Tutu vaar uit teen ‘homofobiese God’

Deel op
Regter Cameron, Tutu en Navi Pillay, die VN se Menseregtehoof
Regter Cameron, Tutu en Navi Pillay, die VN se Menseregtehoof

Die Suid-Afrikaanse aktivis Desmond Tutu het Vrydag gesê hy sal eerder hel toe gaan as om ‘n homofobiese God te aanbid, in ‘n poging om swart mense te oorreed om minder homofobies te wees.

“Ek weier om na ‘n homofobiese hemel te gaan. Nee, ek gaan nie jammer sê nie, ek bedoel ek sal eerder na ‘n ander plek gaan,” het die emeritus-aartsbiskop by die bekendstelling van ‘n gay-gelykheidsheidsveldtog van die Verenigde Nasies in Kaapstad gesê.

“Ek sal nie ‘n God aanbid wat homofobies is nie en dit is hoe sterk ek hieroor voel,” het hy gesê.

Die doel van die “Free and Equal”-veldtog is om bewusmaking te skep oor geweld en diskriminasie teen homoseksuele mense.

Tutu het ook die stryd teen homofobiese vooroordeel vergelyk met die stryd teen apartheid.

“Ek is netso passievol oor dié veldtog soos ek oor apartheid was. Vir my is dit op dieselfde vlak,” het die 81-jarige Tutu gesê.

Die VN se top-amptenaar oor menseregte, Navi Pillay, het gesê gay-verhoudings is onwettig in meer as ‘n derde van die lande regoor die wêreld en strafbaar met die dood in vyf lande. – AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.