Siriese president staan vas

Die Siriese president, Bashar al-Assad, het Sondag gesê hy gaan nie bedank voordat ‘n verkiesing gehou word nie.

Die president se uitlatings verwerp die opposisie se eis dat samesprekings om die burgeroorlog in die land te beëindig, tot sy bedanking sal lei.

Assad het se kommentaar aan die Argentynse koerant Clarin, was die eerste oor sy moontlike rol in enige politieke oorgang sedert die VSA en Rusland vroeër vandeesmaand ingestem het om die twee partye op ‘n internasionale konferensie bymekaar te bring. Dié vergadering sal na verwagting volgende maand gehou word, maar geen datum is nog vasgestel nie.

Nie Assad of die Siriese nasionale koalisie het aangedui dat hulle die vergadering sal bywoon nie.

Meer as 70 000 mense het reeds gesterf en miljoene ander is ontwortel sedert die opstand teen Assad in Maart 2011.

Assad het diegene wat hom wil ontsetel as “terroriste met buitelandse steun” bestempel.

In die onderhoud met die koerant het Assad homself vergelyk met die kaptein wat oor Sirië se onstuimige see vaar en sê “die land is in ‘n krisis en wanneer daar ‘n storm is, vlug die kaptein nie”.

“Die eerste ding wat hy gaan doen is om deur die storm te beweeg en die skip na veiligheid bring,” het Assad gesê.

“Ek is nie iemand wat van my verantwoordelikhede vlug nie.”

Die Siriese weermag het met ‘n offensief begin om beheer van die dorp Kuser in die weste van die land terug te wen. ‘n Lugaanval is geloods, en die regering sê hulle het reeds 70 rebelle-vegters gedood.

Die rebellemagte in die dorp is al vir ‘n paar weke omsingel en van die buitewêreld afgesny. Aktivisite het beeldmateriaal op die internet vrygestel wat wys dat die rebelle se veldklinieke oorval word met ongevalle, wat rebelle vegters en burgerlikes insluit.

Kuser is ‘n strategiese dorp omdat voorrade na en van Libanon, sowel as die Siriese kus daardeur gaan.

Selfbeskikking in terme van Artikel 235 van die Grondwet

Die beginsel van selfbeskikking is reeds gedokumenteer in die VN Handves en ʼn rits ander deklarasies. Onder andere het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in terme van die regte van minderheidsgroepe op 18 Desember 1992 bepaal dat minderheidsgroepe se etniese, godsdienstige en taalregte beskerm moet word. Die primêre funksie vir die beskerming is geleë in die betrokke staatsowerheid soos vervat in Artikel 1 van die resolusie “States shall protect the existence and the national or ethnic, cultural, religious and linguistic identity of minorities within their respective territories and shall encourage conditions for the promotion of that identity”.

Dit is vreemd dat artikel 235 (van die grondwet) as basis gebruik word om selfbeskikking te eis. Artikel 235 van die Grondwet van Suid Afrika behandel selfbeskikking en lui soos volg “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal” (Suid Afrika (Republiek) Republiek van Suid Afrika Grondwet 1996).

Artikel 235 van die Grondwet is al deur menige politieke en regskenners verduidelik en dat dit nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie. 235 Bied hoogstens interne selfbeskikking wat deesdae deur menige Afrikaner organisasies as die doelwit vir Afrikaner selfbeskikking voorgehou word. Sou voortgegaan word om interne selfbeskikking te eis en sou so eis aanvaar word (hoe onwaarskynlik ook al) sal dit enige verdere strewes vir eksterne selfbeskikking negeer.

Volgens dr Sydney Gregan stel die betrokke artikel dit baie duidelik dat die selfbeskikkingstrewe van ‘n “gemeenskap”,al sou dit wees binne ‘n bepaalde gebied, slegs erken kan word binne die raamwerk van die reg (op selfbeskikking van die geheel), d.w.s die totale prentjie – die selfbeskikking van die totale “nasie” (“people”). Hier is dus hoogstens sprake van “interne selfbeskikking”, wat boonop afhang van “nasionale wetgewing” (dus of die meerderheid in die Parlement dit sal goedkeur!). Interne selfbeskikking, in teenstelling met eksterne selfbeskikking, is alles behalwe volledige “soewereine” vryheid in ‘n eie “onafhanklike” republiek. Interne selfbeskikking kan hoogstens dui op eie besluitneming oor sekere sake wat die ANC-regime bereid is om aan die “gemeenskap” toe te vertrou. Indien eksterne selfbeskikking bedoel was, sou dit dienooreenkomstig bewoord gewees het en sou daar trouens van ‘n reg op afskeiding (sesessie) gepraat gewees het. Om nou te wil voorgee dat die ANC aan onder andere die Afrikanervolk die reg tot afskeiding gegee het (of sal gee) met die bewoording van artikel 235, is goedkoop politieke praatjies om mense te mislei (Gregan:2009).

Selfbeskikking word oor die algemeen beskryf as ʼn beginsel en nie ʼn reg nie met die voorwaarde dat die groep wat eis vir selfbeskikking oorwegend ʼn spesifieke territoriale gebied moet bewoon. Die uti possidetis doktrine (beginsel van territoriale integriteit) word onderhou deur die internasionale gemeenskap in terme dat die territoriale integriteit van soewereine state nie bedreig of ontwrig moet word nie. Alhoewel Afrikaners kwalifiseer in terme van kulturele aspekte om as ʼn homogene groep te eis vir selfbeskikking, beset die Afrikaners nie ʼn territoriale gebied nie en sal moeilik op grond van uti possidetis kan aanspraak maak op selfbeskikking.

Buchanan stel dit dat alle teorieë oor die reg tot sesessie verstaan word as of ʼn Remediërende Reg of ʼn Primêre Reg. Remediërende Reg bepaal dat ʼn groep ʼn reg tot sesessie het as die groep onderworpe is aan ongeregtighede waarvan sesessie die enigste en laaste uitweg is. Primêre Reg teorieë bepaal dat sekere groepe ʼn algemene reg tot sesessie het in die afwesigheid van ongeregtighede. Remediërende Reg teorieë verwys na ooreenstemmende reg tot revolusie. Dit behels dat ʼn deel van die burgery aanspraak maak op sesessie en om ʼn deel van die staat af te skei. Primêre Reg teorieë verwys na die reg om ʼn regering tot ʼn val te bring waar die fundamentele regte van ʼn groep geskend word (Buchanan 1997: 35 ) Afrikaners kwalifiseer vir selfbeskikking in beide die Remediërende sowel as die Primêre Reg teorie.

Ongeag die demografiese realiteite van Suid Afrika is daar opsies om eksterne selfbeskikking te eis. Geografiese besetting van ʼn gebied is nie die alfa en omega vir eksterne selfbeskikking nie. Sesessie hoef nie die onmiddellike modus operandi te wees nie. Dit is egter noodsaaklik dat ʼn geografiese gebied vir Afrikaner selfregering identifiseer moet word. Die primêre funksie van die tientalle Afrikaner organisasies behoort konsolidering van Afrikaners te wees in ʼn enkele beweging. Let wel, nie ʼn enkele organisasie of party nie, maar ʼn beweging wat Afrikaners mobiliseer tot verset teen die status quo en om ʼn gemeenskaplike vryheidswil te vestig. Om gesprekke te voer met die MRK of RSA regering sonder voorgestelde grense is noodwendig ʼn fiasko.

Dodelike newe-effekte

Tot en met die val van die muur, het Westerse farmaseutiese maatskappye menslike proefkonyne in Oos-Duitse hospitale aangehou. Meer as 50 000 pasiënte was betrokke, dikwels sonder hul medewete, en baie is dood daarvan.

Die eksperimente op mense is nog nie ten volle ondersoek nie. ten spyte van vars bewyse van oortredings.

Nicole Preiss was nege toe haar ma in 1986 oorlede is. Die vrou het velkanker gehad, wat nie kwaadaardig was nie. Hoekom op aarde het die dokters “medisyne uit die Berlynse Westapotheke [apteek]” vir haar voorgeskryf? En waarom het haar toestand aansienlik versleg daarna?

Preiss, nou 37, is steeds op soek na antwoorde om te verstaan ​​wat die Oos-Duitse dokters vir haar ma by ‘n hospitaal in die stad van Erfurt ingegee het.

Sy vermoed die dokters het ‘n nuwe middel van die Weste op hul pasiënt getoets. “My ma se geval was selfs aangebied in die lesingsaal,” sê Preiss. “Daar is te veel geheime wat verband hou met haar dood, op die ouderdom van slegs 30,” sê haar dogter, wat glo dat farmaseutiese maatskappye ‘n rol gespeel in haar ma se dood.

Preiss is nie die enigste een nie. Blykbaar het ten minste 50.000 mense in die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), of Oos-Duitsland, gedien as proefkonyne vir die Weste se farmaseutiese bedryf, dikwels onwetend. Vervaardigers, veral van Wes-Duitsland, Switserland en die Verenigde State van Amerika, het die DDR se hospitale vir meer as 600 kliniese toetse gebruik, sommiges met noodlottige gevolge.

Die Oos-Duitse instellings wat deelgeneem het daaraan het ingesluit internasionaal bekende universiteitshospitale, soos die Charité-hospitaal in Oos-Berlyn, sowel as meer as 50 hospitale in die land, in stede soos Dresden, Erfurt, Halle, Jena en Rostock.

Feitlik elke groot naam in die farmaseutiese bedryf was betrokke, insluitend Bayer, Schering, Hoechst, Boehringer, Pfizer, Sandoz en Roche. Die maatskappye het alles wat in hul navorsingslaboratoriums was, getoets vir chemoterapie, antidepressante en hartmedikasie, sowel as ander stowwe vars uit die laboratorium, waarvan die gevolge nog grootliks onbekend was aan wetenskaplikes.

Dit is skokkend dat die VSA steun verleen het aan sulke eksperimente op mense, gegewe die feit dat die Weste na afloop van die Tweede Wêreldoorlog oënskynlik gekant was teen “Nazi-bedywighede”.

Die gebruik van menslike proefkonyne is onder die donkerder hoofstukke van die farmaseutiese bedryf se geskiedenis. Mediese vooruitgang het altyd beweerde slagoffers. Maar mediese navorsing word veral gevaarlik vir pasiënte wanneer vinnige winste die bedryf oorheers. Wanneer dit gebeur, het navorsers nog altyd begin om perke te oorskry.

Die swak toestand waarin die gesondheidsorg in Oos-Duitsland verkeer het, het die dokters daar ook gretig gemaak om saam te werk met die bedryf. Die omkopery met geskenke en lekkernye uit die Weste het hulle samewerking om van hulle eie pasiënte te vergiftig, net verder vererger.

R18 miljoen se kokaiën by Beitbrug gevat

‘n Man wat kokaïen met ‘n geraamde straatwaarde van R18 miljoen oor die Beitbrug-grenspos wou smokkel, is in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.

“Die dwelms is gevind toe die man se sakke deursoek is,” het kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Sy het gesê die polisie het rolle met gare in die man se sak gevind. Die rolle was “baie swaar” en ‘n snuffelhond is ingeroep.

“Die hond het positief gereageer.”

Die gare is van die rolle verwyder en plastieksakkies met kokaïen is toe uitgehaal.

“Die kokaïen wat gevind is, weeg ‘n totaal van 10,8 kg en het ‘n geraamde straatwaarde van R12 miljoen,” het Otto gesê.

Otto het gesê nóg kokaïen, wat 5,2 kg weeg en ‘n geraamde straatwaarde het van R6,4 miljoen, is in ‘n valse kompartement in die sak gevind.

Die 36-jarige man sal Maandag op aanklagte van dwelmhandel en die besit van dwelms in die Musina-landdroshof verskyn.

Zuma nie by Gupta-landing betrokke nie

Pres. Jacob Zuma en sy kabinet was nie betrokke by die besluit ivm die Gupta-landing by die Waterkloof-lugmagbasis nie, het Jeff Radebe, minister van justisie, Sondag gesê.

Radebe het gesê Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, wat op verpligte verlof geplaas is, het ‘n verklaring gegee van almal wat betrokke was by die toestemming vir die vliegtuig op 29 April om te land.

“Dit is hoekom ons sonder enige vrees van teenstrydigheid sê geen minister was betrokke in die saak nie. Die president was nie betrokke in die saak nie.

“Die president is nie betrokke in die goedkeuring van die landing of geen landing by ‘n lugmagbasis nie. Die besluit lê by die departement van verdediging, veral die lugmagbeheer daar.”

Die Guptas se privaatstraler het 270 trougaste vervoer.

Die gaste het die troue van Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia bygewoon. Die landing van die vliegtuig het wydverspreide kritiek ontlok.

Die regering het gevra dat ‘n ondersoek gedoen na ‘n moontlike verontagsaming van diplomatieke protokol. Radebe het die voorlopige bevindings van dié ondersoek bekend gemaak.

Een van die bevindings was dat die landing van ‘n kommersiële vliegtuig ‘n direkte gevolg was van die manipulasie van prosesse en dat name “genoem” is deur die loop van die gebeure.

“Wie se naam is genoem? Dit was nie ‘n naam nie, dit was name. Die minister van verdediging [Nosiviwe Mapisa-Nqakula], die minister van vervoer [Ben Martins] en die naam van die president.”

Die ministers het hul direkteurs-generaal gevra om onmiddellik te reageer or die voorstelle van die verslag.

Die departemente wat geraak word moet so gou as moontlik hul eie ondersoeke doen om te verseker dat tugstappe, waar nodig, gedoen word.

Verskeie aanklagte is reeds by die Sun City-polisiekantoor in die Noordwes aanhangig gemaak.

Die aanklagte hou verband met ondermeer die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer en die Wet op Nasionale Padverkeer.

‘n Saak van die oortreding van die wet op polisie is by die Lyttleton-polisiekantoor in Gauteng aanhangig gemaak.

‘n Volledige verslag sal volgende week bekend gemaak word.

Het die Helens (Suzman en Zille) ook die Kerkstraatbom ondersteun?

Gister ry Skoppensboer verby Diepsloot, ‘n swart woonbuurt ten noorde van Johannesburg. Dis die soort plek wat eers ‘n plakkerskamp was. Toe pomp die Johannesburgse munisipaliteit miljarde rande daar in en omskep dit in ‘n formele woonbuurt. Maar weerskante van Diepsloot is daar steeds plakkerskampe wat uitbrei, wat die beginsel bewys dat geen lokasie ooit werklik tot formele behuising opgehef kan word nie. Al bestee die staat ook hoeveel geld daaraan.

By die ingang van Diepsloot staan ‘n ontsaglike polisiestasiegebou wat insgelyks miljoene moes gekos het. Die ongelukkige is dat die polisiestasie nooit voltooi is nie. Blykbaar het die geld of die wil om dit te voltooi, opgeraak. Nou is dit ‘n murasie of monument aan die Nuwe Suid-Afrika.

So ‘n “onvoltooide” monument of kunswerk kan nogal interessant wees, want die kyker kan vele dinge daarin lees. Net voor die onvoltooide polisiestasie-installasiekunswerk staan daar ‘n groot reklamebord. Gewoonlik word slegs twee soorte produkte daarop geadverteer: bier of velsorg. SA Brouerye of Nivea.

Tot gister. Want nou het Diepsloot ook politieke velsorg ontvang in die vorm van ‘n reuse-DA-advertensie. Asof die snel uitbreidende lokasie nie in sy redelike kort bestaan al genoeg politieke sorg in die vorm van onvoltooide kunswerke ontvang het nie.

Trouens, die DA-reklamebord en die polisiestasie kan as ‘n eenheid gesien word, ‘n soort tweeluik aan die Nuwe Suid-Afrika. Te oordeel aan die DA-advertensie, veg dié party nou éérs hard teen apartheid. Blykbaar het die DA die Groepsgebiedewet, aanhouding sonder verhoor en die tuislande “teengestaan”.

Wat het geword van die destydse “Praat Prog, stem VP en dank die Here dat die Nasionale Party aan bewind is”? Dis mos min of meer hoe die “liberale Engelse en Jode” in die veel verguisde apartheidsdae gedink en opgetree het.

Skoppensboer is daarvan bewus dat dr. Dan Roodt van PRAAG as student in die laat sewentigerjare die spot met mev. Helen Suzman se skynheilige liberalisme gedryf het deur met ‘n gholfsak op die verhoog van die Wits-grootsaal te verskyn, kompleet met ‘n swart joggie wat die sak dra. Daarna het hy ‘n ongestoor ‘n gholfballetjie in die verhoor in geslaan. Dit was so ‘n oefenballetjie van ligte plastiek en niemand is beseer nie, hoewel ‘n deel van die gehoor wild gekoes het.

Die parallel tussen liberale politiek en gholfspeel wat Roodt destyds as student wou tref, duur vandag voort in die skynheiligheid van die DA-veldtog in Diepsloot. Die gedagte dat mev. Helen Suzman, die Progressiewe-partylid vir Houghton in Johannesburg, destyds ‘n “bevrydingsbeweging” soos Ché Guavara gelei het, is omtrent ewe absurd as om te dink dat Mao Tsetoeng die Chinese vasteland met plastiekspeelgoed uit ‘n gelukspakkie verower het. “Mag groei uit die loop van ‘n geweer,” was mos sy beroemde spreuk. Nie uit die onderpunt van jou setyster op die Houghton-gholfbaan nie.

Skoppensboer het al ‘n potjie op die Houghtonse baan gespeel, terloops. Nie een van Johannesburg se beste bane nie, hoewel Standardbank dit op ‘n stadium as ‘n soort maatskappybaan toegeëien het.

Maar, met apologie aan die jong Dan Roodt, kom ons skei vir ‘n oomblik gholf en politiek, as dit enigsins moontlik is. Netnou eindig ons by politiek en soesji. Iemand het eenkeer vir Skoppensboer gesê toe Vorster eerste minister geword het, het hy geweet ons gaan die land verloor, want hy het gholf gespeel en brandewyn gedrink. Of gholf die grootste bydrae gelewer het of brandewyn, weet Skoppensboer nie. Hy is geneig om te dink brandewyn. Pik Botha het mos ook halfdronk oor aanloopbane geslinger en naderhand nie meer geweet watse ooreenkomste hy met die Kubane teken en watter nie. Dis dalk ‘n onderwerp vir heelwat navorsing: Die rol van brandewyn in die ondergang van die Afrikanervolk.

Oude Meester is blykbaar die gunstelingbrandewyn van swartes in New York, volgens ‘n ander reklamebord hier in Johannesburg. Nogal in Hans Strijdomlaan, wat tans as “Malibongwe” bekendstaan. Maar kom ons los eers die drank en bepaal ons by velsorg, want dit lyk my die Botox waarmee Helen die Tweede (Zille) haar gesigvel behandel, tas haar harsings ook aan.

Mmm, Skoppensboer wonder nou skielik: as dit nie brandewyn en bier is nie, is dit velsorg in die politiek. Daardie twee Krok-tweelingbroers, Abe en Solly, het mos soveel geld uit gesigroom vir swart vroue met ‘n behoefte aan witter velle gemaak dat hulle agterna ‘n casino, Gold Reef City en ‘n sokkerspan (Mamelodi Sundowns) kon koop. En sommer ook die Apartheidsmuseum oorkant Gold Reef City kon bou waar toeriste deesdae vertel word watter groot Nazi’s die Afrikaners was. Nou baklei die Krok-kinders oor die Kroks se aansienlike boedel in die howe. Terloops, Antjie Krok is nie familie van hulle nie.

Maar as Skoppensboer die Krok-tweeling se lewenswerk reg verstaan, is dit iets van: Ons gee jou ‘n witter vel in ‘n swarter Suid-Afrika! Dat hul velbleikrome boonop kanker veroorsaak het, is ‘n sakie wat nie in al die lowende biografieë oor die Krok-miljoenêrs vermeld word nie. Immers gee die Nuwe Suid-Afrika almal kanker, dus is ons almal seker gelyk voor die velsorgmiljoenêrs.

Helena van Troje het ‘n gesig gehad “wat ‘n duisend oorlogskepe van stapel gestuur het”. Dieselfde kan egter nie van die twee Helens gesê word nie, al gebruik hulle nou watse gesigroom! Aan Joodse goetspa – ek dink in Afrikaans noem ons dit domastrantheid – het hulle egter geen gebrek nie.

Blykbaar glo Helen die Tweede (Zille) dat Helen die Eerste (Suzman) en Chris Hani ewe hard deur die Sowjetunie en Duitsland ondersteun is om die land met geweld te verower. Nou die dag het sy in die Kaapse wetgewer erg ontsteld geraak toe ‘n swart ANC-lid verklaar het dat Suzman “ons wou laat doodmaak”. Hier is ‘n kort YouTube-video daarvan.

Op dié video kry Skoppensboer so half die gevoel Helen die Tweede se propaganda het dalk té goed gewerk. As jy die apartheidsmite glo, dan dink jy mos alle witmense het vóór 1994 swartes voor die voet doodgemaak, nie waar nie? Dit lyk my Zille het ‘n nuanseprobleem daar.

Dat die DA en die destydse Progge waaruit die party stam egter nie net “teen apartheid gepraat het” nie, maar ook deel van die “ondergrondse stryd” was, bring nou interessante vrae na vore. Soos byvoorbeeld: het die Helens ook die Kerkstraatbom ondersteun?

Môre, 20 Mei, herdenk ons die Kerkstraatbom wat op dié dag in 1983 ontplof het. Miskien moet iemand reguit vir Zille vra of stedelike terreur en lafhartige aanvalle op burgerlikes iets was wat sy destyds as klandestiene lid van die ANC onderskryf het?

Of moet ons die DA se reklamebord by Diepsloot sien as maar net nog ‘n sinnelose oefening in die sinnelose politiek van die Nuwe Suid-Afrika waar dit gaan om die uitgil van mites, leuens en vooroordele?

En waar die plakkerskampe en die onvoltooide polisiestasies vermeerder soos die korrupte inkomstes van politici, ook die DA-politici wat hulle in Midvaal dik gesteel het deur onskuldige mense se huise te laat onteien en vir ‘n appel en ‘n ei op veilings op te koop?

Afrikanerhaat op Radio Sonder Mense

Daar is een Afrikaanse radiostasie wat landwyd uitsaai: RSG. Oftewel, soos dit in die volksmond bekendstaan, Radio Sonder Mense. Die eens trotse kultuurradio, die Afrikaanse diens van die SAUK, is vervlak tot ‘n stasie wat wonder of dit ‘n musiekstasie vir tieners of ‘n propagandakanaal vir die Britse geheimediens wil wees.

So pas op Twitter en Facebook het ek mense gevra wie die irriterendste omroeper op RSG sou wees. ‘n Hele rits name het uit die luidsprekerkas getuimel, wat ek terstond op ‘n meningspeiling oor die kwessie hier op die PRAAG-webwerf geplaas het.

Vir my is die irriterendste omroeper van almal Ian Wessels en sy inbelprogram “Loslip”. Dit gebeur soms dat ek aan Ian Wessels se stem blootgestel word, waarna ek so gou moontlik die radio afskakel. Dit het al gebeur dat ek in my haas om die motorradio af te skakel of na ‘n ander stasie te verwissel, amper ‘n ongeluk maak.

Enigiemand wat so ‘n platvloerse, anglisistiese naam vir ‘n inbelprogram soos “Loslip” kan uitdink, moet besonder dom wees. Dit verbaas dus nie dat ek Ian Wessels nog nooit enige intelligente of prikkelende gedagte hoor uitspreek het nie. Bygesê: ek het nog nooit langer as ‘n paar minute na hom en sy kekkellaggie wat gereeld in ‘n aamborstige rokershoesie oorskakel, geluister nie. Behalwe een of twee keer waar dit oor ‘n onderwerp gegaan het wat my persoonlik interesseer en waar dit interessant sou wees om te hoor wat van die inbellers daaroor te sê het.

Vandeesweek, Donderdag blykbaar, het Wessels oor Afrikaans by groot maatskappye in Johannesburg gepraat. Of liewer: hy lewer sommer met die intrapslag ‘n pleidooi dat mense hul kinders na Engelse skole toe moet stuur sodat hulle eendag “met ‘n goeie aksent” Engels in ‘n groot maatskappy kan praat en sodoende bevordering kan kry. Asof bevordering altyd van ‘n goeie Engelse aksent sou afhang!

Ek is seker dat Wessels sy inbellers keur of filter om altyd mense te kry wat met sy eie idiosinkratiese en anti-Afrikaanse sienings saamstem. Waar elders ter wêreld sal ‘n mens ‘n radiostasie vind met omroepers wat naarstiglik hul eie taalmedium probeer ondermyn? Die absurditeit van so iets behoort tot enigiemand te spreek.

Iemand soos Ian Wessels behoort eenvoudig teen ‘n muur gesit en doodgeskiet te word. Hy verteenwoordig die spreekwoordelike suurstofdief. Hy beskik oor geen taalkundige, kulturele, politieke of ander insigte nie en word bloot deur Radio Sonder Mense aangehou om die luisteraars te hekel. Onderliggend aan omtrent elkeen van sy programme is ‘n etniese Afrikanerhaat waartoe selfs Julius Malema of enige van die swart radikale met hul “Skiet-die-Boer”-liedjies nie in staat is nie.

Waar kom iemand soos Ian Wessels vandaan? Kennelik weet hy niks van Johannesburg af nie, dus neem ek aan hy het van een of ander agterlike suidkusdorpie in Natal hierheen opgetrek, deurtrek van vooroordele jeens Afrikaners en Afrikaans. Ek herinner my hy het op ‘n keer ‘n program daaraan afgestaan om teen Standaardafrikaans te preek. Kwansuis praat niemand meer suiwer Afrikaans nie en diegene wat dit wel doen, behoort onmiddellik daarvan af te sien, want anders voel Ian Wessels dalk minderwaardig. Of so iets.

Hoe bly ‘n idioot soos Wessels op die lug? Die stasiehoof van RSG, Magdaleen Kruger, het op ‘n stadium verklaar dat sy “geen Afrikaner is nie”. ‘n Jaar gelede het sy haar ook daartoe verbind om ‘n “nuwe taal” te help skep om Afrikaans te vervang, wat glo volgens “die wit norm” gestandaardiseer is. Van Magdaleen Kruger se nuwe taal of Afrikaans-kreools het ons nog nie veel gesien nie, maar ek neem aan dat Ian Wessels daar is om die Afrikaanse luisteraars te irriteer sodat hulle kan ophou om na Radio Sonder Mense te luister.

As ‘n mens daaraan dink, beskik Afrikaners oor geen openbare radiostasie nie, aangesien Radio Sonder Mense per definisie “geen Afrikanerstasie” is nie. Afgesien van die honderdduisende Afrikaners wat reeds geëmigreer het, is daar nog iewers tussen twee-en-‘n-halfmiljoen en driemiljoen Afrikaners in die land oor. Waarna is ons veronderstel om te luister as Radio Sonder Mense uitdruklik standpunt teen ons volk en sy taal innneem? Male sonder tal het RSG-omroepers al hul Afrikanerhaat en afkeer van Standaardafrikaans op die lug bely.

Oor die onderwerp van regstellende-aksie-aanstellings by RSG, sal ek my maar so min as moontlik uitlaat. Behalwe om te sê dat geen van die RA-aanstellings by Radio Sonder Mense lyk my al enige stem- of taaltoets geslaag het nie. Sowat van kleitrappery oor die mees basiese terme en woorde in Afrikaans het ‘n mens nog nooit gehoor nie, behalwe natuurlik die versameling aksente en uitsprake wat jou ore afskroei.

Ek voel vere vir die sogenaamde “variante van Afrikaans” wat uit anglisismes, Engelse woorde, onbeholpe uitsprake en ‘n algemene taalarmoede bestaan. ‘n Openbare radiostasie soos RSG behoort die Standaardtaal te handhaaf en te bevorder, en nie verwarring te saai deur so ‘n versameling narre aan te hou wat dit blykbaar as hul prerogatief beskou om luisteraars op elke moontlike wyse te irriteer en te vervreem nie.

Die helfte van die RSG-omroepers kan môre na SAFM, die SAUK se Engelse stasie, herontplooi word waar hulle in elk geval meer tuis gaan voel. Niemand sal hulle mis nie. Inteendeel, ons sal verheug wees om nie langer na hul platvloerse betuigings van Afrikanerhaat te hoef te luister nie!

Hoe dit ook al sy, ons moet die saak nie daar laat nie. Luisteraars behoort in hul duisende klagtes by die SAUK en die Onafhanklike Uitsaai-owerheid in te dien. As dit daarop aankom, moet ons ‘n petisie opstel om ten minste vir Ian Wessels van die lug af te kry, die vuil apologeet vir die konsentrasiekampe en alles wat Brits is!

Omdat RSG landwyd uitsaai, oefen die stasie ‘n geweldige invloed op Afrikaans uit. Magdaleen Kruger en haar malletjies is besig met wat ek ‘n paar jaar gelede “negatiewe taalbeplanning” genoem het. Hulle wil Afrikaans aftakel en tot ‘n seerowersbargoens verskraal. Taalkundig is Engels ‘n seerowersbargoens, maar ek kan op ‘n ander keer dáároor skryf. Niemand by Radio Sonder Mense is gekwalifiseer om hom oor Afrikaans uit te laat nie, behalwe dr. Willem Botha van die Woordeboekkantoor wat op Vrydae soos ‘n rare sirkusdier geparadeer word om oor ‘n “interessante woord” iets op Monitor te sê.

Nietemin het Radio Sonder Mense besluit om die voornaamwoord “u” af te skaf. Tot ministers word op RSG ge-jy-en-jou. As die Radio-Sonder-Mense-omroepers die Onse Vader opsê, lui dit seker: “Onse Vader wat in die hemele is, laat Jóú naam geheilig word.” Ek onthou een oggend, ‘n jaar of twee gelede, het Cobus Bester dié “beleid” – as ‘n mens dit so kan noem – geregverdig deur te sê “in Engels is daar geen formele aanspreekvorm nie, daarom het ons dit in Afrikaans nie nodig nie”. Ek dag my ore bedrieg my.

Afrikaners betaal meer as 30% van die totale belastings in die land en is daarom geregtig op ‘n openbare radiostasie wat ons taal, kultuur en sienswyses weerspieël. Radio Sonder Mense doen dit geensins nie.

Duitsland bekommer oor herhaling van Irak in Sirië

Die Duitse regering is bekommerd oor die ooreenkomste tussen die oorlog in Irak 10 jaar gelede en die Siriese konflik. 

Die Ministerie van Buitelandse Sake is van mening dat kommer oor die moontlike gebruik van chemiese wapens die Amerikaanse regering tot ‘n militêre ingryping kan oorreed. Die Duitse minister van buitelandse sake Guido Westerwelle is op pad na Israel waar hy gesprekke met die Eerste Minister Benjamin Netanyahu sal voer.

‘n Belangrike kwessie sal Sirië wees, waar Westerwelle die beplande konferensie tussen die VSA en Rusland as ‘n moontlike grondslag vir ‘n politieke oplossing vir die burgeroorlog sien.

Westerwelle het aan sy Vrye Demokratiese Party (FDP) Dinsdag  ‘n donker scenario geskets van wat sal gebeur as die Siriese staat verbrokkel, en gewaarsku dat die burgeroorlog kan oorspoel na naburige Jordanië en die internasionale gemeenskap in die konflik betrek.

