsvangirai een van vyf paneellede was wat deur die Britte in die kalklig geplaas is. Ook op die paneel was Barney Pityana, die huidige rektor van UNISA en voorstander van swart bewussyn.

Een van Tsvangirai se opmerkings het my veral bygebly: hy is ook ten gunste van grondhervorning en gaan nie die inheemse blanke boere se grond teruggee nie. Die vraag is nou: wat gaan nou eintlik in Zimbabwe verander indien Tsvangirai aan bewind kom?

Vir inheemse blankes in Suider-Afrika gaan ’n Tsvangiraibewind in Zimbabwe geen jota verskil maak nie. Aan die ander kant gaan Brittanje heelwat daarby baat. Eer ons vergeet: Brittanje het oorspronklik vir Robert Mugabe aan bewind geplaas en voer oor die afgelope 40 jaar of meer ’n anti-blanke, anti-Westerse beleid teenoor Suider-Afrika. Brittanje se steun vir sowel die ANC as ZANU PF het ’n revolusie in ons subkontinent veroorsaak wat reeds besig is om erger gevolge as ’n volskaalse oorlog te hê – met hongersnood, vlugtelinge, bevolkingsverskuiwings en selfs volksmoord op die Afrikaner.

Enigiets waarmee die siniese, Machiavelliaanse Britte vorendag kom, sou ek dus met ’n knippie sout neem. Agter die Britte se nuutgevonde kommer oor “demokrasie” skuil niks anders as geldgierigheid nie. Feit is dat Zimbabwiese bates tans teen ’n appel en ’n ei verhandel en daar is waarskynlik ’n hele horde Britse sakemanne wat staan en kwyl by die gedagte om die oorblywende myne en landbougrond in Zimbabwe na ’n bewindsverandering in die hande te kry.

Vir seker word Tsvangirai deur die Britte gefinansier. In die verarmde, hiperinflasionêre toestand waarin Zimbabwe tans vekeer, sou dit vir die opposisieleier onmoontlik wees om ’n noemenswaardige verkiesingsveldtog met eie fondse te voer. Daarom kan sy geld net van die Britse ambassade in Harare afkomstig wees. Brittanje is nou openlik besig om teen Mugabe te agiteer en het reeds die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies genader in sy pogings om van die ZANU PF-leier ontslae te raak.

Tsvangirai verteenwoordig die ideale Britse marionet: hy is finansieel afhanklik, dom en ongekunsteld. Sowel Anglo American as Barclays beskik steeds oor belange in Zimbabwe en onder ’n Tsvangiraibewind sou hulle die room van enige oplewing kon afskep. Zimbabwe het platinumneerslae en met die platinumprys op $2 000 per ons is enige platinummyn so goed soos om oor jou eie nasionale munt te beskik.

Al wat tussen Mugabe en sy uiteindelike ondergang staan, is die buitelandse valuta en ondersteuning wat hy van Sjina ontvang. Volgens die Londense Times, is Britse diplomate reeds op pad na Beijing om die Sjinese te oortuig om Mugabe in die rug te steek. Hulle wil veral die Sjinese verleentheid oor Tibet en slegte publisiteit rondom vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing uitbuit om hulle te oortuig dat Mugabe vir vir Sjina net ’n meulsteen sou wees.

Wat die Afrikaner betref, het ons eintlik geen belang by Zimbabwe nie en kan dit ons nie skeel wie in daardie land aan bewind is nie. Dit is nou afgesien van enkele Afrikanerboere wat steeds in Zimbabwe vasgevang is en hul bes probeer om onder die omsgtandighede te oorleef. Trouens, ’n Tsvangirairegering in Zimbabwe kan vir ons sleg wees omdat dit sowel Britse invloed as die illusie van “demokrasie” in Suider-Afrika gaan versterk. Op die duur wil Brittanje met sy bondgenote in Suid-Afrika die Afrikaner finaal vernietig, hetsy deur ons landuit te verdryf, hetsy deur gelate te aanskou hoe ons deur geweld en volksmoord vergaan. Op sy beste wil Brittanje toesien dat die ANC ons taal, kultuur en instellings vernietig sodat ons op die duur deur die sogenaamde Suid-Afrikaners geassimileer word.

Hoe paradoksaal dit ook al mag klink, is ’n Mugabebewind in Zimbabwe vir ons tans verkieslik bo enige “regimeverandering” waaraan die Britte naarstiglik werk. Ek sou my verstout om te sê dat Afrikaners eintlik behoort te probeer om Mugabe aan bewind te hou volgens die oeroue beginsel wat die Britte so getrou toepas: my vyand se vyand is my vriend. Ons behoort enigiets te doen om ’n stok in die wiel van Britse planne te steek. Pleks dat die Britte finansiële voordeel put uit Zimbabwe se vernielde bates wat binnekort so te sê verniet uitgedeel gaan word, waarom kan ons nie daaruit voordeel trek deur toenadering tot Mugabe en ZANU PF te soek nie?

Afrikaners beskik oor die kundigheid om die mynbou en bankwese van Zimbabwe teen ’n goeie fooi te bestuur terwyl die besit daarvan volgens Afrikagebruik in die hande van die regerende elite bly. Die radikale revolusie wat Brittanje oor ons afgeroep het sedert hy met ekonomiese sanksies teen sowel die eertydse Rhodesië as Suid-Afrika begin het, was die mees absurde en onnadenkende inmenging en skending van nasionale soewereiniteit wat daar in onlangse tye plaasgevind het.

Dit mag vergesog klink vir Afrikaners om die Mugabe-bewind te hulp te snel, maar te midde van die grillige vernietiging wat die Engelse al jare lank op ons afdwing met hul steun vir radikale swart denke en bewegings in dié wêrelddeel, is ons genoodsaak om “buite die kassie” te begin dink.

укладка половой доски на фанеруДанильченко

Afrika sterf aan Brittanje se hand

ImageDit is goed om die geheue weer te verfris oor wat Brittanje se betrokkenheid by die Zim-krisis is, veral noudat Zimbabwe op die vooraand staan van ernstige misdrywe teen die laaste oorblywende blankes daar. Dít nadat Mugabe pas die klok van haat teen die blankes gelui het as ‘n manier om swartes se stemme te werf in sy vergeefse poging om die verkiesing te wen teen Tsvangirai, die Britse gunsteling vir volgende president. En noudat lord Carrington, voormalige Britse minister van Buitelandse Sake, so pas Brittanje probeer verontskuldig aan hulle rol deur te stel dat “wat nou in Zimbabwe gebeur, het eintlik niks met Brittanje te make nie”, moet die ernstige graad van leuens wat hulle verkondig weer beklemtoon word.

Asof Brittanje nie destyds miljoene betaal het om van Ian Smith ontslae te raak en die kranksinnige Mugabe aan bewind te stel nie.  En nou vir ons kom probeer wysmaak dat hulle niks daarmee te make het nie! Juis nadat dit reeds wyd bekend is dat Brittanje pas weer ‘n bedrag nagenoeg van een miljard pond bewillig indien daar maar net van Mugabe onslae geraak kan word

Ons moet onthou dat die destydse Rhodesië, toe Ian Smith nog eerste minister vir die nagenoeg 200 000 blanke inwoners daar was, ekonomiese stabiliteit geniet het en polities vir niemand ’n bedreiging ingehou het nie. Maar die internasionale aanslag wat veral uit Brittanje gedryf word en wat daarop gemiks is om van van die hele wêreld een multikulturele staat te maak, was ook vir Rhodesië te fel

Die metode om Rhodesië tot ’n val te bring, was om soveel leuens as moontlik te versprei oor die “gevaar wat Rhodesië inhou vir wêreldvrede”. In ’n vergadering van die Verenigde Nasies in 1965, het slegs twee lande, Suid-Afrika en Portugal, die oproep om Ian Smith se regering omver te werp, teengestaan.

Die sosialistiese Britse eerste minister, Harold Wilson, het alles in sy vermoë gedoen om Rhodesië se regering tot ’n val te bring terwyl hy openlik samewerking met die kommunistiese kriminele in die Kremlin bepleit het. Al die groot internasionale nuusagentskappe, sowel as die magtige internasionale finansiële instellings, het hom ondersteun. Toe Wilson op die finansiële reserwes in Londen beslag lê en die bestuur afdank, het hy hulle vervang met bankiers wat bekend was vir hulle revolusionêre uitgangspunte. Die nuwe Voorsitter, sir Sydney Caine en die bankier SG Warburg, was twee van die lede van Wilson se nuwe bankierraad wat ’n prominente rol gespeel het om Rhodesië te help vernietig.

As die Smith-regering kon standhou teen die kommunistiese aanslag, sou die ekonomiese voorspoed wat hulle beleef het van Rhodesië feitlik ’n onafhanklike en vry land gemaak het. Die kommuniste, sosialiste en bankiers van die wêreld (mens kan hulle maar noem wat jy wil…) het hierdie feit as ’n groot bedreiging gesien en dit moes ten alle koste verhoed word. Nie net het Wilson op Rhodesië se fondse in Londen beslag gelê nie, maar openlik verkondig dat hy sal voortgaan om ’n enorme finansiële oorlog te voer en selfs ’n militêre aanval teen die Smith-regering te loods wat die ekonomie en vervaardigingsektor daar totaal sou vernietig.

Daarby het Wilson ook ’n Afrikabuurland befonds deur onder andere ’n radiostasie daar op te rig waardeur hy die swartes kon aanhits tot opstand teen Rhodesië. As gevolg hiervan is daar skokkende misdade gepleeg onder die opgesweepte leierskap van Nkomo en Sithole met hulle ZANU- en PCC-bondgenote. Wilson se openlike aanmoediging aan die swart petrolbommakers het ook ’n groot bydrae gelewer tot die onmenslike moorde wat daar gepleeg is. Heel moontlik sal ons na dese verneem van nog sulke wreedaardigheid as gevolg van Mugabe se moordlustige oorlewingstryd in die huidige verkiesing.

Tog interessant dat menige besoekers destyds aan Rhodesië, getuig het dat die blankes onder die Smith-bewind rustige inwoners in ’n vooruitstrewende ekonomiese klimaat was wat valslik beskuldig is van “’n gevaar vir wêreldvrede”. Selfs ’n lid van Wilson se eie party, mnr RT Paget, het nadat hy ’n week in Rhodesië was, gesê Wilson se bewerings is “unmitigated and absolute nonsense”. Nietemin het die internasionale breinspoeling teen Rhodesië volmaak geslaag. Harold Wilson se finale aanslag teen die Smith-regering was om binne ure nadat kommuniste soos Nkrumah tydens ’n konferensie in Lagos, Nigerië, geëis het “to restore constitutional goverment in Rhodesia!”, dit deur te voer.

Vandag getuig Zimbabwe van die ‘sukses’ van Brittanje se grootse poging om te keer dat Afrika onafhanklik en voorspoedig sou bly. Toe NEPAD op 2 Augustus 2007 sy kommer uitspreek oor die “kritieke probleem in terme van produktiwiteit”, was dit duidelik dat die volle beginsel van kommunisme daar neerslag gevind het. Nie eers die honger swartes in Zimbabwe kon dit meer daar uithou onder die bewind van ’n versteurde leier nie en vlug steeds in duisendtalle per dag na Suid-Afrika, presies wat die sosialistiese leiers in Brittanje voorsien het omdat dit Suid-Afrika self ook op sy knieë sou help bring.

Soos wat Mugabe in 1983  20 000 Ndebeles laat vermoor het om Joshua Nkomo se magsbasis te vernietig, so sal hy seker die laaste blankes in Zimbabwe laat vermoor in sy desperate opswepingsoproep om die verkiesing te probeer wen.

So sal Suid-Afrikaners onder die ANC-regime bly uitgemoor word in ’n poging om van die hele Afrika weer ’n swart magsbasis te help maak. Die meederheid swart mense verstaan dit reeds; daarom dat Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu gedreig het: “Suid-Afrika sal soos Zim lyk!”  En dalk daarom dat Mbeki reeds in 2007 prontuit die skuld vir die probleme in Zimbabwe voor Brittanje se deur geplaas het in sy verslag in die SAOG?

Dit is nie ydele dreigemente nie; ons gaan nog baie stakings tegemoet wat sal meehelp om Suid-Afrika tot ’n Zimbabwe te transformeer. En nog duisende blankes sal vermoor word in hierdie land totdat ons ook soos die paar oorblywende blanke boere in Zimbabwe vandag, deur hordes swart massas in ons eie huise met die dood gedreig word as ons nie ons eiendom binne ‘n paar uur verlaat nie – nie dat om gehoor te gee daaraan ons lewens sal red nie! En dalk dan sal die radikales wêreldwyd seker tevrede wees en Brittanje vereer word vir sy leidende aandeel in die verwoesting van die voormalige beskawing van die hele Afrika?

печь для саунытопкарго отзыв

Afrikanervolksmoord

ImageSedert 1994 ná die oorname van die ANC-regime, is daar derduisende mense in Suid-Afrika vermoor. Onlangse statistiek het getoon dat daar in die afgelope drie jaar (2005 – 2008) 20 000 persone per jaar vermoor is, dus feitlik 60 000 net in hierdie drie jaar waarvan die regering wel bereid is om in hul statistiek te openbaar … Ons kan aanvaar dat elke nuutste regering-statistiek in alle geval ver onder die ware syfers is.

Stem in ons meningspeiling oor Afrikanervolksmoord aan die regterkant van die voorblad.

Op Tafelberg is daar ‘n houtbankie waarin daar op ‘n primitiewe wyse deur ‘n blankehater binne die omraamde silhoeët van Afrika uitgekrap is, die syfer “4” met die woorde blacks only. Sy boodskap is dus AFRICA FOR BLACKS ONLY. Wanneer mens dit sien, besef jy weer hoe angstig die swart massas is om die blankes uit die hele Afrika te kry, ongeag die metodes, al sou dit verg dat ons een vir een uitgemoor word soos wat tans fluks aan die gebeur is. En duisende Afrikaners besef nog nie dat daar ‘n volksmoord op hulle uitgevoer word nie!

Dat die begrip volksmoord hier vir die Afrikanervolk ter sprake is, is dus nie te betwyfel nie. Daarom behoort ons kennis te neem van die internasionale siening van die definisie van volksmoord. Die Internasionale Konvensie insake die Voorkoming en Bestraffing van die Misdaad Volksmoord is reeds in 1948 deur die Verenigde Volke aanvaar. Dit omskryf volksmoord (genocide) onder meer soos volg:

Dade wat gepleeg word met die bedoeling om ‘n nasionale, etniese, rasse- of godsdienstige groep te vernietig deur lede van die groep:

  •  te dood;
  • ernstige liggaamlike leed aan te doen; of
  • deur die groep opsetlik te onderwerp aan lewenstoestande wat daarop bereken is om die groep fisies te vernietig.

Die Konvensie sluit dus die uitwissing van ‘n gedeelte (“lede”) van ‘n groep in by die omskrywing daarvan. Dit is derhalwe nie nodig dat al die lede van so ‘n groep in die slag moet bly alvorens dit as volksmoord beskou sal word nie.

Dr Gregory Stanton van die Yale Universiteit in die VSA (en president van Genocide Watch) is van mening dat daar agt stappe geïdentifiseer kan word by volksmoord en etniese uitwissing:

  1. KLASSIFIKASIE is die eerste stap tot tot uitwissing van ‘n volk. In Suid-Afrika het ons gesien hoe ons velkleur, ons taal, die beleid van apartheid, en veral die feit dat die Afrikanervolk die “skuldiges” is, gemaak dat ons duidelik geteiken is. So is ons uitgewys as die Groot Sondebok van Suid-Afrika.
  2. SIMBOLISASIE is die tweede stap om ‘n groep nader aan die galg te bring. As Afrikaners byvoorbeeld met eie vlae en volksliedere hul tradisionele gedenkdae vier, word hulle veroordeel as die “skuldiges wat nie hier hoort nie”. Maar dis veral die assosiasie van apartheid met die Afrikanervolk wat ons vierkantig in die beskuldigdebank geplaas het.
  3. VERONTMENSLIKING is die derde stap na massamoord. Stanton stel dit onomwonde: “Denial of the humanity of others is the step that permits killing with impunity”. Dit het die ANC reeds straffeloos sover met die Afrikaners gedoen toe ons verskoning moes vra vir die sogenaamde “misdryf en sonde” van ons apartheid. Ons sien die verontmensliking ook daagliks in die wrede metodes waarmee die moorde op blankes plaasvind. Dat sekere Afrikaners meegewerk het om apartheid as‘ n sonde en ‘n misdryf te beskou, maak hulle mede-aandadig aan hierdie volksmoord.
  4. ORGANISASIE is ‘n belangrike stap om van ‘n volk ontslae te raak. Dit mag wissel van openlike tot geheime organisasie en ook meer gekultiveerde organisering tot by die terroristiese opleiding en uitvoering van moordbendes, soos byvoorbeeld die massaslagting in Rwanda. In Suid-Afrika het die talle individuele “sinlose” moorde waarin diefstal nie die motief blyk te wees nie, ook reeds die georganiseerde pogings verklap!
  5. POLARISASIE is ‘n verdere stap om ‘n volk of ‘n ras uit te wis. In Suid-Afrika het ons gesien hoe suksesvol die vyand daarin slaag om opposisiegroepe teen mekaar te laat opstaan met uiterste standpunte en konflik tot gevolg. Binne Afrikanergeledere is daar met goeie beplanning deur ons volksvyande soveel skeuring bewerkstellig, met sinlose opposisie tot gevolg, dat polarisasie blyk een van die belangrikste sleutels tot volksuitwissing te wees.
  6. VOORBEREIDING tot in die fynste besonderhede, is die stap waar slagoffers se name gelys, huise gemerk, roetekaarte opgetrek en alle simboliese identifikasie van slagoffers afgehandel word. Ons sien dit elke dag ook in ons nabye omgewing. Individue word gedwing om identiteitsdokumentasie oral saam te neem om sodoende die slagting te bespoedig soos in Rwanda waar die etniese herkoms van elke persoon daarop aangedui is en slegs die Toetsi’s, maar geen Hoetoes nie, uit motors geruk en vermoor is by padblokkades. Is dit nie wat vandag meer en meer by ons padblokkades gebeur wanneer ‘n blanke agter die stuur is nie …?
  7. UITWISSINGSAKSIE is die tweedelaaste stap waar daar tot volskaalse massamoord oorgegaan word. Ons ken die geskiedenis van Mosambiek waar daar binne ure soveel mense om die lewe gebring is en babas uit lewende moeders se buike gesny is en met die Portugese se koppe bal geskop is in die strate deur die barbare. Ons moet nie dink dit kan nie met die blankes in hierdie land gebeur nie!
  8. ONTKENNING is die laaste stap van volks- of etniese uitwissing wat volgens menige geskiedkundige skrywes ongestraf gebly het. Hierdie belangrike aspek is deurentyd teenwoordig by elke stap. Dit is ook presies wat die ANC doen. Die misdaad is totaal buite beheer maar dit word ontken want dit vorm deel van die beplanning.

