Vyfhonderd vroue en kinders doodgekap

Goodluck Jonathan, waarnemende president van Nigerië het veiligheidsmagte op ‘n gereedheidsbasis geplaas nadat bendes ten minste 500 vroue en kinders naby die sentrale stad van Jos vermoor het.

Ooggetuies het beskryf hoe slagoffers Sondag in valstrikke en visnette gevang is. Hulle is toe deur hul aanvallers doodgekap in ‘n skynbaar beplande aanval.

“Sommige van die kinders was nog nie eens ‘n jaar oud nie,” het ‘n beampte, wat anoniem wou bly, gesê.

Inwoners en plaaslike regsaktiviste blameer die aanvalle op Foelani-stam.

Vyf en negentig mense is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

In sekere gedeeltes van Jos geld ‘n aandklokreël steeds sedert aanvalle in Januarie geloods is.

Altesaam 326 mense is in dié aanvalle dood.

в екатеринбургелобановский александр дети

Regering minagtend oor plaasmoorde

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, se opmerking by ‘n konferensie van AgriSA, dat die Polisie plaasmoorde as net gewone misdaad beskou, bevestig dat die regering minagtend is teenoor plaasmoorde. Die Polisie is vinnig om sekere misdade, soos transito-rooftogte en die opblaas van kitsbanke, as prioriteitsmisdade te beskou en dan sterk teenoptredes te beplan. Hoekom word hierdie misdade dan nie net as gewone misdaad beskou nie? Die minister en die regering skram weg van plaasmoorde, juis omdat daar ‘n sterk element van rassisme betrokke is,” sê mnr. Pieter Groenewald(LP), hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Die wreedheid waarmee veral plaasmoorde gepleeg word, is skokkend. Boere word keelaf gesny, gemartel met kookwater ensovoorts. Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die Polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde  in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” het Groenewald gesê.

“Die kommando’s is afgestel met die belofte dat daar nie ‘n vakuum in beveiliging sal ontstaan nie. Sektorpolisiëring is ingestel, maar is ‘n mislukking. Die Polisie hou sedert 2007 ook skielik nie meer rekord van plaasmoorde en plaasaanvalle nie. ‘n Verslag deur die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening oor die ondersoek na die redes van wreedheid van geweldsmisdade is verlede jaar Augustus reeds voltooi, maar Mthethwa maak nie die verslag bekend nie. Dit is duidelik dat die regering die boere van Suid-Afrika gefaal het,” sê Groenewald.

new young fashonтопкарго отзыв

NAVO en EU moet waak teen kuberaanvalle

Dringende waarskuwings is aan NAVO en die EU gerig om besonder waaksaam te wees oor geheime intelligensiemateriaal nadat kuberaanvalle uit China glo toegeneem het.

Onlangse aanvalle het regerings- sowel as militêre instellings in die VSA geraak en kenners meen die Weste is nie werklik gestaal daarteen nie.

Veral die Europese Unie is kwesbaar as kuberveiligheid aan lidlande oorgelaat word, meen kenners.

Diplomatieke bronne in NAVO sê Chinese aanvalle vind toenemend op ‘n gereelde basis plaas.

In die VSA is ‘n amptelike verslag Vrydag bekend gestel waarin daar geraam word dat die aantal aanvalle op die Kongres en ander regeringsinstansies bykans 1,6 miljard elke maand beloop.

Die Chinese kuberpenetrasie in sleutelposte van die EU en NAVO het die normale vloei van intelligensie streng beperk.

Die Britse Kantoor vir Kuberveiligheid by die Kabinetskantoor in Londen sê daar is twee soorte aanvalle. Die eerste soort is om die stelsel lam te lê en die tweede om te gaan “visvang” vir sensitiewe inligting.

‘n Spesiale kantoor word tans by die Britse hoofkommunikasiekantoor, die GCHQ in Gloucestershire, ingerig om die groeiende bedreiging aan te spreek. Hulle sal teen die einde van die maand operasioneel wees.

Volgens veiligheidskenners kyk die Chinese na sake soos wapenverkope, kernsperinligting, Tibet en energie.

‘n Britse veiligheidkenner meen die traagheid van Europa om inligting met die VSA uit te ruil, maak hulle meer kwesbaar omdat hulle nie op standaard is nie.

Die direkteur-generaal van MI5, Jonathan Evans, het in 2007 gewaarsku dat verskeie lande betrokke is in grootskaalse kuberaanvalle.

Robert Mueller, FBI-direkteur, het verlede week gewaarsku dat Al Kaida in die toekoms ‘n soortgelyke bedreiging kan inhou en sal binnekort “fisiese aanvalle met kuberaanvalle kombineer”.

Die VSA het verlede jaar die Office of Cyber Security opgerig met kubertsaar Howard Schmidt aan die spits om die Amerikaanse regeringsrekenaars te bewaak.

Dit is nie bekend of die Britte deelneem aan kuberaanvalle nie.

Kenners sê daar is ‘n onderskeid tussen sulke aanvalle en die inligtingsoorlog wat daagliks woed.

бокалы хрусталь купитьтопкарго

Drie gesteelde koeie in ‘n Tazz

Die Toyota Tazz met die 3 koeie binneDie heimat van Nelson Mandela, die Oos-Kaap en Transkei, is nie net die swaks bestuurde provinsie in die land nie, maar ook die plek waar die vindingrykste skelmstreke uitgedink word.

Die 3 vasgemaakte koeie van agterDie polisiefoto’s hierby toon drie gesteelde koeie in ‘n Toyota Tazz. Eers is die motor self gesteel en daarna is die sitplekke verwyder om die gesteelde koeie te vervooer. Die wonderbaarlike is dat die koeie agterna bevry is en niks oorgekom het nie!

Die sitplekke is verwyder om die koeie te vervoerDit kan seker net in Suid-Afrika gebeur en ja, die foto’s sirkuleer tans per e-pos onder die titel “Proudly South African”.

Die 3 koeie, ongedeerd ná hul rit in die Tazz

невероятный человек паукФильчаков Александр Васильевич

Die Afrikanerpolitieke hindernisbaan

Die afgelope week is daar baie gesê, bespiegel en geraai oor die bedanking van Willie Spies by die VF+. Daar is genoem dat hy sy speelgoed uit die wieg gesmyt het, omdat hy in die openbaar deur ‘n VF+-spreker as ‘n VF+-leier genoem is. Iets wat na bewering, sy en sy “werkgewer” Afriforum, se vere omgekrap het? As dit waar is, sal mens ernstig moet wonder oor Afriforum en dié se meesters, se politieke aspirasies…

In die proses het bespiegelaars al twee kante van die geroeste munt probeer poleer en laat gesig boontoe land.

Sommige Pro-VF-Plussers noem Spies se bedanking ‘n geval van waar ‘n “leier”, Spies, vir eie voordeel die Afrikaner benadeel, deur nog tweespalt (meerspalt) in Afrikanergeledere te skep.

Ander reken dat sy bedanking bewys dat die VF+ ‘n doodloopstraat geword het vir Afrikanerbelange en slegs daar is om sy eie leierskap se neste te veer.

In die vuilspel genaamd politiek, sal die waarheid natuurlik selde indien ooit die lig sien. Almal op die kantlyn en in die pawiljoene sal voortdurend maar moet raai wat aangaan. Want selfs die “waarheid” geuiter deur beroepspolitici, is bes moontlik ‘n gepoleerde leuen. En die gedienstige ondersteuners sal enige iets glo, solank elkeen se persoonlike  voorkeur-“kaptein” van die vuilspel, dit kwytraak.

Wanneer gaan Afrikaners leer om vir hulself te dink?

Wanneer gaan Afrikaners die regte vrae begin stel en aandring op feite as antwoorde?

Dit neem 12 jaar om ‘n Afrikanerkleuter te laat matrikuleer.

Dit neem 16 jaar om ‘n Afrikanerkleuter te laat gradueer.

Bogenoemde is natuurlik waar, selfs al is die kleuter effens lui, doen hy net die nodigste en is hy doodgemiddeld in intellek, motivering, deursettingsvermoë, inisiatief, skeppende denke, selftrots, doelstelling, doelwitbepaling en probleemoplossing.

Hoe lank kan dit reeds opgeleide – in baie gevalle lank reeds gegradueerde – professionele Afrikanerpolitici neem, om dít wat hul na eie bewering vir die Afrikanervolk nastreef, te bereik?

Is hul resultate ‘n aanduider van hul persoonlike plekkies op die intellekglyskaal? Is alle politici ongeag ras en volk dalk dieselfde, minder geseënd met intellek, maar in oormaat belas met sluheid?

Watter bereikbare en meetbare doelwitte het hulle gestel en bereik, op pad na die doel?

Wat het hulle in die afgelope 16 jaar vir die Afrikanervolk bereik?

Wat presies is hul doel?

Glo hulle self in daardie doel?

Is daar ‘n padkaart van bereikbare en meetbare doelwitte oppad na daardie doel?

Is daar ‘n padkaart met gebeurlikheidsbeplanning en regstellende doelwitte vir die oorkom van bestaande en voorsiene hindernisse, op die pad na die doel?

As die bereiking van politieke doelwitte, gelyk staan aan kapitaal en waardegroei van aandele en die verbetering van Afrikaners se vryheid, veiligheid en voorspoed, gelyk staan aan halfjaarlikse dividende-uitbetalings, hoeveel Afrikaners sou selfs een sent in die maatskappy belê het?

Hoe verskil hierdie “maatskappy” van die ANC, rakende waarde vir hul aandeelhouers?

Wie trek voordeel uit hierdie twee “maatskappye”?

Die “raad van direkteure” en bestuur?

Miskien sekere werknemers vanaf sekere senioriteitsvlakke?

Miskien sekere ondersteuners met die regte vlak van kontakte binne die maatskappy… hetsy vriendskaps- of familiebande?

Wat kan watter sogenaamde pro-Afrikaner-“maatskappy” wys en bewys, wat hulle oor die afgelope 16 jaar vir die Afrikaner bereik het?

En dit is spesifiek hier waar die papaja deur die waaier spat!

Sommige gaan beweer:

  • hulle het SA burgers in die buiteland stemreg gegee,
  • hulle het ‘n naamsverandering of twee uitgestel in die toekoms in,
  • hulle het een of twee Afrikaanse skole tydelik gered van verengelsing en dus verswarting,
  • hulle het diplomatiese uitsprake gelewer rakende die swart regering en sy gesante se anti-blanke uitsprake en optredes,
  • hulle het diplomatiese uitsprake gelewer rakende swartes se moord en doodslag, verkragting en marteling en roof en vernietiging, onder ons blankes en Afrikaners,
  • hulle het Afrikaners geregistreer by UNPO,
  • hulle het UNPO ingelig oor die moorde op boere in Suid Afrika,

Wat nog? Wat presies het hulle bereik?

Basies niks!

Wat is van die grootste bedreigings wat die Afrikaner in die gesig staar?

  • verlies van eie grondgebied en soewereiniteit
  • verlies van vryheid,
  • verlies van veiligheid,
  • verlies van voorspoed,
  • verlies van eie kultuur, taal, lewenswyse, eiesoortigheid, ens.

In 16 jaar, wat het watter sogenaamde pro-Afrikaner-“maatskappy” gedoen en bereik, om bogenoemde verliese ongedaan te maak?

Watter pro-Afrikaner-“maatskappy” is selfs bereid om die verwerwing van bogenoemde, in die openbaar as doel uit te bulder?

Nee, ons het “leiers” en sommige van hul gunsjagters, wat diegene wat verby die mooi woorde en kamoeflering kyk, as onminsaaiers en volksverdelers uitkryt.

Waar’s die doel, bereikbare en meetbare doelwitte, planne om dit uit te voer, resultate en aanspreeklikheid?

As jy jouself as die leierskap van die Afrikervolk wil ag, bestuur die Afrikanermaatskappy na kapitaalgroei, winste en leefbare dividende. Hoe lank dink jy kan die Afrikanermaatskappy bankrot bly, voor jy die kollektiewe middelvinger kry?

купить инверторный сварочный аппараттопкарго

Kindermolesteerder se slagoffer hang haarself

‘n Slagoffer van die veroordeelde kindermolesteerder Cézanne Visser het oor die naweek haarself in Botswana aan ‘n boom gehang, het Beeld Maandag berig.

Jeannine du Plessis (21) se lyk is Sondagoggend in ‘n oop veld gevind.

“Dit is alles Cézanne en Dirk se skuld,” het haar pa, Pieter de Plessis, aan Beeld gesê.

“Ek is hartseer.”

Du Plessis, wat ‘n 15 maande oue baba gehad het, het gesukkel met ‘n heroïenverslawing en was in rehabilitasie.

Sy het gesukkel met onttrekkingsimptome, het haar ma, Marie du Plessis, gesê.

“Sy het self in die hof gesê dat as dit nie vir Cézanne was nie, sou sy nooit dwelms begin gebruik het nie,” het Marie du Plessis gesê.

Jeannine du Plessis was in Botswana saam met die pa van haar kind. Hy was blykbaar vir kontrakwerk daar.

Visser, wat ook bekend is as advokaat Barbie, is in Februarie tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op elf seksverwante aanklagtes.

Du Plessis was een van die kinders van ‘n kinderhuis wat Visser na Dirk Prinsloo, Visser se voormalige kêrel, se huis gelok het.

Regter Chris Eksteen het beslis dat Visser se besoeke aan die kinderhuis fyn beplan was en dat sy die inisiatief geneem het om die kinders te kry wat sy en Prinsloo “onmenslik uitgebuit het.”

Al drie kinders was blootgestel aan pornografiese videos en tydskrifte.

Hulle moes aanskou hoe Visser en Prinsloo beide orale seks en seks het.

Die hof het gehoor hoe Du Plessis bedwelm is nadat sy ‘n koppie Milo wat aan haar gegee was, gedrink het.

Toe sy die volgende oggend wakker word het sy nie haar onderklere aangehad nie.

шиномонтажное оборудование для грузовиковлобановский класс

Beverley Harper verguis Afrikaner

Ek het gedink haat teen die Afrikaner is lankal begrawe, maar ek het die naweek ‘n boek begin lees van Beverley Harper: Footprints of lion. Die boek is ná haar dood deur haar man voltooi en in 2004 gepubliseer – nogal in Australië.

Die Engelse: gesofistikeerd, lief vir inheemse nasies, mooi, slim, vredeliewend. Die Afrikaners: lelik, dom, onbeskaafd, rassisties, moordenaars. Om seker te maak die lesers haat Afrikaners genoeg, het die skryfster sommer die Broederbond al twintig jaar vroeer in die 1890s laat stig. Lg. is nie gestig om die Afrikaner op te hef onder Engelse onderdrukking nie, maar sommer van meet af aan om die land te oorheers en die swart mense te vertrap. Aldus mev Harper.

Mens sou so graag aan haar wou vra wie het vir ten minste 200 jaar Suid-Afrika koloniaal beheer? En hoekom, as die Engelse so lief was vir die swart Afrikane, was die swart mense nie saamgenooi in 1910 om die Unie van Suid-Afrika te regeer nie? Daar is nog ‘n honderd vrae wat ek aan die dame sou wou vra, maar helaas is sy oorlede.

Ek het nie besef daar is nog Engelse mense wat die Afrikaner so haat nie. Ek wil graag glo hulle is min en aan die uitsterf, maar steeds word hierdie haatspraak in haar boeke wêreldwyd uitgebasuin, gelees en moontlik ook geglo. Ek is fel gekant teen sensuur, maar as ons moet sensuur toepas, behoort Beveley Harper se boek verbied te word weens haatspraak of rassepornografie. (Lekker nuwe woord?)

интернет магазинФильчаков прокурор

Paramedici gereeld teiken van aanvallers

Paramedici van Stasie 21 weier om uit te gaan na Durban Deep in Roodepoort nadat twee vroulike ambulansbestuurders Vrydagaand verkrag en onsedelik aangerand is.

Kollegas van die twee slagoffers wat by Stasie 21 gestasioneer was, is steeds ontsteld oor die voorval.

Hoofkantoor het vroeër die versekering gegee dat die ambulansdiens sal volhou om Durban Deep te bedien, maar Stasie 21 hou voet by stuk.

Die twee vroue is aangerand en verkrag nadat hulle uitgeroep is om ‘n tweejarige met geringe brandwonde te gaan behandel.

Durban Deep is ‘n mengsel van plakkers en laekoste woonstelle met onbegaanbare paaie.

Drie gewapende mans het die vroue oorval terwyl hulle besig was om die kind te behandel. Die kind is nie in die voorval beseer nie.

Nooddienstepersoneel kla dat regeringsambulanse gereeld aangeval word in swart woongebiede. Klippe word na hulle gegooi en hulle word aangerand, veral op Saterdae en Sondae.

Personeel kla ook dat hulle dikwels van polisiebegeleiding moet gebruik maak om swart gebiede binne te gaan wat die reaksietyd met ‘n uur kan verleng.

все для бани и сауныалександр лобановский класс

Tyd ryp vir PRAAG!

Na aanleiding van die chaos wat uitgebreek met die bedanking van Willie Spies uit die VF+, het die tyd nie aangebreek vir PRAAG onder leiding van Dr Roodt om aktief onder eie vaandel die politieke veld te betree nie? Dr Roodt se betrokkendheid by die VF+ is tydmors, want jy sit met ‘n huidige leierskap binne die VF+ wat visieloos en oor geen dinamika beskik nie, jy sit met leier wat op eie houtjie sy party vernietig. Pieter Mulder word deur die oorgrote meerderheid Afrikaners as pap beskou wat ‘n lekker aftree “joppie” vir homself beding het binne die gehate ANC regering. Presies die teenoorgestelde wat Dr Roodt en PRAAG nie is nie.

PRAAG het ‘n beleid, naamlik Afrikaner self-beskiking wat hulle nie skroom om aanhoudend en ondubbelsinig te verkondig nie!

PRAAG het ‘n plan, naamlik die Pretoria plan, ‘n insiatief van Dr Roodt self!

PRAAG het ‘n uitstekende e-koerant op die been gebring wat aanhou groei in lesers getalle!

PRAAG beskik oor dinamiese leierskap wat alreeds insiatiewe soos weerbaarheidsopleiding, die bewusmaking en die uitbasuin van die etniese terreur veldtog teen die Afrikaner deur Dr Roodt veral in die buiteland, en nou ‘n uiters dapper maar noodsaaklike stap geneem het met die www.apartheid.co.cc weblad. Dit is dinamiese, sterk insiatiewe wat die Afrikaner nodig het, nie die sagte handjies “samewerkende opposisie” drogbenadering wat die VF+ die afgelope paar jaar volg nie. Daarom trek hulle nie stemme nie, en noudat Willie Spies en tien jeugleiers die VF+ aan flarde geskeur het, sal hulle geen impak hê op die 2011 munisipale verkiesings in Pretoria nie. Wie gaan vir ‘n mank party wat nie oor 5g geloofwaardigheid beskik nie stem? Dr Roodt maak jouself los van die VF+, aktiveer PRAAG met 2011 as die teiken en neem leiding. Die VF+ is ‘n sinkende skip, ‘n doodloopstraat met die einde in sig.

 

турецкий хамам вtopcargo отзыв

Herrie se kerrie: Kleurryke geskiedenis

Die afgelope naweek was die Herries by oupa Nic en Ouma Engela se goue bruilof.

Wanneer dit sulke tyd is, is dit te wagte dat daar al ‘n paar generasies sal wees, van pikkies wat buite krieket met die vreemdste reëls speel, tot oues in rolstoele en ‘n verskeidenheid kieries en ander loopgoed wat ‘n Zoeloe-optog met tradisonele wapens na ‘n kindertuinoptog teen vetkrytpryse laat lyk.

Oupa en ouma self is nog hups sonder loop-hulpmidels.

Tradisioneel is ‘n heildronk met vonkelwyn ingestel, wat Herrie aan ‘n stukkie laat dink wat vriend Hennie aangestuur het. Herrie pas dit noodwendig aan.

Die Vrystaatse LUR wat in die Wetgewer gesê het die misdadigers se voorouers het met skepe die land ingekom het (en toe vergeet het die slawe se voorouers het ook so hier aangeland) het die storie met ‘n ander verwar.

Die werklike verhaal is die storie van die drinkebroers, die Ohlsons se aankoms in Suid-Afrika. Dit lui min of meer so.

In die jaar 1672 het oudemeerster John Ohlson met die befaamde Three Ships onder die bevel van Captain Morgan uit Cape Velvet na Indië vertrek. Aan die Kaap, naby die plaas Simonvlei het die vloot gestrand, maar gelukkig kon die bemanning die passasiers deur die klipdrift aan wal kry.

Een van die bemanning, Johny Walker, is op ‘n white horse wat by die strandloper, Hanepoot, geleen is, na die castle gestuur om hulp te gaan kry. Onderweg het hy vreeslike moeilikheid met die lions gekry, maar gelukkig op ‘n ekspedisie afgekom wat gestuur is om na bouvalle van die ryk Monopotapa se hoofstad, Jeripigo te gaan soek. Die ekspedisieleier, ene Heineken, vererg hom so vir die lions en gaan blaker hulle met sy voorlaaier, Hunters Gold.

Hy stuur toe ‘n Portugese skipbreukeling, Dom Pedro, saam met Walker na die castle.

Die kommandeur was so bly oor geselskap dat die fort se bells lank gebeier het. Walker het egter die kommandeur se dogter Bernini, raakgesien, maar die kommandeur was so die mampoer in hieroor dat hy Walker ge-Martell het. Walker was egter g’n cold duck nie, maar ‘n man met die red heart van ‘n fish eagle.

John Walker en Bernini is gou getroud en hul skoonseun, Chivas Regal het later triomfanklik saam met die Ohlsons Johanneberger te midde van musiek van ‘n 100 pipers binnegetrek en die bekende kuierplek, die Amaroela, geopen.

купить трансформералобановский супермаркет класс