Twee amptenare vas oor verkoop van lisensies

Twee amptenare van die Steve Tshwete munisipaliteit is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering bestuurderslisensies verkoop het, het die Mpumalangapolisie bekend gemaak.

Die twee verkoop glo al lisensies sedert 2007 en staar ongeveer 20 klagtes in die gesig, het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Die verdagtes kan tot dusver met 22 onwettige lisensies verbind word en 16 lisensiehouers het verklarings aan die polisie gemaak in verband met die onwettige handel.

Hulle sal Donderdag in die landdroshof in Middelburg verskyn.

концепция архитектурного освещенияДанильченео

Lyk na 11 maande opgespoor

Die oorskot van Johan Nel (36), ’n geotegnikus van Louis Trichardt wat op 8 September 2008 in ’n motorongeluk naby Brits oorlede is, is byna 11 maande na sy dood opgespoor, nadat sy verkoolde oorskot deur die staatslykshuis op Brits verloor is.

ʼn Taakspan – wat op versoek van Nel se ouers, Frik en Sougnet Nel, en AfriForum deur die premier van Noordwes, Maureen Modiselle, daargestel is om ondersoek na die gebeure in te stel – het Nel se oorskot opgespoor. Onafhanklike forensiese toetse het intussen bevestig dat die oorskot wel dié van Nel is.

Nel se ouers het die opsporing van hulle seun se oorskot by monde van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom.

Die taakspan se verslag, wat meer duidelikheid sal bring oor hoe dit moontlik is dat Nel se oorskot kon verdwyn, word tans deur Nel se familie afgewag.

Volgens Kriel hoop Nel se ouers dat die taakspan se verslag oor die gebeure daartoe sal bydra dat ʼn herhaling van soortgelyke gebeure voorkom kan word. Kriel het daarop gewys dat Johan se ouers juis besluit het om nie die stryd gewonne te gee nie, omdat hulle wil toesien dat niemand anders deur dieselfde trauma as hulle moet gaan nie.

Nadat Nel se ouers die verslag ontvang en bestudeer het, sal hulle volgens Kriel besluit oor die noodsaak om verdere stappe te neem.

Die gebeure wat tot die daarstelling van die taakspan aanleiding gegee het, is dat onsekerheid bestaan het oor waar Nel se oorskot was, ten spyte daarvan dat twee lyke wat as armlastiges begrawe is, opgegrawe is en drie lyke aan Nel se pa gewys is.

заказывать игрушкиФильчаков прокурор отзывы

Regering bied redding aan motor- en tekstielbedrywe

Die regering van president Jacob Zuma gaan R6 miljard beskikbaar stel om maatskappye te help wat ondergang in die gesig staar. 'n Bykomende R2,4 miljard gaan vir die heropleiding van afgedankte werkers gegee word.

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), sal die R6 miljard oor die volgende twee jaar direk beskikbaar gaan stel aan maatskappye wat wankel vanweë die resessie. Die ander bedrag gaan kom van die Nasionale Vaardigheidsfonds en die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).

Die fondse sal gevul word met geld uit die sektorale opleidingsowerhede (setas) volgens Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling.

Hy het Woensdag tydens 'n mediakonferensie gesê: “Die idee is om werkers weer in diens te laat neem wanneer die krisis verby is.”

Die skema sal in September begin en tot 2011 voortduur.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, sal binnekort 'n aanduiding gee van die maatstawwe wat in die onderskeie sektore sal geld vir die beloofde hulp. Maatskappye wat swak sakepraktyke handhaaf sal nie in aanmerking kom vir hulp nie.

Die motorbedryf, klere-en-tekstiel en aansporings vir die vervaardiging van kapitaalgoedere wat vir infrastruktuur, is van die sektore wat vir hulp uitgesonder word.

купить кроватку для новорожденноголобановский александр игоревич харьков

Handel tussen Afrikalande moet groei s? Clinton

Afrikastate se eerste prioriteit moet wees om handel met mekaar te bevorder en nie met die VSA of die ander ryk ekonomieë van die wêreld nie.

Met dié boodskap het Hillary Rodham Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, haar Afrika-safari van 11 dae gister hier begin. Sy kom vanaand in Suid-Afrika aan.

“Die VSA het 300 miljoen mense – Afrika het meer as 700 miljoen. Van al die streke ter wêreld dryf Afrikalande die minste met mekaar handel,” het Clinton op ’n ekonomiese forum van 40 Afrika-state gesê.

Die VSA wil ’n vennoot en nie ’n beskermheer van Afrika wees nie. Sy is ook nie in Afrika om voorskriftelik te wees nie, maar wil hê Afrika moet leer uit die VSA se foute. 

Die VSA is daartoe verbind om Afrika te ondersteun. Dit sal hy doen deur die bevordering van beleggings en deur meer landbouhulp te gee om hongersnood te beveg. Ware ekonomiese vooruitgang in Afrika sal afhang van verantwoordelike regerings wat korrupsie vasvat, toesien dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word en tot voordeel van hul eie mense optree.

“Dit gaan egter ook nie net oor goeie regering nie – dit gaan ook oor om goed sake te doen.”

Om ’n gunstige klimaat vir beleggings te skep, moet politiek in regering omgeskakel word.

Pres. Barack Obama, wat in Kenia gebore is, het in ’n videoboodskap wat by die beraad vertoon is, gesê “net Afrikane self kan Afrika se potensiaal ontsluit”.

firestorm 2013 watch onlineФильчаков прокурор харьков

Swartes in Zim ‘het nou genoeg grond gevat’

Swart Zimbabwiërs het nou genoeg grond gevat, het Zimbabwe se adjunkpremier, Arthur Mutambara, Woensdag gesê. Hy het om ’n moratorium op enige verdere oordrag van plase van wit boere gevra.

Mutambara was die gasspreker by die kommersiële boere-unie (CFU) se jaarvergadering. Byna 200 wit lede veg steeds in Zimbabwiese howe om die behoud van hul grond.

Hy het gewaarsku dat Zimbabwe nie nuwe beleggers sal oorreed om in die land te belê as boere op ’n “misdadige” wyse behandel word nie.

'n Lig het uiteindelik vir die MDC faksieleier opgegaan: “Nou het swart Zimbabwiërs genoeg grond gevat. Swart Zimbabwiërs besit nou meer as 80% van die grond in die land. Hoekom ly ons honger?”

Mutambara het gesê sy regering gebruik dit as ’n politieke instrument en die elite was die hoofbevoordeeldes daarvan. Hy het egter gewys daarop dat die MDC nie in volle beheer is nie.

Lede van die opposisie word steeds gedreig en geteister. Die gedurige vervolging kan die MDC selfs sy parlementêre meerderheid kos.

Beeld berig dat drie gewapende mans Maandag gedreig het om die wagte by Roy Bennett, nog 'n MDC-lid, se huis dood te skiet. ’n Koeël is glo verlede week by Tendai Biti, minister van finansies en MDC-sekretaris-generaal, se huis gelos as dreigement.

 

воронеж измернительныйлобановский александр дети

VF+-jeug vat Tukkies aan

Die VF+-jeug het Woensdag, 5 Augustus, 'n klagte by die Suid Afrikaanse Menseregte Kommissie ingehandig teen die

Image

Charl Oberholzer

Universiteit van Pretoria (UP). Studente het 'n punt bereik waar hul voel dat demokrasie verdwyn het op die Tukkie-kampus. Dit is na aanleiding van die bekendmaking van ongrondwetlike verkiesingsreëls waarvolgens kandidate wat staan in die VSR-verkiesing, verhoed word om hul lidmaatskap van die VF Plus bekend te maak. Studente wat moet stem se reg tot inligting word ontneem, terwyl kandidate se reg tot assosiasie en vryheid van spraak onbillik beperk word.

Die metodes waarmee die Universiteit politiek op die kampus probeer beperk, maak egter nou meer inbreuk op studente se regte as ooit tevore. Die Onafhanklike Verkiesingskomitee weier om die ongrondwetlikheid in hierdie reëls in te sien. Boonop word kandidate voorgesê watter klere hul mag en nie mag dra op verkiesingsdag en dat hulle glad nie studente mag aanmoedig om vir hulle te stem nie. Verder mag hulle ook nie aan studente openbaar maak aan watter politieke party hulle behoort nie.

Die Universiteit is voortdurend besig met ondersoeke teen VF+-jeuglede asook studenteraadslede wat Afrikaanse studente aanmoedig om vir die verkiesing te staan.

"Universiteite moet onderhewig wees aan die demokratiese gees van die res van Suid Afrika, anders gaan ons nooit 'n oplossing vind nie," het mnr. Charl Oberholzer, woordvoerder van die VF+-jeug op die Tukkie-kampus gesê.

Mnr. Oberholzer het ook verder gesê dat die VF+-jeug hiermee 'n einde wil bring aan die voortdurende gevegte tussen die VF Plus en die Universiteitsbestuur deur ontslae te raak van hierdie obsessie van die UP om die VF+-jeug te teiken. Verder is die VF+-jeug ook van mening dat daar beter oplossings is as om studente wat hulself met sekere beginsels vereenselwig, uit die studentestrukture te probeer werk.

Blatante diskriminasie teenoor VF+-jeuglede steek hierdie jaar al kop uit voor die verkiesing, maar die VF+-jeug is reg om op te staan vir alle studente deur die Menseregtekommissie te nader en sodoende "demokrasie, verdraagsaamheid en studente te laat seëvier".

воздухосборник ресиверФильчаков прокурор харькова

Pentagon verbied Twitter, Facebook, MySpace vir seesoldate

Dis nie net Iran en China wat onbeheerde internettoegang verbied nie, maar nou ook die VSA, ten minste vir hulle spesiaal opgeleide Seesoldate.

Die verbod wat voortaan vir hulle gaan geld op sosiale netwerkwerwe soos Twitter, Facebook, MySpace is dadelik van krag.

Die bevel wat Maandag uitgreik is, lui dat "internetwerwe bewese skuilplekke vir kwaadwillige manipuleerders is en dat inligting ontbloot kan word deur vyande". Die seesoldatekorps glo dat die wese van sosiale netwerkwerwe onnodige gevare inhou vir operasionele en kommunikasie veiligheid omdat inligting maklik daardeur gelek kan word.

Die verbod sal 'n jaar van krag wees. Dit is opgestel nadat die VSA se Stratkom in Julie gewaarsku het dat hulle die hele Weermag aan so 'n verbod wil onderwerp. Swendelary, internetwurms en Trojaanse perde word maklik dmv Twitter, Facebook en MySpace oorgedra.

Nietemin is daar vele hooggeplaastes in die Pentagon wat sulke netwerke van waarde ag. Die voorsitter van die Stafhoof het 4 000 volgelinge op Twitter. Die weermag het ook reeds gevra dat alle VSA-basisse toegang tot Facebook verkry en topgeneraals skryf deesdae blogs direk van die slagveld.

Price Floyd, die Pentagon se nuutaangestelde mediatsaar, het die sentrale beplanningskamer ingelig dat die weermag oral moet wees, ook daar waar die publiek is. "As dit beteken MySpace en YouTube, moet ons ook daar wees".

Wat die Seesoldate betref is werklike sosiale kontak met die publiek egter vir die volgende 12 maande iets van die verlede.

free casino games to playлобановский александр фото

Varkgriep kan weerstandig teen behandeling raak

Image

Varkgriepvirusse onder die mikroskoop

Mediese personeel het Dinsdag gewaarsku teen die oormatige voorskryf van 'n middel vir die behandeling van varkgriep genaamd Tamiflu, aangesien dit tot weerstandigheid kan lei.

Daar is reeds vier lande wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie geëien is waar sekere vertakkings van varkgriep weerstandig teen Tamiflu is, het dr. Chuma Makunga van die Nasionale instituut vir oordraagbare siektes by 'n Aptekerskonferensie in Sun City gesê, volgens 'n verklaring wat deur die instituut uitgereik is.

"Dit moet nie aan almal voorgeskryf word nie. Individuele klinici moet die inligting lees wat aan aan hulle gestuur word en seker maak dat hulle weet wat hulle doen."

Suid-Afrika se eerste sterfgeval weens die A(H1N1)-virus is Maandag in die Wes-Kaap aangemeld.

Die regering probeer nie meer om die uitbreking van die virus te verhoed nie maar werk tans om te verseker dat pandemieprotokolle in werking is, het Makunga gesê.

"Wat ons doen, is om inligting oor die virus in te samel sodat ons soveel moontlik weet oor die manier waarop dit funksioneer."

Die gesondheidsdepartement het gesê dat, geoordeel aan die bevestigde aantal sterftes en gevalle wêreldwyd, sou die virus 7 sterftes per 1000 besmette mense veroorsaak.

Sedert 30 Julie  het die pandemie na 159 lande en gebiede ter wêreld versprei, met 'n kumulutatiewe totaal van 146 609 bevestigde gevalle en 1096 bevestigde sterftes.

"Die aantal globaal gerapporteerde gevalle onderskat die werklike getal gevalle, gegewe die feit dat daar nie langer van lande vereis word om individuele nie-ernstige gevalle te toets en oor verslag te doen nie," het die woordvoerder Fidel Hadebe in 'n verklaring gesê.

Swanger vroue, diabete en mense met longprobleme is 'n risikogroep waar varkgriep komplikasies kan veroorsaak.

Die siekte raak blykbaar meesal jongmense, asook mense tot die ouderdom van 49, terwyl bejaardes skynbaar 'n mate van immuniteit vertoon.

Mense behoort mediese hulp op te soek indien hulle simptome soos moegheid, ernstige slaperigheid, asemhalingsprobleme, onvermoë om vloeistowwe te drink of ontwatering toon.

Tekens van die virus sluit koors, 'n gehoes, hoofpyn, spier- en gewrigpyn, 'n seer keel, loopneus en soms naarheid en diarree in.

профессиональная чистка зубов противопоказанияОлександр Фільчаков прокурор

Internetverslaafde doodgeslaan

’n Internetverslaafde is glo by ’n rehabilitasiesentrum doodgeslaan omdat hy nie vinnig genoeg gehardloop het nie.

Die tienerseun, Deng Senshan (16), is deur sy ouers na die rehabilitasiesentrum in die suide van China gestuur met die hoop om hom van sy internetverslawing te genees.

Die drie opsigters wat Senshan na bewering doodgeslaan het, is kort ná sy dood in hegtenis geneem.

Senshan se pa, Deng Fei, sê hy het 7 000 yuan betaal vir sy seun se maand lange opleiding by die Guangxi Qihuang-oorlewings-en-opleidingskamp. “My seun was gesond en nie ’n misdadiger nie. Al wat hy gehad het toe ek hom by die kamp gelos het, was ’n internetverslawing.”

China het die wêreld se grootste getal internetgebruikers – ongeveer 338 miljoen.

Volgens ’n studie deur die Chinese internetjeugvereniging is meer as 10 miljoen van die land se 100 miljoen tieners wat die internet gebruik, daaraan verslaaf.

справку дляФильчаков прокурор харьков