Ontkenning word veral toegepas nadat die uitwissing van ‘n groep afgehandel is. Sou iets daarvan ter sprake kom, word al die skuld op die slagoffers geplaas. Ondersoeke na hierdie misdaad word gesaboteer en die moordenaars gaan doodluiters voort om die land te “regeer” soos Pol Pot en Idi Amin dit gedoen het. Daar is juis vandag in die media berig dat “misdaad sal verminder indien blankes meer respek betoon”. So sal die blanke in Afrika voortdurend die skuld kry vir alles wat gebeur maar ten minste weet ons waarom!

Nie eers tribunale soos dié van Joegoslawië of Rwanda, of die tribunaal van die Khmer Rouge in Kambodja, het die moordenaars aan die pen laat ry nie as gevolg van die grootskaalse ontkenning van die daad. So ook met die huidige verkiesing in Zimbabwe; indien Robert Mugabe weer eens verkies word as gevolg van grootskaalse korrupsie, sal die moordenaar voortgaan om sy land te regeer met ontkenning van die wandade en slagting wat plaasgevind het.

As ons in Suid-Afrika dan reeds die eerste sewe stappe van volksuitwissing so duidelik kan eien, waarom besef ons nie dat hier ‘n grootse poging is om die blankes geheel en al uit te wis nie? Waarom glo ons nie dat die gedeeltelike uitwissing van blankes tot dusver, ‘n volwaardige aanloop tot volskaalse volksuitwissing en etniese suiwering deur ons vyande is nie?

Stanton se siening hieroor is betekenisvol: Extermination whether carried out by government or by mob violence, can only be stopped by force. Armed intervention must be rapid and overwhelming. Safe areas should be established with real military protection.

Militêre beskerming het ons nie. Polisiebeskerming het ons nie. Is ons persoonlik gereed vir wat werklik vir ons wag in die volgende dae en jare?

ведро для баниАлександр Фильчаков Васильевич

Zimbabwe – net nog ‘n neo-koloniale klug

ImageMet die Zimbabwiese parlementêre verkiesing agter die rug, kan mens reeds sekere waarnemings maak, selfs al is dit nog nie finaal seker of ons die laaste van Robert Mugabe gesien het nie.

Reeds is daar beloftes van dollars en ponde wat gaan begin reën sodra daar ʼn “demokratiese bewindsverandering” plaasgevind het. By Westerse lande – gelei deur die voormalige koloniale moondheid, Brittanje – het Mugabe in onguns verval, anders as in 1980 toe hy allerweë geloof is as ʼn man wat soos Mandela op water kan loop.

Daarom word daar onomwonde gesê dat ʼn reusehulppakket slegs aan Zimbabwe toegestaan sal word indien Mugabe nie meer president is nie. Indien ons vir ʼn oomblik kan vergeet dat Mugabe ʼn afstootlike swart diktator is (soos vele ander in Afrika wat nooit die nuus haal nie), kan mens wel vra: wat het van die soewereiniteitsbeginsel geword?

Hoe kan Brittanje aan die Zimbabwiese kieser voorskryf vir wie hy of sy behoort te stem? Oor die afgelope 28 jaar het die Zimbabwiërs aangehou om Mugabe fanaties te ondersteun al het hy die land en sy ekonomie stelselmatig geplunder en verwoes.

Te oordeel aan die omvang en organisasie van die MDC-veldtog, is dit duidelik dat daar buitelandse, spesifiek Britse, geld agter Tsvangirai moet wees. Immers is dit moeilik om te sien hoe enige opposisieparty in ʼn verarmde, de facto eenpartystaat soos Zimbabwe die nodige fondse kan bekom om ʼn noemenswaardige verkiesingsveldtog teen die staat self te voer.

Daar word openlik gepraat van ʼn “wortel” van een miljard pond (R15 miljard) in hulpgeld wat voor die Zimbabwiese kieser se neus gewaai word indien hy maar net “die regte ding doen” en van Mugabe ontslae raak. Te midde van al die bedwelmende beloftes van hulpgeld, word daar terloops ook genoem dat Zimbabwe rééds $350 miljoen per jaar aan hulp van die Weste en veral Brittanje ontvang.

Wat ek nog nooit kon verstaan nie, is die besware wat mense – die Britte inkluis – teen die destydse tuislande in Suid-Afrika gehad het. Wat is Zimbabwe anders as ʼn tuisland van Brittanje waar die regering en staatsbestel na willekeur van buite gemanipuleer word?

Eer ons vergeet, Mugabe sou nooit die bewind by Ian Smith oorgeneem het indien die hoogheilige Brittanje nie die voormalige Rhodesië geboikot en geondermyn het nie. Die wonderlike Robert Mugabe was die Britte se idee van ʼn goeie president vir Zimbabwe.

Watter astronomiese bedrae aan hulpgeld daar ook al na die verkiesing op Zimbabwe bestee gaan word, weet ons almal dat die werklike misdaad wat plaasgevind het – die etniese suiwering van die blanke Rhodesiërs – deur geen tribunaal gestraf gaan word nie. Nie net gaan Mugabe skotvry daarvan afkom nie, maar Tsvangirai het reeds gesê dat hy óók ʼn voorstander van “grondhervorming” is.

Mugabe se “grondhervorming” verteenwoordig sy onaantasbare nalatenskap. Nóg Brittanje, nóg ʼn MDC-regering gaan ʼn jota daaraan verander. Noudat die ANC in Suid-Afrika – nog ʼn resiesperd waarop Londen se koloniale wedders heelwat geld gewaag het – aanskou het hoe mens ʼn blanke minderheid sonder gevolge uit ʼn land kan suiwer, is dit net ʼn kwessie van tyd voordat dieselfde resep hier te lande toegepas gaan word. Hiervan getuig Lulu Xingwana se onheilspellende wysiging van die reeds Bolsjewistiese Grondonteieningswet.

Ook die hordes onwettige immigrante wat uit Zimbabwe na Suid-Afrika gevlug het, gaan nooit hul skrede huiswaarts wend nie. Ons sit met hulle opgeskeep en Brittanje gaan ons vir seker geen hulpgeld skenk om na hulle om te sien nie.

Hoe die landbou ooit in Zimbabwe op dreef gaan kom sonder om die plase aan hul voormalige blanke eienaars terug te gee, is moeilik om te sien. Daarom kan mens verwag dat Zimbabwe wat as Rhodesië destyds een van Afrika se suksesverhale was, maar net verder gaan voortploeter as ʼn misrabele, hulpafhanklike tuisland van Brittanje. Die ander hulpbehoewende tuislande in ons geweste is natuurlik Lesotho, Swaziland en Botswana.

Tussen die neo-koloniale meesters in Londen en die mags- en geldgierige “leiers” in Harare, sal die ramp wat die oud-Rhodesië geword het waarskynlik vir altyd voortduur.

Al sekerheid wat mens oor Zimbabwe het, is dat die jenewer en tonikum neffens Koningin Victoria se waterval altyd dieselfde sal smaak.

как называется парусный спорталександр лобановский харьков