Oproer by Brits oor water

britswaterOntstoke inwoners van Letlhabile naby Brits in Noordwes het paaie met brandende bande, klippe en skrotmetaal versper.

Die polisie sê die mense het ‘n munisipale watertenkwa weggewys omdat hulle lopende water in hul huise wil hê.

Die gemeenskap is sedert Saterdag sonder water.

‘n Polisiebeampte op die toneel het gesê dat die inwoners dreig om die paaie te versper totdat die Madibeng-burgemeester, Popi Mogongwa op hul eise reageer. – RSG

Eskom verlaag BHP Billiton se kragtoevoer

aluEskom het in ‘n poging om druk op die nasionale kragnetwerk te verlig, sy kragtoevoer aan die mynreus, BHP se aluminiumsmelters verlaag.

Die kragverskaffer het vroeër ‘n noodtoestand verklaar weens die ernstige druk op die kragnetwerk ná die verlies van bykomende opwekkingseenhede kort nadat hulle aangeskakel is.

Eskom het gewaarsku dat die kragnetwerk vir die volgende twee weke onder toenemende druk sal wees weens beplande en onbeplande instandhoudingswerk.

Die kragverskaffer sê in ‘n verklaring dat hy nou noodprosedure-protokol volg.

Beurtkrag word op smelters toegepas om die kragvoorraad gedurende spitstye in stand te hou. – RSG

SA wil sanksies teen Zim-bloeddiamante opgehef hê

blooddiamondsSuid-Afrika het Dinsdag betoog dat die VSA sy boikot op Zimbabwiese myne opskort en dié land se diamante verkoop – in navolging van die Europese Unie.

Welile Nhlapo van Suid-Afrika, die roterende president van die Kimberley-proses, het aangevoer Zimbabwe het “aanbeweeg” en dat die opheffing van die sanksies die land sal help om weer “stabiliteit en voorspoed” te behaal.

Die Kimberley-proses is die internasionale waghondliggaam wat die verkoop van sogenaamde “bloeddiamante” probeer stuit.

Die verbod teen Zimbabwe is ingestel omdat lande gemeen het diamantinkomste word gebruik om Zanu-PF te finansier.

Die gesprekke tussen die 81 lidlande duur tot Vrydag.

Die EU het sy sanksies teen die staatsbeheerde Zimbabwe Mining Development Corporation in September opgehef. – Sapa/AFP

Lyk van vermiste wit bejaarde langs spoor gevind

trainDie polisie ondersoek die dood van ‘n bejaarde wat sowat drie weke gelede op ’n treinrit vermis geraak het.

Sy lyk is in ’n veld naby Hopetown gekry.

Henry van Niekerk (74) is op 27 Oktober by die polisie op De Aar as vermis aangemeld deur ’n vriend. Die twee het saam na Johannesburg gereis.

Van Niekerk se lyk langs ’n treinspoor in Kranskuil naby Hopetown gekry.

Volgens sy vrou het die polisie die ontbinde lyk uitgeken aan van sy besittings wat op die toneel gevind is.

Sy goue horlosie, met sy voorletters agterop gegraveer, is gevind, asook sy treinkaartjie in sy sak.

 

 

Man vas na tiener uit sesde verdieping val

Hillbrow
Hillbrow

’n Man is in hegtenis geneem in verband met die dood van ’n tienerseun in Hillbrow, Gauteng, het die polisie Woensdag gesê.

“Die verdagte sal na verwagting binne 48 uur in die Johannesburgse landdroshof verskyn,” volgens konst. Carol Mulamu.

Hy is in hegtenis geneem nadat die sestienjarige Nyasha Johwa uit die sesde verdieping van ’n woonstel in Hillbrow geval het.

Volgens The Star is Johwa kaal in die bed saam met die verdagte se vrou betrap.

