Portugal se elektriese kar wys die pad

Portugal is die eerste Europese land wat deur Renault en Nissan van elektreise karre voorsien gaan word, nadat 'n ooreenkoms geteken is om 'n netwerk vir 'n zero-uitlaatgasvoertuie binne drie jaar in plek te kry.

Lees verder: Portugal se elektriese kar wys die pad

Keniaanse eerste minister soek AU-vredesmag in Zimbabwe

Image

Raila Odinga

15:13:24 Kenia se eerste minister, Raila Odinga, het Sondag gevra dat AU-vredesmagte in Zimbabwe geplaas word om president Robert Mugabe weer in die bek te ruk.

Lees verder: Keniaanse eerste minister soek AU-vredesmag in Zimbabwe

ANC-ondersteuners onderbreek Volkskongresvergadering in Alexandra

Lede van die Volkskongres het gesê hulle vergadering is Sondag deur ANC-ondersteuners in Alexandra onderbreek, het die SAUK berig.

Lees verder: ANC-ondersteuners onderbreek Volkskongresvergadering in Alexandra

Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos

ImageSedert die einde van die koue oorlog, is die Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos. Die kernplofkoppe is oud en daar is geen nuwes ontwerp sedert 1980 nie. Die laaste keer wat so 'n plofkop getoets is, was in 1992, toe die Amerikaners toetse eensydig gestaak het. Generaal Chilton wat in beheer van die Amerikaanse strategiese bevel staan, het beswaar gemaak, tesame met die minister van verdediging, Robert Gates. Tot nou toe lyk dit of min mense hulle aan die twee steur.

Lees verder: Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos

Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel

ImageKaïro het volgens amptenare gesprekke met Berlyn aangeknoop met die doel om vir die Egiptiese vloot 'n paar Dolphin-klas duikbote, wat gereken word as een van die beste dieselaangedrewe duikbote in die wêreld, aan te koop.

Lees verder: Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel