Kabila se besluit om na Rwanda te vry het Kongolese woedend

President Joseph Kabila se besluit om Rwandese soldate toe te laat in die ooste van die Kongo om deel te neem aan 'n gesamentlike militêre operasie om van gewapende milisie ontslae te raak het woede en onsekerheid regoor die land laat ontstaan.

Dié besluit het die laerhuis se speaker, Vital Kamerhe, woedend gelaat. Kamerhe het gesê die president het nie die parlement ingelig oor die ernstige besluit om soldate wat met gruweldade verbind ws in die verlede, weer in die land toe te laat nie.

Kamerhe het gesê hy was bekommerd oor die "moreel van die Kongolese bevolking wat nou net opgestaan het van 'n traumatiese tyd aan die hand van die Rwandese", wat sy veel groter buurman twee keer in die 1990's binnegeval het en plaaslike rebelle ondersteun het.

"Dit is moeilik om te kan sê presies wat Kabila se spesifieke planne is, maar wat wel seker is, is dat hy 'n baie groot politieke risiko loop," het 'n diplomaat gesê wat in Kinshasa gestasioneer is.

Die gesamentlike operasie is veronderstel om die Rwandese Hoetoe-milisie, die Democratic Forces for the Liberation of Rwanda, uit te roei. Dié groep was agter die onrus in die streek vir meer as 'n dekade.

Dit is die tweede keer in maande dat Kabila – wie se weermag magteloos was teen die rebelleaanslag in die ooste van die Kongo in Oktober – moes staatmaak op buurlande se gewapende magte om rebellegroepe wat in die streek skuil uit te snuffel.

In Desember het sy magte, saam met dié van Oeganda en Soedan, 'n gesamentlike aanval op die Oegandese rebelle, die LRA in die verre noordooste van die land geloods. Dit het veroorsaak dat duisende Oegandese soldate in die Orientale provinsie ingestroom het. 

аэраторлобановский политик

Maak 'n opvolg-bydrae