Lyk van vermiste wit bejaarde langs spoor gevind

trainDie polisie ondersoek die dood van ‘n bejaarde wat sowat drie weke gelede op ’n treinrit vermis geraak het.

Sy lyk is in ’n veld naby Hopetown gekry.

Henry van Niekerk (74) is op 27 Oktober by die polisie op De Aar as vermis aangemeld deur ’n vriend. Die twee het saam na Johannesburg gereis.

Van Niekerk se lyk langs ’n treinspoor in Kranskuil naby Hopetown gekry.

Volgens sy vrou het die polisie die ontbinde lyk uitgeken aan van sy besittings wat op die toneel gevind is.

Sy goue horlosie, met sy voorletters agterop gegraveer, is gevind, asook sy treinkaartjie in sy sak.