’n Woonstelmaat het aan die koerant gesê hy het die man hoor skree “S’febe uyajola! [Hoer, jy verneuk my!]”
Mulamu het gesê die polisie probeer vasstel of die slagoffer gespring het en of hy uit die gebou gestamp is. – Sapa

Mielieblare en mynbouslyk vervang sement

betonMielieblare en mynbouslyk is net twee bestanddele wat die konstruksie-groep Murray & Roberts ( M & R ) in plaas van sement gebruik in ‘n nuwe beton. Toetse wys dit is sterker as die ou resep, verlaag die koste met 30% en beperk kweekhuisgasse .

‘n Blad van die geopolimeerbeton is reeds gegooi vir Transnet se ontwikkelings by City Deep, Johannesburg, die eerste in Suid-Afrika, sê M & R -groep se beton- en navorsingsbestuurder Cyril Attwell.

“Dit is nogal ‘n deurbraak vir Suid- Afrika,” het senior lektor by die Concrete Institute se Skool vir Betontegnologie John Roxburgh Dinsdag gesê.

“Hulle het dit gedoen in Australië, maar baie duurder,” sê mnr Attwell . ‘n Polimeer is ‘n groot molekule saamgestel uit baie herhaalde subeenhede, en ‘n geopolimeer is “‘n polimeriese struktuur wat ‘n tipe van rots is,” het hy gesê.

Een van die afvalstowwe wat gebruik kan word is as, ‘n neweproduk van steenkool-aangedrewe energie produksie. Dit kan chemies verdeel in aluminiumoksied en silikaat. Wanneer hierdie twee saamgevoeg word in polikondensasie – ‘n aksie waarin ‘n watermolekule wegval  – vorm ‘n “seolietmembraanmateriaal” wat as “die gom vir die stelsel” beskryf word, het Attwell gesê.

‘n Mengsel silikaatmateriaal word bygevoeg om die sementplaasvervanger vir beton te skep.

Seoliete is “molekulêre hokke” om swaarder elemente te vang, het Attwell gesê. Dit beteken dat wanneer die afval chemies reageer dit tot pseudo-seoliete lei wat selfs voorheen onbruikbaar afval soos radioaktiewe afval vasvang.

“Jy kan ‘n kernkragsentrale bou met hierdie materiaal wat die radioaktiewe deeltjies kan absorbeer, en verminder die risiko van kernbestraling van die omliggende omgewing,” het Attwell gesê.

In Gauteng, waar industriële afval is geredelik beskikbaar is, die vermindering van koste van tot 30 % reeds bereik, en die werk is gedoen op tegnologie om koste verder te sny met 75%, het hy gesê .

Die geopolimeer is sterker as normale beton.

“Op die terrein het ons 51MPa ( megapascals ) behaal in 28 dae . Dit is gelykstaande aan 10 olifantbulle wat staan ​​op ‘n vierkante meter voor dit meegee,” het Attwell gesê.

Beton geskep met behulp van die geopolimeer verminder kweekhuisgasse met 60% -70% , het hy gesê , want sementproduksie se “voetspoor” per kubieke meter is 350kg – 400kg van koolstofdioksied ekwivalent per kubieke meter, terwyl die geopolimeer ongeveer 100kg / m³ is.

Sementproduksie is die tweede grootste bydraer tot die mensverwante globale kweekhuisgasvrystellings , het hy gesê.

 

Tongaat: Gebou sonder goedkeuring stort ineen

tongaat2Paramedici van KZN EMS en privaatambulansdienste, personeel van die SAPD en die brandweer was op die toneel nadat konstruksie van ‘n winkelsentrum ineengestort het.

Pogings om mense wat moontlik steeds vermis word in die puin van die Tongaat-winkelsentrum, noord van Durban, is steeds vanoggend aan die gang.

Een van die werkers het aan die Business Day gesê die beton was nie “hard” nie en daarom het die vloer meegegee.

Hulle het deurnag gewerk op soek na werkers wat dalk nog vasgekeer is. Die derde vlak het ineengestort en op werkers op die tweede vlak geval. Dié vlak het daarna ineengestort.

Lede van die polisie se soek- en reddingseenheid tesame met snuffelhonde soek na oorlewendes.

Oudio-toetse is ook gedoen om reaksie te probeer kry van enige vasgekeerdes. Een persoon is dood en dertig beseer toe die gebou wat onder konstruksie is, ingetuimel het.

Twee mense is kritiek, en een van die pasiënte is na Nkosi Albert Luthuli Sentrale Hospitaal deur die KZN EBW lugambulans gebring.

Agt mense is ernstig beseer en 18 het ligte beserings opgedoen. Ander is vervoer na Umhlanga-hospitaal en Tongaatkliniek.

Dit is steeds onduidelik hoeveel werkers op die konstruksieterrein was ten tyde van die ongeluk.

Ondersoek gaan intussen ingestel word na waarom bouwerk voortgegaan het ten spyte van regstappe oor die beweerde verontagsaming van bouregulasies.

Die adjunkburgemeester van Ethekwini, Nomvuzo Shabalala sê die hof is verlede maand genader om bouwerk aan die winkelsentrum te keer. Geen planne vir die bouerk is deur die owerhede goedgekeur nie.

Verkeer is baie druk in die gebied en die mense is gister aangemoedig om weg te bly om noodvoertuie deur te laat.

Demokrate, Republikeine kyk saam na Mandela-fliek

Hillary Clinton voor haar 'Long walk to Freedom'
Hillary Clinton voor haar ‘Long walk to Freedom’

‘n Spesiale vertoning van die rolprent, “Mandela: Long Walk to Freedom” word Woensdagaand by die John F. Kennedy sentrum in Washington DC gehou.

Die gala-geleentheid is georganiseer deur die voormalige ministers van buitelandse sake, die Demokraat Hillary Clinton en die Republikein, Colin Powell, en die Amerikaanse senator, John McCain.

United International Pictures South Africa sê die vertoning sal getrou aan Madiba se ideale, bydra tot die afbreek van grense tussen die twee politieke partye.

Die regisseur van die prent, Anant Singh, sê dit sal ook help om gesprekvoering tussen die twee teenstaanders aan te help.

As Jy Sing: Afrikaanse lokettreffer

Leah
Leah

Die Afrikaanse rolprent, As Jy Sing, het die suksesvolste Afrikaanse rolprent vanjaar geword en het die beste openingsnaweek van enige Afrikaanse titel gehad.

Die nuwe musiekfilm met Bobby van Jaarsveld en Leah in die hoofrolle het vroeg beloof om een van die jaar se groot films te wees.

Die Suid-Afrikaanse verspreider van As Jy Sing en Khumba sê die rolprente het die naweek gesorg vir 27 persent van die verdienste van die top 10 rolprente.

Die rolprente was onderskeidelik tweede en derde by die plaaslike loketkantoor, net na Thor: The Dark World en net voor Tom Hanks se Captain Phillips.

As Jy Sing het sewe persent meer in sy openingsnaweek gemaak as verlede jaar se Afrikaanse treffer, Semi-Soet.

DA kla oor rubberkoeëls op oproerige kragdiewe

Thokoza in die sewentigerjare. Foto deur Raymond Preston
Thokoza in die sewentigerjare. Foto deur Raymond Preston

Polisieversterkings is na Thokoza aan die Oos-Rand gestuur nadat inwoners paaie met klippe en brandende voorwerpe versper het.

Die inwoners probeer om die Rooi Miere verhinder om die gebied in te gaan om onwettige kragverbindings te verwyder.

Die polisie moes Maandag rubberkoeëls op woedende inwoners vuur om hulle uiteen te jaag.

Die polisie sê Cerama en Khumalo-strate is afgesper. Drie mense is gister in hegtenis geneem en sal môre in die hof verskyn op aanklagte van openbare geweld.

Die DA het die toenemende gebruik van rubberkoeëls deur die Gauteng polisie gekritiseer.

Die party sê die SAPD gebruik rubberkoeëls ten spyte van ‘n verbod op die gebruik van dié ammunisie.

Die party sê rubberkoeëls is sedert Augustus in ses voorvalle soos Bekkersdal, Diepsloot en Thokoza gebruik om protesgangers uiteen te jaag. – RSG