OPUL gaan produksie verlaag om pryse te stabiliseer

Iran se minister van oliesake het Donderdag gesê dat ‘n verlaging in aanvraag beteken dat OPUL sy olieproduksie met 2 miljoen vate per dag moet sny wanneer hulle Vrydag vergader.

Gholam Hossein Nozari het aan verslaggewers in die Oostenrykse hoofstad gesê dat ‘n verlaging van produksie weer die mark kan stabiliseer.

Dinsdag het hy gesê dat Iran ‘n verlaging in produksie van tussen 2 en 2,5 miljoen vate per dag sal aanvra.

OPUL se lidlande wil die produksie van olie inkort om die pryse van olie wat onlangs gedaal het te probeer ondersteun.

Analiste verwag dat die kartel die produksie met ten minste 1 miljoen vate per dag sal sny op Vrydag se buitengewone vergadering. OPUL produseer 40% van die wêreld se olie en die amptelike syfer vir produksie staan tans op 28.8 miljoen vate per dag.

Iran is die tweedegrootste uitvoerder van olie in OPUL en sy ekonomie is baie afhanklik van die uitvoer van olie en gas.

Saudi Arabië is OPUL se grootste produsent van ru-olie.

Oliepryse het Woensdag na sy laagste vlak in 16 maande gedaal, na nuus dat Amerika, die grootste verbruiker van ru-olie in die wêreld, se aanvraag gedaal het.

Pryse het gedaal tot onder die 65 dollar per vat in Londen. Dit is sowat 56%  minder as die rekordprys van 147.5 dollar vlak wat die pryse in Julie bereik het.

Die pryse het ietwat herstel op die Oosterse markte Donderdag, met Brent ru-olie wat effens gestyg het na 64.76 dollar per vat.       

оборудование для мойкиФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae