Poetin besin oor Russiese geskiedenis

Image

Poetin, Donderdagaand

President Vladimir Poetin het Donderdagaand ‘n konferensie van geskiedenisonderwysers in Moskou toegespreek waar hy na hoofstukke uit die Russiese verlede onder Stalin verwys het as "problematies" en "verskriklik".  Hy het bygevoeg dat elke staat egter met soortgelyke dinge uit sy geskiedenis worstel. In Rusland, so onlangs as die twintigste eeu, is miljoene mense tydens Josef Stalin se skrikbewind gedood.

Maar wie spog met die ergste vergrype? Vir Poetin is die antwoord duidelik: "In elk geval het ons geen atoomwapens teen burgerlikes aangewend nie. Ons het nie chemiese stowwe oor duisende kilometer gespuit nie en het geen land onder sewe keer meer bomme gesteek as wat gedurende die Groot Vaderlandsoorlog altesaam gebruik is soos in byvoorbeeld Viëtnam nie." Hy het ook gesê: "By ons was dit nie so erg soos by sommige ander nie."

Die "verskriklike sy" van die Russiese geskiedenis was veral die hongersnood in 1932 – 1933 in die Oekraïene en ander dele van Rusland waartydens tussen vyf en sewe miljoen mense dood is. Gedurende die "Groot Terreur", 1937 tot 1938, toe byna 1,6 miljoen mense aangehou is, het 700 000 slagoffers omgekom wat doodgeskiet is. Ander is daarna in kampe oorlede.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is miljoene Duitsers, Tsjetsjniërs, Krim-Tartare en ander volke uit hul gebiede gedeporteer en na raming het tussen 20 en 30 persent die onmenslike toestande nie oorleef nie.

Die konferensie is gehou om nuwe leerplanne vir skole te bespreek omdat die materiaal van die negentigerjare vervang moet word. Die bestaande handboeke vir skoolgaande kinders, so lui die kritiek, behandel die Russiese geskiedenis van die 20ste eeu as ‘n reeks opeenvolgende katastrofes. Om die outoriteit van die staat weer te herstel, moet "foute" uitgewys word, maar ook suksesse.

"’n Mens kan nie toelaat dat ons skuldgevoelens opgelê word nie," het Poetin aan die onderwysers gesê. Waar daar ooglopende swak voorstellings van die Russiese geskiedenis in ‘n skoolhandboek voorkom, het hy vermaan dat "baie handboeke deur mense geskryf is wat deur buitelanders betaal is. Diegene wat betaal, bepaal die deuntjie."

beyond polus или zoomОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae