Die voorgenome vervolging van oud-minister Adriaan Vlok bied ‘n waardevolle les vir alle gatkruipers en meelopers. PW Botha het geweier om voor die bobbejaan in sy pers rok by die WVK te verskyn, en is dus in vrede gelaat. Gekonfronteer met ‘n bietjie vasberadenheid, sluip die regime stert tussen die bene weg. Vlok, daarenteen, gooi alle waardigheid oorboord en kruip letterlik voor die vyand, en word vir sy moeite beloon met vervolging.
Internetgebruik in Suid-Afrika neem dramaties toe
Ten spyte van die hoë koste verbonde aan breëband was daar die afgelope twee jaar ’n toename van 120% in Internetgebruikers in Suid-Afrika. Die syfer het toegeneem van 1,8 miljoen in 2005 tot 3,9 miljoen gebruikers in 2007.
Volgens Matthew Buckland van die Aanlyn-uitgewersvereniging is die groei “fenomenaal.“ Engels word gebruik deur 52% van plaaslike gebruikers (2,10 miljoen), gevolg deur Afrikaans met 28% (1,11 miljoen). Sowat 36% van die Internetgebruikers is tussen 25 en 34 jaar oud, gevolg deur 35% tussen die ouderdomme van 35-49. 54% Van alle plaaslike gebruikers is mans, teenoor 45% vrouegebruikers.
Lees verder: Internetgebruik in Suid-Afrika neem dramaties toe
Kragte dreig om SA Staat te vernietig
Vir die eerste keer sedert 1994 wil dit voorkom asof die ANC se ‘permanente’ heerskappy oor Suid-Afrika dalk binne afsienbare tyd ten einde kan loop.
Die huidige stakings is in werklikheid ‘n sosiaal-politieke sindroom in die sin dat dit wel oor salarisverhogings gaan, maar terselfdertyd ook heelwat meer behels. Onlangs het Helen Zille, die ultra-linkse leier, in haar brief op die DA webwerf beweer dat die staking ook in groot mate die simptoom van die magstryd binne die regerende alliansie is.
Mugabe se gulsigheid ken geen einde nie
Die Zimbabwiese regering het gister ’n nuwe wetsontwerp voorgestel ingevolge waarvan swart Zimbabwiese burgers ’n 51% aandeel in openbare maatskappye sal bekom.
Dit is nog nie seker hoe privaat maatskappye geraak sal word nie. Buitelandse beleggers beheer tans verskeie Zimbabwiese firmas, veral in die mynbedryf. Die regering oorweeg hier skynbaar ’n ander vorm van bemagtiging. Verlede jaar het vele van die plaaslike mynbase gewaarsku dat hulle hul deure sal sluit indien Mugabe poog om die myne oor te neem.
Pole se geskiedenisles aan die Duitsers
Pole het pas daarin geslaag om ’n toegewing oor die Europese Unie-verdrag af te dwing, maar ten koste van die land se verhouding met sommige van die EU-lede.
Leiers van die 27 EU-lidlande het op 23 Junie in Brussel uiteindelik daarin geslaag om eenstemmigheid te bereik oor die opstel van ’n nuwe verdrag wat die EU-grondwet sal vervang wat in 2005 deur beide Nederlandse en Franse kiesers by die stembusse verwerp is. Die nuwe verdrag sal teen die einde van 2007 gefinaliseer word.
Versailles skitter weer
Werk aan die bou van die Saal is in 1678 begin. Die sewentien boogvensters wat ‘n uitsig bied op een van die mooiste tuine in Europa, is deur argitek Jules Hardouin-Mansart beplan om die Sonkoning en sy eggenote se appartemente aan mekaar te verbind.
Noord-Kaap se gesondheidsdepartement stort in duie
Die provinsiale gesondheidsdepartement van die Noord-Kaap word tans deur die plaaslike tesourie en die kantoor van die eerste minister geadministreer. Dit volg op jare van nepotisme en korrupsie.
Volgens die waarnemende LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, Gomolemo Lucas, gaan “verstandige finansiële stelsels“ vir die department geskep word. Hy het toegegee dat daar verskeie wanpraktyke in die tenderproses die afgelope paar jaar plaasgevind het. Lucas se uitsprake bevestig die ouditeur-generaal se bevindinge van laas jaar. Die OG het naamlik op ’n hele klomp onreëlmatighede in die departement se finansiële bestuur afgekom. Probleme is toegeskryf aan onbekwaamheid en ook aan korrupsie.
Lees verder: Noord-Kaap se gesondheidsdepartement stort in duie
Czech town rejects US radar
Residents of Mirosov, a small Czech town of some 2,000 near the Brdy military zone where the United States seeks to place a missile shield radar base, have rejected the US facility in a local referendum. On Sunday, the CTK news agency said all but 30 of the 897 valid votes cast were against erecting
Psychopaths and History
For months I had three objections to seeing the film Apocalypto all defanged by the film itself: One, although a former Marine, I detest anything that sounds like a "horror film," and a film about human sacrifice sounds appalling. In fact, the violence in this film, which does show human sacrifice and those escaping it
Poetin besin oor Russiese geskiedenis
President Vladimir Poetin het Donderdagaand ‘n konferensie van geskiedenisonderwysers in Moskou toegespreek waar hy na hoofstukke uit die Russiese verlede onder Stalin verwys het as "problematies" en "verskriklik". Hy het bygevoeg dat elke staat egter met soortgelyke dinge uit sy geskiedenis worstel. In Rusland, so onlangs as die twintigste eeu, is miljoene mense tydens Josef Stalin se skrikbewind gedood.
