17:47:37 Zimbabwe se goudmynnywerheid, wat nege jaar terug die derde grootste in Afrika was, is op die randjie van totale
ineenstorting omdat die land se sentrale bank weier om te betaal vir die goud wat dit koop van die myne af, het ‘n verteenwoordiger van die myne Maandag gesê.

15:04:36 Barack Obama, die Amerikaanse presidentskandidaatgunsteling se lewe word nou in ‘n Keniaanse musiekblyspel uitgebeeld in die laaste paar dae voor die verkiesing in Amerika. Obama se grootouers kom van dié Afrikarepubliek af.
14:55:02 Nadat huispryse liggies geklim het in September, het Standard Bank se huisprysgemiddeld in Oktober met 2,5 % gedaal, het die bank bekend gemaak.