Byna een uit tien soldate van een regiment het gehoorprobleme wat hulle uit die voorste linies kan hou en hulle burgerlike werksvooruitsigte kan benadeel, het die Times vasgestel.
Die hoeveelheid gehoorprobleme is een van die onbekende stories van die Britse deelname aan die oorlog, wat vergelykings laat ontstaan met die donder van die oorlog in die twee wêreldoorloë en die Koreaanse oorlog.
Baie van die soldate wat betrokke was in die gevegte met die Sjia milisie in Irak gedurende 2004 en 2005, het ook met permanente gehoorskade teruggekom. Maar in Afghanistan het bomme wat langs die pad afgaan, hewige gevegte met die Taliban en 500-pond bomme wat deur koalisievliegtuie gegooi is, gebarsde oordromme, tinnitus en in sommige gevalle totale doofheid veroorsaak.
Die koninklike Britse legioen het gesê in die laaste drie jaar het hulle 1195 eise van gehoorverlies teen die ministerie van verdediging gehad.
Die inligting is deur ‘n reeks versoeke vir Vryheid van Inligting ontdek, het die Times gesê.
Die Grenadier Guards, wat normaalweg 580 soldate moet hê, en tans slegs op sterkte van 411 staan weens ernstige mannekrag tekorte, het 37 gevalle van ernstige gehoorprobleme.
Byna 240 van 691 soldate van die 1ste bataljon, die Royal Anglians, wat verlede Oktober van ‘n ses maande dienstyd in Afghanistan terug gekom het, het gehoorprobleme ontwikkel, 35 is gekategoriseer as onindiensneembaar of indiensneembaar met beperkte potensiaal.
Die 2de bataljon, die Mercian regiment (Worchesters en Forresters) wat ook verlede Oktober teruggekeer het, het 34 soldate uit 555 met gehoorprobleme.
Twee Koninklike Mariniers eenhede het ook gehoorprobleme aangemeld.
