Die nuus van Lehman Brothers se bankrotskap, asook probleme by die versekeringsreus AIG, het die Amerikaanse aandelebeurse gister swaar getref. Die daling was die grootste sedert die terreuraanvalle op 11 September 2001.
Lees verder: Amerikaanse aandelemark daal meeste sedert terreuraanvalle in 2001

Blanke boere gaan nie hul grond in Zimbabwe terugkry nie en die Britse regering moet hulle vir verliese vergoed. Dit was een van die eerste verklarings van Zimbabwe se splinternuwe regering van nasionale eenheid.
Suid-Afrika wil nog 'n Formule 1-Grand Prix aanbied. Volgens die Sunday Times is daar samesprekings tussen die Gautengse regering en Bernie Ecclestone oor 'n nuwe resies vanaf 2011.