“Daar is kommer in die ministerie van buitelandse sake en van die FDP se parlementêre groep dat daar ‘n militêre oplossing in Sirië se geval sal wees,” sê ‘n wetgewer.

Die FDP-leierskap is bekommerd dat die Amerikaanse regering onder druk kan kom, plaaslik en internasionaal, en dans sal soek na redes om militêre ingryping te regverdig.

Ooreenkomste met die aanloop tot die oorlog in Irak is ooglopend. Onlangse berigte dat chemiese wapens in Sirië gebruik is, het vir groot kommer in Berlyn gesorg.

Daar is geen duidelike bewys van hul gebruik so ver deur die regering in Sirië nie. Die Amerikaanse president Barack Obama wil klaarblyklik nie in die oorlog gewikkel raak nie, maar het nietemin van ‘n “rooi lyn” gepraat as die Assad-regering sulke wapens aanwend.

Praatjies van chemiese wapens herinner aan die aanloop tot die 2003-oorlog in Irak en die valse intelligensieverslae dat die regime van Saddam Hussein oor wapens van massa vernietiging beskik.

Dit is soortgelyk onduidelik in Sirië wat werklik aan die gang is. Britse en Amerikaanse agentskappe verskaf aan Duitsland intelligensie oor Sirië, maar altyd in die vorm van intelligensieverslae eerder as konkrete inligting.

Die presiese laboratoriumdata oor grondmonsters wat die gebruik van chemiese wapens sou bevestig ontbreek egter. As gevolg hiervan, is dit feitlik onmoontlik om tot ‘n onafhanklike slotsom te kom, sê die Duitse buitelandse intelligensie-agentskap, BND.

Westerwelle en die minister van verdediging, Thomas de Maizière is dus versigtig in hul verklarings oor Sirië.

Die BND twyfel of Assad ‘n chemiese oorlog beplan. Lug-verkenning toon geen ballistiese missiele wat nodig sou wees vir ‘n groot chemiese aanval nie, sê kenners.

Soos kanselier Angela Merkel, is Westerwelle uiters skepties oor of die rebelle moet bewapen moet word. Hy bly herhaal dat sy buitelandse beleid op ‘n “kultuur van militêre aarseling” gegrond is.

SANDF sukkel finansieel

Begrotingsbeperkings verhoed die Suid-Afrikaanse Weermag om nasionale en internasionale verpligtinge na te kom, het lt.genl. Vusimuzi Masondo, weermaghoof, Donderdag gesê.

Masondo het gesê met die toename in die vraag na die weermag se dienste plaaslik en op die kontinent, is die nasionale mag onder druk om sy mandaat na te kom.

“Met ‘n beperkte mediumtermyn-begroting sal ons ‘n manier moet vind om nie net onsself te regenereer nie, maar ook om onsself te posisioneer om te voldoen aan toekomstige eise op ons hulpbronne.”

“Op die oomblik is die Suid-Afrikaanse Weermag onder druk om sy nasionale en internasionale verpligtinge na te kom omdat die vraag na ons magte groter is.”

Masondo het gesê lang tydperke van ontplooiing – langer as die internasionale norm – deur die Suid-Afrikaanse weermag op lang buitelandse sendings, dra ook by tot die probleem.

“Daar is ‘n toename in versoeke vir interne en eksterne ondersteuning, wat veroorsaak het dat die weermag beskikbare hulpbronne vir lang tydperke ontplooi en wat as die internasionale norm geag word, oorskry.

Masondo het gesê lesse wat uit die operasie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) geleer is, sal by komende sendings ingewerk word.

“Hoewel alles moontlik gedoen word om beserings op die slagveld te verhoed, gebeur dit ongelukkig. Dit is die feit wat baie magte wat in die Verenigde Nasies se vredesendings ontplooi is, aanvaar het.

Altesaam 14 Suid-Afrikaanse soldate is op dood en 27 gewond in ‘n skietgeveg met rebelle in die SAR.

ANC-lid geskiet

‘n ANC-lid is buite sy huis in Westonaria aan die Wes-Rand doodgeskiet, het die party Donderdag gesê.

“Die ANC is geskok en verslae oor die dood van Jackson Mafika, wat Woensdag deur onbekende gewapende mans by sy huis doodgeskiet is,” het die party in ‘n verklaring gesê.

“Die ANC het ‘n wonderlike leier verloor, wat toegewy was daaraan om die mense te dien.”

Konst. Elsie Tshonte het bevestig dat ‘n man Woensdag geskiet is, maar kon nie verdere inligting verskaf nie.

Die ANC het gesê Mafika was besig om voorbereidings te tref vir sy broer, wat verlede week doodgesteek is, se begrafnis.

Die party het sy medelye betuig met Mafika se familie.