Oud-president Carter mag nie na Zim reis

President Robert Mugabe van Zimbabwe, wat op 84 jaar steeds aan mag vashou na 28 jaar se regering, het 'n ander oud-president, Jimmy Carter, ook 84, verhoed om dié land binne te kom.

Carter het gesê dat dit vir hom 'n nuwe ervaring was, aangesien hy nog nooit 'n visum geweier is nie.

Mugabe se besluit is 'n aanduiding van die Zimbabwiese leiers se minagting vir internasionale menings, op 'n tydstip wat groeiende hongersnood, hiperinflasie en die ineenstorting van die gesondheidsisteem en onderwys die land reeds verlam het.

Hy het geweier dat 'n humanitêre besoek deur Carter, Kofi Annan en Graca Machel voortgaan.

Mugabe het geweier dat hulle in die land per vliegtuig aankom, het hulle gesê, ten spyte van tussenbeide-treding van Suid-Afrika se huidige president, Kgalema Motlanthe en sy voorganger, Thabo Mbeki.

Mbeki is tans besig met mediasie  in die magsdelingsgesprekke tussen Mugabe en Morgan Tsvangirai, die opposisieleier wat hom in die Maart verkiesings geklop het.

Carter het gesê dat Zimbabwe se ambassadeur in Washington hom meegedeel het dat hy nie 'n visum sal kry nie, nadat hy al weke terug vir een aansoek gedoen het.

Die staatsbeheerde Heraldkoerant, het Donderdag berig dat die drie aangesê is om later te kom vir hulle besoek, aangesien die regering besig was met die magsdelingsonderhandelings en die plantseisoen.

family guy slotпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae