Finale kieserregistrasie op 7 en 8 Februarie

Meer as 19 000 kiesserstasies sal landswyd oop wees oor die naweek van 7 en 8 Februarie vir die finale kiesersregistrasie, het die onafhanklike verkiesingskommissie Donderdag aangekondig.

"Dit sal die laaste naweek wees waarop kiesers kan registreer vir die 2009 nasionale en provinsiale verkiesings," het die OVK se voorsitter, Brigalia Bam, in 'n verklaring gesê.

Die 19 726 kieserstasies sal oop wees van 08:00 tot 17:00.

Bam het kiesers wat hul adresse verander het aangemoedig om te herregistreer en die wat reeds geregistreer is aangemoedig om seker te maak dat hulle op die korrekte segment van die kiesersrol is.

"Op die eerste registrasienaweek was daar 1,648,189 nuwe registrasies. Dit sou nie moontlik wees sonder die mobilisasie van nuwe kiesers deur OVK amptenare, politieke partye, burgerlike gemeenskap en die media nie," het Bam gesê.

Sy het die jeug geprys dat hulle in groot getalle gekom het om te registreer op de 8ste en 9de November 2008. Van die wat geregistreer het gedurende daardie naweek was 77,9% jeugdiges, wat die mite platgevee het dat die jong Suid-Afrikaners nie belangstel in die verkiesing nie, het sy gesê.

логические игрушкиФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae