Terwyl die media onlangs gefokus het op die Israeliese offensief en uiteindelike onttrekking uit die Gasastrook, is min aandag gegee aan die Palestynse aanvalle op Israel.
Hamas val Israel reeds agt jaar lank met meestal mortiere (die 82mm model) en tuisgemaakte Kassam-vuurpyle aan in 'n poging om Jode dood te maak en Israel te vernietig. Dit is die twee primêre doelstellings vir Hamas en dit verskyn prominent in hulle propaganda-materiaal.

Die stortvloed internasionale gelukwensinge wat op eergister se inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president gevolg het, is deur slegs twee vals note bederf. Die eerste was Wallstraat wat nie die euforie van die twee miljoen mense op die Washingtonplein tussen die staatsgeboue gedeel het nie en gedaal het.