Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos

ImageSedert die einde van die koue oorlog, is die Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos. Die kernplofkoppe is oud en daar is geen nuwes ontwerp sedert 1980 nie. Die laaste keer wat so 'n plofkop getoets is, was in 1992, toe die Amerikaners toetse eensydig gestaak het. Generaal Chilton wat in beheer van die Amerikaanse strategiese bevel staan, het beswaar gemaak, tesame met die minister van verdediging, Robert Gates. Tot nou toe lyk dit of min mense hulle aan die twee steur.

Amerika is die enigste van vyf verklaarde kernlande wat nie besig is om sy arsenaal op te gradeer nie. Brittanje en Frankryk, asook Sjina en Rusland is besig met opgradering.

"Ons is die enigste land wat nie besig is daarmee nie," het Chilton gesê.

Die Kongres het befondsing vir die ontwikkeling van die departement van energie se betroubare vervangingsplofkoppe net tot op die konsepstatus gedra, en vanjaar dit selfs verder besnoei.

Veiligheid is 'n groot prioriteit, veral om kernwapens uit die hande van terroristegroepe te hou. Dít, sê Chilton, is nog 'n belangrike rede om wapens wat in 'n ander era gebou is te moderniseer.

Daar is ook die kwessie van "menslike kapitaal" wat oudword. Dit is net so belangrik soos die wapenstelsels, het die generaal gesê.

"Die laaste individue wat aan 'n werklike kerntoets gewerk het, die laaste ingenieur en wetenskaplike sal in die volgende vyf jaar afgetree het of gesterf het." Die jonger generasie het geen ondervinding met die ontwerp en bou van kernplofkoppe nie.

Obama se praatjies neig meer na 'n kernvrye wêreld en hy het gesê "ek sal nie die ontwikkeling van nuwe kernwapens toelaat nie".

евро ремонт домаФильчаков прокурор отзывы