In hierdie derde en finale aflewering vertel Gustav Venter vir ons wat ‘n Russiese toebroodjie is en hoe die Afrikaner se skuldgevoel telkens geld soos ‘n vrygewige dobbelmasjien laat reën…
Die mot in die oor
Deur die dag is dit draaglik. Hy het sy boeke en sy vergeelde kopieë van die VWB en partykeer loer daar iemand in vir wie hy nog nie die oorlogstories (een naweek het hulle nie geld gehad om die Weekblad uit te gee nie en toe maak hulle – die karnallies! – asof hulle dit in solidariteit met aangehoudenes teruggehou het) vertel het nie. Maar in die nag kom die stemme tot hom en hy spartel in koue sweet om nie te hoor wat hulle sê nie. Maar jy kan net só lank by jouself neurie om die stemme uit te doof, net so lank wegkyk en ander pad toe luister, kan jy nie? En dan fluister die stemme die waarheid aan hom, die een onveranderlike wat hy nie wil hoor nie:
“Die Nuwe Suid-Afrika,” sis hulle en dit voel asof sy skedel gaan bars, “is nie ’n prys wat deur ’n rewolusie gewen is nie, of hoe Max? Die Nuwe Suid-Afrika is ’n vergunning van die Afrikaner.”
Nee-nee-nee-nee… Nee! Ja. Dit is so. Hy wéét dit is so.

Lees verder: Die eenarmbandiet, ‘n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 3