Tien aangehou weens openbare geweld in Sharpeville

Tien mense is Donderdag gearresteer vir openbare geweld in Sharpeville naby Vereeniging, het Gautengse polisie gesê.

Konstabel Edwin Ntsheo het gesê omtrent 150 mense het paaie afgesper met brandende bande en sekuriteitsamptenare, bekend as die Rooimiere, aangeval. Die Rooimiere was besig om onwettige inwoners van HOP huise in die Sharpeville Tshepisong fase 4 ontwikkeling uit die huise te sit.

Die polisie het met rubberkoeëls op die skare wat hulle met klippe gegooi het, geskiet. Een van die wat gearresteer is, sal ook vir poging tot moord en die onwettige besit van 'n vuurwapen aangekla word, nadat hy klaarblyklik op die polisie geskiet het. Ntsheo het gesê 'n ongelisensieerde wapen en nege rondtes ammunisie is by die man gevind.

Die gearresteerde mense sal binnekort in die landdroshof op Vereeniging verskyn.  

free slot machine sitesДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae