Obama geniet sterk ondersteuning in suidelike Irak

14:37:07 Afstammelinge van swart rebelle in die suidelike Irakese stad, Basra, ondersteun Obama onvoorwaardelik in Dinsdag

Image

Barack Obama

se Amerikaanse verkiesing, hoewel party van hulle vrees dat rassisme sal verhoed dat hy wen.

“Ek dink nie hy sal wen nie, omdat hy swart is en Amerika is rassisties. Indien hy wen, sal swartmense regoor die wêreld daaruit voordeel trek en ek hoop Europa volg dieselfde roete,” het Sami Nassir, ‘n hawewerker in die stad, gesê.

Hy is ‘n afstammeling van honderde slawewerkers wat tussen 869 en 883 teen die Abassid-regering gerebelleer het.

Grondeienaars in die suide van Irak het die slawe van Oos-Afrika af gebring, waar Obama se familie oorspronklik vandaan is, om op die arbeidsintensiewe landgoedere te werk.

Najem Abud, ‘n 38 jarige onderwyser, bid ook dat Obama moet wen in die verkiesing. “Ek hoop hy wen, dat hy die eerste swart Amerikaanse president word, en dat die wêreld sal verstaan dat swartmense ook die wêreld kan regeer,” het hy gesê.

Die sogenaamde “Zanj-rebellie” – Zanj is ‘n neerhalende woord vir swartmense – het in 869 begin, geïnstigeer deur Ali ibn Mohammed, wat beweer het dat hy ‘n afstammeling was van Ali, die vierde kalief.

Afstammelinge van die Zanj-rebelle verteenwoordig sowat 15 tot 20% van die Bassastreek se 2,5 miljoen inwoners.

“Oorwinning vir Obama sal ‘n teken wees dat rassisme verby is en ‘n bron van trots vir swartmense regoor die wêreld,” het Suhail Hamid Ahmad, ‘n 22 jarige geskiedenisonderwyser, gesê.

“Indien die sterkste land in die wêreld deur ‘n swartman regeer word, sal ons voel dat swart Afrika-inwoners die wereldleiers geword het,” het Nawaf Wahid Mohammad, ‘n polisieman, gesê.

“Dit sal 'n ware oorwinning vir swartmense wees, omdat ons deur die eeue swaargekry het en gevoel het dat Obama naby aan die Arabier staan,” was die siening van Khalil Ibrahim Jassim, ‘n pensionaris.

для сауныФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae