Die Afrikanerpolitieke hindernisbaan

Die afgelope week is daar baie gesê, bespiegel en geraai oor die bedanking van Willie Spies by die VF+. Daar is genoem dat hy sy speelgoed uit die wieg gesmyt het, omdat hy in die openbaar deur ‘n VF+-spreker as ‘n VF+-leier genoem is. Iets wat na bewering, sy en sy “werkgewer” Afriforum, se vere omgekrap het? As dit waar is, sal mens ernstig moet wonder oor Afriforum en dié se meesters, se politieke aspirasies…

In die proses het bespiegelaars al twee kante van die geroeste munt probeer poleer en laat gesig boontoe land.

Sommige Pro-VF-Plussers noem Spies se bedanking ‘n geval van waar ‘n “leier”, Spies, vir eie voordeel die Afrikaner benadeel, deur nog tweespalt (meerspalt) in Afrikanergeledere te skep.

Ander reken dat sy bedanking bewys dat die VF+ ‘n doodloopstraat geword het vir Afrikanerbelange en slegs daar is om sy eie leierskap se neste te veer.

In die vuilspel genaamd politiek, sal die waarheid natuurlik selde indien ooit die lig sien. Almal op die kantlyn en in die pawiljoene sal voortdurend maar moet raai wat aangaan. Want selfs die “waarheid” geuiter deur beroepspolitici, is bes moontlik ‘n gepoleerde leuen. En die gedienstige ondersteuners sal enige iets glo, solank elkeen se persoonlike  voorkeur-“kaptein” van die vuilspel, dit kwytraak.

Wanneer gaan Afrikaners leer om vir hulself te dink?

Wanneer gaan Afrikaners die regte vrae begin stel en aandring op feite as antwoorde?

Dit neem 12 jaar om ‘n Afrikanerkleuter te laat matrikuleer.

Dit neem 16 jaar om ‘n Afrikanerkleuter te laat gradueer.

Bogenoemde is natuurlik waar, selfs al is die kleuter effens lui, doen hy net die nodigste en is hy doodgemiddeld in intellek, motivering, deursettingsvermoë, inisiatief, skeppende denke, selftrots, doelstelling, doelwitbepaling en probleemoplossing.

Hoe lank kan dit reeds opgeleide – in baie gevalle lank reeds gegradueerde – professionele Afrikanerpolitici neem, om dít wat hul na eie bewering vir die Afrikanervolk nastreef, te bereik?

Is hul resultate ‘n aanduider van hul persoonlike plekkies op die intellekglyskaal? Is alle politici ongeag ras en volk dalk dieselfde, minder geseënd met intellek, maar in oormaat belas met sluheid?

Watter bereikbare en meetbare doelwitte het hulle gestel en bereik, op pad na die doel?

Wat het hulle in die afgelope 16 jaar vir die Afrikanervolk bereik?

Wat presies is hul doel?

Glo hulle self in daardie doel?

Is daar ‘n padkaart van bereikbare en meetbare doelwitte oppad na daardie doel?

Is daar ‘n padkaart met gebeurlikheidsbeplanning en regstellende doelwitte vir die oorkom van bestaande en voorsiene hindernisse, op die pad na die doel?

As die bereiking van politieke doelwitte, gelyk staan aan kapitaal en waardegroei van aandele en die verbetering van Afrikaners se vryheid, veiligheid en voorspoed, gelyk staan aan halfjaarlikse dividende-uitbetalings, hoeveel Afrikaners sou selfs een sent in die maatskappy belê het?

Hoe verskil hierdie “maatskappy” van die ANC, rakende waarde vir hul aandeelhouers?

Wie trek voordeel uit hierdie twee “maatskappye”?

Die “raad van direkteure” en bestuur?

Miskien sekere werknemers vanaf sekere senioriteitsvlakke?

Miskien sekere ondersteuners met die regte vlak van kontakte binne die maatskappy… hetsy vriendskaps- of familiebande?

Wat kan watter sogenaamde pro-Afrikaner-“maatskappy” wys en bewys, wat hulle oor die afgelope 16 jaar vir die Afrikaner bereik het?

En dit is spesifiek hier waar die papaja deur die waaier spat!

Sommige gaan beweer:

  • hulle het SA burgers in die buiteland stemreg gegee,
  • hulle het ‘n naamsverandering of twee uitgestel in die toekoms in,
  • hulle het een of twee Afrikaanse skole tydelik gered van verengelsing en dus verswarting,
  • hulle het diplomatiese uitsprake gelewer rakende die swart regering en sy gesante se anti-blanke uitsprake en optredes,
  • hulle het diplomatiese uitsprake gelewer rakende swartes se moord en doodslag, verkragting en marteling en roof en vernietiging, onder ons blankes en Afrikaners,
  • hulle het Afrikaners geregistreer by UNPO,
  • hulle het UNPO ingelig oor die moorde op boere in Suid Afrika,

Wat nog? Wat presies het hulle bereik?

Basies niks!

Wat is van die grootste bedreigings wat die Afrikaner in die gesig staar?

  • verlies van eie grondgebied en soewereiniteit
  • verlies van vryheid,
  • verlies van veiligheid,
  • verlies van voorspoed,
  • verlies van eie kultuur, taal, lewenswyse, eiesoortigheid, ens.

In 16 jaar, wat het watter sogenaamde pro-Afrikaner-“maatskappy” gedoen en bereik, om bogenoemde verliese ongedaan te maak?

Watter pro-Afrikaner-“maatskappy” is selfs bereid om die verwerwing van bogenoemde, in die openbaar as doel uit te bulder?

Nee, ons het “leiers” en sommige van hul gunsjagters, wat diegene wat verby die mooi woorde en kamoeflering kyk, as onminsaaiers en volksverdelers uitkryt.

Waar’s die doel, bereikbare en meetbare doelwitte, planne om dit uit te voer, resultate en aanspreeklikheid?

As jy jouself as die leierskap van die Afrikervolk wil ag, bestuur die Afrikanermaatskappy na kapitaalgroei, winste en leefbare dividende. Hoe lank dink jy kan die Afrikanermaatskappy bankrot bly, voor jy die kollektiewe middelvinger kry?

купить инверторный сварочный аппараттопкарго

Spook en Maraai se dinge

Of die hedendaagse Afrikanerpolitiek nou vir jou lyk na Johann Wingard se verhaal van twee partye of soos vir Anton Barnard na iets wat 'n Machiavelliaanse maneuver benodig – vir my lyk dit al hoe meer sinoniem met die toestand hier by my aan't huis. Hier heers 'n volle demokrasie. Ons is drie inwoners – ek en die hond en die kat. Maar: omdat die viervoetiges in die meerderheid is, regeer hulle.

Niemand wou die wollerige brakkie hê nie, toe sy ma se mense opregte foksterriërs geadverteer het, en Spokie het as 'n pasella saamgekom toe ons sy sussie gekoop het. Hy is die lief-dierbaarheid vanself en die beste geselsgenoot wat mens kan verlang. Hy is vreeslik vol fiemies oor wat hy in sy bek sit. Ook maar goed, want dit het sy lewe gespaar toe sy sussie gevrek het van die vleis vol gif wat die boosdoeners oor die draad gegooi het. Hy is versot daarop om saans te gaan stap en om saam in die bakkie te ry. Trouens, enige bedrywigheid laat hom opgewonde op sy agterpote rondtrippel. Sy vreugdevolle gesiggie elke keer wat hy my by die hek verwelkom as ek tuis kom, maak van hom iets besonders in my lewe. 

Marietjie-Maraaitjie het as 'n geskenk gekom. Sy is deur 'n mens-ma met 'n spuitjie van heel kleins af grootgemaak, nadat 'n motor haar ma doodgery het. Sy glo alles wat uit blikkies en pakkies kom, is vir katte soos sy bedoel. Saam met haar in die boks was 'n sak 'Royal Canine' waarvan sy gelewe het gedurende die eerste weke. Die rojale prys daarvan pas egter nie so mooi in my begroting in nie en ons twee het 'n kompromie aangegaan op die pakkies katkos waarop staan "fine cuts". Sy ly geensins honger nie, daarvoor dring sy hopeloos te veel op versorging aan. Sy vang die laaste tyd vreeslik graag muise, maar nie om te eet nie… 

Die knaagdiertjies word aangedra huis toe, vir klein-speeltyd. Hulle word rondgeklap en gejaag, van die sitkamer na slaapkamer, na kombuis – en dis nou hier waar die Spook-en-Maraai-dinge begin. Spokie glo hy woon die langste in die huis en hy het die meeste sê, daarom tree hy dan altyd grootdoenerig toe. Die kat word weggeboender. Soms trap hy haar sommer met sy een poot plat, as sy nie gou genoeg die beheer van die situasie aan hom oordra nie. Hy vang dan die muis in sy bek, net om dit weer uit te spoeg. Die muis vlug gewoonlik – maar word dan gou weer gevang. Sou die muis in 'n gleufie of hoekie beland, waar die hond nie kan in nie, word dit met sulke regop blaffies uit beveel. Hy doen dit met 'n houding wat enige politikus op die verhoog jaloers sou laat word. Maraai sluip dan gewoonlik so op die agtergrond rond, maar sy sorg dat sy net op die regte moment weer inspring om die muis te dwing om so gou moontlik ander planne te maak. Sodra die muis dood is, verloor die twee belangstelling en laat dan die werk vir my om van die ongedierte ontslae te raak. (Ek is mos in die minderheid, ek moet mos sorg dat dinge in orde bly.) Muise moet veel meer van taktiek verstaan as wat algemeen bekend is, want heel dikwels het die "dooie" muis verdwyn teen die tyd wat ek met die besem en skoppie aankom. Kort daarna begin die spel dan van voor af, want die muis sit gewoonlik nie te lank stil nie. Maar, as hy roer… Maraai piets net so paar maal met haar stert en gaan haal dan die muis uit sy nuwe wegkruipplek. Sy glo nie daaraan om 'n setel af te staan nie, sy neem altyd deel om te wen!  

Maar, op 'n dag het Maraai vir ene meneer Slimjan de Muis hier aangebring. Met sy spitsgevreetjie het hy dadelik gesien hy kan die twee teen mekaar afspeel en al die pad voordeel uit die situasie trek. Tot my goed gemikte hou met die besem om hom disnis te slaan, was mis. Hy het my net een kyk reguit in my oë gegee met sy blink kraalogies en gou onder die kas in verdwyn. Na 'n rugbreeksessie van kaste skuiwe, het ons al drie die soektog na hom laat vaar. Meneer Slimjan het homself tuis gemaak. Sy spoor van verwoesting het sommer baie gou, sterk en duidelik deur die liasseerkabinet en die kas onder die wasbak geloop. Ek het dit naderhand ernstig oorweeg om vir hom gif uit te sit, want nie een van ons kon hond haar af maak met hom nie.

'n Hele paar dae later, toe ek die stoofplaat op 'n keer aanskakel, sien ek net blou vlamme. Omdat dit nog 'n tydjie voor maandeinde is, besluit ek om maar so aan te sukkel, voordat ek dit laat regmaak – daar is darem nog twee plate wat werk. Die volgende oggend is die bad se water te warm vir my toe ek inklim en wil ek net gou bietjie koue water laat byloop, maar toe my linkerhand aan die kraan raak, ruk dit my. Ek probeer los, maar die kraan klou… en die krag ruk. Ek besef ek kan dit nie toelaat nie en probeer los. My hand kom egter nie los van die kraan af nie en die krag ruk aanhoudend deur my lyf. Ek wil los, maar ek kan nie. Ek probeer weer. Ek is lam van skrik. Ek kry niks reg nie. Ek gil. Vir sekondes voel ek of ek gly, iewers na benede… en vir oomblikke voel dit so goed! Toe ek besef ek gaan my bewussyn verloor, gryp ek my linkerhand met my regterhand en met 'n desperate pluk ruk ek myself van die kraan los. My arm voel of dit uit sy potjie geruk is. My lyf gloei van skok en ek is oral seer. Teen die tyd dat ek tot verhaal kom, weet ek – Slimjan het sy intrek in die stoof geneem en die huis se krag hardloop nou net waar dit wil! 

"Kom kyk, Hier's die sondebok!" roep die elektrisiën my, toe hy meneer de Muis die volgende dag stokstyf tussen die stoof se elektriese bedrading kry. "Nee jy' t dit mis, hier staan skuldige nommer twee…" Ek wys na die hond wat my stertswaaaiend staan en aankyk. "Ek wonder waar die eintlike skuldige een is… sy's seker op 'n jagtog, op soek na die volgende een …" Op die daad is ek woedend. Ek het nou genoeg gehad van Spook en Maraai se dinge. Wat genoeg is, is genoeg! Ek haal sommer my wrewel op die brak uit: "Wat dink jy? As die krag my doodgeskok het – sou jy en Maraai in enige ander huis so rojaal sou kon regeer soos hier? Hê? Ek sal darem graag wil weet." 

Spokie lig sy een voorvoet in 'n vraagteken op – skoon verleë – hy verstaan nou glad nie waaroor dit gaan nie. Hy bedoel dan altyd alles so goed! Die man wat aan die stoof gewerk het, kyk my vraend aan. "Ja, toemaar dis 'n lang storie." Ek sug: "Ek weet dit gaan my nou nêrens bring om die hond te skop nie. Dis eintlik alles net my eie skuld. 'n Mens laat jou nie deur viervoetiges regeer nie." 

Terug in die huis nadat ek die elektrisiën gaan afsien het, kry ek vir Maraai waar sy ewe ongeërg op die kas sit, besig om haar gesig te was. Haar hele houdinkie kompleet asof sy vir my wil sê: deur saam te werk, kan ons meer regkry. 

укладка ламината по диагонали фотоАлександр Фильчаков