Lehman Brothers is desperaat vir 'n kontantinspuiting nadat die bank nog $3,9 miljard in die laaste kwartaal verloor het. Die Britse bank Barclays was die jongste moontlike venoot wat die aankoop van Lehman ondersoek het, maar dit het deur die mat geval ondat Barclays die Amerikaanse firma se handelsverpligtinge sou moes nakom.
Die Amerikaanse beleggingsbank het 'n 158-jaaroue geskiedenis en is 'n huishoudelike naam in Wallstraat. Die komende ondergang van Lehman Brothers toon hoe ver die subprimakrisis strek wat die Amerikaanse finansiële stelsel teister.
Die Bank van Amerika het dit ook oorweeg om Lehman Brothers te koop maar gerugte wil hê dat dié bank nou na Merrill Lynch kyk, nog 'n Wallstraatfirma wat weens subprimaverliese in die moeilikheid is.
Vroeër vanjaar het die Amerikaanse Federale Reserwebank ingetree om die mark te ondersteun ná die ineenstorting van Bear Stearns, nog 'n beleggingsbank wat bankrot gespeel het as gevolg van die subprimakrisis.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.