In hierdie naweek se Business Day Weekender–uitgawe, laat Mangcu blankes goed verstaan met watter minagting hy hulle bejeën. Voorheen het Mangcu so ver gegaan om blankes regstreeks met 'n rasse-oorlog te dreig in sy Business Day-rubrieke. Ek het tevergeefs ‘n brief aan die Business Day geskryf om beswaar te maak teen Mangcu se anti-blanke haatspraak en dreigemente van oorlog, maar nodeloos om te sê, is dit nie gepubliseer nie.Kennelik vind die Afro-Saksiese redaksie van Business Day Mangcu se anti-blanke uitsprake ewe normaal as Robert Mugabe se gereelde uitbarstings oor Britse kolonialisme.
Biko was 'n swart, politieke ekwivalent van James Dean. Dean, die akteur, het op 'n jeugdige ouderdom verongeluk. Sou hy ouer geword het, vermoed ek sou hy waarskynlik nie so 'n groot akteur geword het nie, maar nietemin het sy motorongeluk daarvoor gesord dat hy 'n legende en heldefiguur geword het, iets wat nie noodwendig met Dean se talent verband gehou het nie.
Biko se naam het insgelyks legendariese afmetings aangeneem, sonder dat die legende ooit met die realiteit kennis gemaak het. Of hy die Groot Swart Intellektueel en Bevryder was, bly dus steeds 'n ope vraag. Mangcu is egter oortuig dat Steve Biko 'n Messiaanse figuur was, waarskynlik bloot omdat Biko swart was. Dis eweneens onseker na welke beloofde land Biko die swart massas sou lei, maar Mangcu is duidelik oorweldig deur Biko en koester 'n fanatiese helde-verering vir die man.
Mangcu is besonder beswaard oor Suid-Afrikaanse blankes se vermeende aanspraak op meesterras-status. Hy maak telkens snedige aanmerkings in sy rubrieke in Business Day oor sogenaamde "blanke suprematisme" of baasskap, en uit sy uitlatings kan mens duidelik sien hy is 'n aanhanger van die gediskrediteerde gebroedsel van Black Athena-teorieë. Volgens laasgenoemde sou die hele Westerse intellektuele tradisie by Afrika gesteel gewees het.
Uiteraard is dit 'n belaglike en eintlik histeries-snaakse uitgangspunt, omdat dit veronderstel dat daar hoegenaamd 'n intellektuele tradisie in Afrika suid van die Sahara bestaan het, voordat Arabiese of Europese kontak plaasgevind het. 'n Eenvoudige vraag vernietig Mangcu se uitgangspunt egter binne sekondes: wat was die beskawingspeil van die Xhosas of Strandlopers wat die VOIC se afgevaardigdes soos Jan van Riebeeck aangetref het? Kon hulle lees en skryf? Het hulle imponerende, permanente strukture uit klip of baksteen gebou of bewoon? Het hulle in voertuie met wiele gery? Die ganse Black Athena-dwaling ignoreer gerieflik die uiterste gebrek aan intellektuele prestasie van swart Afrika, en maak aanspraak daarop dat die Egiptenare swart sou wees. Die blanke borsbeeld van Nefertiti in Berlyn spreek egter van iets heel anders. Ongelukkig vir Mangcu se Afro-fascisme was daar geen swart Shakespeare, Erasmus, Copernicus, Huygens, Euler of Goethe nie.
Gedurende die dae van Afrikanerregering in Suid-Afrika, was daar min sprake van meerderwaardige gevoelens teenoor ander, insluitende swart volkere. Ek het tydens die apartheidsjare grootgeword, maar ek kan geen aansprake op meesterrasstatus onthou nie. Ek herinner my geensins dat daar op skool of in die weermag aan my voorgehou is dat swartes mindere wesens was nie. Mangcu verwar kennelik in hierdie opsig veral die Afrikaner met die Nazi's. Ek kan wel onthou dat daar sprake was van denkrigtings soos "apart maar gelyk" of "parallelle ontwikkeling", iets wat baie beslis nie dui op meerderwaardigheid nie, maar veel eerder op gelykheid en ewewigtige behandeling.
Om die vorige bedeling se ideologie af te maak as 'n blote geloof in blanke meerderwaardigheid, sou 'n totale oorvereenvoudiging wees, met 'n bepaalde en hoogs verdagte propaganda-doelwit. Om uit 'n Afrikaner se oogpunt te praat, glo ek dat min van ons – selfs in die hoogty van die vorige bedeling – 'n gevoel van rasse-meerderwaardigheid teenoor ander volkere, insluitende die Engelse of die Zoeloes, gekoester het.
Ons het wel daarop aanspraak gemaak dat ons ánders en uniek is, iets wat selfs vir 'n die onsubtiele Mangcu duidelik moes wees, mits hy tot eerlikheid bereid sou wees. Insgelyks het ons voorsate die reg op selfbeskikking en menswaardigheid van ander volkere erken, nes ons op ons eie uniekheid aanspraak gemaak het. Om hospitale, universtiteite en administrasiegeboue vir ander volke op jou eie volk se rekening op te rig verteenwoordig 'n afwyking wat uniek aan Afrikaners is. Dit spreek uiteraard van 'n vrygewigheid en 'n grootsheid van denke wat beslis nie eie is aan 'n blote rassis nie.
Om andersheid te erken, impliseer dus nie dat ons dink ons is beter nie. Dit beteken wel dat daar 'n gevoel bestaan dat ons kultuur, taal en lewenswyse uniek en kosbaar is en was, en dat dit bewaar moet word. Ek hoor selfs vandag min blanke stemme opgaan wat volhou dat ons meerderwaardig teenoor swartes is. Dít terwyl ons gebuk gaan onder die uiterste provokasie van toenemende swart Afro-fascisme, geweld en rassime teenoor blankes, soos vergestalt deur die pseudo-intellektuele uitbarstings van 'n Mangcu en meer as 2000 plaasmoorde sedert 1994. Daar is eerder 'n beskeidenheid, 'n erkentenis dat die blanke politici ore aangesit is by Kodesa, dat ons patetiese onderhandelaars soos die bykans swaksinnige Roelf Meyer volledig uitoorlê is deur superieure politici soos, onder andere, Cyril Ramaphosa.
Andersyds bly die strewe na selfbeskikking steeds daar. Die feit dat ek Xhosas en Zoeloes se reg om oor 'n soewereine volk, Afrikaners, te heers met minagting verwerp, beteken nie dat ek Xhosas as minderwaardig beskou nie. Die Russe het eerste vir Joerie Gagarin in die ruimte geplaas, en Tolstoy het groot letterkundige werke geskryf. Ek respekteer daarom die Russe as volk weens hulle prestasies, maar dit beteken nie dat ek asAfrikaner aan Russiese dwingelandy onderwerp wil word nie.
Uniekheid en selfbeskikking, ja. Rassistiese verdrukking en dwingelandy, nee.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.