Die Haaie draf Saterdag op die veld in die Curriebeker-eindstryd met die wete dat hulle die oorweldigende gunsteling is om die eerste keer in meer as tien jaar die trofee te lig. Onder John Plumtree het die Haaie baie vooruitgegaan en speel hulle meer intelligente rugby as vantevore. Verby is die dae wat die Haaie in ‘n finaal soos afkophoenders uit hulle eie doelgebied sal begin hardloop en hoop vir die beste. Hulle rugby lyk nou baie meer na gestruktureerde spel en teenaanvalle word gelei deur een van hulle spelbrekers.

Absa neem elke maand 1 350 voertuie van verbruikers terug, wat dit nie langer kan bekostig nie. Marcel de Klerk, senior bestuurder van Absa se voertuig- en batefinansieringsafdeling sê dit is bykans 30% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.