Die polisie het ‘n beampte wat naby Hammanskraal noord van Pretoria dood gevind is, as een van die 20 mees senior beamptes in Gauteng geïdentifiseer. Mj.genl. Tirhani Maswanganyise se lyk is vroeg Dinsdagoggend in ‘n oop stuk veld naby die R101-pad sowat 30 km noord van Pretoria gevind. Hy is Sondagmiddag laas gesien toe hy
Glanssjef deur eggenoot gewurg
Die Joodse kunsversamelaar Charles Saatchi het Maandag ‘n voorval waarin hy sy Joodse vrou, die glanssjef Nigella Lawson, glo gewurg het, as ‘n “grap-voorval” beskryf. Die Sunday People het foto’s gepubliseer waar Saatchi sy hande rondom Lawson se nek sit terwyl die twee by ‘n restaurant in Londen eet. Lawson was glo in trane tydens
Gebruik Sirië dié gifgas?
Die propaganda-oorlog tussen Washington en Moskou oor die aanwending van sarin-gifgas in Sirië, het ‘n wenner en ‘n verloorder. Gebruik Sirië dié gifgas teen sy gewapende opposisie? Ná honderde koerantberigte, het Parys, Londen en Washington besluit dat dit wel die geval is. Die “rooi lyn” wat pres. Obama vir die VSA se betrokkenheid gestel het,
Ses soldate in Renamo-aanval dood
Ses Mosambiekse soldate het Maandag gesterf in ‘n aanval op ‘n wapendepot, het die nasionale radiostasie berig. Volgens die berig is Mosambiek se Renamo-rebelle glo verantwoordelik vir die aanval wat vroegoggend in die sentrale provinsie van Sofala plaasgevind het. Rosa Luis, ‘n plaaslike beampte, het gesê openbare instellings, insluitend skole, is weens die aanval gesluit.
Steve gooi klip in Mandela-hoenderhok
Mandela se oproep om wedersydse vergifnis, “beteken f*kol” vir sy mense en hul kinders se toekoms, het Steve Hofmeyr op Twitter gesê. Hofmeyr was die naweek in ‘n hewige Twitter-debat met Mandela se voormalige persoonlike assistent Zelda la Grange betrokke. Die debat het begin toe Hofmeyr ‘n skakel na ‘n artikel getwiet het deur ‘n
Woede oor Britte se spioenasie neem toe
Rusland, Turkye en Suid-Afrika het uiterste verontwaardiging uitgespreek Maandag oor onthullings dat Brittanje en die Verenigde State van Amerika op buitelandse afgevaardigdes by G20-vergaderings in Londen in 2009 gespioeneer het. Die Turkse regering het Brittanje se charge d’affaires ingeroep om ‘n koerantberig wat beweer dat Londen gespioeneer het, te verduidelik, het die Minister van Finansies
Joemat-Pettersson ontken berig van omkoopgeld
Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het mediaberigte dat sy omkoopgeld ontvang het, ontken. Die bewerings in Sunday Times dat Joemat-Pettersson gebaat het by die verkoop van ‘n wildplaas is “ongegrond en betreurenswaardig,” het Palesa Mokomele, haar woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Diegene wat minister Joemat-Pettersson ken, weet dat sy ‘n leier is
Kreef kos sakeman R295 miljoen
Arnold Bengis, ‘n sakeman van Houtbaai, is deur ‘n hof in die VSA beveel om bykans R295 miljoen aan Suid-Afrikaanse owerhede te betaal, het The Star Maandag berig. Die hofbevel is Vrydag deur ‘n Amerikaanse hof uitgereik, en sluit Bengis se seun, David, en sy voormalige sakevennoot, Jeffrey Noll in. Die hof het beveel dat
Zille, De Lille sweep grondemosies op met gesplete tonge
Die nalatenskap van 1913 se grondonteiening is nog met Suid-Afrika en dit is die plig van die staat om grondhervorming te implementeer om dit reg te stel, het die Wes-Kaapse premier Helen Zille Maandag gesê om swartes te probeer opsweep teen wit grondeienaars. “Dit sal nooit ten volle vergoed of regmaak vir die pyn wat
Lees verder: Zille, De Lille sweep grondemosies op met gesplete tonge
Malema se ANC-kamerade kritiseer hom
Die minister van sport, Fikile Mbalula, sê Julius Malema se plan om ‘n nuwe politieke party te stig is “politieke selfmoord.” “As ‘n kader wat deur die ANC opgelei is, is dit politieke selfmoord om ‘n politieke party buite die ANC te stig,” het die minister aan die Sunday Independent gesê. “Dis uit woede en
