5,5 miljoen toeriste besoek SA in 7 maande

Image

Marthinus van Schalkwyk

16:41:00 Bykans 5.5 miljoen toeriste het Suid-Afrika gedurende die eerste sewe maande vanjaar besoek. Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê dit verteenwoordig 'n 7,8-persentvermeerdering teenoor die vorige jaar.

Van Schalkwyk sê hy is trots daarop om bekend te kan maak dat die jongste beskikbare aankomsyfers bykans 5,5 miljoen aankomelinge ( 5 495 904)  gedurende die eerste sewe maande vanjaar toon in vergelyking met die net meer as 5,1 miljoen  (5 100 268)  in 2007.

Hy sê as die syfers vir Januarie tot Julie vanjaar in detail  ontleed word, word gesien dat die groei in aankomelinge uit Suid-Afrika se tradisionele markte steeds sterk bly en aangestoot word deur 'n baie positiewe vermeerdering van aankomelinge uit nuwe markte. Aankomelinge uit Noord-Amerika het met 11,7 persent in die eerste sewe maande van vanjaar toegeneem.

Europese aankomelinge het met 7,3 persent gegroei met Frankryk wat 'n vermeerdering van 16,8 persent toon. Aankomelinge uit Australië het met 10,9 persent gegroei en uit Asië met 6,5 persent. Van Schalkwyk sê Suid-Afrika het in 2007 meer as 9 miljoen buitelandse toeriste ontvang in vergelyking met die net minder as 600 000 in 1994.  

Toerisme se bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het na raming vanaf R137,6 miljard in 2006 tot R159,6 miljard in 2007 gegroei. Dit het meer as 940 000 direkte en indirekte werksgeleenthede in 2007 geskep wat 5 persent meer is as in 2006.  

 

светильник настенно потолочныйлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae