Goudmynbedryf in Zimbabwe ’totaal vernietig’

17:47:37 Zimbabwe se goudmynnywerheid, wat nege jaar terug die derde grootste in Afrika was, is op die randjie van totale

Image

‘n Myn in Zimbabwe

ineenstorting omdat die land se sentrale bank weier om te betaal vir die goud wat dit koop van die myne af, het ‘n verteenwoordiger van die myne Maandag gesê.

In ‘n sterk bewoorde verklaring deur die Kamer van Mynwese is die Reserwebank van Zimbabwe (RBZ) daarvan beskuldig dat hulle opsetlik die mynbou vernietig.

Goudmynmaatskappye word deur wetgewing verplig om hulle goud aan die Reserwebank te verkoop, maar vir die afgelope twee jaar het die bank agter geraak met paaiemente, wat volgens ooreenkoms vier dae ná aflewering betaal moet word.

Die bank skuld nou die myne, waarvan die meeste deur die buiteland besit word,  meer as $30 miljoen. Sommige myne is meer as ‘n jaar terug betaal, het die Kamer van Mynwese gesê.

Jaarlikse produksie het gedaal van 30 metrieke ton in 1999 tot ‘n voorspelling van minder as 3 metrieke ton vanjaar.

“Dit het gebeur omdat die RZB nie vir die goud betaal het nie, wat tot gevolg het dat myne nie kan volhou met produksie nie. Die industrie is nou vernietig,” het die Kamer gesê, en die situasie ‘n bespotting van reg en geregtigheid genoem.

Die RBZ-goewerneur, Gideon Gono, een van Mugabe se sleutelfigure, het herhaalde versoeke van die Kamer van Mynwese waarin hulle vra vir ‘n vergadering, verwerp.

Gono het Reserwebankgeld gebruik om duisende trekkers en ander plaastoerusting in te voer wat dan amper verniet aan van Mugabe se getroue volgelinge versprei word.

Drie maande gelede het regters reuseplasmaskermtelevisiestelle ontvang, en senior staatsdokters het topkwaliteit ingevoerde sedans gekry.

Die land verkeer in ‘n versnellende ineenstorting, met inflasie wat  miljoene persent haal, ‘n geldeenheid wat gedaal het tot ‘n breukdeel van sy waarde binne drie maande en ‘n geskatte drie miljoen mense wat voedselhulp nodig het, tesame met ‘n cholera-uitbraak in Harare, die hoofstad.

Gono se beleid om geld te druk om die staatskoffers aan te vul, word beskou as ‘n belangrike faktor in die ineenstorting van die ekonomie.

Zimbabwiërs het gehoop dat Mugabe se instemming tot ‘n regering van nasionale eenheid met die MDC buitelandse hulp en investering sou teweegbring, maar sewe weke later het die twee partye steeds nie ooreengekom omtrent die samestelling van die kabinet nie.

Die Kamer van Mynwese het gesê “dit is onverstaanbaar, dat op ‘n tydstip soos dié, wanneer die regering soveel buitelandse valuta as moontlik moet bekom, die goudsektor, wat baie buitelandse kapitaal kan genereer, opsetlik geruïneer is.”

Sonder die betalings was die myne nie in staat om werk vol te hou nie, het die Kamer bygevoeg. Meeste myne is nou nie in staat om salarisse te betaal aan hulle werknemers nie, het die verklaring verder gelui.

Eksplorasie het heeltemal tot stilstand gekom, en meeste ondergrondse myne is oorstroom, aangesien hulle nie die water kan uitpomp nie.     

осушитель дляДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae