Keniaanse eerste minister soek AU-vredesmag in Zimbabwe

Image

Raila Odinga

15:13:24 Kenia se eerste minister, Raila Odinga, het Sondag gevra dat AU-vredesmagte in Zimbabwe geplaas word om president Robert Mugabe weer in die bek te ruk.

"Omdat daar geen legitieme regering in Zimbabwe is nie, behoort die AU daaraan te dink om 'n vredesmag daarheen te stuur. Dit sal 'n duidelike teken aan mnr. Mugabe stuur," het hy gesê.

Odinga het by 'n persverklaring gepraat, waar hy kommentaar gelewer het op die weiering om visums aan oudpresident Carter en voormalige VN-sekretarisgeneraal Kofi Annan toe te staan.

"Soos julle almal weet, was Mugabe 'n vryheidsvegter, wat baie jare in die tronk onder die bewind van Ian Smith was, maar ek glo nie dat indien mens 'n vryheidsvegter is jy die titelakte tot 'n nasie verkry nie," het Odinga gesê.

Odinga het sy pos hoofsaaklik aan Kofi Annan te danke, wat 'n magsdelingsooreenkoms beding het as oplossing vir die chaos wat uitgebreek het nadat president Mwai Kibaki as wenner van die 2007-verkiesing verklaar is.

поверхностный самовсасывающий насос для водылобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae