Godsdiens in skole: valse probleem of sielkundige operasie?

Deel op

Gaan daar ‘n tyd aanbreek dat ‘n mens in Suid-Afrika net ‘n Jood of ‘n marxistiese ateïs mag wees, soos in die ou Sowjetunie?

Deel op

Vreemde dinge is aan die gang sover dit Afrikaans en Afrikaners aangaan. Terwyl Afrikaneridentiteit en lojaliteit teenoor Afrikaans tans ‘n heropbloei beleef, lyk dit asof daar ‘n verbete poging is om dié beweging in die kiem te smoor. Nie net word Steve Hofmeyr deur die polities korrekte hoofstroommedia verguis as hy en sy aanhangers Die Stem sing nie, maar tans is ‘n eenmanorganisasie genaamd OGOD besig om ‘n hooggeregshofaansoek teen ses Afrikaanse skole te bring wat hulle gaan verbied om enige christelike aktiwiteit of inhoud op die skoolterrein te verrig of te behandel.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Soos praag reeds elders berig het, sou dit kon beteken dat ‘n groot deel van die Westerse letterkunde of kunsgeskiedenis, byvoorbeeld die skilderye van Raphaël of Caravaggio, nie meer op Afrikaanse skole behandel mag word nie. Die ander vraag is: waarom ontvang OGOD (Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie) skielik soveel aandag in die hoofstroommedia? Terselfdertyd is die Daily Maverick, die linkse webblad wat as die senuweepunt van Boerehaat in Suid-Afrika bestempel kan word, besig om die regsoptrede toe te juig. En om die ligroos kroon te span, publiseer Beeld vandag bokant sy voorbladopskrif “God-geveg al hoe feller” ‘n enorme foto van die Voortrekkermonument wat ligroos gekleur is. Blykbaar gaan die monument vir die volgende twee maande, tot aan die einde van Oktober, saans ligroos en pers “belig” word.

Voeg daarby nog die Nazi-herrie wat aan die begin van die jaar losgebars het toe die uitgesproke lesbiërdosent op die Potch-kampus, Hannelie Booyens, en haar vorige huismaat, Adriaan Basson (tans Beeld-redakteur), die bestaan van “Nazi-rituele” op daardie kampus “aan die kaak gestel het”. ‘n Foto is insgelyks op die voorblad van Beeld geplaas wat van ‘n video-opname geneem is en waarmee die eerstejaarstudentes se arms vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde “bevries” word, as sou hulle ‘n Nazi-saluut gegee het.

Onlangs gesels ek met iemand wat voorheen in polisiekringe gewerk het en wat my meedeel dat daar geen twyfel bestaan dat die hoofstroommedia in Suid-Afrika, Engels en Afrikaans, deur betaalde agente geïnfiltreer is nie. Hy het selfs name genoem. Sommige “joernaliste” werk ook vir buitelandse geheimedienste. As ‘n mens na dié vreemde veldtogte kyk wat daar tans in die media gevoer word, dan is dit helder dat een of ander “saak” gedien word.

Wat sou die saak wees van ‘n mag of instansie wat:

  • Potch as ‘n Nazi-kampus wil stigmatiseer sodat dit sneller “getransformeer” kan word;
  • Die Stem by openbare plekke waar Afrikaners byeenkom, verbied;
  • elke Afrikaanse sanger of skrywer wat vir sy taal en kultuur opkom as “verregs” stigmatiseer en openlik aansê om die land te verlaat (soos daar aanmekaar met my en Steve Hofmeyr gedoen word);
  • elke sweem van christelikheid aan Afrikaanse skole met ‘n hofbevel wil verbied;
  • die Voortrekkermonument, daardie simbool van Afrikanergeskiedenis en -identiteit, “ligroos te verf en in ‘n gay disco te omskep”?

Laasgenoemde was die voorstel wat die 702-omroeper en vorige Wits-dosent, Barry Ronge, in 1999 gemaak het en wat ek in my onlangse eboek-essay, Raiders of the lost Empire, aanhaal. Ronge se presiese woorde was:

I have always looked at that old stupid monument to the past, called Voortrekkermonument and have decided that the only sensible thing to be done with is to paint it pink and turn it into an enormous gay disco at which they can have drug crazed raves. Now that would be exactly what it deserves.

Manfred Delport het ‘n paar dae gelede in sy rubriek hier verwys na die “totale aanslag” wat daar op hierdie oomblik teen Afrikaners gevoer word. Terwyl ons bekend is met plaasmoorde, verkragting, geweld, asook die wetlike bedreigings soos grondhervorming en rasstellende aksie, kyk ons dikwels die sielkundige dimensie van die aanslag mis.

‘n Interessante video is onlangs op YouTube gelaai, wat ek graag hier met lesers deel. Dit gaan oor die onbewuste beïnvloeding van mense en hoe ons breine eintlik gekondisioneer word om selfs onwaarhede te aanvaar solank ons dink dat mense met gesag of mag oor ons dit as die waarheid aanbied. Sielkundige eksperimente wat in die VSA gevoer is, het die volgende bewys: Tot 37% van mense aanvaar enigiets wat ‘n ander in ‘n gesagsposisie vir hulle sê, selfs al dui hul eie sintuie vir hulle aan dat dit verkeerd is! Tot 75% van mense aanvaar ‘n leuen soms as dit deur iemand of ‘n instansie met gesag aan hulle oorgedra word.

Sedert 1994, en selfs daarvóór, is Afrikaners gebreinspoel om teen hul eie belang op te tree. Deel van die huidige totale aanslag is iets wat ons ‘n “semiologiese oorlog” kan noem, dit wil sê, ‘n oorlog wat deur middel van tekens gevoer word. Die vyand – en vir seker is daar baie geslepe mense wat hierdie dinge teen ons uitdink en waarskynlik vet salarisse of tenders daarvoor ontvang – identifiseer simbole en aspekte van ons identiteit wat vir ons belangrik is en val dit aan deur dit te beswadder, te sensureer, verdag te maak of selfs te verbied.

Anders as in Frankryk, die Lae Lande, om van die Midde-Ooste nie te praat nie, was daar in Suid-Afrika nog nooit ‘n godsdiensoorlog of -konflik nie. Toegegee, in die vroeë dae van die Kaap het die V.O.C. geen ander geloof as die Protestantisme toegelaat nie, hoewel Maleierslawe tog toegelaat is om hul Moslemgeloof te behou.

In die 1890s het ongeveer 40 000 Litause Jode na Suid-Afrika gekom omdat hulle in Oos-Europa vervolg is, om bepaalde redes. Benewens die ontdekking van goud, was die godsdiensvryheid wat ons voorouers en veral Paul Kruger in die Transvaal aan hulle toegestaan het, die groot trekpleister wat hulle hierheen gelok het.

Dieselfde godsdiensvryheid word ons egter nie tans gegun nie. OGOD, die Daily Maverick, Beeld (en wie ook al Beeld se ideologiese uitgangspunte bepaal) staan beperkings op ons geloofsvryheid voor. Afrikaans is reeds as landstaal uitgefasseer sodat baie van ons kinders besig is om te verengels en nie eens meer behoorlik Afrikaans kan praat nie, selfs al was hulle op ‘n Afrikaanse skool. Vele woorde ken hulle net in Engels, omdat hulle in ‘n totaal Angel-Saksiese taalomgewing moet grootword. Ook ons Europese afkoms word teen ons gehou en oral word “witheid” en om blank te wees, verdag gemaak en met rassisme gelykgestel. As jy verkies om met ‘n ander blanke Afrikaner te trou, is daar iets fout met jou. Vermenging word as ideaal aan ons voorgehou. Slegs die rasgemengdes gaan hemel toe, soos oorlede Chris Louw eenkeer sarkasties aan my gesê het, verwysende na Jonathan Jansen se tipe kleurlingrassetrots.

Die Afrikaner se godsdienstradisie wat van Nederland en Noord-Duitsland afstam – vandaar die term “Nederduits” – verteenwoordig nog ‘n merker van Afrikaneridentiteit wat nou onder skoot kom. Kwansuis is daar prokureurs en advokate wat die saak vir OGOD teen die skole “pro bono” voer. OGOD se Engelse prokureur in Randburg gaan kwalik gratis en verniet aan ‘n saak werk wat dalk weke of maande se aandag gaan verg. Watter belang het ‘n Engelse prokureur in Randburg om ‘n bietjie saalopening met die Bybel en gebed in Afrikaanse skole verbode te laat verklaar?

‘n Ander aspek van die saak teen die Afrikaanse skole is dat dit die Amerikaanse voorbeeld slaafs navolg. Ons hele rassemodel met rasstellende aksie en swart nydigheid wat deur ‘n minderheid linkse en liberale blankes teen die meerderheid blankes aangehits word, is net so uit die VSA ingevoer. Ook in die VSA se openbare skole is christelike tekens of oorblyfsels in openbare skole in sommige state deur middel van hofbevele verbied. Uitsprake van die Amerikaanse Hooggeregshof (hul ekwivalent van die Grondwethof by ons) neig om dubbelsinnig te wees, deur godsdiensvryheid toe te laat, maar evangelisering vir ‘n spesifieke godsdiens op skool te verbied. Anti-christelike fanatici gryp egter hierdie hofuitsprake aan om skole van álle verwysings na die christelike tradisie te suiwer. Dieselfde word egter nie vir verwysings na Islam of veral die Joodse godsdiens gedoen nie.

Ons sien dus dat daar ‘n stelsel van dubbele standaarde ingestel word, met een stel reëls vir Afrikaans, ‘n ander stel vir Engels, een stel norme vir swartes en ‘n ander vir blankes, asook een stel beginsels vir Jode en ateïste, en ‘n ander vir Christene en Moslems. In ons land is Moslems ‘n minderheid wat deur sommige Jode weens hul konserwatisme en afkeer van losbandigheid en radikale politiek soos kommunisme verkwalik word.

Op elke suiwelproduk in Suid-Afrika verskyn daar egter simbole van Jode en Moslems wat dit as “milchik” of “halaal” sertifiseer. Daarvoor betaal elke verbruiker ‘n sekere persentasie van die verkoopprys wat aan dié twee godsdienste uitgekeer word. Op die meerderheid produkte is daar egter geen Afrikaans nie, hoewel daardie produkte ook aan Afrikaners versprei word.

Daar is slegs 70 000 Jode in Suid-Afrika, waarvan 80% uit Litaue afkomstig is. Hul reg op kosjer produkte geniet egter voorrang bo die Afrikaner-Christen se reg om iets van die Europese kultuur en die christelike geloof, waaronder ons kuns, kerkgeboue, katedrale, prosa en poësie, in ons skole aan ons kinders te mag oordra. Reeds is die leerplanne van alle “eurosentriese” inhoud gesuiwer; nou moet selfs onskuldige christelike rituele waarmee ons almal grootgeword het onder die kultuurmarxistiese sensuur beland.

Ons voortreflike Afrikaanse skole lewer die beste akademiese prestasies in die land, beter as in 99% van Engelse skole. Waarom moet hierdie skole konstant oor hul taal of tradisionele christelike gebruike aangeval word?

Die meeste Afrikaanse skole hanteer die probleem van verskillende denominasies en geloofsoortuigings baie goed. Sekerlik kan individuele gevalle waar probleme opduik maklik deur onderlinge gesprek opgelos word, sonder om jou na die howe te wend met die oogmerk om ‘n algemeen bindende uitspraak teen alle Afrikaanse skole te verkry. Of is dit juis die doel van die hele oefening, om die valse probleem van godsdiens op die skoolbanke te gebruik om Afrikaanse skole nog verder onder owerheidsbeheer en -dwang te bring?

Nie net verteenwoordig dit ‘n aanval op vryheid van assosiasie nie, maar selfs op ons godsdiensvryheid. Gaan daar ‘n tyd aanbreek dat ‘n mens in Suid-Afrika net ‘n Jood of ‘n marxistiese ateïs mag wees, soos in die ou Sowjetunie? Die ooreenkomste raak by die dag meer frappant.

Ondersteun PRAAG se toetrede tot die hofsaak oor godsdiensvryheid in Afrikaanse skole.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.