Breinskandering vir ootreders in Indi

'n Kontroversiële besluit van Indië om breinskandering aan te wend om te wys hoe 'n verdagte detail van 'n misdaad onthou, word in die VSA skerp gekritiseer. Dit is nie die eerste keer dat verdagtes aan die wondere van die wetenskap blootgestel word nie, maar breinskandering se waarde is nog nie bo alle twyfel vasgestel nie.

Voorheen is infrarooistrale na die verdagte se kop gemik, is hulle in enorme magnetiese resonansiemasjiene geplaas of het skandeerders oogbewegings gemeet. Sedert 11 September probeer die VSA 'n toestel ontwerp wat breinaktiwteit by die vertel van leuens kan meet. Alhoewel daar geen tekort is aan allerlei maniere en metodes nie, word inligting wat só bekom word, nie toegelaat as getuienis in hofsake nie omdat die onfeilbaarheid daarvan nog onder verdenking is.

Maar in Indië het verskeie regters begin om breinskandering as geloofwaardige getuienis toe te laat. In Junie, in die Maharashtra-staat, het die regter 'n breinskandering as uitsluitlike rede aangevoer om 'n vrou lewenslank toe te sluit. Die regter het verklaar dat die beskuldigde oor ondervindingskennis beskik wat deur die skandering uitgewys is. Die vrou hou vol dat sy onskuldig is.

Sielkundiges en neurowetenskaplikes wat spesialiseer in breingebaseerde leuenverklikking, noem die Indiese voorbeeld belaglik, skrikwekkend en buitensporig. Terwyl Amerikaanse kenners dink dat daar nog nie genoeg navorsing gedoen is nie, beweer die Indiërs dat Israel en Singapoer besonder belangstel in die tegnologie en afgevaardigdes besoek gebring het aan regeringslaboratoria waar hierdie ondervragings gedoen word.

Die meeste metodes wat tans gebruik word om die waarheid te weet, is problematies. Selfs sogenaamde waarheidsdwelms laat pasiënte net soveel snert babbel as egthede. Poligraaftoetse meet dikwels angstigheid eerder as misleiding. Goeie bedrieërs voel ook nie noodwendig angstig terwyl hulle leuens vertel nie. Trouens in 1998 het die Amerikaanse Hooggeregshof beslis dat poligraaftoetse nie sonder meer 'n aanduiding van die egtheid van inligting kan wees nie.

In die Indiese geval word die beskuldigde se kop aan 'n EEG gekoppel dmv elekrodes. Terwyl die beskuldigde dan met geslote oë sit en wag word die detail van die misdaad voorgelees en daarna verwerk deur sagteware wat in Bangalore ontwerp is. Die sagteware besluit of die brein genoegsaam reageer in spesifieke areas wat met die voorlesing verband hou, soos met reuk of klank. Die sagteware-ingenieurs beweer dat die sisteem kan onderskei tussen herinneringe oor wat kriminele ervaar het en wat hulle self gedoen het.

Die toets staan bekend as die Breinelektriese-ossillasiehandtekening of BEOS en is deur Champadi Raman Mukundan in Bangalore ontwerp. Kenners beweer dat die nuwe toets nog nie aan genoeg ondersoek onderwerp is nie en geen ernstige akademiese publikasie wou nog daaroor berig nie. Sulke toetse en ondersoeke sou die metode meer geloofwaardigheid kon gee. Een van die spesialiste se breingebaseerde navorsing wat die Indiër glo gebruik het, meen dat die gebruik van die BEOS-metode verregaande is.

Michael Gazzaniga, direkteur van die SAGE Center for the Study of the Mind by die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara, sê dat alle kenners wat insae in die BEOS-metode gehad het, dink dat die sisteem ernstig tekortskiet. 'n Britse forensiese deskundige, Keith Ashcroft, was egter beïndruk met Indiese span se werk.

Verdagtes moet hulle toestemming gee om aan die metode onderwerp te word, maar ondersoekers sê hulle doen dit omdat hulle dink hulle gaan moeilike polisie-ondervragings vryspring daardeur. Dat verskeie lande besig is om in daardie rigting te werk, is nietemin duidelik. No Lie MRI, 'n maatskappy in Kalifornië, belowe dat hulle skanderings interpersoonlike vertroue en militêre intelligensie kan aanhelp. Die Amerikaanse Nasionale Navorsingsraad in Washington het reeds voorspel dat breinskandering gebruik sal word in die toekoms om terroriste uit te snuffel.

Dat die Amerikaanse grondwet in die slag gaan bly indien die metode veld wen, is seker. Die regsimplikasies van breinskandering is enorm en bevat allerlei moeilike etiese kwessies wat nog lank gedebatteer gaan word.

велосипеды купить украинаданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae