Nuwe DG ‘n sekspes?

Image

Casanova Msimang

’n Saak van seksuele teistering is hangende teen die pas aangestelde nuwe direkteur-generaal van binnelandse sake, Mavuso Msimang.

Msimang, wat vroeër hoof was van die Parkeraad, SA Toerisme en meer onlangs die staat se inligtingstegnologie-agentskap, SITA, word deur ’n eis van R500 000 in die gesig gestaar. ’n Voormalige vrouekollega van SITA beweer dat sy tussen 2003 en 2005 seksueel deur Msimang geteister is.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van binnelandse sake, het gister erken dat sy van die saak bewus was toe sy Msimang as die nuwe hoof van haar departement aangestel het. Sy het gevra dat Msimang “die ruimte en geleentheid” gebied word om deur ’n onpartydige hof beoordeel te word. Volgens haar het Msimang die reputasie dat hy in staat is om “orde en stabiliteit” in groot organisasies te bewerkstellig. Die departement van binnelandse sake verkeer tans in ’n staat van chaos, weens onbekwaamheid, korrupsie en swak dienslewering.

Msimang sal vanaf 15 Mei sy nuwe posisie beklee. Minister Mapisa-Nqakula het ’n beroep op die media gedoen om hom kans te gee om aan sy nuwe pos gewoond te raak voordat hy oor sy strategie vir die departement uitgevra word.

игры для дивчатоктопкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae