Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel

ImageKaïro het volgens amptenare gesprekke met Berlyn aangeknoop met die doel om vir die Egiptiese vloot 'n paar Dolphin-klas duikbote, wat gereken word as een van die beste dieselaangedrewe duikbote in die wêreld, aan te koop.

Egipte stel blykbaar belang daarin om sy vloot verouderde duikbote op te gradeer, hoewel amptenare dit vreemd vind dat Kaïro daarna kyk om presies dieselfde duikbote te koop as wat Israel het.

Israel het tans drie Dolphin-klas duikbote wat in Duitsland gemaak is. Die konstruksie van nog twee duikbote wat na die tweede Libanon-oorlog in 2006 begin is, behoort in 2010 voltooi te wees.

Volgens buitelandse mediaverslae, het Israel se duikbote die kapasiteit om 'n "tweede aanslag" te loods in die geval waar Israel die teiken word van 'n kernaanval.

Die Dolphin-klas duikbote is die duurste wapenplatforms in die Israelse weermag. Duitsland het die eerste twee aan Israel geskenk na die eerste Golfoorlog, en die koste van die derde een gedeel tussen die twee lande.

Die drie duikbote in die Israeli vloot werk op 'n diesel-elektriese aandrywingstelsel, wat vereis dat hulle op 'n gereelde basis na die oppervlak kom om die batterye wat hulle onderwater aandryf, te kan laai.

Die twee Israeli duikbote wat nog onder konstruksie is, gaan met nuwe tegnologie toegerus word wat 'n dieselkragopwekker wat loodsuur batterye laai, en 'n lug-onafhanklike aandrywingsisteem wat gebruik word vir stilaandrywing asook 'n brandstofsel wat toegerus is met suurstof- en waterstofberging sal huisves.

Verdedigingsowerhede in Israel is bekommerd oor Egipte se versoek om die Duitse duikbote te koop.

Egipte het 'n groter vloot as Israel, insluitende 'n klomp groot fregatte en vier Russiesvervaardigde Romeo-klas duikbote. Indien die transaksie sou voortgaan, sal die balans van mag in die Midde-Ooste geaffekteer word.

Met die nuwe duikbote sal Egipte in staat wees om koverte inligting te versamel teen Israel.

Die Duitse Dolphin-klas duikbote is een van die bestes in die wêreld en sal aan die Egiptenare die vermoë gee om hoofseeroetes en hawens te kan blokkeer. Dit is amper onmoontlik om 'n aanval van 'n duikboot af te weer. 

игра пазлы для детейДанильченео