Springbokke se skandster

Image09:21:28 Die Springbokke (as dit is wat die span nog teen daardie tyd gaan heet) gaan op hulle toer na die Britse Eilande sogenaamde sterre teen rassisme op hulle truie moet dra.

Sowat van 'n naakte klap in die gesig moes blankes lanklaas verduur, nieteenstaande Beeld se afstootlike paaiery oor die aangeleentheid in sy hoofartikel nie. Dit ly geen twyfel dat rugby ‘n oorweldigend blanke sport is nie, veral in die noordelike provinsies van die land.

Rugby en slegs rugby word geteiken deur hierdie veldtog. Dit is uiters insiggewend dat geen sokkerspan – nóg die hopelose Bafana-Bafana nóg klubspanne soos Orlando Pirates – aan soortgelyke vernedering onderworpe is nie.

Dít, ten spyte van die feit dat minstens 3000 blankes elke jaar vermoor word, nie deur ander blankes nie, maar meestal deur lede van ander rassegroepe, ook dié wat sokker ondersteun. Blankes is aan die ontvangkant van staatsrassisme soos regstellende aksie wat deur die swart ANC-regime gepleeg word. Blankes se kultuur en geskiedenis word stelselmatig deur die regime uitgewis, met die jongste voorbeeld die Pretoriase straatnaamsveranderings.

Na regte behoort elke sportspan in Suid-Afrika 'n swart armband te dra as 'n teken van rou oor die etniese reiniging wat teen blankes, hulle kultuur, taal en geskiedenis gepleeg word, maar dit gebeur uiteraard nie. 'n Skedel en beendere op sokkertruie sou baie van pas gewees het, gegewe die geweldsituasie in Suid-Afrika. Dit is egter slegs een baie spesifieke sportsoort – en laat ons eerlik wees, grootliks ‘n blanke sport – asook sy ondersteuners wat geteiken word.

'n Groot ironie is dat die sogenaamde rassistiese voorval wat onlangs tot die eerste anti-rassistiese simbole op  provinsiale truie gelei het, dié by Ellispark, later geblyk het 'n volslae leuen te gewees het. Die sogenaamde slagoffer, 'n swart vrou, het SARU verneder deur nie by hulle propagandageleentheidperskonferensie op te daag nie. Daar was 55 000 toeskouers, maar ten spyte hiervan en 'n R10 000-beloning, kon geen skuldiges nog geïdentifiseer word nie.

In die Derde Reich het die Nazi’s Jode geel sterre op hulle truie laat vasstik. Dit het Jode maklik herkenbaar gemaak as ‘n gerieflike sondebok vir alles wat in die samelewing verkeerd was. Insgelyks is die sogenaamde anti-rassismester op Springboktruie die presiese ekwivalent van die Juden-sterre wat die Jode in die 1930s en 1940s moes dra.

Dis 'n skandster; wat een etniese groep uitsonder, met die doel om hulle – en slegs hulle – as die pleërs van rassisme uit te wys. Die land se infrastruktuur stort in duie, anargie vier hoogty, en wie se skuld is dit, te oordeel aan die sterre op die truie? Die vraag is waarom enige blanke nog enigsins die moeite doen om 'n sport te ondersteun wie se bestuur sulke blatante, Nazi-agtige propaganda teen sy eie ondersteuners besig. Dis asof Jode die Derde Reich entoesiasties sou befonds.

Ek doen 'n beroep op alle blankes: Stem asseblief met u voete. Moet onder geen omstandighede weer 'n kaartjie vir 'n Springboktoets koop nie, totdat SARU aan blankes om verskoning vra vir sy verregaabde verkondiging van etniese haat jeens ons.

best way to promote instagramтопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae