Die minister van sport, Fikile Mbalula, sê Julius Malema se plan om ‘n nuwe politieke party te stig is “politieke selfmoord.”
“As ‘n kader wat deur die ANC opgelei is, is dit politieke selfmoord om ‘n politieke party buite die ANC te stig,” het die minister aan die Sunday Independent gesê.
“Dis uit woede en nie uit noodsaaklikheid nie.”
“Om ontevrede oor individue in die ANC te wees, kan nie tot die vorming van ‘n politieke party lei nie.”
Malema het vroeër die week aangekondig dat hy ‘n nuwe politieke platform – Economic Freedom Fighters – gaan stig.
Mbalula meen Malema moet eerder geduldig wees.
“Sy politieke besluit is hartseer. Julius kan weer ‘n standvastige leier wees, maar net as hy geduldig kan bly.”
