Lyk van vermiste wit bejaarde langs spoor gevind

trainDie polisie ondersoek die dood van ‘n bejaarde wat sowat drie weke gelede op ’n treinrit vermis geraak het.

Sy lyk is in ’n veld naby Hopetown gekry.

Henry van Niekerk (74) is op 27 Oktober by die polisie op De Aar as vermis aangemeld deur ’n vriend. Die twee het saam na Johannesburg gereis.

Van Niekerk se lyk langs ’n treinspoor in Kranskuil naby Hopetown gekry.

Volgens sy vrou het die polisie die ontbinde lyk uitgeken aan van sy besittings wat op die toneel gevind is.

Sy goue horlosie, met sy voorletters agterop gegraveer, is gevind, asook sy treinkaartjie in sy sak.

 

 

7 thoughts on “Lyk van vermiste wit bejaarde langs spoor gevind”

  1. Ek kan nie dink mense kan hulle arme ou mensies in sulke situasies toelaat nie!!! Geroof klink dit nie want hy het nog sy goue horlosie aangehad so as daar kraaie betrokke was sou die bling weg gewees het? (So dink ek) Of miskien wou hulle hom beroof en hy het losgeruk en uitgeval?

Maak 'n opvolg-bydrae