Lekota en ander gaan besin oor ANC

"Dit is moontlik hier waar ons paaie skei", het die voormalige ANC-voorsitter en minister van verdediging Mosiuoa Lekota op 'n mediakonferensie in Pretoria gesê. Lekota het aangekondig dat hy en 'n groep enersdenkende indiwidue regoor die land binne die volgende twee weke 'n konvensie of 'n kongres gaan hou om oor die pad vorentoe te besluit.

Lees verder: Lekota en ander gaan besin oor ANC

Verhoudings kan steeds herstel word, s? ANC

Die verhouding tussen die twee strydende faksies van die ANC is nog nie onherstelbaar nie, het die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, vandag gesê. Phosa het op ‘n persinligtingsessie by die party se hoofkwartier gepraat.

Lees verder: Verhoudings kan steeds herstel word, s? ANC

Noord-Korea se kernmissielprojek dalk onsuksesvol

Noord-Korea werk aan 'n kernkop vir 'n missiel het 'n senior militêre offisier van Suid-Korea Woensdag bekendgemaak. Die aankondiging is deur die Yonapnuusagentskap gemaak.

Lees verder: Noord-Korea se kernmissielprojek dalk onsuksesvol

Lyftaal praat!

ImageLyftaal praat! Obama en McCain hou nie veel van mekaar nie. Ná Dinsdag se debat tussen die twee het hulle nie dadelik gaan bladskud nie. McCain moes Obama op die skouer gaan aanraak sodat hy na hom toe draai en toe die swart kandidaat sy hand uitsteek het McCain verkies om dit nie dadelik te neem nie maar om Obama na sy vrou, Cindy, te stuur.

Lees verder: Lyftaal praat!