ANC-ondersteuners onderbreek Volkskongresvergadering in Alexandra

Lede van die Volkskongres het gesê hulle vergadering is Sondag deur ANC-ondersteuners in Alexandra onderbreek, het die SAUK berig.

Alexandra se sameroeper vir die Volkskongres, Mzonke Mayekiso het gesê dat hulle deur 'n groep ANC ondersteuners, wat ANC T-hemde gedra het, gekonfronteer is. Dié groep het partyleiers beledig, sy motor verniel en sy lewe bedreig, het die uitsaaier gesê.

"Hulle het ANC-T–hemde gedra en dit was van my voormalige kollegas, ek ken hulle almal," het Mayekiso gesê, en bygevoeg dat die polisie tussenbeide getree het sodat hulle vergadering kon voortgaan.

Vroeër het die ANC-president, Jacob Zuma, gevra dat ANC-lede nie die Volkskongres se vergaderings onderbreek nie, nadat soortgelyke insidente in ander provinsies ook plaasgevind het.

палатка купитьтопкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae