Sikloon in Madagaskar laat duisende dakloos

'n Sterk sikloon wat die weskus van Madagaskar getref het, het 3 mense dood en amper 3000 dakloos gelaat, het amptenare Donderdag gesê.

Sikloon Ranele het die Morondavadistrik Woensdag getref met swaar reën en wind van tot 210 km per uur. Dit het reuse bome ontwortel, huise platgevee en groot gebiede onder water gelaat, het 'n verslaggewer van Associated Press gesê wat 'n toer van die geteisterde gebiede onderneem het wat deur die regering se rampbeheeragentskappe en hulpagentskappe gereël is.

Madagaskar lê oos van Suid-Afrika se se kus in die Indiese oseaan, wat redelik geneig is tot storms. Verlede jaar het siklone meer as 100 mense dood gelaat en meer as 300 000 mense geraak.

Regeringsamptenare wag nog vir verdere besonderhede aangaande die ongevalle.

Morondava, wat 'n streeksspilpunt is en die tuiste van omtrent 30 000 mense is sonder water en elektrisiteit. Die plaaslike hospitaal se dak het ook afgewaai. 

ігри для девочекОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae