Ek wonder hoe lank gaan die linkses en liberales nog neem om te verstaan dat Afrikane glad nie swakheid en kruiperigheid respekteer nie? Vir wie het die ANC die meeste respek, te oordeel aan sy optrede – Vlok of PW Botha?
Dis duidelik dat Afrikaners toenemend begin verstaan hoe om met die vyand te handel, terloops – vanoggend teem, skree en huil dit verskriklik op SAFM radio omdat "rassiste" glo ‘n klomp padtekens wat na die regime se "helde" vernoem is, in die Vaalrivier gaan gooi het, en ek lag my vrek vir die regime se hoogheilige gekerm. Tog snaaks hoe ferm optrede soos ‘n paar padtekens se verwydering kon regkry wat redelikheid, soebat en smeek nie kon nie, of hoe? Skielik is woordvoerders van Potchefstroom se stadsraad beskikbaar om oor die radio te praat, waar hulle in die verlede bloot op die verdrukking van die massas oor die minderheid in die naam van "demockracy" aanspraak gemaak het.
